Groot skrik!

Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Location: Vaaldriehoek

Groot skrik!

Post by Ja3 » Tue Jun 16, 2009 10:41 am

Almal
Wat was julle grootste skrik terwyl julle in die nag geroep het?
Ja3

Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Location: Vaaldriehoek

Re: Groot skrik!

Post by Ja3 » Tue Jun 16, 2009 10:48 am

Dit het nou nie persoonlik met my gebeur nie, maar met 'n goeie vriend (RIP. Paul Moller).
Hy't die aand gejag en dit het goed gegaan. Daar's was al 'n paar jakkies agterop die bakkie, en hy't gaan staan en weer begin roep op 'n volgende plek. Mooi geduldig gewees en min geroep en gelig.
Die volgende oomblik hoor hy die grootste geraas en drama hier agter hom en die bakkie skud vir 'n vale.
Toe hy omkyk is daar toe 'n brahman koei halfpad agter op die bakkie besig om hierdie jakkalse te trap.....
Nou, jy kan jousself net indink :o
Laat van julle hoor!
grte
Ja3
Last edited by Ja3 on Tue Nov 15, 2011 7:24 pm, edited 1 time in total.

tafjak

Re: Groot skrik!

Post by tafjak » Tue Jun 16, 2009 12:27 pm

Ek skrik nooit. :D Maar die volgende gebeur met 'n buurman van my. Hy, sy aanstaande swaer en sy verloofde is besig om jakkalse te roep in die oertyd. Net fluitjies beskikbaar en die manne kap dit uit. So gesels hulle oor die luiperd wat op 'n buurplaas opgemerk is die manne vat toe sommer ook ietsie vir koue en dit gaan net lekker. Die volgende oomblik spring daar 'n ding tussen hulle op die bakkie, van die manne moes deur die girl 'n myl verder langs die pad opgetel word. Klim toe voor in die bakkie en gaan huistoe en met die uitklim sien hulle vir wagter agter op die bakkie wat nooit vroe?r die aand saam was nie.

Taffie

N.S. Ek besit die fluitjie, splinternuut en nooit weer gebruik nie.

Ambessa

Re: Groot skrik!

Post by Ambessa » Tue Jun 16, 2009 7:02 pm

Haalo Tafjak
tafjak wrote:Ek skrik nooit. :D ... ... is besig om jakkalse te roep in die oertyd. Net fluitjies beskikbaar en die manne kap dit uit... ... Die volgende oomblik spring daar 'n ding tussen hulle op die bakkie, van die manne moes deur die girl 'n myl verder langs die pad opgetel word. Klim toe voor in die bakkie en gaan huistoe en met die uitklim sien hulle vir wagter agter op die bakkie wat nooit vroe?r die aand saam was nie... ...N.S. Ek besit die fluitjie, splinternuut en nooit weer gebruik nie.
As ek reg verstaan was dit eintlik 'n wagterfluitjie waarop wagter wel gereageer het soos wat die vervaardigers gewaarborg het?

Ambessa

Ambessa

Re: Groot skrik!

Post by Ambessa » Tue Jun 16, 2009 7:05 pm

Hallo Ja3

Die Brahmankoei moet seker 'n baie slegte ervaring met rooijakkalse (hulle reuk opgetel) gehad het of was dit dalk die bloed wat sy geruik het?

Ambessa

Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Location: Vaaldriehoek

Re: Groot skrik!

Post by Ja3 » Tue Jun 16, 2009 8:51 pm

Hello Ambessa

Ek vermoed sy was al seker getruiter deur 'n paar van tevore, tesame met die relatief sterker aggressie in die ras.
Die feit dat sy wit was het ook seker nie veel gehelp nie.... 'n wit spook van so paar 100 kilogram. :o

Ja3

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Location: Vanderbijlpark

Re: Groot skrik!

Post by Freek » Wed Jun 17, 2009 8:07 am

Ja3 as dit ek was sou daai koei na die tyd nie meer wit gewees het nie, meer so lig bruin shaki kleur... Ek is mos nie bang nie, net versigtig. ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3210
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Groot skrik!

Post by Christo » Wed Jun 17, 2009 1:09 pm

tafjak wrote: Ek skrik nooit. :D
Ek ook nie (maar net as ek slaap)

;D  ;D  ;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

Winch
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Tue May 12, 2009 8:30 am
Location: Stellenbosch / Windhoek Namibia

Re: Groot skrik!

Post by Winch » Thu Jun 18, 2009 2:11 pm

Ambessa wrote: Die Brahmankoei moet seker 'n baie slegte ervaring met rooijakkalse (hulle reuk opgetel) gehad het of was dit dalk die bloed wat sy geruik het?
Dalk moet daar in meer diepte na die Brahmankoei gekyk word ::).Kan ons nie dalk 'n baie effektiewe [glow=limegreen,2,300]GROEN [/glow]jakkals beheer metode teel nie?? :D :D :D
Indien die koei nie die jakkalse dood nie, gaan hy inelgeval nie kans kry om skaap te vang nie!
Ek het darm al brahmane gesien wat kwaai kan hardloop!

User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Location: Bloemfontein

Re: Groot skrik!

Post by Tomcat » Thu Jun 18, 2009 2:26 pm

Winch,

Die enigste GROEN jakkals metode wat werk is die een as hy n dag of wat in die son gele het en hy raak groen. Teminste 80% MOET dood.

Groete
Tomma

Winch
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Tue May 12, 2009 8:30 am
Location: Stellenbosch / Windhoek Namibia

Re: Groot skrik!

Post by Winch » Thu Jun 18, 2009 4:16 pm

Tomma,

Dis nou waar die teel van die jakkals Brahman belangrik is! :D Hy moet darem 'n jakkals trap persentasie van 95% plus h? voor hy in die veld in gestuur mag word.Die brahman is amper so effektief soos een van die chuck Norrisse met 'n leatherman ;) ;)

Danie Lombard .243

Re: Groot skrik!

Post by Danie Lombard .243 » Thu Dec 10, 2009 11:39 pm

Klompie jare terug in 'n ou lande kamp geroep hier by my grond. Daardie tyd was my roep aparaat 'n 12 volt kar radio amp met twee speakers en 'n disc man (draagbare CD speler) alles mooi gemonteer binne in 'n swart plastiek krat. Die doedelkas het stelling ingeneem bo op die bakke se dak. Nou word daar haas gedoedel dat die kranse antwoord gee. Agter op die bak is ek en ou Willem, 'n oorle plaaswerker wat daadie tyd by my gewerk het. Terwyl die haas skreeu lig ek kort-kort om te kyk of daar nie al 'n oog aankom nie. Die plan is as die oog gewaar word Willem die lig moet oorvat en ek dan die skiet werk kan doen. Ek onthou nog dit was donkermaan, stik nag donker. Na 'n lig straal hier en daar, was dit geen lig vir 'n tydjie en die haas wat skreeu. Die volgende oomblik hoor ons die vreeslikste geluid. 'n Nuwe geluid wat ek nog nooit gehoor het nie. Dit klink soos 'n geskuur en 'n gekrap saam met 'n geklap en 'n doef geluid tussen in. Ou Willem het gegil en binnie in die bak gaan plat val. Met die geskrik gryp ek die lig en skakel die lig aan. Daar deur die lug trek 'n uil met 'n moerse speod en klap en swaai sy vlerke om weg te kom, en bo op die speker is 'n groot uil ontlasting blerts. So 'n dik wit besigheid. Die uil het gekom vir die haas en so waar as wragtig op die doedelkas kom land om die haas te gryp. Ek kan steeds nie glo dat hy ons nie gewaar staan het op die bak nie. Hy was seker erg lus vir daai haas, of sy sig is swak en ons moes seker doodstil gestaan het. Hoe dit ookal is, die uil, ou Willem en ek het ons koud geskirik vir die geklap en ge waai van die uil se vlerke na hy sy fout agter gekom het.
Die uile is gereelde kuiergaste hier in die omgewing as ons ongedierstes roep, maar nognooit het een dit so na aan ons gewaag nie.

Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Location: Vaaldriehoek

Re: Groot skrik!

Post by Ja3 » Fri Dec 11, 2009 7:44 am

Danie .243

Daar's niks definitief niks kort met jou roep nie..

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by KSV » Fri Dec 11, 2009 7:57 am

Groen, pers of rooi jakkals beheer! Sierra, Nosler of Hornady sal werk vir my.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Groot skrik!

Post by Louis102 » Fri Dec 11, 2009 9:05 am

Kalahari Sands Varminting wrote: Groen, pers of rooi jakkals beheer! Sierra, Nosler of Hornady sal werk vir my.
Dat daar nou soveel wysheid uit die Kalahari kan kom!!!  Besef nou eers my beheer metode ook "groen" is, skiet mos juis met Sierra se Blitskings. 8)  Het oorweeg om V-Max'e te probeer, maar gaan nou by die polities korrekte punt bly.  ;D ;D

Dankie Hein
Goeie dade oortref goeie woorde.

Ambessa

Re: Groot skrik!

Post by Ambessa » Fri Dec 11, 2009 1:09 pm

Hallo Danie .243
Danie .243 wrote:...Klompie jare terug in 'n ou lande kamp geroep hier by my grond.
Maklik gewees om hier te post...

Ambessa

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Location: Bloemfontein

Re: Groot skrik!

Post by JACQUES BOTHA » Fri Dec 11, 2009 1:12 pm

OOM LEEU
HEIN HETTIE MEER GROEN PUNTJIES VIR SY 22 NIE, EK HET ALMAL GEKOOP...
EK DINK HY IS NOU OP DIE ROOI GEVAAR PUNTE EN DALK OP DIE PERSIES (PERS KLEURIGES)
SO OPMERKING OF AAANMERKING  OOR DIE OUPA UIL ... AS JY HOM KRY IS JY AMPER 100%  SEKER JAKKALSE SAL OOK LOOP OF ANDERSOM DALK,
MAAR WEEREENS DIS NET MY SIENING...
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!

tafjak

Re: Groot skrik!

Post by tafjak » Fri Dec 11, 2009 6:06 pm

KSV

Weet nie wie van die twee van julle die skietwerk doen nie, maar darem bly julle skiet 'n 6mm.

Insert Quote
Groen, pers of rooi jakkals beheer! Sierra, Nosler of Hornady sal werk vir my.
......

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by KSV » Fri Dec 18, 2009 10:28 am

Tafjak,

Jammer om jou nou so half teleur te stel!

Ek het eers 'n krom22 (22) gebruik en die jaar die eienaar van 'n 22-250 geword na 16 maande en Jaco sweer by sy 24kwes.

Ek het niks teen die 243 nie, persoonlike smaak, wil nog ook vir my een of ander 6mm kaliber bou.  Ek het lank met J se vorige 243 geskiet as ons by die oper plekke skiet. Hy het toe vir hom 'n ander een laat bou en als omkeer loop staan en maak.

Kalahri Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

tafjak

Re: Groot skrik!

Post by tafjak » Fri Dec 18, 2009 11:38 am

Hein

Jammer dat ek jou in 'n moeilike situasie geplaas het. Almal kan nie 243's skiet nie, anders verkoop die ander(kalibers) ook nie. Moenie sleg voel omdat jy 22-250 skiet nie.

Dog toe net dat jy "pers tips" gebruik dat jy miskien ook gelukkig is om 6mm te besit.

Ek grap so bietjie en is altyd lekker om "skermutseling" op te tel met ander kalibers.

Gese?nde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar.

Taffie

User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1328
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Location: Kathu
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by KSV » Fri Dec 18, 2009 12:15 pm

Taffie,

Deel maar ook 'n paar houe uit en vat hulle ok maar. Almal glo maar hulle sin is die beste, veral die ouens wat die 6-08's gebruik?

Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

tafjak

Re: Groot skrik!

Post by tafjak » Fri Dec 18, 2009 1:50 pm

Hein
Kalahari Sands Varminting wrote:

Deel maar ook 'n paar houe uit en vat hulle ok maar. Almal glo maar hulle sin is die beste, veral die ouens wat die 6-08's gebruik?
Hier op die forum is 'n goedige spottery oor ander manne se kalibers, hoop jy sien dit so.

User avatar
Andr? Gous
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Sun Nov 15, 2009 11:39 am

Re:SLIM VANG SY BAAS

Post by Andr? Gous » Tue Oct 26, 2010 2:46 pm

Moet julle van my groot skrik vertel.So plus minus drie jaar terug met een van my eerste jakkies gebeur.Sit roeper uit wag n rukkie en begin roep.Na tien muniete skiet jak baie naby bakkie. So in my skik en gaan tel hom op .Gooi agter op bakkie en ry huis toe.Ek was alleen en moes self hekke oop maak.So by tweede hek moes my been aan roeper geskuur het en die volgende oomblik is vlekkie saam met my voor in die bakkie  en sy klank is oorverdowind.Ek wens ek kon myself sien. Groete A.Gous 

User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Location: MIDDELBURG OOS KAAP

Re: Groot skrik!

Post by CHRIS » Tue Oct 26, 2010 4:51 pm

Andre, nou lekker gelag

EK het perongeluk  ;) 1 keer toe die boer die roeper gaan haal vlekkie 9 gegooi toe hy 2 tree v roeper af is. ::) ::)
So ek kan sien hoe jy geskrik het ;D ;D

wel niks in omtrek van 1000 m het weer die aand o? gewys nie. ::)

Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Location: Mariental, Namibia

Re: Gedink my roeper is kas toe.

Post by Skolla » Wed Jun 01, 2011 3:33 pm

Ek het so n paar aande terug vir myself lag gekry, ook eers later.

Na die normale roep metodes vir die tyd(kos), sit ek vir vlekkie 3 op om te hoor of hulle iewers wil antwoord.
Daar antwoord toe ook drie maar redelik ver.
Wag 25 minute,niks gebeur, en sit net die eerste skree van Elsneus op, maar niks gebeur nie.
Wag 4 minute en sit toe Baklei 4 op.
Hy het skaars begin speel toe hoor ek my roeper is nou in sy m@#$ ,want hy skree nou alle jakkals geluide wat ek het deurmekaar.
(Die lig was op daardie staduim af.)
Druk die roeper dood en toe is alle hel los want, daar gaan die die geskreeuery aan, en toe weet ek hier is moeilikheid en toe gebeur goed teen die spoed van weerlig!
Sit die lig aan en hier storm drie jakkalse op my af met n spoed. Gelukkig reguit na my toe.
Skiet toe die eerste een plat en daar verdwyn die ander in die lang gras. Sit weer baklei aan en een kom storm terug en kry hom toe ook plat.Die ander een het ek so 15 minute later baie ver weg gehoor.
Eerste een het ek 5 meter vanaf die roeper geskiet en die ander een so 40 meter van die roeper af.
Gelukkig het die skrik na die gebeure gekom.

Skolla

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”