Nagjag teleskoop

Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Tue Sep 03, 2019 6:46 pm

Goeienaand manne

Wil bietjie julle kommentaar en ervaring hoor van die volgende teleskope wat ek na kyk vir my nagskiet roer:
1. Meopta meostar R2 2,5-15x56 RD
2. Docter V6 2.5-15x56
3. Delta HD 2.5-15x56
4. Steiner Ranger 4-16x56

Daar is ook sonpaar duurder opsies:
5. Swarovski z5 5-25x52
6. Zeiss v6 2,5-15x56

Ek soek graag n teleskoop met groot field of view asook eye box, maar die teleskoop moet dam n turret hê waarmee ek kan dail vir veldskiet soort baanskiet of voorsit jag.

Hier was al soortgelyke post, maar ek wil graag hoor wat julle sou voorstel tussen die klomp, verkieslik tussen 1 tot 4 want dit is meer in die prysklas waarna ek kyk.

Dan is daar ook die nuwe optika 6 reeks van meopta oppad en die 3-18x56 sfp lyk ook na n lekker opsie.

Hoor graag wat julle dink

Groete
Danie

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8983
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Nagjag teleskoop

Post by Capt. Oblivious » Tue Sep 03, 2019 7:47 pm

Dink daai meopta sal mooi loop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Nagjag teleskoop

Post by Lamtjop » Tue Sep 03, 2019 9:49 pm

Danie ek weet nie watse prysklas is nr 1-4 nie maar as safari nog van leica lrs 6.5-26×56 oor het op hul special sal dit beide doele dek. Ek dink hul was R15k. Dalk bietjie duuder is n S&B zenith 3-12×50 met asv(dis nou hul bdc turret)

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Tue Sep 03, 2019 9:59 pm

Lamtjop wrote:Danie ek weet nie watse prysklas is nr 1-4 nie maar as safari nog van leica lrs 6.5-26×56 oor het op hul special sal dit beide doele dek. Ek dink hul was R15k. Dalk bietjie duuder is n S&B zenith 3-12×50 met asv(dis nou hul bdc turret)
Ek probeer onder die R15k bly en van die teleskope sal seker meer as dit wees, maar met n geluk tel ek dalk een goedkoper op of haal ek maar die ekstra paar rand uit as dit die geld werd sal wees bo die ander.

Ek het gekyk na daai leica, maar gesien dat sy field of view bietjie klein is. Ek wil graag n teleskoop hê wat se field of view so rondom die 2,5m sal wees op 100m op sy maks vergroting. Maak dit net makliker as n man vinnig moet skiet.

Groete

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Tue Sep 03, 2019 10:03 pm

Capt. Oblivious wrote:Dink daai meopta sal mooi loop
Praat jy van die meostar? Al wat my bietjie laat wonder oor hom is dat hy nie n paralaks verstelling het nie. Ek het wel al met die zeiss v6 2,5-15x56 gejag, wat ook nie n paralaks verstelling het nie en ek kon nie sien dat dit n probleem is nie, dalk kry die manne dit nou reg, altyd gedink n teleskoop bo 12x vergroting moet n paralaksverstelling hê?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Nagjag teleskoop

Post by Lamtjop » Wed Sep 04, 2019 3:42 am

Danie uit my ondervinding werk vergroting erens tussen 8 en 12 die beste vir nagjag, as jy die leica afdraai tot bv 10 gaan sy Fov baie dieselfde wees as die ander op x10.

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Wed Sep 04, 2019 6:47 am

Lamtjop, ek jag gewoonlik op so 10 na maks 12 vergroting, dag of nag, maar hou van die ekstra vergroting om op die baan groepering te skiet op verder afstande, ek sukkel om met n 12x vergroting op 200m n groep te skiet, skiet wel maklik gonge tot 300m met n 12x vergroting.

Daai Leice se field of view is kleiner as ander teleskope ook met 24x vergroting en dal.dua kleiner as bogenoemde teleskope op die kleiner vergrotings ook wees.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8983
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Nagjag teleskoop

Post by Capt. Oblivious » Wed Sep 04, 2019 10:16 am

Ja askies ek praat van die Meopta meostar R2 2,5-15x56 RD, het nie gesien jy lys nog n 2de model daar onder nie. Ek hou nogals van sy ret ook en dink iets soos die 4k kan heel gaaf werk op n Jak roer

http://img.elovec.cz/images/osnova_4ckbdc.png?vid=1&tid=28&r=B
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Wed Sep 04, 2019 9:04 pm

Wie sal die beste persoon of winkel wees om te kontak vir meopta teleskope? Ek weet nie waar om oral te soek vir bogenoemde meoptas nie?

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1644
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Nagjag teleskoop

Post by Supacow » Wed Sep 04, 2019 10:07 pm

Humansdorp koöperasie
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 733
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Location: Ladysmith KZN

Re: Nagjag teleskoop

Post by musgrave270 » Thu Sep 05, 2019 4:55 am

Wildman Kby het ook altyd n wye reeks Meoptas aangehou. Glo nie hulle gaan die beste prys he nie maar miskien kan jy die teleskoop vashou en deur hom kyk voor jy die besluit neem

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1644
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Nagjag teleskoop

Post by Supacow » Thu Sep 05, 2019 8:26 am

Fanie Nel hier op die forum het op 'n tyd 2 te koop aangebied. PM die man dalk is jy gelukkig. Meoptas kyk wragtie waar mooi!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1347
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Nagjag teleskoop

Post by Malan123 » Thu Sep 05, 2019 8:31 am

Ek het nou al redelik baie van die outjies getoets. In my opinie gaan jy sukkel om 'n meer veelsydige scope vir jou doeleindes te kry as die swarovski z5. Hy maak mooi in die nag op lae vergroting. Kry net die regte kruishaar. Ek het laas week een vir R15 000 verkoop so hulle is so nou en dan beskikbaar binne joy budget

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Thu Sep 05, 2019 11:22 am

Dankie manne

Is daar niemand wat met een van die bogenoemde teleskope jag nie? Sou graag wil hoor of hulle gelukkig is en of daar ding is wat pla wat hulle sou wou verander op teleskoop sou hulle kon.

Groete


Sent from my SM-G955F using Tapatalk

pietskiet
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Nagjag teleskoop

Post by pietskiet » Thu Sep 05, 2019 4:31 pm

Hi Danie

Ek het n Swaro Z6 - en dit is die helderste glase wat ek nog ooit deur gekyk het. Werk bitter lekker in die nag. Ek het nou die dag deur n pel se Z5 gekyk en hulle staan nie ver terug nie, indien enigsins.

Maar beide daai het nie baie interne verstellings nie, so as jy dit ook wil gebruik vir lang afstand gongskiet is dit n swak opsie.

Ek sal graag terugvoering by iemand wil he oor die Meopta Optika 6 reeks? Ek het n Meopta ZD op my een roer en hy het bitter baie interne verstelling en sy glase is ook vir my nogals netjies.. hy effe duur maar sien die Optika 6 gaan beter geprys wees. Behoort n baie lekker scope te wees!

Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1293
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Location: Hamilton NZ

Re: Nagjag teleskoop

Post by Sangoma (IAN) » Sat Sep 07, 2019 5:26 am

Gan nogal n wilde besluit wees tussen die Meopta Optical en die Delta

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Sat Sep 07, 2019 8:57 am

Sangoma (IAN) wrote:Gan nogal n wilde besluit wees tussen die Meopta Optical en die Delta
Ian, ons het al baie gesels en ek weet jy praat met baie lof van die Delta's.

Hoe vergelyk die HD glas met die ED glas?

Hoe betroubaar is die turrets en die verstellings van die Delta HD 2,5-15x56 soos hierbo genoem? Ek weet die groter modelle werk 100%

Groete

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1293
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Location: Hamilton NZ

Re: Nagjag teleskoop

Post by Sangoma (IAN) » Sat Sep 07, 2019 9:52 pm

Danie, ek glo met daai specks en prysklas is daar rerig nie een wat veel bo die ander een uitstaan nie. Hulle is baie naby aan mekaar.

Gan maak n draai by die geweer winkels en gan kyk na hulle.

terven
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Fri Jul 06, 2012 9:52 am
Location: Hendrina/Middelburg

Re: Nagjag teleskoop

Post by terven » Sun Sep 08, 2019 8:15 am

More Danie,
Ek het vir jou n PM gestuur.
Terven Venter
.22 BRNO(X2) , .22Dasher Howa ,223 Weatherby ,.243 AI Weatherby, 6mm Dasher Howa ,7x57 Mauser ,7x64 Voere LBW , 284W Barnard ,375 H&H Remington, 12 BR OU Headmaster , 284W Ruger no1 , 308W Mojet, 44 Mag Uberti , 9mm Kel Tec p11.

User avatar
KarooOutdoor Co.
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Thu Feb 07, 2019 3:24 pm
Location: Suid-Afrika
Contact:

Re: Nagjag teleskoop

Post by KarooOutdoor Co. » Tue Sep 17, 2019 2:54 pm

Jy kan ook kyk na dié twee opsies aanlyn by KarooOutdoor:

PARD NV007 Add on
https://karoooutdoor.com/products/pard- ... ion-add-on

PARD NV008
https://karoooutdoor.com/products/pard- ... cope-ad-on

063 265 0742 | info@karoooutdoor.co.za

Groete,
KarooOutdoor Co.

User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 552
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Location: Suid Kaap

Re: Nagjag teleskoop

Post by Jackalsniper » Tue Sep 17, 2019 4:09 pm

Danie ek skiet met n Meopta R1 3-12x50 met 4b kruis, hy werk mooi, maar ek het eendag by Humansdorp Koperasie
in die straat gaan staan met dieselfde meopta as wat ek het en vergelyk met n docter 3-12 x 56 en op n stoor gemik
bo in die pad en die doctor se beeld is beter as die meopta sin. die R2 2.5 -15 sal natuurlik ook nog beter wees as die
R1, maar voor ek weer koop sal ek die scopes vashou en na dieselfde voorwerpe kyk en appels met appels vergelyk. my vriende
kla almal oor die 4b kruishaar te dik is, maar ek skiet lekker in die nag met hom, al is my oe droog en bojane tjop af op 450 en 500m.

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1403
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Nagjag teleskoop

Post by Danie01 » Tue Sep 17, 2019 7:47 pm

Baie dankie almal vir julle insette en raad. Ek het toe n 2de handse meopta r2 2-15x56 by Terven gekoop.

Sien uit om hom te toets en kyk hoe hy maak in die aand.

Het gehoor nie docter v6 teleskope is helderder as die meoptas, maar ek weet die meoptas is goeie glas.

Groete

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Post Reply

Return to “Optics/Teleskope”