Kuier / Jag kamer

Post Reply
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1145
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Location: Fourways

Kuier / Jag kamer

Post by Beer (Christo) » Sun Apr 07, 2013 10:07 pm

Naand almal

Ek het verlede naweek in 'n groter plek in getrek. Een kamer is 'n toegeboude 'patio' tussen die sitkamer en die garage. Dit het 'stacking' deure wat oopmaak na die grasperk en swembad. Ek wil graag 'n lekker kuier area hier skep. Ek is 'n 'boontjie teller' van beroep so kreatiwiteit is nie sterk punt nie. Sien die foto aangeheg. Ek wil nie 'n kroeg he waar jy agter moet in loop nie, maar het gedink aan 'n blad met 'n bar fridge, 'n opwas bakkie, kas met glase. Ek wil dit graag baie natuurlik he, iets soos dalk sleeper hout met growwe afwerking. Kan julle my dalk help met idees of mense wat dalk so iets vir my kan bou.

http://i1076.photobucket.com/albums/w443/Beer375/15bd4d9f12881db84b0383b64d19dc16_zps4c20c0ec.jpg

Oja, my kluis is ook daar weggesteek so ek wil 'n kas om dit laat bou

User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Location: Centurion

Re: Kuier / Jag kamer

Post by spekieries » Sun Apr 07, 2013 10:23 pm

Beer

Gaan kyk op die forum van "accurate reloading", trophy rooms, daar is 'n paar pragtige plekke waar jy miskien goeie idees kan kry.

User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1692
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Location: Brackenfell, CT

Re: Kuier / Jag kamer

Post by JTM » Mon Apr 08, 2013 11:25 am

Ek het met my herlaai area al my konstuksie met behandelde pine konstruksie balke gebou. Dit het ek als op die ou end donker met gevlek om Mahogony kleur na te boots. die rowwerige balke kom dan baie mooi uit. Die balke is vrylik beskikbaar in standaard grotes by all hardeware plekke en is bekostigbaar. Al wat ek uit chipboard uit laat maak het was die kas deure en dit is Burgundy Mahogany gekleur en pas ook mooi by die balk konstruksie.

Jy kan kyk na 'n paar pics van my herlaai area projek in die thread. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 65#p205965
Jannie Welman

Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1145
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Location: Fourways

Re: Kuier / Jag kamer

Post by Beer (Christo) » Mon Apr 08, 2013 12:10 pm

Sjoe, daai manne op accurate reloading het groot gegaan.

JTM, jou plek lyk baie mooi. Ek sal my herlaai tafel maar in die garage sit aangesien my bakkie te lank is om inte pas.

Ek wil graag nutuurlike hout gebruik. Kyk by die blad wat een ou op AR se website gebruik het
http://i1076.photobucket.com/albums/w443/Beer375/108750f44ab2555c45f3087cc3f3af19_zpsa3892d3d.jpg
http://i1076.photobucket.com/albums/w443/Beer375/6227bc9cb8d1470291287c9d6a56d79f_zps9487d768.jpg

Ek sal graag so blad teen die muur wil he wat op stompe of so iets staan. Dalk 'n kas of twee teen die muur vir glase.
Teen die linkerkantste muur sal my flat screen op 'n bracket kom sodat as ons buite braai, jy die rugby kan volg.

User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1692
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Location: Brackenfell, CT

Re: Kuier / Jag kamer

Post by JTM » Mon Apr 08, 2013 1:52 pm

My vriend het sy kroeg blad uit gesaagde sleepers gemaak en om die ou boud gate in die hout te vul het hy ou gevuurde haelgeweer doppe se brass kant daar ingelym. Dit lyk nogal kwaai veral vir so jag tema kamer wat jy beplan.
Jannie Welman

kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Location: Pretoria

Re: Kuier / Jag kamer

Post by kopskoot » Mon Apr 08, 2013 2:06 pm

jy kan so blad koop ,by Silverton Houthandelaars in Pretoria.

User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1064
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Location: Brits

Re: Kuier / Jag kamer

Post by matewis » Mon Apr 08, 2013 2:11 pm

Praat met die manne, laat hulle vir jou maak wat jy wil hê. Dalk 'n duurder opsie maar dis prima produkte wat na jou kinders se kinders sal gaan.

http://www.ranchfurniture.co.za/contact.php

Geniet dit, lekker om 'n man se grot uit te kap!

User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5002
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos

Re: Kuier / Jag kamer

Post by theedge » Mon Apr 08, 2013 5:13 pm

Baie netjies

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”