Kenya Winkel Sentrum aanval

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4618
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Kenya Winkel Sentrum aanval

Post by Carl » Tue Oct 01, 2013 1:31 pm

Die meeste van die het afgespeel terwyl ek met vakansie was. Ek het so bietjie na fotos gekyk en die nuus gevolg. Wat my opval van hierdie fotos is dat die manne darem baie onprofessioneel lyk as mens dit vergelyk met die Westerse polisie/Spes Magte.
http://inapcache.boston.com/universal/site_graphics/blogs/bigpicture/Kenya_mall_2013/bp10.jpg
Ek sê geensins ek sou beter vaar so kontak situasie is moeilik veral as jy min inligting het - ek het dit 1ste hands ervaar.
Die vrae wat onstaan:
  • 1.Is ons land voorbereid vir so aanval?
    2.Is jy voorbereid vir so situasie met jou gesin? Ek het baie weerloos gevoel in die Kaap omdat die Glock nie kon saam vlieg nie.
Meer fotos http://www.boston.com/bigpicture/2013/0 ... _mall.html
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4618
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Kenya Winkel Sentrum aanval

Post by Carl » Fri Oct 11, 2013 1:57 pm

Opvolg op die een. Ek sien hier is min belangstelling, is dit omdat dit in 'n Afrika land ver hiervan afgespeel het!? Ongelukkig is die moontlikheid van so tipe aanval in Suid Afrika 'n groot werklikheid. Met ons swak toegangs beheer en NIA besig om No1 se sake te behartig is daar min oë op die gevare.

Ek moet "van" my woorde terug trek. Sommige van die ouens wat so onprofessioneel lyk was siviele en gewone polise wat op eie risiko in is om die mense te red. Een ou is 'n minister se seun wat net met sy eie pistool in is om sy broer uit te haal, hy het 100'e se lewens gered. Die Takies (en die Britte en die Israelies) het later opgedaag en was tog beter bewapen en het koelvaste baaidjies aangehad. Die knape hierbo lyk egter nog nie paraat nie. Wie gaan opdaag in Suid Afrika?

Die artikel deur die UK se Guardian gee jou idee wat gebeur en laat jou dink oor wat gaan jy doen as so ding gebeur! Wat my nogal opval is die feit dat die polisie ook AKs (en variante het) so dit is nogal moeilik om vriend en vyand uit te ken.
http://mg.co.za/data/2013-10-10-the-wes ... -in-detail
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1199
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Kenya Winkel Sentrum aanval

Post by Ratel » Fri Oct 11, 2013 2:16 pm

Carl
Ek dink ons Takies is nog steeds onder die beste in die wereld. Wat sommige (let wel sommige) van ons polisie mag aan betref het ek goeie rede om te glo dat hulle nie opgewasse is vir so 'n aanval nie. Wat ook in ag geneem moet word is dat die aanvallers opleiding in die soort aanvalle ondergaan. Kyk maar na die chaos wat 'n gewone gewapende roof by 'n mall tot gevolg het hier by ons. Een van die belangrikste punte in so 'n geval is behoorlike bevelvoering en koordineering van die reaksie mag wat reageer op die aanval.
Maak 'n verskil

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”