Droogmaak!

Post Reply
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3210
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Droogmaak!

Post by Christo » Wed Feb 17, 2010 5:42 pm

Brits

As jy net die eerste een gong kan raakskiet loop alles mos goed maar as jy nie weet hoe en waar jy mis nie maak jy aanpassings wat alles vererger. Ver skiet is nog nooit my ding gewees nie maar die dag het ek net die verste 3 gonge raak geskiet.  :P  So is die lewe maar.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Location: Willowmore

Re: Droogmaak!

Post by Ponkie » Thu Feb 18, 2010 1:48 pm

Johan
Ja die proewe is die naweek op Georgeheim, tussen George en Mosselbaai. Daar is twee bane. Jy mag albei skiet en die beste score word ingegee, anders tel sles jou enigste score. Die koos begin al klaar hoog loop en dis nie eers 'n regte bok nie!!!
Groete
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield

JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Location: RIVERSDAL OAKDALE

Re: Droogmaak!

Post by JOHANNIC » Thu Feb 18, 2010 3:56 pm

Sterkte dan ou Ponkie(ons is gelukkig klaar met daai maagwerk oefening)

Hoop ek sien jou in Bloem,ons bly gewoontlik in Reyncke park(ek dink julle is ook mos gewoontlik daar)

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D

User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Location: MIDDELBURG OOS KAAP

Re: Droogmaak!

Post by CHRIS » Thu Feb 18, 2010 8:45 pm

HALLO OOM BRITS

Ja gelukkig kan mens lag oor die goed, ook al dag roep gaan try 1 vergeet mp3  2 de keer vergeet om remote se battery te laai, en 3de keer kom jakkie van verkeerde rigting , staan vir my en kyk (weet nie hoe lank nie) en hol weg sonder dat ek skoot skiet, :P


Groete Chris

britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Location: Burgersdorp EAST CAPE

Re: Droogmaak!

Post by britsman » Thu Feb 18, 2010 9:09 pm

Chris,
        Bly om te hoor ek is nie die enigste ou wat dom dinge doen. Die ergste was toe ek by en saam met die buurman gaan skiet en nie en toe is die caller nie daar en ek dink dit is toe uit die landie gesteel.Toe moet ek mooi dink waar het ek laas geroep het en daar kry ek die caller.

          groete,
                    ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Droogmaak!

Post by KSV » Fri Feb 19, 2010 2:10 pm

Ons het een aand hier naby Postmasburg gaan roep.

Ons het die geroep naby die hoofpad, niks het toe gekom nie.  Ons pak toe maar op en ry om die kraal, net na ons om die kraal gery het tel ek 'n oog met die lig op. Ons stop en almal klim op die bakkie.

Heeltyd is nie een van ons seker dis 'n jakkals of iets nie.  Hier op 'n kol vra Jaco vir my of die ding al oog geknip en toe vra hy waar is die roeper.

Tewis klink my het al 'n paar gekry met 'n gaaitjie in ;D
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Location: Burgersdorp EAST CAPE

Re: Droogmaak!

Post by britsman » Sat Feb 20, 2010 8:32 am

Kalahari Sands Varminting wrote: Tewis klink my het al 'n paar gekry met 'n gaaitjie in ;D
    Ek weet van 'n FX5 wat se handstuk met ductape geplak waar 'n .264 Rem hom getref het , sommer hier in ons  kontrei ;D ;D                        No names no packdrill !!!

        ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.

britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Location: Burgersdorp EAST CAPE

Re: Droogmaak!

Post by britsman » Sat Feb 20, 2010 8:39 am

Johan,
JOHANNIC wrote: Het al so paar keer op Rosslands by Edward gejag,naby burgersdorp(koue plek daardie )
        Edward (jnr) is  voorsitter van ons BV. Gawe manne, Snr en Jnr!!
    ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.

JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Location: RIVERSDAL OAKDALE

Re: Droogmaak!

Post by JOHANNIC » Sat Feb 20, 2010 5:50 pm

Hallo oom Britsman

Ja gawe manne daardie ;)

Ek het ook nie ver van daar by Sqak(ek dink jy spel dit so) blouwildeb gejag.

Ons slaap gewoontlik eers so aand by Dennis,ek weet nie of oom hom ken nie hy is meer Moltino se kant toe.(Altyd lekke trip oos kaap toe )
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D

britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Location: Burgersdorp EAST CAPE

Re: Droogmaak!

Post by britsman » Thu Feb 25, 2010 4:36 pm

Johan,
JOHANNIC wrote: Ons slaap gewoontlik eers so aand by Dennis,ek weet nie of oom hom ken nie hy is meer Moltino se kant toe.(Altyd lekke trip oos kaap toe )
    Dit moet seker Dennis Gerber wees. My seun was saam met hom op skool.Die ander ou is Skawk Troskie.
        groete,
                    ou brits           
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.

JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Location: RIVERSDAL OAKDALE

Re: Droogmaak!

Post by JOHANNIC » Thu Feb 25, 2010 5:52 pm

Ja oom dit klink reg, dennis se pa het mos die slaghuis ook,ek gaan altyd saam met Petrie le roux hy was ook saam met hulle op skool,Petrie le roux se pa was al die jare die bankbestuurder(jakkie le roux),hulle bly nou op Adelaide
Groete johan
Skwak het darem n MENEER van n eland daar in sy huis ;)
Last edited by JOHANNIC on Thu Feb 25, 2010 5:56 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D

Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Location: Willowmore

Re: Droogmaak!

Post by Ponkie » Thu Feb 25, 2010 6:06 pm

Hallo almal

Ek lees nou maar net almal se glipse en wil vra wie ook al hierdie glipsie oorgekom het? Ek weet van 'n hele paar jagters wat al 'n koedoekalf geskiet het en gedink het hy skiet die grootste en oudste koei en die trop.

Wel, dit het al met my Pa gebeur en ek dink baie ander jagters ook. Dit is nie met opset nie en sulke glipsies sluip maar somtyds in.
So het dit gekom dat ons by oom Chris van Schalkwyk naby Steytlerville genooi is vir die jaarlikse koedoejag. Die Vrydagaand het een van die jagters 'n groot bul 'n longskoot gegee. Dit was al na sononder en hy kon nie die bul kry nie. Plek gemerk en Sat oggens was ons terug in daardie selfde kloof. Ek het saam Mannetjie gestap en hoor toe twee skote wat in 'n kort tydjie onder in die kloof se bek klap. Maar bygese het daar net so 3min terug 5 opgeskote kallers by ons uitgebreuk.

Ons het die bul gekry en hom begin af teen die berg dra. Onder gekom hoor ek een van die Jagters het 'n glipsie oorgekom... Hy het blykbaar nog vir my Pa oor die radio laatweet dat hy die grootste koei van die 5 geskiet het. Dit was wel as waar die grootste bulkalf gewees.  ;D ;D
Dis seker nie reg om te lag nie, maar mens kan nie help as so iets gebeur nie. Ek dink dit het al met die beste jagters gebeur...

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield

User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5014
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos

Re: Droogmaak!

Post by theedge » Thu Feb 25, 2010 8:57 pm

Jong nou weet ek nie.  Gister toe ek die forum raak lees toe lyk dit of die plek is vir die manne wat ken.  Nou dat ek die stuk gelees het weet ek nie of ek saam wil jag nie.  Ok ek terg met daai een,  ek dink 'n ou wat se hy het nog nooit 'n glips gehad nie moet ligloop dit is om die draai.  Die hele klomp glipse het my laat dink toe ek so paar jaar terug van my pelle geneem het om bosvarke te skiet.  Man die aand was mooi almal het 'n mooi aand beleef.  Daar is vier varke geskiet en almal was happy.  So sal die manne mos toe nou vir my vertel ek moet ook skiet hulle het dit geniet maar ek kan nou 'n kans kry.  Eers het ek vir die ouens gese dat hulle weet ek het nie my gewere nie.  Ek is 'n 300 HH in die handgestop en my lig is van my geneem.  (Ek was die gids)  Ons het net die gedeelte binne gery toe die monster van 'n vark se hier gaan hy.  Wel ewe winty het ek die vark mooi agter die oor gedrop.  die vark is keelafgesny daar gelos en ons is verder.  skaars 200 meter toe spot ons twee varke ek is nogal ewe,  lig op die agterste een die staan mooi.  EK HET DAAI VARK SOOS HY MET DIE KOP NA ONDER STAAN EN VREET, NET AGTER DIE OOR GEVAT.   Die manne het gedink ek is cool daar is gevra waar ek die vark geskiet het.  Ek het mooi verduidelik net agter die oor.  Hier is dit nou by die vark gekom toe dit nooit 'n vark nie.  Dit was 'n mooi  bosbok ram ( die bok het in 'n sloot gestaan gevolglik was sy lyf sigbaar en nie die bene nie, sy kop het hy laag gehou en ja daar is die skoot net agter die oor.  Gelukig was die boer saam en het hy self gedink dit was 'n vark.  Nou ja die manne het my gespot hoe sien jy jy skiet die ding se waar die skoot is maar kan nie sien dit is 'n bok nie. So in my foto album is 'n foto met 5 varkke en een bosbok moet nie vrae vra nie.  Ek het geleer moet nie skiet voor jy seker is nie. more is nog 'n dag
Image
Last edited by theedge on Thu Feb 25, 2010 9:12 pm, edited 1 time in total.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image

Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Location: Willowmore

Re: Droogmaak!

Post by Ponkie » Fri Feb 26, 2010 8:01 am

Hahahaha! Goeie skoot ten minste...

Ek het weer in st5 saam my pahulle springbokke gejag. Ek was in 'n hoek afgelaai en pa het my 'n radio in die hand gestop. Hy het vir my baie mooi die skietvak uitgwys en daarna is hy daar weg met die cruiser. Die dag gaan verby en ek het darm al twee mooi ramme geskiet. Hier op die einde van die dag hoor ek die boer se vir my Pa dat hy asb die swart ram in die trop moet skiet(maar 'n kopskoot). Daar kom toe twee ramme teen die draad af hoek toe. "n swart ram en 'n gewone een.

Ek was toe mos bewus daarvan dat my Pa die swart ram moet skiet en dink toe ek sal hom 'n guns doen... ;D ;D
My pa en ek was omtrent dieselfede afstande van die bokke af, maar uit verskillende rigtings toe die bokke gaan staan. Ek't my pa se 30-06 se loop by die venster gesien uitsteek en geweetoor daardie spieeltjie mis hy nie maklik 'n springbok se kop nie, so ek moet nou gou speel! Ek skiet toe die swart ram, etlike sekondes vvor my pa kon, maar ek het die skoot getrek en hom in die nek geskiet... ???

Pa het oor die radio gebulder:" Is jy van jou kop af??? IS JY FLIPPEN KLEURBLIND????"
Wel van daardie dag af word ek beskou as kleurblind as ons gaan jag!


Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Droogmaak!

Post by KSV » Fri Feb 26, 2010 1:29 pm

Ek was laas jaar saam toe een ou een van die Myn se senior ingeneurs uigevat het vir 'n Gemsbok jag.

Het die troppie gekry drie van ons het gese dis 'n bul. Twee skote agter die blad en hier le 'n helse koei.

Twee weke later gaan skiet ek weer op dieselfde plaas drie Gemsbokke uit vir die boer. Ek en die selfde plaaswerker identifiseer weer 'n bul, nogal 'n penis skede ook.  Kadwa da le nog 'n groter koei, ons vier het lekker gesukkel om die koei te laai.

Penis skede was toe al die tyd 'n ou wond wat so knop hier onder die pens gemaak het.

Groete en lekker naweek

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm
Location: Amsterdam/kyalami

Re: Droogmaak!

Post by Andy » Thu May 06, 2010 9:46 pm

Ons het verlede jaar bosvarke gejag met honde.
My broer het saam die boer geloop toe hulle die vark so honderd meter verder sien hardloop het.
Die honde het begin blaf en die spoor gevat.
Die boer skree dat my broer moet skiet.
Die skoot klap reg agter sy blad.
'n rukkie later is daar radio stilte en ons weet hier is probleme.
Kom daar aan en sien 'n bruin heiena wat geskiet is.
Gelukkig ken iemand 'n ou by parke raad wat dringend vir hom 'n permit uitgereik het teen 'n klein fooi natuurlik.
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."

User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Location: Jansenville

Re: Droogmaak!

Post by Kruger » Fri May 07, 2010 8:29 am

Jare gelede in die era voor teleskope het ek as kind met 'n 6,5x57 van my Pa gejag, oopvisier. Soos dit maar daai jare gedoen was is die geweer vir een van die volk gegee om agterop die bakkie vas te hou. Die spesefieke geweer se visier is verstel deur 'n skroefie by die visier in of uit te draai vir lings en regs verstelling. Een van die genies agterop sien toe die skroefie en haal sy knipmes uit en begin hom vasdraai, heeltemal vas, want sien hy was mos half los, het die ou gereken. In die proses stel hy die geweer seker drie tree lings op 100m.

Ek het groot geraak dat geen koeie geskiet word nie. Dit was amper erger as bloedskande om 'n koei te skiet. Wel, die dag pleeg ek toe bloedskande, nogal kopskoot. Dis 'n vreeslike gevoel om iets te sien val en jy weet dis nie die een waarna jy geskiet het nie. Nogal vreemd dat daardie tipe skote nooit mis is nie.

Groete
Winners never quit - Quitters never win.

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3210
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Droogmaak!

Post by Christo » Fri May 07, 2010 1:14 pm

Kruger wrote: ..... Nogal vreemd dat daardie tipe skote nooit mis is nie.
Dit is die waarheid. 'n familielid gaan jag saam met my Gemsbokke in Grunau se w?reld, toe die plaaseienaar nominate en die 3de bok van regs val ( boer het natuurlik genominate van links ). Nie probleem s? hy toe. Nou is dit my beurt en so is ons weer stadig agter die trop aan. Toe dit my beurt is om die skoot te gooi sien ek 'n groot koei met 'n bloedstreep op die blad. Tot nou is daar nog net een skoot geskiet en dit was op die verkeerde 3de bok. Gooi toe maar vir haar kop, ons los mos nie kwesbokke tot later nie. Toe ons daar aankom sien ons dat dit 'n bok moes wees wat agter die ander een gestaan het en so gekwes was. Gelukkig moes ek nog skiet anders sou ons later duur betaal het vir 'n dooie kwesbok wat in die veld l?.

So het nominate ook sy nadele n?.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Droogmaak!

Post by KSV » Tue Jun 22, 2010 2:59 pm

Wil bietjie vertel van my jongste oeps!

Het die naweek sommer hier naby die dorp gaan roep.  Eers 'n middag roep gedoen, met die haas se roep antwoord twee jakkalse uit verskillende rigtings, maar sommer lekker ver. Het toe niks gekry nie.

Ry toe na sononder terug opstal toe. Het begin regmaak vir die nag se roep en kom met 'n skok agter, niks ligte, baaidjie, handskoen en mus nie. Als by die huis gelos binne in die bin. Boer se seun se daai is nie 'n probleem nie, "ons het ook ligte" foutjie nommer 1.

Roep toe op die eerste plek, een jakkie kom kyk toe vir ons agter 'n vaalbos, los hom toe maar. Ry toe 2de staan toe en begin weer roep. Ek skat daar was so 5 of 6 honde wat kom kyk het, die gedrag het vir my gese dis 'n jakkals deur die teleskoop kon ek nie uitmaak watter een van hulle dit is nie en die boer het nogal genoem dat ek asb nie sy bakore moet skiet nie. Het toe daar ook niks geskiet nie.

Gaan toe na die 3de plek toe so in 'n droe rivier lopie. Roep weer, iets kom koekeloer vir ons so hele ent rivier af en diep ver. Na 'n paar roepe gooi ek da 'n sosiale roep en twee antwoord in die buurman se kant.  Wag so 15 minute en gooi da 'n kombinasie baklei. Hier kom charge so groot jakkals sommer kop om laag in om saam te kom messteek. Kon darem sien die is rooijakkals. hy gaan staan en ek gooi lood, mis :( hy sit om  en ek stop hom weer en sowaar weer mis >:( hy hol weer so entjie en ek kry hom weer gestop en wragtig weer flippen mis  ???.

Moet se die kursusse by Dr. Jaracal het nogal gehelp met die roepery.

Kyk kwaad vir jouself was nie die beskrywing  wat ek daai tyd gevoel het nie.  Plaas ry ek maar gou terug en gaan haal my ligte, maar nou ja, kan nie die wiel nou terug draai nie.

Ek gaan nou maar die naweek bietjie op die baan spandeer net om weer bietjie aan die selfvetroue te werk en my dagroep stoel klaarmaak.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1911
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Droogmaak!

Post by Raven » Tue Jun 22, 2010 4:08 pm

Hein,
Al wat ek kan s? is "Einaaa"

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Droogmaak!

Post by Louis102 » Tue Jun 22, 2010 4:27 pm

Hein

Daar by Myl 108 gesien jy kan lekker ingooi.  Miskien moet jy jou visstok saamvat en hulle met die sinker probeer doodgooi! Slegter kan jy tog nie vaar nie? ;D ;D

My innige simpatie Hein, dis nie die fout nie, maar hoe jy hom regmaak wat tel (alla Oom Tekoeza)  Hoop jy klop sommer gou 'n paar vir die selfvertroue en as jy daardie misskiet outjie weer ingeroep kry, kan jy jouself Jaracal-papiere gee.  Moenie ophou traai nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Droogmaak!

Post by KSV » Tue Jun 22, 2010 5:36 pm

Louis,

Miskien weer daar gaan oefen waar die manne nie betaal nie.

Sal maar bietjie selfvertroue gaan soek oppie baan en dan volgende naweek bietjie gaan oes, ook bietjie oefening inkry vir die vertroue.

Ek weet waar hy bly. Ons het nog n afspraak waarvan hy nie weet nie! Al gooi ek hom met b sinker. Sal kyk of ek kan alleen ook kan gaan, die toeskouer ding is Okie vir my nie. Ook te veel goed wat fout kan gaan. Dis nou net saam met nuwe manne. Saam met my maters het ek al gewoond geraak en kry nie meer stagefright nie.

Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1911
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Droogmaak!

Post by Raven » Tue Jun 22, 2010 5:47 pm

Hein,
Dieselfde storie met my oor daai "stagefright".... Ek het wel laas vrydag op die 2de skoot die jakkie platgetrek,en van daar toe is ek somme lekka op my gemak, maar wanneer 'n man op 'n boer se plaas kom vir die eerste keer dan klop die hart bietjie vinnig, en die hele wereld is onbekend.

As daai eerste skoot mis is, haal ek ma diep asem, relax en dan STAMP ek daai jakkals  ;D

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Droogmaak!

Post by Louis102 » Tue Jun 22, 2010 6:26 pm

Nee manne, dis eerder die boere waarby julle jag wat moet "stage fright" kry.  As jy op 'n ander boer se plaas misskiet is dit net die N$/R 500 (of wat) jakkalsgeld wat jy verloor en 'n rooigesig wat jy wen.  Dink aan die arme boer!  So 'n skelm gemaakte jakkals kan die boer nou-nou N$/R 30 000 kos aan skade.  En dan moet hy nog diplomaties teenoor die jagter ook probeer wees!  Die boer het baie meer te verloor so julle kan maar ontspan. Die boer is die een wat moet naels kou!

(Toemaar, ek weet dit werk nie so nie.  Ek probeer maar die sielkunde, dalk help dit.)

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Droogmaak!

Post by KSV » Tue Jun 22, 2010 7:55 pm

Louis en Raven,

Man voel maar soos n aap vir b dag of twee. Dan moet jy maar oor dit kom en weer probeer.  Sit hoeka nou en laai. Gee man darem weer perspektief en kans om so innie stilte bietjie oor die ou booboes wat jy gemaak te dink en hoe jy die situasie anders gaan hanteer.
As die maan so sleg was nie sou ek sommmer die naweek die afspraak nagekom het. Wie weet so b dagroepie miskien?

Lekker rus almal!

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”