Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Kalahari » Sun Nov 18, 2012 10:10 pm

Naand almal

Ek sit met my hande bak voor julle vanaand. Ek is op soek na iemand wat bereid is om 'n 16 jarige seun bietjie touwys te maak in skiet en jagetiek en algemene reels ens. Die seun is in Doornpoort Pretoria. Die seun sal volgende jaar winter by my op die plaas sy eerste jag aanpak om 'n bok te skiet en soos julle weet kan mens nie sommer net die roer vat, oor die eerste duin stap en dwaa daar le die bok nie.
Ek wil die ervaring vir hom so maak dat hy nie afgeskrik sal word deur die jagtery nie, maar dan moet hy voorbereid wees op wat wag.

Hy is egter nou met eksamens besig en gaan Desember nie by die huis wees nie, dus is dit dalk eers iets vir volgende jaar 2013. Ek sal die ammo sponser, dit is nie probleem nie.................. , maar ek gaan nie verder uitbrei op die omstandighede ens nie, die persoon wat wel kans sal sien vir die "projekkie" sal ek dan verder inlig en details bespreek.

Baie dankie dat ek julle hulp kan vra.
Kalahari

fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Location: PRETORIA

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by fanie17 » Sun Nov 18, 2012 11:12 pm

Kalahari
Wil jy my nie miskien kontak en laat ons die ding bespreek nie afhangend van wat nodig is kan ek miskien help en miskien meer doen.
Groete
Fanie
no 0824788657
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo

Legends Africa Taxidermy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Nov 18, 2012 8:20 am
Location: Pretoria, Vastfontein, naby Petronela.

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Legends Africa Taxidermy » Mon Nov 19, 2012 12:22 am

Kalahari,

kontak ons ook gerus, sal ook graag wil help met die touwys maak van die afslag, en hoe om die bok te cape, en wat om te doen en nie doen nadat hy sy bok gejag het, van n taksidermie se kant af, dus nou as hy daarin belangstel, en ons is 20km van Doornpoort af. op die ou Warmbad pad.

Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
JJ & Marius
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
"FOR THE HUNTER THAT KNOWS WHAT HE WANTS"

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Kalahari » Mon Nov 19, 2012 12:42 am

Marius

Baie dankie dat jy laat weet. Die fondse is seker nie daar huidiglik nie en hy sal seker sy bok hier by my in Nam kom skiet. Maar, ek hoor wat jy se, dit sal hom goed doen om net nog een aspek van jag te kan besigtig en te sien waaroor dit gaan, hel, ek het self nog nie gesien hoe moet daar gecape ens word nie. Skiet nog maar net vir die biltong heeltyd.

Waardering vir julle belangstelling.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16419
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by tripodmvr » Mon Nov 19, 2012 5:40 am

SA Jagters voel baie sterk oor jeugopleiding en het uitstekende kursusse vir opvoeding van jongmense in die jagsport. Ek is nie in Pta omgewing nie, maar miskien is hier van die lede wat wel in takke (Baviaanspoort?) daar naby is. Alle aspekte van jag word aangespreek en sluit afslag in - die slag van trofees bring egter sy eie vaardigheid mee en die taksidermie manne se aanbod is 'n groot bonus.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4028
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by BRNO (Pierre) » Mon Nov 19, 2012 6:26 am

Hou my volgende jaar op hoogte. Ek is lid van die Pta Oos SAJWV tak, en het onderneem om saam met my seun wat nou sewe is, volgende jaar sover moontlik elke skietdag by te woon. As ek nog n siel in Dornpoort moet optel, en weer aflaai oppad soontoe, sal dit my nie armer maak nie. Ek sal sover dit vir my moontlik is, graag wil help.
Veiligheid eerste manne!

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16419
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by tripodmvr » Mon Nov 19, 2012 6:47 am

BRNO .06 (Pierre) wrote: Hou my volgende jaar op hoogte. Ek is lid van die Pta Oos SAJWV tak, en het onderneem om saam met my seun wat nou sewe is, volgende jaar sover moontlik elke skietdag by te woon. As ek nog n siel in Dornpoort moet optel, en weer aflaai oppad soontoe, sal dit my nie armer maak nie. Ek sal sover dit vir my moontlik is, graag wil help.
Hoor by jul junior opleidings fasiliteerder of hy/sy nie verder kan help nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Kalahari » Mon Nov 19, 2012 7:16 am

More kerels

Manne, baie dankie vir julle aanbod, die seun se ma het reeds genoem dat die een of ander skiet vereniging of so iets nie ver daarvandaan (hul huis) is nie. Julle gee mens weer moed vir die lewe! Ek is nie seker wat se organisasie is dit wat sy van praat nie, sal bietjie uitvind.

Baie dankie

Legends Africa Taxidermy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Nov 18, 2012 8:20 am
Location: Pretoria, Vastfontein, naby Petronela.

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Legends Africa Taxidermy » Mon Nov 19, 2012 7:30 am

BRNO .06 (Pierre) wrote: Hou my volgende jaar op hoogte. Ek is lid van die Pta Oos SAJWV tak, en het onderneem om saam met my seun wat nou sewe is, volgende jaar sover moontlik elke skietdag by te woon. As ek nog n siel in Dornpoort moet optel, en weer aflaai oppad soontoe, sal dit my nie armer maak nie. Ek sal sover dit vir my moontlik is, graag wil help.
More Pierre,

Ek wil ook net noem dat jy jou seun ook mag bring as hy graag meer sou wou weet oor wat gebeur met als nadat hy nou lekker gejag het ens.

Daars tog seker meer as net om die sneller te trek, keel afsny, en blitong maak ..lol

Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
"FOR THE HUNTER THAT KNOWS WHAT HE WANTS"

Legends Africa Taxidermy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Nov 18, 2012 8:20 am
Location: Pretoria, Vastfontein, naby Petronela.

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Legends Africa Taxidermy » Mon Nov 19, 2012 7:34 am

Kalahari wrote: Marius

Baie dankie dat jy laat weet. Die fondse is seker nie daar huidiglik nie en hy sal seker sy bok hier by my in Nam kom skiet. Maar, ek hoor wat jy se, dit sal hom goed doen om net nog een aspek van jag te kan besigtig en te sien waaroor dit gaan, hel, ek het self nog nie gesien hoe moet daar gecape ens word nie. Skiet nog maar net vir die biltong heeltyd.

Waardering vir julle belangstelling.
More Kalahari,

Enige tyd mense as julle die jong jagters meer will wys en die ander kant na die lekker jag wil kom wys en iets anders leer is julle welkom om ons te kontak sodat ons hulle, julle kan wys.
Maak n datum vas en wys hulle verskillende aspekte van die Taksidermie kant en hulle het die kennis om dinge reg te doen...

Kontak ons gerus
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
"FOR THE HUNTER THAT KNOWS WHAT HE WANTS"

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4028
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by BRNO (Pierre) » Mon Nov 19, 2012 9:50 am

Dit sal vir my n groot plesier wees om te kan help. Soos ek se, terwyl ek een doen gaan dit sekerlik nie saakmaak as ek nog n kind deel maak van ons wonderlike familie nie.

oom Driepoot, ek gaan sommer dadelik werk maak daarvan, en hulle skakel. ;)

Marius (LAT), ek sal verseker hom bring om te kom kyk. ek sal self ook graag wil sien wat is die prosesse ens.
Veiligheid eerste manne!

Legends Africa Taxidermy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Nov 18, 2012 8:20 am
Location: Pretoria, Vastfontein, naby Petronela.

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Legends Africa Taxidermy » Mon Nov 19, 2012 11:00 am

BRNO .06 (Pierre) wrote: Dit sal vir my n groot plesier wees om te kan help. Soos ek se, terwyl ek een doen gaan dit sekerlik nie saakmaak as ek nog n kind deel maak van ons wonderlike familie nie.

oom Driepoot, ek gaan sommer dadelik werk maak daarvan, en hulle skakel. ;)

Marius (LAT), ek sal verseker hom bring om te kom kyk. ek sal self ook graag wil sien wat is die prosesse ens.
Pierre, maak so sal lekker wees, dankie..
wag dan vir jou om ons te kontak en reelings te tref.
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
"FOR THE HUNTER THAT KNOWS WHAT HE WANTS"

User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 4638
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Location: Pretoria

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Pvdw » Mon Nov 19, 2012 9:44 pm

Manne, baie dankie vir julle aanbod, die seun se ma het reeds genoem dat die een of ander skiet vereniging of so iets nie ver daarvandaan (hul huis) is nie. Julle gee mens weer moed vir die lewe! Ek is nie seker wat se organisasie is dit wat sy van praat nie, sal bietjie uitvind.
Sa jagters se hoofkantoor ( Inyati Park) is letterlik net in die straat af vanaf Dooringpoort. So 6km met Zambezi weg uit en jy is by hulle.

Kalahari ek het jou PM gestuur.

Peet
Work to live, don"t live to work

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4028
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by BRNO (Pierre) » Tue Nov 20, 2012 6:17 am

Pvdw wrote:
Manne, baie dankie vir julle aanbod, die seun se ma het reeds genoem dat die een of ander skiet vereniging of so iets nie ver daarvandaan (hul huis) is nie. Julle gee mens weer moed vir die lewe! Ek is nie seker wat se organisasie is dit wat sy van praat nie, sal bietjie uitvind.
Sa jagters se hoofkantoor ( Inyati Park) is letterlik net in die straat af vanaf Dooringpoort. So 6km met Zambezi weg uit en jy is by hulle.

Kalahari ek het jou PM gestuur.

Peet
Jy weet hierdie gaan my en jou projek word. Lekker dag!
Veiligheid eerste manne!

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Kalahari » Tue Nov 20, 2012 6:57 am

More manne

Dankie vir wat julle bereid is om te doen, die ding sal eendag goeie vrugte dra.
Pierre, kon jy toe die dame kontak?
Peet, ek het jou gisteraand ook pm gestuur.

Lekker dag

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Gert Odendaal » Sat Dec 08, 2012 5:35 pm

Legends Africa Taxidermy wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote: Hou my volgende jaar op hoogte. Ek is lid van die Pta Oos SAJWV tak, en het onderneem om saam met my seun wat nou sewe is, volgende jaar sover moontlik elke skietdag by te woon. As ek nog n siel in Dornpoort moet optel, en weer aflaai oppad soontoe, sal dit my nie armer maak nie. Ek sal sover dit vir my moontlik is, graag wil help.
More Pierre,

Ek wil ook net noem dat jy jou seun ook mag bring as hy graag meer sou wou weet oor wat gebeur met als nadat hy nou lekker gejag het ens.

Daars tog seker meer as net om die sneller te trek, keel afsny, en blitong maak ..lol

Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
Hallo L.A.T
Geld die uitnodiging vir ander pa`s met seuns ook? Ek sal graag my seun Ruan ook wil bring sodat hy kan sien wat gaan gebeur met sy eerste bok wat hy volgende jaar gaan skiet...hy het vandag weer vier plaasvarke met `n .22 geskiet...en doen al die skietwerk op my vriend se plaas wat gereeld varke slag...my vriend hou nie daarvan om sy eie slagdiere dood te skiet nie..die taak is nou aan Ruan opgedra...hy leer nou om te wag vir die regte skoot...want hy moet die varke tussen baie ander varke uitskiet en tussen diere soos perde wat in kampe langs die vark hokke loop....maar dit is lekker om te sien hoe berekenend hy die skietwerk doen...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Legends Africa Taxidermy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Nov 18, 2012 8:20 am
Location: Pretoria, Vastfontein, naby Petronela.

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Legends Africa Taxidermy » Sun Dec 09, 2012 10:02 am

Dag se Gert.

Maar natuurlik is julle ook welkom om te kom kyk en sal Ruan, ook wys wat om te doen en om wat nie te doen nie..lol

Maar is seker jy het hom al gewys en gese..lol

Kontak ons gerus om n datum vas te maak.
012 545 4125
legendsafrica@ymail.com

Groete
JJ & Marius
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
"FOR THE HUNTER THAT KNOWS WHAT HE WANTS"

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Gert Odendaal » Sun Dec 09, 2012 4:49 pm

Dankie Baie JJ & Maruis...

ek sal nou in die vakansie deurkom..sal eers skakel voor ek kom..
.
Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Legends Africa Taxidermy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Sun Nov 18, 2012 8:20 am
Location: Pretoria, Vastfontein, naby Petronela.

Re: Hulp met 16jarige aspirant jagter

Post by Legends Africa Taxidermy » Sun Dec 09, 2012 7:46 pm

Gert Odendaal wrote: Dankie Baie JJ & Maruis...

ek sal nou in die vakansie deurkom..sal eers skakel voor ek kom..
.
Groete

Gert
Als reg Gert.

sien uit na julle besoek..

Groete
Marius
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd
"FOR THE HUNTER THAT KNOWS WHAT HE WANTS"

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”