Vader se trots

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Vader se trots

Post by Kalahari » Thu Dec 15, 2011 3:02 pm

Hallo almal

Ek was die laaste tyd min op die forum gewees en met goeie rede. Ons 2de seun is op 7 Desember gebore. Marius is baie gesond en het sommer 'n stewige 3.74kg geweeg en het 54cm gemeet by geboorte. Ek wil dit graag deel met die forum lede, net om ons (my) dankbaarheid teenoor ons Vader te betoon vir al die genade en seeninge met 2 gesonde seuns en geen komplikasies.
Ek het vir SJ gevra om foto's van die 2 op te sit, ek sukkel vreeslik met photobucket. (is daar nog iemand wat ook sukkel?) Die rede vir die oudste boetie se foto is om van die begin regverdig te wees en hulle 2 gelyk te behandel. Nou is dit hef-aan om die 2 groot te kry, maar met die hulp van Bo sien ons uit daarna.

Ek sit op die plaas en ma en die seuns is nog in Windhoek, sal oor paar dae vir hulle gaan optel en dan so bietjie vir Henties gaan opsoek en kyk vir 'n vissie.

Dankie dat ek dit kan deel met julle.
(SJ, dankie vir jou bereidwilligheid om te help, waardeer opreg)

Groete
Kalahari

User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Location: Oos-rand

Re: Vader se trots

Post by Nuweseun » Thu Dec 15, 2011 3:14 pm

Kalahari, Baie baie geluk! Soos jy se, wonders vaan bo!!
Ek hou van die dat jy hulle gelyk stel en so wil groot maak van die begin af!

Sterkte en geniet die tweekies!!

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.

Boerseun123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Wed Aug 04, 2010 9:07 pm
Location: Lime Acres, Noord Kaap

Re: Vader se trots

Post by Boerseun123 » Thu Dec 15, 2011 3:16 pm

Baie geluk Kalahari! Werklik iets om op trots te wees. Kinders is geskenke reg uit God se hand! Hoop dat hulle vir jou 'n plesier sal wees en sommer nog baie trots sal maak.

My vrou is ook nou weer swanger met nr 2. Ook 'n seun. Haar datum is einde April en dan verskil die twee boeties net oor die 11 maande! Moenie worry nie die probleem is opgelos. Ons het nou 'n TV in die kamer ook!  ;D ;D ;)

Geluk weer eens!

Groete
Bs
"It is better to light one small candle than to curse the darkness."

Confucious

User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5014
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos

Re: Vader se trots

Post by theedge » Thu Dec 15, 2011 3:32 pm

Kalahari en mamma en ouboet baie geluk met die nuweling. Voorwaar iets om op tros te wees.  My 2de (het net dogters) is ook op die 7de gebore net 12 jaar terug sy hou van die een.  Weet dit vandag hulle is n gawe soos jy se.  Mag daar net vreugde en vrede vir julle wees.  NB hoop nie jy jag jakalse vir beroep nie, dit is nou nappie drill ne  ;D ;D
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image

Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Location: Graaff-Reinet

Re: Vader se trots

Post by Triple2 » Thu Dec 15, 2011 3:51 pm

Baie geluk aan die Kalahari gesin. Dit is regtig n groot voorreg. Hoop hy bring julle baie vreugde.
Doen solank aansoek vir die 2 se eerste geweer lisensie. Hulle kan dit dalk kry waanneer die oudste 16 word.
Ons 2de enetjie?? is ook einde April due. ???
Geniet dit.
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa

Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Location: Mariental, Namibia

Re: Vader se trots

Post by Skolla » Thu Dec 15, 2011 4:08 pm

Kalahari

Baie geluk.
Ek glo hy sal julle nog groot vreugde verskaf.

Groete
Skolla

User avatar
Sniper66
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Sun Sep 11, 2011 3:54 pm
Location: Kuruman

Re: Vader se trots

Post by Sniper66 » Thu Dec 15, 2011 4:08 pm

Baie geluk,mag hy vir julle baie vreugde verskaf.!!Sterkte met die groot maak.!!! :)
"Two lines you should never Cross... The horizontal and the vertical"

223 Voere

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1911
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Location: Windhoek, Namibia

Re: Vader se trots

Post by Raven » Thu Dec 15, 2011 4:31 pm

Baie geluk ou maat.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 702
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Location: Windhoek

Re: Vader se trots

Post by Witpietskiet » Thu Dec 15, 2011 4:36 pm

Baie geluk man, mag daar net vreugde vir julle wees.

Jy sal seker nou nog n 22-250 Tikka moet koop aangesien jy so van regverdigheid praat, elke seun moet mos een kry.

Mooi loop en stuur groete by die huis.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek

User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1675
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Location: Kathu

Re: Vader se trots

Post by 243Songdaug » Thu Dec 15, 2011 4:44 pm

Baie geluk ou maat! Mag hy jou net vreugde en geluk bring.
Dont tell me, show me......

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4029
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: Vader se trots

Post by BRNO (Pierre) » Thu Dec 15, 2011 7:51 pm

Ek se altyd dit is n voorreg as iemand anders sy kinders en hulle lewe met my deel, dus dankie vir die voorreg om deel te wees van die wonderlike gebeurtenis in julle lewe. Baie geluk met die bulletjie!

Hoop hy slaap soos my twee van die eerste aand af wat hulle by die huis gekom het deur.
Veiligheid eerste manne!

User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm
Location: Lephalale

Re: Vader se trots

Post by Shindzela (Pierre) » Thu Dec 15, 2011 8:18 pm

Baie geluk Kalahari!

My eerste kom in Februarie, kan nie meer wag nie. Het Dinsdag vir die eerste keer die 3D scan gesien, wat n amazing ervaring om daai gesiggie te kan sien! Hy moet nou net kom, Pa kan nie meer wag nie.

En dan kan n Pa mos weer speelgoed koop? (vir die laaitie natuurlik...)

Groete

Pierre
Life's a journey, enjoy the ride!

User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm
Location: Pretoria

Re: Vader se trots

Post by Musgrave » Thu Dec 15, 2011 8:23 pm

Kalahari,

Baie geluk, mag hy net vreugde bring!

Ek sien jy's by Gochas - my familie kom van Mariental af - ek verlang na daai mooi w?reld!

Groete

Bert Kirsten
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six

Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Vader se trots

Post by Ian » Thu Dec 15, 2011 8:40 pm

Baie geluk met die seun  Kalahari, nog 'n toevoeging by die jagters-gemeenskap.

Jy ken seker vir ou Dirk Boltman?

Groete

User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Location: Weskus

Re: Vader se trots

Post by Monrique (SJ) » Thu Dec 15, 2011 8:41 pm

Kalahari

Nogmaals baie geluk en ek sit hiermee graag vir jou die 2 foto's op wat jy gestuur het!!


Ouboet
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... G_2846.jpg[/img]

Kleinboet
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... G_2946.jpg[/img]


Groetnis

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Vader se trots

Post by Kalahari » Thu Dec 15, 2011 8:55 pm

Manne

Baie dankie vir die gelukwense, waardeer. Ja, dit is 'n helse voorreg, van die 3d scans af tot jy hom kan vashou. Die "speelgoedjies" sal seker maar moet aanteel, noudie dag se ma toe ook sommer self vir my dat hulle seker elkeen hul eie "gun" sal moet kry, so ek glo nie daar sal sommer 'n pyn in daardie afdeling wees nie....... visstokke en katrolle ens ens, julle verstaan wat ek bedoel.
Die mannetjie slaap regtig goed en drink melk dat die biesies bewe, baie soet kind.

theedge: Nee, ek is 'n boer wat maar so op eie grond jag, so die pajamadril sal ek maar doen, maar ek kry so nou en dan darem 'n aandjie af om 'n draai met die roeper te ry 8).

Pieta: hier staan 'n zastava 223 wat aan gewerk moet word, nuwe loop ens, so ek wetie wat gaan die beste (duurste) wees om te doen nie, overall 223 of 'n 2de tikka? Dink ma en seuns sal vir eers lekker met die roer kan skiet.

.30-06: Ek ken Kirstens Mariental se kant, net lanklaas kontak gehad, sal bietjie vra as ek dalk weer sien.

Pierre: Nie meer lank nie, die tydjie wat oor is vlieg verby, jy sal sien. Sterkte en geniet die kleinding, die eerste maand of 3 is hulle maar redelik aan ma se rok vasgebind, maar daarna begin "bond" pa ook lekker.

Baie geluk en sterkte aan almal wat ook kleingoed op die horison het, alle vreugde en geluk wens ek julle ook toe.

Kalahari

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Vader se trots

Post by Kalahari » Thu Dec 15, 2011 9:00 pm

SJ

Baie dankie, waardeer jou moeite.

User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 421
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Location: Mooketsi & Phalaborwa-Limpopo Provinsie

Re: Vader se trots

Post by Kallie404 » Thu Dec 15, 2011 9:01 pm

Baie geluk Kalahari !! Februarie is dit ook my beurt,die eerste een en dis n laaitie,so alles wat jy beskryf ervaar ek ook. ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock

wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2208
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Location: Williston

Re: Vader se trots

Post by wlm » Thu Dec 15, 2011 9:46 pm

Baie geluk
dit is regtig 'n voorreg om jou eie vlees en bloed te kan vashou.

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Vader se trots

Post by Kalahari » Thu Dec 15, 2011 9:52 pm

Ian

Nee, nie as ek so vinnig dink nie. Name wat ek kan onthou is Koos en Bul Boltman. Ken hulle ook nie so goed nie, weet net van hulle, so 1 of 2 keer al gesien. Ek dink daar is 'n Piet ook.

Kallie 404

Baie dankie en geluk vir jou en die vrou ook, sterkte en alle vreugde. Geniet die buffeljag ook sommer, wees veilig asb. Ek het ondervind dat as daardie klein goedjies eers daar is, dan dink man 2 keer voor jy iets aanvang.

wlm
Baie dankie, soos jy se. Dit laat die bloed sommer lekker vloei deur die are.

Kalahari

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6236
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Vader se trots

Post by DWB » Fri Dec 16, 2011 7:15 am

Baie geluk Kalahari, mag julle ryklik gese?nd wees!

Manne, lyk my die winter was koud en lank ;D

My 1ste kleinding (dogtertjie) kom begin April!

Pa sal moet haelgeweer koop ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Location: BYENESPOORT PRETORIA

Re: Vader se trots

Post by douw » Fri Dec 16, 2011 7:25 am

Baie geluk Kalahari.

Kinders is voorwaar geskenke van God ons Vader!!

My dogterjie is 21.11.11 gebore. Ons geniet haar baie. Baie sterkte met alles wat voorl? en waardeer elke oomblik saam met jou vrou en kinders.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY

User avatar
Jeagermeister
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm
Location: Windhoek

Re: Vader se trots

Post by Jeagermeister » Fri Dec 16, 2011 8:41 am

Johan En Yvette...

Baie geluk met julle seenings uit Jesus se hand uit.. Mag julle twee laaities julle ewige plesier en liefde verskaf!!!

Ek sal solank vir die volgende veldskiet 'n ekstra twee inskrywingsforms saamstuur... Die klomp Marais'e sal moet sokkies hoog hou.. "Team Engelbrecht" is oppad!

Liefde en Vrede oor die Groot dae..

Big Joe
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na  "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2134
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Location: Sout Kalahari- Gochas

Re: Vader se trots

Post by Kalahari » Fri Dec 16, 2011 9:15 am

Douw en DWB

Baie geluk met die dogtertjies vir julle ook, bly julle het die balans herstel ;). Daar moet mos darem vir die kinders vorentoe ook maats wees.
Gelukkig weet ek darem al van so paar haelgewere (waar hulle le), sal maar die laaties vroegtydig moet waarsku ;D

Big Joe
Dankie man, hulle is klaar diep in die harte gekruip, voorwaar 2 seenings van Bo :angel:. Die inskrywingsvorms kan maar kom, maar sal seker nog klomp water in die see moet loop voor die manne hulle name sal kan "shanga", sien uit na daardie dag. Geseende groot dae ook aan jou kant.

Groete
Kalahari

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6596
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Vader se trots

Post by Arnold » Fri Dec 16, 2011 12:06 pm

Baie geluk ou maat en sterkte. My tweede een is ook Januarie hier  ;)

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”