Droogmaak!

Post Reply
tafjak

Re: Droogmaak!

Post by tafjak » Thu Oct 22, 2009 8:48 am

Boeta

Pragtige storie!!!! Gedink dit is net ek wat misskiet.

'n Man kan nie misskiet as hy nie skiet nie ou maat. Ek glo die misskiet is nie die probleem nie, maar wat jy na die misskiet doen.

Groete

Taffie

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1911
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Droogmaak!

Post by Raven » Thu Oct 22, 2009 9:02 am

Boeta,
Daai mis skiet lat kook 'n man se bloed, ek weet......gebeur maar met ons almal.
Ek wonder nog steeds oor die 1 jakkie wat ek so ' paar weke te stadig was om plat te trek.
"as ek maar net vinniger ge-aim het".... "is hy die een wat die volgende lam gaan vang"

As jy so baie op 1 aand gekry het, het die boer seker nog nie voorheen daar lat jag nie of hoe?

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Location: Mariental [namibia]

Re: Droogmaak!

Post by boeta » Thu Oct 22, 2009 9:18 am

Raven

Daai wereld is vrot van jakkies maar die bees boere is ook vrot en hulle worry mos nie oor jakkies ni.Daar was eenaand n Bleek siel  wat met cd uit kar geroep het wat in sy lewe seke nog ni n jakkals seke eers gesien het ni

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1911
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Droogmaak!

Post by Raven » Thu Oct 22, 2009 9:33 am

Boeta,
Ek ry more aand weer plaas toe, praat gisteraand met voorman, en hy se hy hoor rooikat skree nie ver van die plaashuis af nou al vir 'n paar aande.

Hoe klink 'n rooikat???? Die voorman se dit klink(geluide) is amper soos 'n jakkals, ek het nog nooit 'n rooikat gekry of gehoor op ons plaas. Net een al gevang met slagyster, maar dit was seker 3
jaar gelede.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

tafjak

Re: Droogmaak!

Post by tafjak » Thu Oct 22, 2009 10:23 am

Raven

Rooikatte skree amper soos jakkalse, maar net baie sagter en geen mens het dit nog gehoor nie.

boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Location: Mariental [namibia]

Re: Droogmaak!

Post by boeta » Thu Oct 22, 2009 10:28 am

Raven

Ek het ook nog nooit rooikat geluide gehoor ni

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: Droogmaak!

Post by Dawie » Thu Oct 22, 2009 1:27 pm

Ek het 'n rooikat geluid op my roeper.  Dit klink so..."wrreeu...wrreeu" ???  ho?rige noot

OK lag maar :P

Noggie gebruik nie,  gebruik maar prooidier distress klankies

Dawie

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Droogmaak!

Post by Francois Marais » Thu Oct 22, 2009 1:45 pm

JB
Nee wat dit gebeur.. onverklaarbaar, ek vermoed 'dit het iets met die aantrekkingskrag van die aarde" te doen.
"Die plek waar jy jouself bevind op daardie presiese tydstip en die stand van die sateliete ens....."
....en al die tyd dink ek dit is ma net ek wat so skiet, nou het ek n geldige verskoning.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Droogmaak!

Post by Francois Marais » Thu Oct 22, 2009 1:48 pm

Taffie
....amper soos jakkalse, maar net baie sagter en geen mens het dit nog gehoor nie.
;) ;) ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447

Ambessa

Re: Droogmaak!

Post by Ambessa » Thu Oct 22, 2009 1:50 pm

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...Rooikatte skree amper soos jakkalse, maar net baie sagter en geen mens het dit nog gehoor nie.
... ;) volume te ver afgedraai sou ek reken...

Ambessa

boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Location: Mariental [namibia]

Re: Droogmaak!

Post by boeta » Tue Nov 03, 2009 12:12 am

Ja wat hierdie topic van mis skiet is nou nie meer snaaks nie.Het verlede week ma,pa en helper uitgehaal en gaan soek toe vanaand nog want boer se daar is nog spore.Ry toe op twee jakkies af wat reg op ons afgedraf kom,hou bakie stil,ligte af en kyk hoe hulle dader draf.So 120 m steek hulle vas en ruikop die grond en in die lig want wind waai reg na hulle toe.Dimer is flou,skiet,mis,skiet,mis,skiet en da tjank daai jakie in die lang gras in,ry nader,stop,skiet jakie dood en ander een is mo@#$r toe.Hulle is net so bietjie groter as Francois se tefie wat hy mak maak.

As dit so aangaan bedank ek as jagter en begin teel die goed

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave

User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Location: MIDDELBURG OOS KAAP

Re: Droogmaak!

Post by CHRIS » Tue Nov 03, 2009 12:02 pm

Boeta

Help nie om die goed tewil teel nie ek doen reeds ;D ;D

Hoekom sien ek nie jou naam op kursaus lys nie ??? ???

Groete Chris

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3886
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Droogmaak!

Post by Louis102 » Tue Nov 03, 2009 1:06 pm

Boeta
boeta wrote: ...As dit so aangaan bedank ek as jagter en begin teel die goed...
Nee man.  Ek het jou nie so opgesom nie!  Mens gee nie so gou moed op nie.

As ek jou iets kon gee om oor na te dink sou dit wees om terug te keer na die "basics" van skiet:
  • Hou die geweer altyd stewig en op die die selfde manier vas
  • Let op dat die aanl? prentjie die selfde bly - elke slag
  • Moenie daai sneller pluk die - maak dubbeld seker jy druk hom egalig af
  • volg deur - sien hoe die stoffie op daai jakkals uitslaan
Jammer ek oor-vereenvoudig, maar selfs die beste skuts het nodig om weer af en toe te hoor.  Dis baie maklik om slegte gewoontes aan te leer, ek weet want ek is self skuldig by tye.  99% van die tyd is een van die bo-genoemde 'n foutjie wat onwetend insluip by jou skietery.

Hoop nie jy vang 'n poefie in my "slim" raad nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Location: Bloemfontein

Re: Droogmaak!

Post by JACQUES BOTHA » Tue Nov 03, 2009 1:49 pm

en boeta..
MOET NIE JAKKALS KOORS KRY NIE, dit het my oorgekom so erg dat ek so bewe dat ek hoor hoe klap my skoenveters teen my skoene soos die beste rock drommer nie kan nie....
dankie oom leeu vir die raad.
relax.....trust yourself + trust your gun
Groete
jb
As hulle so jonk is kan jy sommer volgende aand in daai omgewing gaan roep ---mr.issing in action sal te voorskyn kom....maak net seker jy kry hom die keer..
nb
KOP AGTEROOR BORS UIT BOUDE IN ARMS REGUIT .STAP UIT  BOETA
DAARS NIEMAND WAT NOG NIE GEMIS HET NIE!!!
Shoot straight and tell the truth!

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Location: Vanderbijlpark

Re: Droogmaak!

Post by Freek » Tue Nov 03, 2009 3:28 pm

Oooooo ja... as ek kan aanvul by Jakes, Boeta, sulke miskietery gebeur met die beste van ons. Die kuns is natuurlik hoe jy opstaan, terug gaan veld toe, en reg maak waar jy gefouteer het. Dit wys karakter, enige bobejaan kan sy g@t wip en weghardloop, maar nie enige bobejaan draai terug en maak reg waar hy verbrou het nie... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3886
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Droogmaak!

Post by Louis102 » Tue Nov 03, 2009 7:25 pm

Boeta

Dit is ongelooflik hoe vinnig 'n mens selfvertroue verloor met jag.  En as selfvertroue eers totsiens s?, tuimel die hele kaarthuis in mekaar.  Daar is net een manier om oor die ding te kom en dit is om soveel skote moontlik presies te plaas waar jy hom verklaar het.  As jy 'n skoot skiet, en jy kan hom verklaar (maw. dodelik, hoog, laag, links, regs of wat ookal) is daar in my boek nog baie hoop.  Vasbyt, die wiel draai.  S? nou net die Bulle het na hul nederlaag, teen die Cheetahs, in 2005, opgehou rugby speel...?

Sterkte
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.

DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Droogmaak!

Post by DSBW » Wed Nov 04, 2009 3:57 pm

Louis, waar woorde!

In 2005 het ek die voorreg gehad om saam met 'n baie bekende en suksesvolle Amerikaner te skiet vir 'n dag lank (Larry Bartholomeu), die ou was al enige kampioen wat jy kan aan dink in die Amerikaanse Skiet wereld. Hy gee my toe die volgende raad:
1. Toerusting (10% van jou sukses)
By toerusting is daar net 4 belangrike dinge, eerstens die drie B's soos hy dit noem (Brass, Bullets & Barrels) en vierde is vakmanskap (Hoe jou geweer gebou is).
2. Talent/Vernuf (10% van jou sukses)
Sy argument is dat jy ietwat van 'n aanvoeling/talent/passie/liefde vir die ding moet he, anders gaan jy te veel sukkel, te min geniet en te gou gatvol raak. Jy moet bv. darem 'n basiese idee van windlees verstaan as jy langafstand skietwerk doen.
3. "Mind Management" (80% van jou sukses)
Hy reken hierdie aspek onderskei die wenners van die verloorders. Al sou jy redelik in gebreke wees met 1. en 2. hierbo, kan jy nog steeds Oom Jakkie se stert knoop, kompeterend wees, of suksesvol wat ookal jy doen.

Dis maar net 'n siening, baie manne sou reken dis onsin, maar persoonlik stem ek saam, dis en elk geval hoe ek dit ervaar. Ek moet darem noem, die oubaas is vandag al 'n groot man, en hy wen nog gereeld, hy skiet met 'n standaard BR tot op 600 meter, daarvandaan met 'n 6.5 x .284, terwyl die ouens rondom hom vreeslike Eksotiese en vinnige roere skiet.

Net 'n Opinie

Dawie

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3886
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Droogmaak!

Post by Louis102 » Wed Nov 04, 2009 6:24 pm

Dawie
Fox Driver wrote: 3. "Mind Management" (80% van jou sukses)
Ek stem heelhartig saam met jou en die omie.  Jy kan maar met talle professionele sportmanne gesels en gaan hierdie antwoord by die meerderheid van hulle kry.  Maak nie saak of dit rugby, krieket, golf, veerpyltjies of toutrek is nie, "mind management" is wat die wenners van die verloorders onderskei op die hoogste vlak.  En tog spandeer ons eerder 80% van ons tyd aan toerusting en roeptegnieke, 20% aan tjol en 0% aan hierdie belangrike deel, lees maar die forum!

Hierdie is 'n baie interessante onderwerp en "mind management" kan verbeter met sekere tegnieke.  Bv. om situasies te visualiseer en dit so in te oefen het al vir baie sportmanne gehelp om sekere druk situasues te hanteer.  Hoekom kan dit nie 'n jakjagter ook help nie.

Miskien moet Oom Ambessa bietjie by die sportsielkundiges daar by julle Universiteit gaan aanklop en 'n paar "tips" deurgee.  Of dalk is hier 'n paar Forum manne met goeie raad (soos jy) wat 'n paar dinge aan te beveel het.  Ons dink mos dit is ons geboorte reg om te kan skiet, maar elkeen van ons het nog iets te leer (behalwe miskien vir Jakes)

My Opinie.

Groete
Louis

Ns. Sal ek so 'n "Topic" oopmaak en kyk of daar iets interessants uitdop?
Goeie dade oortref goeie woorde.

Ambessa

Re: Droogmaak!

Post by Ambessa » Wed Nov 04, 2009 6:38 pm

Hallo Louis102 / Fox Driver
Louis102 wrote:...3. "Mind Management" (80% van jou sukses)...  ...Ek stem heelhartig saam met jou en die omie...  ...bietjie by die sportsielkundiges daar by julle Universiteit gaan aanklop en 'n paar "tips" deurgee.
Waar, baie waar.

Iemand het dit in leke taal gestel: 20% is die regte tools en 80% is die "know how". Laasgenoemde is nie die tegniek of metode nie maar die "mental application". Lees daarin = mind management.

Ambessa

Ambessa

Re: Droogmaak!

Post by Ambessa » Wed Nov 04, 2009 6:56 pm

  • Hallo Louis102 / Boeta / almal
    Louis102 wrote:
    • Moenie daai sneller pluk die - maak dubbeld seker jy druk hom egalig af
    • volg deur - sien hoe die stoffie op daai jakkals uitslaan


Het julle al ooit verreken hoe groot 'n rooijakkals werklik op 100, 150 of 200 m is vergeleke met byvoorbeeld 'n heelwat groter springbok op dieselfde afstande?

Om te tref wil mos gedoen wees....

Ambesa

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3886
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Droogmaak!

Post by Louis102 » Wed Nov 04, 2009 7:03 pm

Ambessa
Ambessa wrote: ... 80% is die "know how"...
"Know how" is een ding, "BMT" is iets anders.  Kan "BMT" aangeleer of verbeter word?  

Iemand het ook ges? dat die belangrikste 6 duim aan 'n man se liggaam, verbasend genoeg, eintlik tussen sy ore behoort te wees.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3193
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Droogmaak!

Post by Christo » Wed Nov 04, 2009 7:09 pm

Ware woorde.
Louis102 wrote:
Iemand het ook ges? dat die belangrikste 6 duim aan 'n man se liggaam, verbasend genoeg, eintlik tussen sy ore behoort te wees.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3886
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Droogmaak!

Post by Louis102 » Wed Nov 04, 2009 7:23 pm

Ambessa
Ambessa wrote: Het julle al ooit verreken hoe groot 'n rooijakkals werklik op 100, 150 of 200 m is vergeleke met byvoorbeeld 'n heelwat groter springbok op dieselfde afstande?
Ek het al beide van hulle geskiet (so hele paar keer) en wil my verstout om te s? dat dit mag makliker wees om 'n springbok kopskote te skiet (al is die teiken kleiner) as om jou eie skelmste jakkals wat plankdwars stilstaan plat te skiet.  Maar dan is dit seker net ek wat so dink.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.

Ambessa

Re: Droogmaak!

Post by Ambessa » Wed Nov 04, 2009 7:41 pm

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...wil my verstout om te s? dat dit mag makliker wees om 'n springbok kopskote te skiet (al is die teiken kleiner) as om jou eie skelmste jakkals wat plankdwars stilstaan plat te skiet.  Maar dan is dit seker net ek wat so dink.
Einste, is dit nie die harde realiteite nie? Dit is waar die 80% "mental management" die verskil maak?

Mooi loop. Hoop ou Boeta voel nou beter oor die verlies met die kleineres en los ook sy f#4%23n teelplanne... ;D

Ambessa
Last edited by Ambessa on Wed Nov 04, 2009 7:43 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3193
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Droogmaak!

Post by Christo » Wed Nov 04, 2009 8:03 pm

Ambessa wrote: en los ook sy f#4%23n teelplanne... ;D

Ambessa
Oom Am, ek's bly jy's ook mens.  ;)

Christo

ns: bring daai eksamenpapiere Middelburg toe. Ons het om hulle te merk.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”