Bees Slag

User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
Location: Swellendam

Bees Slag

Post by Flip Groenewald » Thu Jul 05, 2012 11:51 am

More manne en mannine

Ek en n vriend wil graag weet of ons die bees moet laat hang as biltong gaan maak

Ons het gewoontlik die bees ingestuur om te laat slag en alles te doen maar die mense doen dit nie meer nie en die ander is te dam duur.

So ons gaan dit self doen.

ons weet om die bees af teslag want dit ons gereeld maar het nog nooit die vleis self bewerk nie.

Gaan ons twerke dieselfde as wat ons n bok sou slag of is daar ander stappe.

ons sal wors maak en n paar steaks uitsny maar dit gaan 80% biltong wees.

moet ons die bees laat hang en vir hoelank.

Hoor graag van julle

Groete

Flippie
Swellendam WC

User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
Location: Swellendam

Re: Bees Slag

Post by Flip Groenewald » Thu Jul 05, 2012 11:53 am

ek sien ek het op verkeerde plek gepost jammer
Swellendam WC

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Bees Slag

Post by Eugene » Thu Jul 05, 2012 12:42 pm

Flippie, ek is nou nie 'n "Expert" nie, maar ek laat hang maar altyd my vleis, ongeag of dit bees of wild is, vir so 7 dae voordat ek begin vleis werk.

As jy net biltong en wors gaan maak, kan jy die bees maar dieselfde as 'n bok slag. As jy die snitte uit die boude gehaal het, sny jy net jou steaks en die res gaan blitong toe!

Geniet dit en sterkte! Het nou die dag 'n bees, eland en paar kleiner bokkies gewerk en dis 'n mooi klompie werk! :o
Aim small, miss small

Danie Lombard .243

Re: Bees Slag

Post by Danie Lombard .243 » Thu Jul 05, 2012 12:43 pm

Laat die bees gerus hang vir paar dae onder 6 grade celcius. Vir steak en goulash snitte is dit nodig maar die ouderdom asook die v hoeveelheid vet aan die karkas bepaal hoe sag die vleis sal wees. Vir biltong maak het mens nie supper sag vleis nodig nie, as die vleis wel sag is, is dit 'n bonus.

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Location: Yarraman

Re: Bees Slag

Post by Vlakvark » Thu Jul 05, 2012 12:57 pm

As julle die vleis hang los julle die vel aan of haal julle hom af
Ek kry dat as ek die vel afhaal die vleis so donker blou kleur kry waar van ek nie hou nie en dan sny ek dit af maar dit is 'n baie groot vermorsing die vleis het nie in 'n koel kamer gehang nie en dit was net vir 3 dae dit was wel koud genoeg die bokke wat ons die vel aan gelos het het egter nie so verkleur nie
Image
Image

Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1039
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Location: Secunda

Re: Bees Slag

Post by Spanner » Thu Jul 05, 2012 1:29 pm

As jy kan, hang die karkas met die vel steeds aan, dit verhoed uitdroging en verhoed dat die vleis daai harde taai skil aan die buitekant ontwikkel.  Enige vleis sal daarby baat as dit 'n paar dae kan hang, ongeag of dit biltong of steak gaan word. 
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Bees Slag

Post by Eugene » Thu Jul 05, 2012 1:33 pm

Indien moontlik, los ek die vel aan, maar as dit nie anders kan nie, het ek so "Vleislaken" wat ek maar om die vleis draai terwyl dit hang.
Aim small, miss small

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Location: Yarraman

Re: Bees Slag

Post by Vlakvark » Thu Jul 05, 2012 1:38 pm

Spanner /Eugene
Ek wou nou net vra as ek die vel aftrek want ek wil nie die velle saam terug bring dorp toe nie. Kan mens hom nie toemaak met Gladwrap nie

Eugene die "Vleislaken" hou jy hom klam of is hy droog en keer hy die harde taai skil
soos Spanner se
Image
Image

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Bees Slag

Post by Eugene » Thu Jul 05, 2012 1:43 pm

Vlakvark wrote: Spanner /Eugene
Ek wou nou net vra as ek die vel aftrek want ek wil nie die velle saam terug bring dorp toe nie. Kan mens hom nie toemaak met Gladwrap nie

Eugene die "Vleislaken" hou jy hom klam of is hy droog en keer hy die harde taai skil
soos Spanner se
Ek het die ding eendag op 'n skou gekoop. Dit is amper dieselfde tipe materiaal as daai rolle lap wat mens by Senwes koop. As die vel af is, laat ek die bok maar eers goed koud word en "trek" die laken dan vir die karaks aan! Ek maak nie die laken nat nie, maar hy word maar effens klammerig. Die vel is beter, maar ek kry glad nie daardie skil effek nie.

'n Vriend van my gebruik 'n doodgewone laken (moet net nie daardie lelike lakens wat jy vir 'n trougeskenk gekry het, gebruik nie.... Dit spek ander en groter probleme as 'n skil op jou vleis.... :-X :-X :-X) en dit werk maar basis net so goed!
Aim small, miss small

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Location: Yarraman

Re: Bees Slag

Post by Vlakvark » Thu Jul 05, 2012 1:56 pm

Eugene
Hang jy hom in 'n koelkamer of net waar dit koel is
Hoe doen die slaghuise dit hulle kry tog die karkas sonder vel of kry hulle hom na hy vir 'n tydperk gehang het want hulle vleis het nie daai lelike blou kleur met die harde taai skil nie
Image
Image

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Bees Slag

Post by Eugene » Thu Jul 05, 2012 2:07 pm

Vlakvark, ek hang hom maar soos Danie ges? het, in 'n koelkamer onder 6grade C. As dit baie koud is waar ek jag, hang ek maar buite agter gaas, maar meeste plekke het darem koelkamers en ek is gelukkig om ook een op die plaas te kan h?.

Ek weet nie wat die slaghuise doen nie, maar voordat ek 'n koelkamer op die plaas gehad het, het ek maar by 'n slaghuis laat hang (sonder die vel, hulle hou nie van velle nie... ???) en dan het hy ook maar daardie skil op... Met bees kry ek nie maklik daai skil nie, ek dink dis die ho?r vetpersentasie teen die vel, maar met wild kry ek dit baie maklik!
Aim small, miss small

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Location: Yarraman

Re: Bees Slag

Post by Vlakvark » Thu Jul 05, 2012 2:14 pm

Eugene

Met bees kry ek nie maklik daai skil nie, ek dink dis die ho?r vetpersentasie teen die vel, maar met wild kry ek dit baie maklik!Dit sal dan met skaap ook so wees
Dink jy het 'n punt beet hier

Dankie man ek gaan daai laken idee try
Image
Image

Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1039
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Location: Secunda

Re: Bees Slag

Post by Spanner » Thu Jul 05, 2012 2:15 pm

Ek sal nie die GladWrap gebruik nie, ek vermoed die vleis gaan nie kan "asemhaal" onder dit nie en gaan dalk vinnig smetterig word.  Ek het nog nooit GladWrap gebruik nie, maar het al 'n springbokkarkas in 'n groot plastieksak toegemaak nadat dit een dag in die koelkamer gehang het.  Die toegemaakte karkas het 4 dae so gehang... toe begin hy smetterig en snotterig word.  Nie aangenaam nie.  Ek dink nie GladWrap sal soos vakuum verpakking werk nie.  By VP word die suurstof amper geheel en al uitgesuig, wat bederwing van die vleis aansienlik vertraag.  Ek vermoed indien jy GladWrap gaan gebruik, gaan daar steeds suurstof vasgedruk word teen die vleis wat dan ook nie kan "asemhaal" nie - en tot vinniger bederf kan lei.

Ek gebruik ook lappe so groot soos groot slaapsakke, wat my vrou vir my gemaak het.  Die lappe het 'n drawstring bo en onder wat oortrek oor die karkas vergemaklik.  Ek gebruik dit meestal om vliee en brommers weg te hou van die vleis as daar nie koelgeriewe beskikbaar is nie, maar het al afgeslagde karkasse daarin in die koelkamer gehang sonder probleme.  Dit verhoed effens die uitdroging en skilvorming maar nie naastenby soos wat die vel dit verhoed nie, en die sakke vergemaklik hantering deurdat dit die karkas skoon hou as dit gelaai moet word.  Ek was al by, waar die plaaswerkers dieselfde overall baadjie vir twee weke permanent dag en nag dra, jy ruik daai ou sommer wind-op, so profeteer daai baadjie... en na jou jag as jy moet vleis laai dan gooi hy jou skoon afgeslagde rooibokkarkas sommer so oor die skouer of so half op sy kop en dra dit bakkie toe ! >:(  Die sakke verhoed sulke onsmaaklikhede.  Ek het ook agtergekom, vandat ek die sakke begin gebruik het, het geen plaaswerker weer 'n gebreekte kakebeen of gebarsde oordrom ontwikkel nie !  Wonderlike goed , die vleis sakke. ;D
Last edited by Spanner on Thu Jul 05, 2012 2:19 pm, edited 1 time in total.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Location: Yarraman

Re: Bees Slag

Post by Vlakvark » Thu Jul 05, 2012 2:35 pm

Dankie Spanner
Ek dink jy is reg met daai gladwrap storie sal eerder nie hom probeer nie
Ja hier by my is daar nie iemand wat help dra of slag, verwerk nie so ek weet dis net my hande en sweet wat op daai vleis drup ;D so ek glo nie die vleis sakke gaan help vir oordrome wat bars en kakebene wat breek nie. Maar ek kan dalk nou die verbande uit die noothulp sak haal want as ek verband nodig het kan ek hom nou mos uit die vleis sak sny
Ma help slag en sny maar sy sweet nie soos ek nie so haar vleis proe darrem nie soos soutvleis nie  ;D

Dankie manne hoop darem  Skietekat het ook hier iets geleer alhoewel ons nou nie sy vra beandwoord het nie
Image
Image

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3756
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Location: Tsumeb, Namibia

Re: Bees Slag

Post by FHM » Thu Jul 05, 2012 2:55 pm

Spanner wrote: Ek sal nie die GladWrap gebruik nie, ek vermoed die vleis gaan nie kan "asemhaal" onder dit nie en gaan dalk vinnig smetterig word.  Ek het nog nooit GladWrap gebruik nie, maar het al 'n springbokkarkas in 'n groot plastieksak toegemaak nadat dit een dag in die koelkamer gehang het.  Die toegemaakte karkas het 4 dae so gehang... toe begin hy smetterig en snotterig word.  Nie aangenaam nie.  Ek dink nie GladWrap sal soos vakuum verpakking werk nie.  By VP word die suurstof amper geheel en al uitgesuig, wat bederwing van die vleis aansienlik vertraag.  Ek vermoed indien jy GladWrap gaan gebruik, gaan daar steeds suurstof vasgedruk word teen die vleis wat dan ook nie kan "asemhaal" nie - en tot vinniger bederf kan lei.

Ek gebruik ook lappe so groot soos groot slaapsakke, wat my vrou vir my gemaak het.  Die lappe het 'n drawstring bo en onder wat oortrek oor die karkas vergemaklik.  Ek gebruik dit meestal om vliee en brommers weg te hou van die vleis as daar nie koelgeriewe beskikbaar is nie, maar het al afgeslagde karkasse daarin in die koelkamer gehang sonder probleme.  Dit verhoed effens die uitdroging en skilvorming maar nie naastenby soos wat die vel dit verhoed nie, en die sakke vergemaklik hantering deurdat dit die karkas skoon hou as dit gelaai moet word.  Ek was al by, waar die plaaswerkers dieselfde overall baadjie vir twee weke permanent dag en nag dra, jy ruik daai ou sommer wind-op, so profeteer daai baadjie... en na jou jag as jy moet vleis laai dan gooi hy jou skoon afgeslagde rooibokkarkas sommer so oor die skouer of so half op sy kop en dra dit bakkie toe ! >:(  Die sakke verhoed sulke onsmaaklikhede.  Ek het ook agtergekom, vandat ek die sakke begin gebruik het, het geen plaaswerker weer 'n gebreekte kakebeen of gebarsde oordrom ontwikkel nie !  Wonderlike goed , die vleis sakke. ;D
+ 10 Spanner - ek werk hom ook so. Die 'GladWrap' is n groot nee!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD

Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2582
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: Bees Slag

Post by Jean Marais » Thu Jul 05, 2012 6:06 pm

Hallo Frikkie

Freddie Hirsch het 'n reeks DVD's wat jou presies verduidelik hoe jy 'n karkas uitmekaarhaal.

Ek het vir my een aangeskaf vir wildverwerking, en begin nou al mooi gekonfyt raak om die karkasse uitmekaar te haal en biltonge te sny.

Die DVD's wys jou ook hoe om jou wors te maak ens.

Jy kan gerus maar kyk of die DVD's nie dalk vir jou ook sal werk nie.

Groete

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Bees Slag

Post by Wismit » Fri Jul 06, 2012 8:18 am

Jean Marais wrote: Hallo Frikkie

Freddie Hirsch het 'n reeks DVD's wat jou presies verduidelik hoe jy 'n karkas uitmekaarhaal.
Weet iemand dalk waar ek van die DVD`s in die hande kan kry?
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave

User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
Location: Swellendam

Re: Bees Slag

Post by Flip Groenewald » Fri Jul 06, 2012 8:58 am

Wismit wrote:
Jean Marais wrote: Hallo Frikkie

Freddie Hirsch het 'n reeks DVD's wat jou presies verduidelik hoe jy 'n karkas uitmekaarhaal.
Weet iemand dalk waar ek van die DVD`s in die hande kan kry?
Sal ook graag wil weet waar

Dankie vir die hulp sover

Groete

Flippie
Swellendam WC

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3756
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Location: Tsumeb, Namibia

Re: Bees Slag

Post by FHM » Fri Jul 06, 2012 9:59 am

Manne julle kan die mense hier kontak
http://www.freddyhirsch.co.za/contact_us.html

Sterkte ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD

User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
Location: Swellendam

Re: Bees Slag

Post by Flip Groenewald » Wed Jul 11, 2012 12:34 pm

Middag manne as julle nou moes wat sou die beste skoot wees op die 2 volgnde want dis hoe die bees ons gaan kyk.

Ons gaan met die 270 skiet.

Image

Image
Swellendam WC

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12334
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Bees Slag

Post by Geno » Wed Jul 11, 2012 12:49 pm

Slaan hom van die kant af tussen die oog en die oor.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Location: Lydenburg. Mpumalanga

Re: Bees Slag

Post by vlakvark1 » Wed Jul 11, 2012 1:03 pm

Reg van voor.brein skoot.Trek vir jou self denkbeeldige lyne n kruis,sy 2 horings na die 2 oe en skiet hom op die kruisie
vlakvark en bosvark Bvk

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Location: Yarraman

Re: Bees Slag

Post by Vlakvark » Wed Jul 11, 2012 1:49 pm

Jy is seker nie erenstig nie Klim in die kraal en HALAAL hom Knipmes
Kyk die ou is 'n sisie hy het 'n lang knipmes, soos die ouens wat so ver skiet dis nie eties nie
Image
Image
Image

User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
Location: Swellendam

Re: Bees Slag

Post by Flip Groenewald » Wed Jul 11, 2012 2:09 pm

Geno wrote: Slaan hom van die kant af tussen die oog en die oor.
man as die dam ding net wou dwars staan ons het al gaan kyk as ons naby kom maar daai twee voorbeelde is al manier hoe hy staan.
Swellendam WC

User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm
Location: Swellendam

Re: Bees Slag

Post by Flip Groenewald » Wed Jul 11, 2012 2:18 pm

vlakvark1 wrote: Reg van voor.brein skoot.Trek vir jou self denkbeeldige lyne n kruis,sy 2 horings na die 2 oe en skiet hom op die kruisie
iemand het ook gese trek n lyn tussen die oe en skiet in die middel.
Swellendam WC

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”