my klein projek.

Post Reply
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3001
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Location: Roodepoort

my klein projek.

Post by FCLoretz » Mon Aug 26, 2013 3:07 pm

Ek is besig met 'n klein projek om inligting te verskaf en dalk 'n paar meer mense die lig te laat sien. Hierdie is nog net die begin en slegs 'n raamwerk vir 'n baie groter skrywe waarmee ek besig is. Julle idees en gedagtes sal waardeur word.

Ek worstel nou al met ‘n gruime tyd met hoe barbaars en oneties jagters nou werklik is. En net soos wat die onderwerp van eties jag verskil, verskil die term barbaars geweldig tussen die jagter en die Anti-jagter, of beter bekend as die Greenies.

Hierdie worsteling het onlangs ontstaan na aanleiding van vele Facebook gesprekte wat ek gevolg het en die kommintaar(nee dit is nie verkeerd gespel nie, ek sien die insette as kommin) van die anti jagter. Wat die jagter verwens en selfs hulle familie ‘n stadige dood, moord, verkragting en tot marteling toewens. Ja jy lees reg hulle wens mense verkragting toe.

Ek is bewus daarvan dat die hele jag besigheid en die skiet van die mooi diere nie almal se idée van ontspanning is nie. Een ding wat baie opvallend was deur al die gesprekke is dat die anti jagter hom bloot in die gesig staar dat jag moord is en dat dit verkeerd is. Dit is dan hier waar die beledigings en slegte wense inkom, waar sommiges tot wens dat hulle self die sneller kan trek(dankie tog, hulle trek die sneller).

Ek glo dat sodra die anti-jagter begin luister en verstaan wat die jagter probeer se, dat daar ‘n beter verhouding tussen die twee groepe sal bestaan. My persepsie van die anti-jagter is dat hulle dink jagters wil net veld toe gaan om soveel diere moontlik te dood in die tyd wat hulle op die plaas is, al hierdie moordery gebeur ook natturlik in ‘n 10ha kamp van ‘n bakkie af. Dan wil al die jagters so vinnig moontlik terug kom by hulle slaap plek om elk 6 biere en ‘n bottle brandewyn af te gorrel totdat hulle omval van dronkenskap. En dit alles net om die volgende oggend met erge babbelaas weer die veld in te vaar en al wat leef en beef te skiet en meestal te wond.

Ek wil graag he dat die anti-jagter wel die feite in ag moet neem en dat en dink voordat hulle se alles wat die jagter doen is so verkeerd.

Kenya het in 1977 alle jag verban, trofee en vleis jag, grondeienaars was nie eers toegelaat om op hulle eie grond te jag of skiet nie. Die verbod op jag was bewerkstellig deur anti-jag groepe nadat hulle aangevoer het dat dit stropery op hok sou slaan, of so het hulle gedink. Op dieselfde tyd het Kenya die Kenya Rangeland Ecological Monitoring Unit begin om die getalle van vee en wildlewe deur Kenya se Nationale parke, ander bewaarde areas en swart kommune grond aan te teken. Die rekords het bewys dat Kenya se verbod op totale jag ‘n groot mislukking was deur dat tussen 60 – 70% van Kenya se wildlewe verlore gegaan het. Source: http://www.rexano.org/ConservationPages/Kenya_Frame.htm

Botswana het in November 2012 dieselfde roete begin volg en ‘n verob alle jag op privaat en staat grond geplaas. Die verbod op jag sal vanaf die begin van 2014 in werking tree. Die President van Botswana het in sy toespraak gese dat hulle die bewaring van hulle wildlewe nou in ag moet neem aangesien hulle na die toekoms van toerisme wil omsien. Wat ook tot die besluit toegedra het is dat verskeie jag operateurs oneties en onwettige jagte ondergaan en bedryf het. Source: http://www.wildlifeextra.com/go/world/h ... na.html#cr
Na aanleiding van die verbod op jag in Kenya(1977) en Botswana(2014), is daar sprake dat die anti-jag groepe probeer druk om ‘n verbod op jag in Suid Afrika ook deur te druk. Wat die anti jag groepe nou ingedagte moet hou is dat 70% van alle wild in Suid Afrika op privaat grond voorkom en nie deur die staat besit word nie. Wild op privaat grond het ‘n waarde daaraan verbonde vir die grondeienaar. Hierdie waarde is die van jagters wat jaarliks op die plaas kom jag. Jagters spandeer der duisende R’e elke jaar om te kom en so vleisie vir die pot te skiet.Sou hierdie verbod op jag deur gaan sal die wild hulle waarde verloor en sal ons, net soos Kenya 70% van ons wild verloor. Fantastiese conservation effort greenies!!!
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.

User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Location: Hillcrest, Durban

Re: my klein projek.

Post by Smiley » Mon Aug 26, 2013 3:29 pm

Genoeg om mens nog meer warm onder die kraag te maak, oningeligte greenies....

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3001
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Location: Roodepoort

Re: my klein projek.

Post by FCLoretz » Mon Aug 26, 2013 3:33 pm

Ja Smiley,

Dit is die probleem, Hulle voer argumente aan wat geen sin maak nie, en dit het nie enige feite in nie. Maar ek hoop om van hulle reg te help.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: my klein projek.

Post by mariusr » Mon Aug 26, 2013 4:58 pm

Hierdie is warm debat en glo nie sal sy einde of goedkeuring van alby partye kry nie! Ons sal ook nie weet wat oor vyftig of honderd jaar van nou af die norm sal wees nie!? Dertig jaar terug was daar nie sulke druk op die jagter nie! Vandag word die jagter letterlik gehaat en verwens deur van die"greenies"!Mense se siening en leefwyse begin verskil en verander soos die jare aanstap om hulle eie nuwe denke te ondersteun! Ongelukkig is die mens nie betroubare en eerbare wese nie en sal jou altyd in die rug wil steek, kyk maar na die politiek! Die ou was sterk Nasinalis nou stem hy ANC? Hoe werk dit? Gay troues is ook aanvaarbaar en so ook aborsies!? Dink ons voor ouers draai in hul grafte om! As jy vleis eet is jy deel van daai "killer" groep of jy dit nou wil glo of nie? Daar sal nog bladsye geskryf word oor die onderwerp sonder enige oplossing! As jy vergetarier is en jy hou by jou beginsels "good for you" maar gun die ander persoon ook sy standpunte en siening! Al wat ek weet die "jagter" se toekoms lyk nie so rooskleurig nie? Maar wie weet mense verander soos dag en nag veral as daar vir hom ook ietsie in is!!??

ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1938
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Location: Pretoria Noord
Contact:

Re: my klein projek.

Post by ROBBIE1 » Mon Aug 26, 2013 5:46 pm

FC, jys nou besig met n baie goeie ding, ek wens jou alle sterkte toe!

Een ding wat ek al baie vir mense gese het wat teen jag gekant is, is die volgende:
Almal (behalwe veggies) eet bees, vark, skaap en hoender, want hulle is op die "korrekte" manier geslag en hanteer. Dink jouself in, die stres wat daai diere deurgaan. Hulle word opgelaai in Kuruman, op n dubbel dekker trok, vervoer vir 600km tot in City Deep, deur n groen drywer wat soos sy gat bestuur. By die slagpale word hulle afgelaai, en staan in n tou en wag om gedood te word, of dit nou met n pyl geweer is, of met elektrisiteit dood geskok word, maak nie saak nie. Dis nou die korrekte manier wat almal mee tevrede is.

Nou is dit ons weergawe. Die jagter, babelas of nie, is in die natuurlike omgewing van die dier. Hy bekruip die bok, en terwyl hy rustig aan n blaar of grassie staan en kou, skiet hy die bok. Soms, val die bok met n enkel doodskoot, of miskien dryf adrenalien hom vir 20sekondes nog n paar meter verder, en dan is hy dood. Hierdie bok, het geen stres ondervind ondervind nie. Hys op sy eie terrein en in sy habitat, so natuurlik as wat dit gedoen kan word, vir die pot afgehaal!!

Dan se ek altyd vir die slimkop: "Dink nou bietjie mooi, en se nou weer vir my watter is die regte en beste manier, as jy aan diereregte dink, wat jy so promogeer!"

Belowe jou, sy bek is toe!!

Hoop dit is n klein toevoeging, en dat jy dit op n mooi diplomatiese manier kan stel, ek praat maar sommer kaalkop!

User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Location: Pretoria

Re: my klein projek.

Post by NEGE3 » Mon Aug 26, 2013 5:55 pm

Baie goeie gedagte maar dit gaan nie 'n maklike pad wees nie. Ek dink die term JAG SPORT het ook 'n negatiewe klem. Hoe kan jy nou vir die SPORT doodmaak. Woord keuses gaan 'n groot rol speel in die debat.

Stem saam met wat hier gese is.
Groete,
Koos de Beer

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3001
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Location: Roodepoort

Re: my klein projek.

Post by FCLoretz » Mon Aug 26, 2013 9:32 pm

Marius, Robbie en 93,

Dankie vir julle insette en bydraes. Soos ek se die geplaaste gedeelte is nog net 'n raamwerk. Daar moet nog baie geskryf word. En dan moet daar geskaaf word.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.

User avatar
SAHunter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 71
Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Location: Wes-Kaap

Re: my klein projek.

Post by SAHunter » Mon Aug 26, 2013 11:24 pm

Jag as georganiseerde bedryf moet nie met stropery wat ongereguleerd en deur kriminele beoefen word, verwar word nie. Geen erkende Wild- of Jagtersvereniging in SA gedoog onetiese jagpraktyke nie.

Die investering onder andere afkomstig van die etiese jagter die afgelope 20 jaar, het bygedra dat wildplase van 3500 in 1992 tot oor die 10 000 in 2012 gegroei het (ABSA Agribusiness 2012). Daar is vandag meer wild (spesies en getalle) in suider Afrika as op enige tydstip die afgelope 100 jaar ("Economic aspect of wildlife production in southern Africa" in Suich, H., Child, B. and Spenceley, A. (2009)). Die etiese jagter met sy geweer en beursie het baie meer bygedra om dit te vermag as enige "greenie" met 'n mikrofoon in die hand.
SA Hunter

.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3001
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Location: Roodepoort

Re: my klein projek.

Post by FCLoretz » Tue Aug 27, 2013 7:57 am

SAHunter wrote:Jag as georganiseerde bedryf moet nie met stropery wat ongereguleerd en deur kriminele beoefen word, verwar word nie. Geen erkende Wild- of Jagtersvereniging in SA gedoog onetiese jagpraktyke nie.

Die investering onder andere afkomstig van die etiese jagter die afgelope 20 jaar, het bygedra dat wildplase van 3500 in 1992 tot oor die 10 000 in 2012 gegroei het (ABSA Agribusiness 2012). Daar is vandag meer wild (spesies en getalle) in suider Afrika as op enige tydstip die afgelope 100 jaar ("Economic aspect of wildlife production in southern Africa" in Suich, H., Child, B. and Spenceley, A. (2009)). Die etiese jagter met sy geweer en beursie het baie meer bygedra om dit te vermag as enige "greenie" met 'n mikrofoon in die hand.
Dankie SAHunter,

baie interessante informasie. Ek glo ek sal nog 'n paar keer op jou knoppie druk vir informasie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: my klein projek.

Post by mariusr » Tue Aug 27, 2013 8:10 am

SAhunter dis feite wat jy noem en glo nie hulle kan dit betwyfel nie? Maar dit bly wreed en barbaars om diere te jag vir sport en kos vlgs die mense! Jy sal net nie kan wen nie die mense dink net anders en hulle word al sterker met meer mag by die dag!!

User avatar
kwagga_1
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sun Mar 17, 2013 8:02 pm
Location: Bobbejaansberg

Re: my klein projek.

Post by kwagga_1 » Tue Aug 27, 2013 8:31 am

Welgedaan FC! Dis 'n groot taak wat jy aanpak maar ek is seker almal op die forum staan 100% agter jou! Die ding wat mense vergeet is dat meeste etiese jagters derduisende R'e en baie ure spandeer om seker te maak dat die geweer reg is en dat jy dadelik 'n doodskoot skiet. Moeilikheid is daar is nou maar ouens wat droogmaak, maar hulle is definitief in die minderheid.

Robbie - ek het gereeld al presies daai selfde argument gebruik as mense begin baklei met my omdat ek jag, en ja, dit maak elke keer die ander ou vinnig stil! :)

User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am
Location: Brackenfell

Re: my klein projek.

Post by Hardyman » Tue Aug 27, 2013 9:05 am

More FC,

Baie sterkte vir die pad vorentoe ek hoop jy kan darem die greenies se horisonne n bietjie verbreed.

Behalwe vir die getalle wat vermeerder het danksy jag dink net aan al die eksotiese wild wat geteel is as gevolg daarvan. As dit nie vir jag was nie sou swart en wit springbokke, konings wildebeeste en n klomp ander diere slegs as "once off" gebeurtenisse beskou word.

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3001
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Location: Roodepoort

Re: my klein projek.

Post by FCLoretz » Wed Sep 25, 2013 1:15 pm

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3049
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: my klein projek.

Post by Chevvy SS » Wed Sep 25, 2013 4:10 pm

946732_10151667340691821_1271901520_n.jpg
Hierdie foto van mamma en pappa is blykbaar by Huntex geneem.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: my klein projek.

Post by mariusr » Wed Sep 25, 2013 4:24 pm

Wat maak hulle by huntex dan! Want gewere ens gaan oor jag wat anders! Of is hulle net "gate crashers"!?

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: my klein projek.

Post by mariusr » Wed Sep 25, 2013 4:35 pm

Een goeie punt hulle het huntex ondersteun en ook ook sommer darem drink en eet goedjies bestel!? Slim vang sy baas!!

2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: my klein projek.

Post by 2vierniks » Tue Oct 15, 2013 9:15 am

Hierdie is geen klein projek nie. 'n Mens moet jou woorde baie goed kies om met hierdie mense se koppe te werk. Onthou hulle het teen argumente vir alles. Selfs die feit dat jag vir die bewaring van diere betaal eet hulle nie meer vir soetkoek op nie. As hulle hul sin kan kry sal meeste diere in die veld bitter vinnig swaar kry. Ek dink hierdie projek is iets wat ieder en elke jagter en wildboer moet uitleef en seker maak ons gedrag, woorde en optrede is altyd van so 'n aard dat dit die greenies op hul plek sit. Onthou net so fanaties soos ons oor jag is, net so fanaties is hierdie mense oor diere regte. Punt is om diere op 'n menslike manier te hanteer is abnormaal en ongebalanseerd vir die natuur. Botswana gaan dit baie vinnig uitvind.

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6233
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: my klein projek.

Post by Arnold » Tue Oct 15, 2013 9:22 am

Ek sien nou hoe ondersteun daai groenes vir Huntex deur hulle geldjies daar te spandeer (ek neem aan dat hulle ook ingangs geld betaal het) ... belaglik.

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5800
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: my klein projek.

Post by Eugene » Tue Oct 15, 2013 10:23 am

FC, sterkte met jou projek! Laat weet gerus as jy hulp nodig het!

Manne, ek het al baie gewonder, hoeveel greenies is ex-jagters wat 'n skuldige gewete ontwikkel het oor die barbaarsheid en dan alles verkoop het en begin het om diere regte te beskerm?

Indien niemand nie, het die mense mos 'n uiterse gebrek aan kennis oor dit wat hulle propageer en kan hulle mos nie ernstig opgevat word nie?

Of wat dink julle?
Aim small, miss small

User avatar
Methos
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: my klein projek.

Post by Methos » Thu Sep 19, 2019 10:05 am

Hi Almal

Jammer om hierdie ou thread op te grawe.

In die woorde van Fokofpoliesiekar

"En nou's dit ses jaar later
En soms voel als nogsteeds die selfde"

Jagters is nou onder meer druk as ooit vantevore. Ek is deel van heelwat jag groepe op Facebook en dit lyk my die nuwe "Outrage culture" wat ons al hoe meer sien word nou na jagters gemik. En maak nie saak hoe mens probeer om jou punt te verduidelik nie die mense kan dit net nie verstaan nie. Die grootste snert wat mense op Facebook sien word deur die mense opgeet as die waarheid.

Hier by my het daar so tyd terug 'n jag vir 'n Red Deer bietjie verkeerd geloop en die bok het ontsnap en in 'n dorp ingehardloop en in iemand se tuin gaan wegkruip. Die mense het als probeer om die bok weer in die bos te kry maar die poliesie het later besluit dat dit te gevaarlik is en het die een jagter gevra om die bok te skiet. Hy het toe so gemaak en die greenies het sy telefoon nommer en adres versprei. Nou ontvang die man elke dag doods dreigemente en ander banale oproepe.

In die laaste maand of 2 is 'n jag klubhuis afgebrand en die skuldiges het dit op Facebook gepubliseer... Daar is ook 'n broeiplaas van fisante aangeval en duisende van die voeëls is losgelaat. Ook "highseats" wat op publieke grond is word afgesaag of afgebrand.

Soos my oupa altyd gesê het "Waar gaan die wereld heen?"

FC - Het jy toe jou skrywe klaargemaak?

User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2315
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Location: Limpopo

Re: my klein projek.

Post by Jake1 » Thu Sep 19, 2019 10:55 am

Daar is nie salf vir negatiewe uitlatings van jagters nie, ek het dit tot al met eie familielede ondervind. (Ja ons kan wel elkeen self probeer om 'n voorbeeld vir ander jagters te wees.)

Al wat ons hieruit kan leer is om nie self dieselfde fout te begaan oor 'n onderwerp nie, voor jy jou mening lig oor iets win kennis in en doen navorsing, benader die situasie objektief, en eers dan lig jy jou mening indien dit regtig nodig is.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 648
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Location: Gariepdam, Suid Vrystaat

Re: my klein projek.

Post by Dirkvh » Thu Sep 19, 2019 4:04 pm

Die bontebok se geskiedenis en die feit dat hy steeds bestaan was die werk van jagters, altyd lekker staaltjie om te deel met die anti's.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16419
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: my klein projek.

Post by tripodmvr » Thu Sep 19, 2019 4:50 pm

Fieldsports Britain. Kyk so by die 18 minute merk.

https://www.youtube.com/watch?v=MiH1T3eDfKw
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: my klein projek.

Post by Hansieslim » Thu Sep 19, 2019 5:10 pm

Vir die greenies vra ek maar net of hy saam sy eie dogter sal slaap en met haar seks sal hê. Antwoord is altyd NEE. Dan vra ek hom of hy dink 'n rooibokram dieselfde houding as hy sal hê en of 'n rooibokram enigsins gekeer kan word as hy sex wil hê met een van sy jong ooi-kindertjies. Dan probeer...ja probeer ek hom vertel van beesdoerdery en van inteling en hoe beesboerdery in meer beheerde toestande kan plaasvind as wat in die natuur gebeur. As hy dan nog nie verstaan nie, wend ek myself tot sy eie vrou en vra haar of sy dit sal waardeer as haar geliefde man met haar dogter seks het. Haar reaksie is gewoonlik dat sy hom sal vrek skiet as hy dit net sou waag. Dan bly ek verder stil.

FC...jy pak n nobele projek aan, maar soos in die verlede skat ek dit gaan op dowe ore val. Daarom neem ek (persoonlik) maar gewoonlik die direkte skokroete van seks met jou eie kind. So wat ek probeer sê is dat jy inteling iewers in jou dokument moet vervat as jy kan. Tensy ek dit verkeerd verstaan. Sterkte!
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 977
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Location: Germiston
Contact:

Re: my klein projek.

Post by RUPERT » Fri Sep 20, 2019 12:18 pm

Hunters= BLOOD THIRSTY BARBARIC KILLERS.

Ek is seeker dat daar meer gebede voor, gedurende en na n jag opgedra wort aan ons Skepper vir die eer en respek wat aan ons gegun wort om die dier te kon oes as wat enige Greenie ooit sal dink, maar nog
sal n jagter vergelyk wort met die bogenoemde wat geen godsdiens of geloof beoefen of ken nie.

Ek respekteer wat jy beplan en wil doen maar ek het vrede daarmee gemaak om die mense te probeer maak anders dink en sien. Want ek glo enige persoon wat so n mentaliteit het om n ander persoon te kan vergelyk met n "Blood thirsty Barbaric killers" is nie die kennis, asem, en tyd wert nie.

Net my 2c maar dankie vir wat jy doen.
Sterkte

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”