WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Location: Douglas N-Kaap

WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Rooies » Wed Feb 20, 2013 6:42 pm

Manne

Ek het n probleem met dit wat hier aangaan en sal my pak vat as ek verkeerd is, en die betrokke persoon/e omverskoning vra vir dit. Is dit JARACAL styl ??

n Week of wat gelede sien ek n advertensie op die forum van Berg-bewer vir biltong pakette wat hy adverteer in die Kimberley area http://jaracal.com/viewtopic.php? Ek kyk toe daar deur, omdat dit in my
omgewing is en dalk kan aanstuur vir vriende wat jagplek soek.
n Paar dae later let ek op dat i-Hunt ook in Kimberley biltong pakete adverteer http://jaracal.com/viewtopic.php? en lees toe ook daardeur.
Iets maak toe nie vir my sin met die advertensie nie, en toe ek Berg-bewer se een weer gaan lees, sien ek dis dieselfde diere maar in i-HUNT se adv is hulle nou in 2 groepe gedeel ipv die oorspronklike 4 groepe(pakette) maar met n prysverhoging van +- R35000 op die twee pakette meer.

Ek pm toe vir i-HUNT en vra toe uit oor hoe en waar en verblyf ens. Hy stuur toe vir my n gecopy en past gedeelte van Berg-bewer se adv selfde verblyf selfde reels, met net datums wat een dag langer is.
Ek het toe vir Berg-bewer ook gekontak en gevra of hulle saamwerk en of hy bewus is van die selfde adv wat op die forum is, maar met net n grooter prysverskil. Hy het nie kennis gedra nie en het aan my genoem dat hy
navrae gehad het via sms van Ian Burger oor die pakette wat hy beskikbaar het in Kimberley.

Ek vir i-Hunt gebel en gevra of dit dieselfde goed is wat Berg-bewer adverteer en hy het nee gese, iemand in Douglas reel dit vir hom, maar in werklikheid het hy met B-B per sms gekomminukeer om inligting te kry wat ek van hom gevra het oor permitte ens.

Ek wil graag by hom weet, hier op die FORUM, wat gaan hier aan ? En of, dit die tipe besigheid is wat hy doen
in die jagbedryf en op JARACAL ??

Rooies
Last edited by Rooies on Wed Feb 20, 2013 9:35 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12320
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by Geno » Wed Feb 20, 2013 6:55 pm

Lekker ou Sherlock Reds! Dié ding lyk vir my ook fishy!
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1221
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Location: Bloemfontein

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by Silent Hunting » Wed Feb 20, 2013 7:06 pm

Eina. Iemand se boud gaan brand.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD

User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Location: Kimberley

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by Berg-Bewer » Wed Feb 20, 2013 7:11 pm

Hallo Julle

Carel baie dankie vir jou moeite en die beginsels en waardes waarvoor jy opstaan. Ek voel en glo die son moet oor almal skyn, maar nie ten koste van my familie wat afhanklik is van my en wie se brood en botter dit is om te oes, jag, ens nie!

Hiermee soos dit ontvou het:

Ek het 4 pakette op Jag Buddies (FB) en Forum vir die Jagter gepost!
ihunt / Ian Burger het gereageer na my epos met:
"Kan man net 2 dae op n slag jag? Ek het n groep manne wat belangstel maar sal graag langer wil jag, 3-4dae"
Ek het gereageer met ek kan 'n ekstra dag bysit @ koste!
Sy reaksie: "As die jagters 2 pakkette wil skiet, sal hul dit als in 2 dae kan skiet?"
Niks fout met enige van sy replies nie, tot Carel my Saterdagaand laat weet het ihunt adverteer dieselfde pakette as 2 pakette met 'n vreeslike verhoging in die prys, ek praat onderkorreksie plus minus R35,000.00?
My reply: Morê Ian
Ek verstaan heeltemal dat die manne langer sal wil jag, hulle wil immers 'n bietjie van die huis af wegkom, ens!
Ongelukkig is die plasie bitter klein en leen hom glad nie vir kamp in die veld, ens nie. Ek is ook redelik beperk met tyd en die eienaar wil ook nie elke dag vir 'n week lank mense op die plaas hê nie, darom die datums soos uiteengesit vir 'n Vrydag en Saterdag.
Die plekkie is idiaal vir die ou wat net vir 'n dag wil uitgaan en 'n bok of 2 wil jag en vanaand is hy weer by die huis.
Jammer ek sal jou graag so wil akkomodeer, maar dit is die eienaar se wens, so dink maar daaroor en laat my weet.
Groete Jaco
Sy reply:Dit klink vir my goed... Ek hou jou op hoogte...
Intussen speel ek toe maar saam en maak of ek niks weet van sy post met my goed nie, hy wil immers jagters bring en die pakette kom jag, inaggenome het gaan darem vir hom ook iets bysit!
Laat Saterdag sy volgende versoek: Moet dit spesifiek pakkette wees wat saamgestel word? Wat as die manne 10 gemsbokke en 8 swartwildebeeste en 8 hartebeeste en 16 blesbokke en 16 springbokke wil skiet?
My antwoord: Jammer Ian dit moet ongelukkig spesifieke pakette wees soos uiteengesit. Daar moet net spesifieke totale afgehaal word.
Groete
Sy antw: Ek stel moontlik in pakket 1 en 2 belang lyk dit
Sondag die 17de het hy my weer ge sms met vrae rondom die Tops permitte vir die Swartwildebees, ens en het ek aan hom gevra of hy darem vir hom iets bygesit het? Sy reply was dat indien alles goedgaan en hy nie 'n band bars en self goedkoop verblyf kan kry, ens behoort hy so R4,000.00 te maak. Dit is vir my heel aanvaarbaar, maar die feit dat Ian nooit vir my gevra het om my jag pakette te adverteer en dit nog vir ver meer as my prys grens aan skelm wees. 'n Mens doen dit net eenvoudig nie, of vra ten minste mag jy dit doen en kom ooreen op 'n tarief of prys! My volgende vraag is met hoeveel ander ouens het hy dit al gedoen? Die feit dat hy my vra het jy 'n TOPS permit nodig vir Swartwildebees in die Noord Kaap, en jy self jag bleikbaar die hele land vol ingesluit Namibie, ens en jy weet dit nie, maak my baie bekommerd! Ian gee homself ook uit as 'n oes operateur en sover my kennis strek is hy nie 'n geregistreerde oes operateur by DEAT nie. As jy nie 'n spesiale permit van natuurbewaring het nie, mag jy nie wild in die Noordkaap met 'n jaglig, silencer, chopper, ens skiet nie?

Wat my verder bekommer is die feit dat hy kliënte uitneem op jagte, maar hy is duidelik oningelig of dood eenvoudig te arrogant of minagtend om hom by die reëls en wetgewing te hou! Sy kliënte gaan op die ou end die prys betaal. Sy manier van dinge doen is nie reg nie en gaan ons hele bedryf in 'n slegte lig stel.

Ek is jammer as ek op tone trap, maar ek kan nie my brood en botter laat vertrap nie!

Beste groete Jaco Bruwer

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Location: Potchefstroom
Contact:

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by BLOK » Wed Feb 20, 2013 7:28 pm

Reg verkeerd seker nie vir my nie, moet seker maar debateer word tussen die partye.

Al wat my pla van iHunt se aansluiting is behalwe vir die paar keer se raad vra oor sy 270 en 93 is van sy derde pot tot op hede nog net omtrent jag advertensies.

Wou al vroer daaroor n woord gooi maar omdat dit nie direk onder advertensies geplaas was nie het ek maar eers gelos.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Location: Benoni

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by grumpy » Wed Feb 20, 2013 8:07 pm

Blok, ek het gesit en dieselfde ding kyk. Ek het gas gekry en stil gebly. Hier kom dit mou sterk deur.

As hy so wil adverteer is daar mos kostes betrokke om op die forum te adverteer.

Ek sien ook hy dra niks by behalwe die advertensies.

Ek gaan gou my Lazyboy oop slaan en popcorn kry want hier kom n lelike ding. Sommer ook die wetsuit aantrek en goggles met snorkel vir asem haal en sien wat gebeur hier!!!!

User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Location: Douglas N-Kaap

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by Rooies » Wed Feb 20, 2013 8:22 pm

Dieselfde rede hoekom ek maar besluit het om hier te openbaar wat ek ondervind het Blok, want baie van ons ken mekaar al persoonlik en dis nie Jaracal styl om medelede te probeer indoen nie.

Hier het ek nog net hulp gekry en baie "name" het huisvriende geword, en sou nie wou sien dat iemand op die forum ingeloop word nie.

User avatar
schalk
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Mon Feb 18, 2013 6:29 pm

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by schalk » Wed Feb 20, 2013 8:57 pm

Ai nou wil ek skierlik nie meer saam jag nie want as dit so gaan veral ek wat nuut in die bedryf is wat raat en hulp noding het, sien ek my swaar spaar geldjies by die deur uit.Wat as daar geen wild tesien is nie, net n kaal plaas,al die onkostes, werblyf,ens,en dit vir niks, nee ek se baie dankie aan hierdie soort forum,ek sal maar eers mooi lees en dan besluit. Dankie vir die manne wat dit vir die nuwe jagter al die skerp draaie uit wys.
.303 BSA
.22 Bruno
9mm Star Par
.357 Magnum
6.75 CZ
.303 Lee Enfield Mk4 No1
.22 Voere Magnum


Be safe, Be Good, Be the hunter.

User avatar
stan man
Hero Member
Hero Member
Posts: 1312
Joined: Thu Mar 22, 2012 1:52 pm
Location: hennenman

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by stan man » Wed Feb 20, 2013 9:18 pm

schalk
soos orals is daar maar hier op die forum ook n ongeruimtheid of 2 wat sy kop uitsteek.soos geno nou die dag vir my gese het ons moet nie veralgemeen nie. moet jou nie bleek skrik nie ,daar is ysters hier op die forum.
en dit maak nie saak hoe oud ons is of hoeveel ondervinding ons het nie, ons leer almal nog elke dag van ons lewe.

ons moet nie van die moderators vergeet nie. die manne sal hierdie uit sorteer en ons buite staanders,kan maar net glo dat reg sal geskied op die forum. (vir die forum)

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Kalahari » Wed Feb 20, 2013 9:45 pm

Schalk

Hang bietjie vas ou vriend, soos stan man gesê het, die tipe goed (mens) kan jy oral raakloop, maar gelukkig is die forum so skerp dat die tipe van ding nie lank geheim bly nie.
Die sêding van die tou wat lank genoeg geraak het en dan hang mens jouself op >:D , dit is besig om hier te gebeur.
Jy sal goeie raad en advies en jagplek op Jarcal kry.

Mooi gekyk Rooies.

Beste

User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 6419
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by PWV » Wed Feb 20, 2013 10:07 pm

Kom nou, iHunt, bring jou kant! Wat is die storie!

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4099
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Cobus(Cobb) » Wed Feb 20, 2013 10:10 pm

Pieter Willem Vorster wrote:Kom nou, iHunt, bring jou kant! Wat is die storie!
Ek wag ook vir sy kant van die storie.... ???

Cheers

User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2679
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Location: Bloemfontein
Contact:

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Jakkalsgat » Thu Feb 21, 2013 1:08 am

Ian

Man dis eintlik baie eenvoudig, doen jou ding wees deel van die groep en deel soos dit ordentlik vriende betaam maar daar is paar dinge wat nie aan is nie.

1) Moet nie my intellegensie onderskat nie
2) Moet nie vir my, my vriende of my kliente probeer vertrap of bedonner nie.

Ek het reeds op jou 2de post vir jou gese dat hier reels is waarby jy moet inval waaraan jy jou nie gesteur het nie en eerder jou gat in 'n krul getrek het. Nou se ek weer jy kan nie die forum waar manne al vriende geraak het kom misbruik en net advertensies plaas nie, hierdie is nie die Volksblad, Son of SA Wild en Jag nie, as jy hier wil deelneem moet jy maar kyk of jy nie soosr die res van die manne 'n bydrae kan maak nie en moet ek se dit lyk my jy is net hier om te skep.

Ek se jou weer jy is welkom om hier saam met ons te kuier te leer en hopelik 'n positiewe bydrae te maak.

Ek herhaal wat ek al in die verlede gese het en ek blykbaar reeds 'n naam voor het, almal in die wild en jag bedryf is nie skelm nie maar ongelukkig is al die skelms in hierdie bedryf, moet nie dat jy daardie donkie kaart om jou nek moet dra nie.

Ek weet nie wat my meer omkrap nie, die feit dat jy as nuweling hier onder ons, ons mede forum lede se pakette aan ons wil kom verkoop teen een moerse wins en werklik ons intellegensie so onderskat deur te dink ons is onosel genoeg om dit nie agter te kom nie of die feit dat jy dink hierdie is maar net weer 'n facebook blad waar jy kan adverteer nie.

Ek moet vir jou se van jou goed is werklik nie sleg nie maar wonder ek nou net as jy die tipe ding doen hoe moet ek jou vertrou om saam met jou te gaan jag.

Jaco Stander

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7057
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Location: Jubail Saudi Arabia

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Gerhard » Thu Feb 21, 2013 6:21 am

Rooies,

Dankie vir die deel.

User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Location: Douglas N-Kaap

Re: WAT GAAN HIER AAN ? Is dit reg ??

Post by Rooies » Thu Feb 21, 2013 6:41 am

schalk wrote:Ai nou wil ek skierlik nie meer saam jag nie want as dit so gaan veral ek wat nuut in die bedryf is wat raat en hulp noding het, sien ek my swaar spaar geldjies by die deur uit.Wat as daar geen wild tesien is nie, net n kaal plaas,al die onkostes, werblyf,ens,en dit vir niks, nee ek se baie dankie aan hierdie soort forum,ek sal maar eers mooi lees en dan besluit. Dankie vir die manne wat dit vir die nuwe jagter al die skerp draaie uit wys.
Schalk
ek wil aansluit by Kalahari en stan man;
Hier kan jy maar bly, en as jy iets wil uitvind oor iemand wat n artikel adverteer, kan jy dit maar op die forum vra jy sal weet of jy op die regte pad is of nie.

Hierdie is die beste jagters forum op die net, sonder kinkels in die kabel ;)

groete
rooies

User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4359
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Location: Calvinia

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by cassie_calvinia » Thu Feb 21, 2013 7:01 am

waarna toe gaan dit dan as dit nie geadverteer word nie?
HOU HOM DAAI DIKTE

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5963
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Location: Vaalpark Sasolburg

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Marc » Thu Feb 21, 2013 7:14 am

Ou maat ek het jou ook al probeer regwys, en hier her jy nou gulde geleentheid gehad om reg te maak, maar heelaas. Ipv regstel, kom grou jy n dieper gat.

Deur nou te wil modder gooi gaan jou saak net vereger, doen maar eerder net wat jy hierbo self aangedui het ;)

PS: daai springbok boer moet met Geno kontak maak, hy het n hengse probleem, daar is gelukkig medisyne daarvoor ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4028
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by BRNO (Pierre) » Thu Feb 21, 2013 7:16 am

Ek is een van die persone wat die ander dag vir Ian opgekom het, en het weer gaan kyk na die onderwerp, en sal weer vir hom opkom op daai spesifieke dag en datum, maar ek moet se, dat ek ook opgemerk het dat daardie advertensie die eerste van vele was, en het ek ook bietjie kriewilrig geraak met die feit dat die man net adverteer, en niks verder nie.

Ian, dan kan ek sommer ook nou noem, dat as jy en Berg Bewer slegte bloed tussen julle het, hierdie forum nie die plek is om dit uit te was nie. As dinge warm in die kombuis raak, moet nie hier kom en soos my sewe jarige seuntjie kom se, "ja maar wat van my sussie wat dit en dat gedoen het nie". Vat jou pak soos n man, en besluit self of jy in die toekoms n positiewe bydrae wil maak tot die forum, en of jy liewers maar aangaan.
Veiligheid eerste manne!

User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3416
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Location: Helderkruin - Wes Rand

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by VdWalt » Thu Feb 21, 2013 7:24 am

i-HUNT wrote:Berg bewer, ek het laasjaar n telling gedoen op n plek waar jul oes span die vorige jaar die telling gedoen het sodat jul daar kan oes. Jul telling was amper 3000 springbokke, toe skiet jul as ek reg onthou 800 springbokke af. Laasjaar toe tel ons, presies n jaar later, toe is daar 1366 springbokke op daai grond, amper n duisend minder as wat moes oor wees nog voor die aanteel na jul daar was. So ek sal ook graag wil weet, was dit reg om 1000+ bokke meer te tel sodat jul meer kan skiet en meer geld maak? Selfde storie met die gemsbokke

Presies wat het dit te doen met wat Rooies gevra het?

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7057
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Location: Jubail Saudi Arabia

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Gerhard » Thu Feb 21, 2013 7:32 am

Iets wat ek lank terug in die lewe geleer het en baie in die jag industrie gesien het...

Jy het net een naam en as jy nie goed reg en met trots doen nie en n man sy naam goed koop maak is dit bitter moeilik om dit terug te kry in dien ooit.

IHunt ek mik dit nie op jou nie.

Ek praat van wat ek ondervind en gesien het in my omwentelinge...

User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Location: Kimberley

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Berg-Bewer » Thu Feb 21, 2013 8:06 am

i-HUNT wrote:Berg bewer, ek het laasjaar n telling gedoen op n plek waar jul oes span die vorige jaar die telling gedoen het sodat jul daar kan oes. Jul telling was amper 3000 springbokke, toe skiet jul as ek reg onthou 800 springbokke af. Laasjaar toe tel ons, presies n jaar later, toe is daar 1366 springbokke op daai grond, amper n duisend minder as wat moes oor wees nog voor die aanteel na jul daar was. So ek sal ook graag wil weet, was dit reg om 1000+ bokke meer te tel sodat jul meer kan skiet en meer geld maak? Selfde storie met die gemsbokke
Goeie morê Ian en ander

Ian daar is een ding in die lewe wat jy baie vinnig moet leer ou seun (24 jaar) ek (40+ jaar) laat my nie rondneuk en vertrap deur "Kabouters" soos jy nie. Ek het 'n gevestigde besigheid in die wildoes bedryf met 'n baie goeie naam en 'n skoon rekord, daarmee bedoel ek die volgende, elke liewe kliënt waarby geoes is, is betaal of dadelik of op tyd, ingesluit kwesbokke of moontlike kwesbokke en bevestiging van elke kliënt na die oes hetsy mondelings of skriftelik dat hy tevrede is op die manier hoe ons dinge doen. Jou stelling soos hierbo aangehaal insinueer jy dat ek of lede van my span, ens "skelm" is en totale opblaas om sodoende meer wild te oes op sekere plase? Ek hou van reguit mense en in baie gevalle is dit nie wat 'n mens wil hoor nie, maar dan weet 'n mens ten minste presies waar jy met wat of wie staan. Ek is nie in die wild telling bedryf nie, maar wel in die oes bedryf!

Aangesien jy nou die bg opmerking gemaak het, kom ons speel nou 'n bietjie oopkaarte met mekaar.
Noem asb die kliënt se naam en plaasnaam waarvan jy hierbo praat sodat ek daarop kan reageer asb, want ek het absoluut niks om weg te steek nie en as ek skuldig is sal ek my pak vat soos dit 'n man betaam!

Groete Jaco Bruwer

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3001
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Location: Roodepoort

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by FCLoretz » Thu Feb 21, 2013 8:13 am

More manne,

Oom Carl, Ek stem saam oom dat wat hier gebeur het nie reg is nie.

Jaco en Ian.

Moet asb nie die geveg hier voort sit nie. doen dit eerder dmv PM of epos.

Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2582
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Location: Centurion

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Jean Marais » Thu Feb 21, 2013 8:18 am

FCLoretz wrote:More manne,

Oom Carl, Ek stem saam oom dat wat hier gebeur het nie reg is nie.

Jaco en Ian.

Moet asb nie die geveg hier voort sit nie. doen dit eerder dmv PM of epos.
Ek stem saam met jou.

Ek het verder ook sopas 'n beginselbesluit geneem en dit is dat ek nie sommer iHunt ooit sal ondersteun nie. Hier is reeds genoeg twyfel by my gesaai oor of ek ooit so 'n persoon sal kan vertrou, en eerder as om pak te kry, bly ek liewer weg. Hoe gaan die gesegde: "First impressions last forever"

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

User avatar
Pitbull
Full Member
Full Member
Posts: 237
Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Pitbull » Thu Feb 21, 2013 8:21 am

Dankie FC
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.

User avatar
Chrisjan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Wed Aug 11, 2010 8:33 am
Location: Roodepoort

Re: WAT GAAN HIER AAN & IS DIT REG ???

Post by Chrisjan » Thu Feb 21, 2013 8:39 am

Ek glo hier is baie manne wat advertensies dophou vir goeie jag pakette. Ek mag verkeerd wees, maar in die begin was die advertensies goedkoop en het aandag getrek, maar toe raak dit al hoe duurder?

Dit is 'n jammer dat ding uitgerafel het.

Locked

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”