Groot skrik!

User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1353
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Location: tarkastad

Re: Groot skrik!

Post by Freddie101 » Wed Jun 01, 2011 6:41 pm

Skolla
Dit was darem n lekker skrik. :D
yol bolsun

User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Location: Leliekloof STORMBERGE
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by Biker » Wed Jun 01, 2011 7:18 pm

Ou Skolla
:D Konsentreer manne---- konsentreer

Groete Biker

Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm
Location: Beaufort-Wes

Re: Groot skrik!

Post by Henk » Thu Jun 02, 2011 7:27 am

My GROOT skrik was so 4 jaar terug op ons grond anderkant Fraserburg
Ek was op daai stadium besig om WEER te werk aan my selfgeboude skietstoel en hy was buite aksie. Daar was egter n jakkie wat erg gepla het en ek moes n plan maak. Besluit toe om sonder die bakkie te werk, met n motorfiets battery vir die lig en natuurlik die Foxpro.
Ek ry toe met bakkie tot so 500m van die plek af waar ek wil roep en stap in tot by lekker groot klip so halfpad teen n rant uit....bakkie is darem buite sig. :angel:  Die plek het ek goed gekies i.t.v. die wind en die voetpad wat jakkie daar trap onder die lyndraad deur, MAAR ek het nie rekening gehou met die klip nie.......hy het my skiet en sig beperk tot omtrent 200 grade en ek kon niks agter my sien nie ! Dit het reeds begin donker word en was te laat om ander plek te soek. Het toe maar so gaan sit dat ek darem die voetpad kan dophou.

Ek het skaars begin roep toe antwoord 2 jakkies uit buurman se veld....seker so 1 km weg en basies reg voor my. Ek reken toe hulle is mooi op pad na my toe en konsentreer toe die lig op die draad waar hulle moet deurkom.......Na paar minute se wag en sonder enige reaksie, sit ek toe weer een-of-ander jak-roep aan om te hoor waar hulle nou is. Toe antwoord daar 3 jakkalse: Daai 2 so 500m weg en nog 1 so 5 m agter my..........

Teen die tyd wat ek myself losgeknoop het uit die kamera se driepoot, die lig se drade en die geweerband (wat op n onverklaarbare wyse tussen my bene deur gehaak het) was daai jakkals lankal weg. Ek kon eers 2 sigarette later my bene genoeg onder beheer kry om die terugtog bakkie toe aan te pak. Die ander twee jakkies het ek summier in hulle moer gestuur. Ek het so gebewe dat ek nie eers my eie voet sou raakskiet nie, wat nog van jakkie op 100m........ :P 
Skiet naby....skiet raak !!

User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Location: Bloemhof. North West

Re: Groot skrik!

Post by Dawid » Thu Jun 02, 2011 10:27 am

Ek het so gebewe dat ek nie eers my eie voet sou raakskiet nie, wat nog van jakkie op 100m........ 

HAHAHA.......Vrou gee my n skoon onderbroek ekt my nou bloediglik vir n JAKKIE vererg.

HAHA Ja ek kan myself indink.....dis lekker skrik daai
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602

User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Location: Leliekloof STORMBERGE
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by Biker » Sun Jun 05, 2011 6:52 pm

Henk
Lekker storie ;D Dit is so met so grondsit nagroep want jy sien net altyd een deel .
Groete Biker

Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Location: Vaaldriehoek

Re: Groot skrik!

Post by Ja3 » Tue Nov 15, 2011 1:24 pm

.... toe trap ek hom op die nek, en sien hy't nog Baie skop in hom..
die man gryp toe my voet, en ek val.

Volgende oomblikke toe kom gryp hy my linkerhand...

Laat dit nou 'n les wees..: Onthou, hierdie man is bang vir NIKS as die remote nie meer werk nie....
(stuk nekvel afgeskiet, te hoog)

Image
Image
Jis manne, wens ek kon daai klank opneem toe hy my nou byt op die hand..

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Groot skrik!

Post by Louis102 » Tue Nov 15, 2011 6:44 pm

Ja3, sulke dinge gebeur as 'n ou te min hier op die forum uitkom!!

Op ernstiger noot, ek glo jy het darem by 'n dokter uitgekom?  So 'n byt kan uiters gevaarlik wees.  Langs ons kus is daar juis nou weer 'n paar hondsdol jakkalse raakgeloop.  Jakkalsbyt is nie speletjies nie.

Groete
Louis

NS. Lekker om van jou te hoor!
Goeie dade oortref goeie woorde.

Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Location: Vaaldriehoek

Re: Groot skrik!

Post by Ja3 » Tue Nov 15, 2011 7:23 pm

Hello Louis

Het so jaar terug darem 'n klim ini kaak inspuiting gehad, maar ja, was sommer by d ongevalle om so 2am die oggend en hulle het dit darem net mooi ontsmet en vir my sulke
sterk antibiotieka gegee, wat my nounog sooibrand gee as ek daaraan dink.
Die man was so perdfris tussen my koeie doenig (die afgelope paar weke) dat sy goeie eetlus my laat oortuig het hy's skoon..... eintlik nogal 'n interessante verhaaltjie.

Janee, my vrou het my nie toegelaat bd huis totdat ek eers bd hospitaal omgegaan het nie.

Ek het maar begin makraak, so sonder n knopkierie... maar een dag is een dag.
K?rels, maar het hy my nie bymekaargemaak nie! Ek staan later met 'n knipmes in my hand - en hy so 6meter weg, en ons kyk vir mekaar...  maar glo my, ek sal hom nie eers try steek nie. Hy's te vinnig!
Ou Lukas het maar 'n paar klippe by die pad gaan haal op die ou ent.

Dit moes miskien onder "lagspiere" ingekom het, maar dit was meer 'n groot skrik as snaaks. :o ;D
Nee ou Louis, dis 'n ander man daai..

User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5014
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos

Re: Groot skrik!

Post by theedge » Tue Nov 15, 2011 8:20 pm

Ja dit laat n man maar weer net dink ek sou my spoeg bitter geskrik het :o :o
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image

User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Location: Cradock

Re: Groot skrik!

Post by Dawie D » Wed Nov 16, 2011 11:47 am

Ja, so n maand of 2 geleede ry my buurman saam met my jakkies toe. Hy bied aan om die roeper te gaan uit sit, so 60m van die bakkie af in die pik giet donker (dis een van daai dood stil aande) trap die stomme man op n "koraan". Nou soos julle weet gee daai voel mos so n snaakse skruuw geluid as hy op vlieg en daar gaan my buurman se "wekkertjie" so vanself ook af. Dis was seker soo 15 min later dat ek weer my asem terug gekry het soos ons gelag het vir sy "gillietjie" en sy bleek heid ;D. Ek het tot op hede nog nie weer daar gaan roep nie, ek dink dit wat in n raduis van 2km van ons af was hardloop nou nog vir daai boos aardige gil ;D
As ek jou sien gaan jy val

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Location: Potchefstroom
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by BLOK » Wed Nov 16, 2011 11:55 am

kLOMPIE GRAPPERIGE STORIES HIER ;D ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by iceman1982 » Wed Nov 16, 2011 12:21 pm

Manne,
Hierdie kan julle nou glo of nie. Maak wat julle wil, maar wat ek nou vir julle vertel het laas jaar met my gebeur.
Het verlede jaar by n boer gaan roep. Hy hou toe aan dat hy will saam. My stoel is op n singlecab bakkie, wat ek met hesien oortrek wanneer ek roep. So, die stoel sit nader aan die cab, met n spasie vir die boer binne in die bak, agter die stoel, waar hy lekker op n paar kussings le. Kom op tweede staanplek vir die aand. My bloedspoor hond, n Jack Russel , is ook altyd saam. As hy sien ek haal n geweer uit die kluis uit, dan is daar geen ander manier as om hom saam te vat nie. Hy wag dan al vir my by die voor deur. Hy help ook darem met die soek van die jakkies, maar is maar eintlik vir die kwes diere.

Elk geval. Kom op twede staanplek, sit roeper uit en sit net stil vir so 15 min. Lig nogsteeds. Tel oe teen voet van berg op, aan die voor kant van die bakkie. Gooi so bietjie KOD, en sien oe stel belang, maar is n bietjie huiwerig. 5 minute gaan verby met KOD en oe begin stadig nader kom. Kan hom nog nie identiviseer nie, maar glo dis n jakkie. Na so 5 minute se KOD se stooiery, tel ek nog n stel oe agter my op, aan die agterkant van die bakkie, maar seker so 300m weg. Oe voor my, moet ek net identiviseer, dan sal die skoot loop. Wil nie iets anders per ongeluk skiet nie, alhoewel boer altyd vir my se dat duikers en steenbokke wat geskiet word deur jakkals jag maar "casualties of war" is, so nie pyn sal he as dit nou so is nie.

Met die dat ek so werk met KOD op die voorste oe vergeet ek heeltemal van die agterste paar wat ek vroeer opgetel het. Die oe voor my reageer mos nou, so dinge is aan die gang. Toe ek agterkom dat die voorste oe so bietjie vassteek en ek n bietjie tyd het om te draai, toe tel ek op dat my hond op my stoel se platvorm staan met sy agterbene, en met sy voorbene op die agterklap.(Wat toe is) My hond staan en kyk vir jakkie, wat teen my bakkie staan. Toe ek omswaai, en my lig tel hierdie gedoente op wat teen my bakkie staan, toe weet ek nie wie skrik groter, ek , jakkie of boer nie. Jakkie spring weg, en ek blaf ontmiddelik vir hom , waar hy stop so 5 tree van die bakkie af. Het nie verwag dat hy gaan stop nie, so swaai so bietjie verby hom met die stoel, maar so met die swaai van die stoel op die terukom slag , toe loop die skoot vas.

Wat interesant was, was dat die skoot, met knaldemper, geen effek op die voorste oe gehad het nie, wat toe wel ingekom het, nadat n maat weer van agter my geroep het. Toe ek die dier identiviseer as n jakkals, toe skiet ek my eerste jakkals mis, nadat ek die afstand oorskat het.
 
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387

fiela

Re: Groot skrik!

Post by fiela » Wed Nov 16, 2011 10:32 pm

Julle manne laat my nou lekker lag.  ;D

Dis baie ironies dat die meeste van die skrik stories met almal se begin dae gebeur het!

fiela

Re: Groot skrik!

Post by fiela » Wed Nov 16, 2011 10:54 pm

Die storie het ook in my begin dae gebeur.

Op die buurman se plaas is n ou plaasopstal met huis ,stoortjie , klipkraal en toegegroeide werf.
Daar is die aand van tevore n lam gevang sommer naby die plek. Ek is toe soontoe met my fluitjie en skadunet hilux.
Maar eers; daar loop paar koue stories rondom die plek se mense wat daar dood is en al daai tiepe goet wat mens nie
aan glo nie, maar tog oor wonder.
Die nag is stil, nie eers n kriek of vlakhasie nie, niks!  Ek begin toe so halfhartig fluit en kyk maar kort-kort met die lig.
Na n hele paar roeppe dink ek om eers vir n ruk stil te bly. Ek is toe so stil dat ek nie eers lig nie. Al die stories hoor ek weer hier in my kop.
Ek begin toe weer lig. Ek kyk vir jakkals maar ook nie net vir jakkals nie.
Ek laat die lig voor verby gaan, langs my en dan agter my. (Agter my is dit ongemaklik, want daaityd het ek n kombuisstoel gebruik. Die ding
                                                                                  kan mos nie in die ronte draai nie en ek wil ook nie opstaan nie, want dan kraak die stoel.)
Dis toe op daai ongemaklikke-oor-die-skouer-posiessie Wat hier n vaal ding agter staan! Op die oomblik wat die lig op hom val,
begin die donkie huil!!! Manne........  My oupa het my geleer mens vloek nie n dier nie anders gaan hy haaraf, maar DAAI donkie het woorde uit n mens
se bek gehoor en bevele gekry wat hy nog nooit is sy lewe gehoor het nie!!

Groete, Fiela

Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Groot skrik!

Post by Francois Briedenhann » Thu Nov 17, 2011 6:33 am

More manne.(MY GROOT SKRIK)

My 2de roep van my lewe!!Ek en my neef gaan veld toe daai tyd was daar nog nie geld vir foxpro nie somer bakkie speakers op die dag gesit en begin roep maar is ook lekker bang want dis mos nou donker en n man weet nie wat op die plaas is nie!Lig so biekie sien niks ek gaan sit toe plat op die bak van die bakie en my neef staan nog en wag met die geweer volgende oomlik kom klap daar iets ons ore vuur warm my neef piepie hom sop nat ek skrik so groot dat ek nie weet wat om my aangan nie!en ons altwee is dadelik in die bakie toe kom sit die groot uil op die bonnet!!!maar met daai kom sit word daar sommer weer geskree...

Groete FB

User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Location: Cradock

Re: Groot skrik!

Post by Dawie D » Thu Nov 17, 2011 9:12 am

Fiela
Hoe lekker lag ek nou ;D. Ek kan my self dit net voorstel.

Fb

Jy praat ook net van jou neef se ongeluk en niks van jou eie "briek merk" nie ne ;) ;D ;D
As ek jou sien gaan jy val

Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Groot skrik!

Post by Francois Briedenhann » Thu Nov 17, 2011 5:01 pm

My brieke het gefail!

User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Location: Leliekloof STORMBERGE
Contact:

Re: Groot skrik!

Post by Biker » Sat Nov 19, 2011 12:37 pm

AAUWE ;D ;D

User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Location: Oos-rand

Re: Groot skrik!

Post by Nuweseun » Sat Nov 19, 2011 12:44 pm

;D ;D ;D 'n paar Freakin snaakse gebeure... Die donker bly maar 'n scary ding! ;D ;D
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”