JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Wed Mar 20, 2019 6:11 pm


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 
Author Message
PostPosted: Thu Mar 14, 2019 10:28 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 957
Location: Pretoria Oos
Manne ek kort gou raad, ek kyk nou al lank na 'n FFP scope in die Argos BRT FFP Mil maar nou het daar 'n Zeiss Conquest HD5 5-25x50 met RZ 800 reticle op my pad gekom vir 'n bitter goeie prys.
Primer wil ek kyk of ek dalk op 'n stadium by 'n 1000m kan saam speel maar is bang die Zeiss SFP gaan my beperk, dan moet die roer kan werk as 'n jag geweer ook .... julle raad asseblief

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Mar 14, 2019 4:15 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 957
Location: Pretoria Oos
Ok, dalk is my vraag te dom, maar ek het nog nooit eers deur 'n Zeiss gekyk nie ....so kom ek stel dit anders
- Sal die Zeiss se SFP voldoende wees tot op 1000m, en goed werk vir jag ook, t.o.v die dukte van die kruishaar ? Dit is dan ook hoekom ek aanvanklik eerder gekyk het na FFP
- Sal hy hou op swaarder kalibers

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Mar 14, 2019 9:45 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Posts: 2669
Location: Port Elizabeth
jdpretorius wrote:
Ok, dalk is my vraag te dom, maar ek het nog nooit eers deur 'n Zeiss gekyk nie ....so kom ek stel dit anders
- Sal die Zeiss se SFP voldoende wees tot op 1000m, en goed werk vir jag ook, t.o.v die dukte van die kruishaar ? Dit is dan ook hoekom ek aanvanklik eerder gekyk het na FFP
- Sal hy hou op swaarder kalibers
Die sfp scope se kruishaar behoort dunner te wees op die hoe vegroting en dalk help om feiner te skiet vir daai lang skote. Ffp word dukker soos die vegroting opgaan. Ideaal sal wees as jy altwee kan deur kyk op daardie aftstande wat jy wil skiet en dan besluit. Gaan jy n rangefinder gebruik of moet jy die kruishaar gebruik om afstand uit te werk? As jy net gaan range en dial is daar niks fout met sfp!


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Thu Mar 14, 2019 9:50 pm 
Online
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Posts: 2669
Location: Port Elizabeth
Die athlons lyk heel goed. Kyk hoe goed doen hy hier teen n leupold van baie meer...
https://youtu.be/8oP2u41Flsw


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 9:06 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 957
Location: Pretoria Oos
Baie dankie Luan, ek gaan vir eers net moet speel op gonge so "range & dail", meeste sal ook op bekende afstande wees.



Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 10:27 am 
Online
Jr. Member
Jr. Member
User avatar

Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am
Posts: 65
Location: Heidelberg Tvl
My 2c..

Hulle sê elke man soen sy vrou op sy eie manier, en wat gewere betref spel ek die woord "Teleskoop" as volg: LEUPOLD
Ek het 'n Zeiss HD5 5-25x50 gehad en ek kan nie sleg praat van hom nie, maar vir wat jy wil doen sal ek dalk so bietjie verder kyk..
Hierdie teleskoop gaan maklik tot daar kan sien waar jy wil skiet, hulle is baie duidelik maar hy het 'n 1" buis en 65moa elevasie verstelling.
Dit is hoekom ek dan eerder sou kyk na die Leupold LRP wat beskikbaar is in 'n 8.5-25x50 en jou die keuse gee van FFP of SFP, Mrad of MOA. Hier jy dan 'n 30mm buis, helder VX3I glas en 80MOA verstelling met Zero Stop.


Soos ek sê, dit is net MY beskeie opinie, jy gaan nog baie van hulle hier kry..

Mooi dag!

_________________
RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 10:46 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 957
Location: Pretoria Oos
WSM wrote:
My 2c..

Hulle sê elke man soen sy vrou op sy eie manier, en wat gewere betref spel ek die woord "Teleskoop" as volg: LEUPOLD
Ek het 'n Zeiss HD5 5-25x50 gehad en ek kan nie sleg praat van hom nie, maar vir wat jy wil doen sal ek dalk so bietjie verder kyk..
Hierdie teleskoop gaan maklik tot daar kan sien waar jy wil skiet, hulle is baie duidelik maar hy het 'n 1" buis en 65moa elevasie verstelling.
Dit is hoekom ek dan eerder sou kyk na die Leupold LRP wat beskikbaar is in 'n 8.5-25x50 en jou die keuse gee van FFP of SFP, Mrad of MOA. Hier jy dan 'n 30mm buis, helder VX3I glas en 80MOA verstelling met Zero Stop.


Soos ek sê, dit is net MY beskeie opinie, jy gaan nog baie van hulle hier kry..

Mooi dag!


Dankie WSM, elke bietjie raad help om 'n beter prentjie te form. Ek sou bitter graag 'n Leupold wou he' en Luan se link het ook weer perspektief terug gebring, maar ek sal nog so rukkie moet spaar vir daai oukie. Ongelukkig moet ek maar staps gewys opgradeer wat nie altyd 'n slegte ding is nie want 'n ou leer met tyd. Die gesoekkery na 'n "teleskoop" ( >:D ) het my al so mal gehaat dat ek later nie meer weet wat die beste opsie is nie...en dan begin 'n man met 'n sak-pas begrooting wat net elke stappie so bietjie rek tot jy begin dink oor hoe om daai som aan vroulief te verduidelik.

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:05 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Posts: 1216
Location: East Rand, Gauteng
jdpretorius wrote:
Ongelukkig moet ek maar staps gewys opgradeer ...


Maak seker jy koop iets wat jy weer maklik kan verkoop en sy waarde darem redelik hou as jy hierdie roete wil gaan.

_________________
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:28 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 957
Location: Pretoria Oos
Hein22 wrote:
jdpretorius wrote:
Ongelukkig moet ek maar staps gewys opgradeer ...


Maak seker jy koop iets wat jy weer maklik kan verkoop en sy waarde darem redelik hou as jy hierdie roete wil gaan.

Dankie Hein, die een wat ek hopelik in hande gaan he' vanmiddag kom met 'n goeie prys en ek glo ek kan hom weer vir die selfde geld swaai, as ek kyk na die een wat beskikbaar is op die forum. Hierdie Zeiss het my aanvanklike plan so bietjie 'n ander kleur gegee want hy was beplan vir 'n 270W maar dink om hom dalk nou op die 338WM te laai.
Behalwe vir 'n Leupold of NF is die Sightron Siii iets wat ook lekker sou pas, maar vir nou is dit ongelukkig drome vir 'n ander dag/budget

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:31 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Posts: 1216
Location: East Rand, Gauteng
As jy op 'n budget is maar steeds goeie scope soek, moet nie die Lynx teleskope miskyk nie. My enigste "issue" met hulle is dat jy sukkel om weer jou geld terug te kry wanneer jy hom verkoop. Anders as dit dink ek hulle is great.

_________________
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:42 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 957
Location: Pretoria Oos
Hein22 wrote:
As jy op 'n budget is maar steeds goeie scope soek, moet nie die Lynx teleskope miskyk nie. My enigste "issue" met hulle is dat jy sukkel om weer jou geld terug te kry wanneer jy hom verkoop. Anders as dit dink ek hulle is great.

Ek't reeds 'n Lynx 5-20x50 nou op die 338WM wat ek by Rudie hier op die forom gekoop het...en geniet hom sommer baie.....het al gedink om vir hom tactical turrets te laat op sit. Tog wens ek Lynx wil hulle veskeidenheid weer bietjie vergroot/aanpas so wel as kruishaar keuse.

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 11:58 am 
Online
Sr. Member
Sr. Member
User avatar

Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Posts: 447
Location: Schweizer reneke
Maak seker die zeiss kan dial tot waar jy wil he hy moet dial.


Top
 Profile  
Reply with quote  
PostPosted: Fri Mar 15, 2019 12:17 pm 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Posts: 957
Location: Pretoria Oos
Jaco v Zyl wrote:
Maak seker die zeiss kan dial tot waar jy wil he hy moet dial.

Dankie Jaco, ek hoor jou en sal toets....het gelees van 'n reeks waar die zero-stop net iets soos 16.5 moa toe laat na hy gelock is...die een waarna ek kyk het gewone "hunting" turrets met "dust cover" wat dalk nie 'n slegte ding is as ek met hom wil jag ook nie.
Ek hoop ek verstaan reg ? ....

_________________
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan


Top
 Profile  
Reply with quote  
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 13 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: axe942, Jaco v Zyl and 3 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group