Droogmaak!

Post Reply
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2126
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Droogmaak!

Post by tafjak » Wed Dec 15, 2010 8:54 am

Francois Marais wrote: Het n Spitfire aangeskaf, wil sien waaroor al die bohaai gaan, geniet hom nou so dat ek vir eers sommer met hom roep, FX3 is nou back-up, vir eers.
..............appels! Het nogal die CD(hoor julle s'n is daar) met die 16klanke vir die Spitfire so bietjie ge-tune in terme van volume en distortions. Die CD los vir julle Mooihuil, Vlekkied, Vlekkie9/E, Jakkalsbaklei1, Elsneus, Jakkalsbaklei4 en so 3distresse. Kan nog DG1 en combo opsit.
Mooiloop en Geseende Kersfees!

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Droogmaak!

Post by Francois Marais » Wed Dec 15, 2010 9:11 am

Taffie
(hoor julle s'n is daar)
Nog by Niel ma vinnig oppad hiernatoe, thanks mater.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4099
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Re: Droogmaak!

Post by Cobus(Cobb) » Mon Apr 14, 2014 6:36 am

Daar was darm jarrrrre laas hier gepost. lyk my almal het ophou droogmaak......
Almal behalwe ek.
Skiet 3 jonges op die stand, en stuur sommer vir Deef om te loop optel..Ek skink solank 'n koffie en hy klim toe sommer stoel en draai rond...seker so 600meter sien hy 3 stelle oge, dis moer vêr, maar ons sien hulle aandag is getrek deur die Javelina. Hulle split op op so 400m op en 2 kom regsom, 1 gaan links om, dis darm 'n hele ent nog voor hulle sal draai vir die wind, die 2 regsom sal nie onder die bakkie inkom nie so Deew konsentreer op die enkel outjie. Nou begin ek moeilik dinge sien, so klim toe versitig af om beter te staan om die aksie mooi te kyk....My remote is om my nek en met die afklim, stamp hy teen my bors.....FIKKIN FOXBANG......kliphard loop daai jakdistress.....die jakke briek net daar in hulle spore, Deew kon darm 1 laat saamry, aqnder 2 hol nounog
600m se inroepwerk m##rtoe....
Jammer aan die manne, Marno em Geno wat my teen foxbang gewaarsku het, plaas ek net vir julle geluister het.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243
HOWA 308, MAB 7.65
Stormers/WP

User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 4638
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Location: Pretoria

Re: Droogmaak!

Post by Pvdw » Mon Apr 14, 2014 7:48 am

Koos moenie sleg voel nie. Net soos jy hrt ek ook nie ore nie!!

Vrydag aand uit op 'n jakskiet trippie. Jy vra my nog of ek gou skoot op plaas skiet net om zero te bevestig maar ek is slim want ek weet mos waar die 223 gooi.

Wel, daar skiet ek loshande bo oor my 1ste jakkie op so 50-60m.

Sit toe mooi en dink wat aangaan besef ek dat ek en my oudste laasweek gonge op 500m geskiet het. Om op 500m te zero met die 223 is so 48 clicks en dus presies 1 vol draai van die turret so ek staan weer op "0"op die turret. Het ek maar geluister het jak nr1 ook saam gery vir die aand.

User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1040
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Location: Lichtenburg

Re: Droogmaak!

Post by Riaan Kriel » Fri Oct 10, 2014 2:48 pm

Ek het nou lekker gesit en smile vir van die blapsies.... So tyd gelede het ek en 'n vriend naby Groot Marico gaan jakke soek. Hulle is vervuil daar. Die vrou wat eienaar is boer met hoenders en bees. Saam gaan 'n vriend van die eienaar van die plaas (die eienaar se man is dood in 'n veldbrand op die plaas so paar maande vroeer) en die se seun van so 8 jaar.

Die jakke het beeskalwers gevang, die vrou het gedink om goed te doen en die dooie hoenders gaan uitgooi in die veld. Dit het toe 'n beter voerplek en lokmiddel geword en die jakke is toe werklik 'n plaag.

Nou die storie loop nou so. Die klein mannetjie skiet met sy pa se 308 met KD. Ons laat sit hom op die stoel met 'n kussing dubbeld gevou onder hom sodat hy darem pas op die stoel. Die jakke is vervuil en nog voor ons die roeper uithaal naby die "voerplek" sien ons al omtrent 4-5 groepe jakke. Kleinman kry eerste kans om te skiet, hy mis 3 skote, skiet toe een raak. Ek begin toe ook saamspeel sommer so uit die vuis waar ek op die bakkie "rollbar" sit en skiet 'n hele paar nog voor 8-uur die aand. Nadat daar so 'n stiltejie kom besluit ons om te gaan kyk hoeveel ons kan kry. Daar moet al ten minste 6 lê. Ek en die ander man stap saam, my vriend bly by die bakkie en die klein-man stap saam met die werker/voorman van die plaas. Ek gee my MagLite vir hulle. Sit net my kopliggie op. Die ou wat saam met my stap het ook sy eie herlaaibare spotlight.

Ek vat toe maar die geweer saam, mens weet nou nie waar is dalk een gekwes nie. So loop ek mos nou voor met die geweer en die kopliggie. Fanie loop reg agter my met sy lig. In die flitsligte sien ons wraggies nog 2 jakke - seker so 30-40 m van ons af. Ek tel die geweer op om te skiet maar die man se flits skyn so op die scope dat ek niks kan sien nie. Beweeg ek 2 tree weg, kom hy saam. Ek vra hom toe om stil te staan en loop nog 2 tree links. Steeds kan ek niks sien deur die scope nie, verdink toe die man wat by die bakkie gebly het met die LightForce lig. Kyk om en sien die lig is af. Met die omkyk in die donker sien ek daar skyn 'n liggie voor my........ Dis toe my eie kopliggie wat so skyn op die teleskoop wat maak dat ek niks kan sien nie. Dom D@nner, praat ek met myself. Sit die ding af, wraggies die 2 jakke sit rustig en kyk steeds vir ons. Skiet toe een sommer op so 30m.

Ons het mondig geword daai aand. 21 Jakke vir die aand wat definitief dood was. Dan is daar nog 'n paar wat moontlik gekwes was.....

Ek word soms steeds herinner dat ek moet seker maak die liggie is af voor ek wil skiet, of as die skoot nie was waar ek hom "genominate" het nie moet ek ook hoor of die liggie my nie gepla het nie......

User avatar
brak101
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sun Sep 21, 2014 4:12 pm
Location: Theunissen OVS

Re: Droogmaak!

Post by brak101 » Sat Oct 11, 2014 12:49 am

Wel ouens mens leer ma seker uit jou foute uit ma lekker is dit glad nie. So vra buurman se vrou om jakkalse te kom skiet want buurman het gan jag, nou vir n ou wat die sport deeltyds doen is drie aande agter mekaar gans te veel vir n vrou met twee klein kinders by die huis veral met die jongste twee maande oud. Nie te min gan ons, ek en my lig oprateur, twee plekke geroep met geen jakkie nie, derde plek kom twee in na 45 min en kon ekhulle dam lift gee, na nog n half uur se roep moet ons ma huis toe net om die die geluid van n mooi pap battery te hoor. Nou ja twee manne push start ma moelik n hilux 12 uur die aand en die eenigste uitweg was ma om vrou lief te bel en vi jumpers te vra. Die uit einde, ry nou ma met n spaar trekker battery en jumpers.
22-250 Sako
270 Musgrave
300 Win Mag Sako
303 BSA
12 br Zabala
Glock 19

User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Location: Wesselsbron

Re: Droogmaak!

Post by visstok » Fri Nov 21, 2014 3:06 am

As ek droogmaak, doen ek dit oordentlik!

Nuwe klient, eerste staanplek, na 54min, kom die stel in toe ek stilte geen na n jakkals roep. Ekt nog nooit jakkalse so rustig gesien nie, speel speel, jaag mekaar rond, gaan sit sommer op hulle agterente, jaag mekaar weer en so gaan dit aan vanaf die spruit, 450m weg waar ek hulle oe opgetel het. So sit en hou ek die 2 dop soos hulle nader speel, hulle kom toe tot reg teen draad en in pad op, inlyn met bakkie, werk glad nie wind nie, hulle weet nie van ons nie. As ek hulle gelos het, het hulle hier by die bakkie kom staan, maar nee, op so +-220m draai die een dwars en ek laat loop, skiet hom plat mis, ek kon dit nie glo nie, was so seker van my skoot, hulle draf toe om om wind te werk, kort kort stop een, as ek natuurlik ander een dophou, toe die een in die scope wel gaan staan, loop die skoot en weer mis, was so die m@&r in vir myself, sommer die lig afgesit.

Roger kon toe darem later die aand een skiet, net om te bevestig dat daar niks vout met die geweer is nie, was maar net ek wat k1k geskiet het, was so negatief, ekt geweier om daai aand weer in die stoel te klim!

Groete Alex

User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 749
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Location: Centurion

Re: Droogmaak!

Post by Gernie » Fri Nov 21, 2014 6:36 am

Ai dis sleg as sulke goed gebeur, maar dit gebeur wel.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...

User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Location: Wesselsbron

Re: Droogmaak!

Post by visstok » Sat Nov 22, 2014 10:16 pm

Sommer hier in die laaste paar skrywe sien ek myself 2keur.

Ek en Roger gaan roep by n klient, n stel antwoord ons maar wind is verkeerd en ons los hulle vir n volgende keur. Toe ons weer daar kom hoor ons daar is op die stel geskiet en die teef is sommer met die cruiser getrap. Ons nader die reen uit n heel ander rigting maar die roeper was skaars aan toe vloek die man ons. Ons los hom toe maar eers uit, gee hom n goeie ruskans en beplan n dagroep, alles haarfyn beplan en ons is reg vir die man. So breuk die tyd aan en ons gaan soek hom, Roger sit klaar op sy plek en ek gaan sit roeper uit, oppad terug na my sitplek, kap fluitjie teen remote en daar skree die foxbang, ek skrik myself simple vir die jakkalse wat nou hier agter my baklei, lang storie kort, ons het maar gaan vlakvarke skiet daai middag.

Ek en Stan Man gaan roep by n boer, ek en die plaaswerker is agterop en Frans en die boer voorin, oppad na n volgende staanplek tel ons oe op hier op 80m in die langgras. Ek probeer deur scope kyk maar sien niks, die werker lig in die teleskoop, sonder om my kop optelig se ek hy moet vorentoe staan, hy lig in die teleskoop, hy maak toe so maar nogsteeds sien ek niks, ek jaag hom toe nog vorentoe maar niks, eers toe ek my kop oplig om te sien wat hy maak en hoekom hy in die teleskoop bly lig, sien ek maar nou lig ek in sy oe, koplamp nog heeltyd aan!

Groete Alex

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”