Om onnodige heen en weer vrae te vermy wil ek die volgende voorstel. Maak seker jy gee die nodige inligting as jy vrae vra oor herlaai. Hier is 'n lysie wat kan help.
1. Kaliber en patroon gebruik (.308 kaliber en 30-06)
2. Looplengte - van loop se punt gemeet na die slotkop met gespande aksie. Jy gaan dit nog vele kere gebruik so maak 'n nota iewers.
3. Spoed gemeet - noem of dit op chrony 5m weg is of apparaat wat trompspoed meet (Magnetospeed, Labradar)
4. Dopvolume gemeet deur leë (gevuurde) dop te weeg en dan gevul met water tot gelyk met die bek te vergelyk.
5. Koeëltipe gebruik se gewig - gee liefs vervaardiger se nommer.
6. Dryfmiddel - lotnommers is net nodig met Somchem.
7. TPL soos geskiet en sprong na die lande is soms handig.
8. Groefdraai is handig as baie swaar koeëls vir kaliber geskiet word of as dit ou gewere is waar dit 'n invloed kan hê.
9. Doplengte moet korter wees as die maksimum SAAMI of CIP lengtes om veiligheid te verseker. Net handig vir QL berekeninge.
Ek sal enige wenke waardeer en dan kan ons die lysie aanvul. Nie alle inligting is nodig nie, maar looplengte is iets wat spoed bepaal en dit is gewoonlik waaroor die meeste navrae is.
Inligting benodig met herlaai vrae
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Inligting benodig met herlaai vrae
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Inligting benodig met herlaai vrae
Stem dankie Tripod. Mens kan dit elke week bump ook ter herinnering. So ook ander generiese versoeke.
Dit is makliker en gouer om te tik en te vra as om te ‘search’ vir ‘n onderwerp draad!
Beste.
Dit is makliker en gouer om te tik en te vra as om te ‘search’ vir ‘n onderwerp draad!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Inligting benodig met herlaai vrae
Kan een van die rekenaar geletterde manne nie n spreadsheet maak wat ons kan invul en by navraag plaas nie .
DD
DD
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Inligting benodig met herlaai vrae
DD, daar is sulkes al opsgestel, maar sal net hersien moet word. Hierdie spruit grootliks uit frustrasie omdat eenvoudige inligting ontbreek, veral as dit kom by looplengtes.
"My lading is Xgr met 155gr teen 3000vps uit my 308" Nil looplengte - nuwe herlaaier probeer dit ook kry met sy 20 duim loop.
"My lading is Xgr met 155gr teen 3000vps uit my 308" Nil looplengte - nuwe herlaaier probeer dit ook kry met sy 20 duim loop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Victor_
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm
Re: Inligting benodig met herlaai vrae
https://forms.gle/JoFLiLovsz5jGtn28
Oom Tripod
Bevestig net asb Oom se email? (forumnaam@gmail.com)
As lede die vorm wil gebruik, dan skop hy die "response" uit -
https://docs.google.com/spreadsheets/d/ ... sp=sharing
Oom Tripod
Bevestig net asb Oom se email? (forumnaam@gmail.com)
As lede die vorm wil gebruik, dan skop hy die "response" uit -
https://docs.google.com/spreadsheets/d/ ... sp=sharing
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Inligting benodig met herlaai vrae
Victor_ wrote: Mon Jul 27, 2020 3:49 pm
Dankie vir die moeite met die opstel van die vorms.
https://forms.gle/JoFLiLovsz5jGtn28
Oom Tripod
Bevestig net asb Oom se email? (forumnaam@gmail.com) Korrek ja
As lede die vorm wil gebruik, dan skop hy die "response" uit -
https://docs.google.com/spreadsheets/d/ ... sp=sharing
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- dennisinpe
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Re: Inligting benodig met herlaai vrae
Temperatuur sou ek voorstel.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Sent from my SM-A505F using Tapatalk