Jakkals jaggeleentheid.

User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Jakkals jaggeleentheid.

Post by C.J. » Sat Feb 18, 2012 4:35 pm

Das? manne,

Ek beplan 'n langnaweek vir Jakkalsjag en sommer lekker kuier in die Oos-Vrystaat. Om presies te wees: in die Arlington distrik. Ons het 'n lekker gastehuis op 'n plaas tot ons beskikking wat meer as 20 mense kan slaap. Daar is 'n dam met Swartbaars op en baie plase in die omgewing waar Jakke afgehaal kan word. Die deal sal wees, jy betaal vir verblyf, voorsien jou eie kos/drank en ek voorsien die plase waar gejag moet word, dit sal nie verder as 30km om die slaapplek wees nie. So kuier ons lekker vir 'n langnaweek en doen 'n klomp mense in die distrik 'n guns. Die Jakke word gejag maar nie baie geroep nie, maar let wel, dit is nie dom bosveld jakke nie. Een vereiste sal wees dat jy darem ondervinding het in Jakke roep, ons wil nie na die naweek met 'n klomp slim Jakke sit nie.

Ek glo daar sal jagplek vir 6 bakkies wees, ek sal in die komende week begin praat met die boere in die distrik, daar sal waypoints gegee word na die plase toe vir grondwerk.

Die datum sal vanaf Donderdag 29 Maart tot Sondag 1 April wees. Verblyf sal R200 p.p.p.n wees. Daar sal genoeg hout wees, jy kan 'n visstok ook saambring. Ons kan ongelukkig net 'n maksimum van 3 persone per voertuig huisves.

PM my indien iemand belangstel.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)

User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Boertjie » Sat Feb 18, 2012 4:44 pm

CJ

Wat is dan die prys wat vir nagfooi en per jakkals aan die jagter betaal word?

Boertjie

User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by C.J. » Sat Feb 18, 2012 4:54 pm

Boertjie,

Ongelukkig niks, ek dink die naweek is gerig op jagters wat bietjie geleentheid soek en nie permanent jag nie. So dit baat die boere om hulle grond te gee en dit is bekostigbaar vir jagters wat 'n naweek daarvan wil maak.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)

User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Location: Wesselsbron

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by visstok » Sat Feb 18, 2012 8:11 pm

Goeie naand, wil gou uitvind, is daar nie n kans dat van ons minder ervare jakkals jagter saam met van die meer ervare jagters kan uitgaan en so bietjie by hulle leer nie? Nie kurses loop nie, net so bietjie kyk en leer? As so iets kan werk stel ek en my jagmaat verseker belang! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet

User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by C.J. » Sun Feb 19, 2012 12:19 am

Visstok,

So iets kan defnetief werk, ek wil maar net 'n paar boere help, so as daar manne is wat alleen wil kom reel ons dit so, dan kan julle mos drywers wees. Die idee is 'n wegbreek, met genoeg jagplek en dankbare boere.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)

User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Location: Wesselsbron

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by visstok » Sun Feb 19, 2012 8:40 am

Klink vir my of dit kan werk! Hou ons asb oop hoogte! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet

viperian

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by viperian » Sun Feb 19, 2012 9:48 am

Visstok/CJ
Ek dink dit is n great idiee ek self sal dit geniet om bietjie by die ervare manne te leer.
Wens net dit was nader aan my dan was ek in gewees.
Groetnis
Ian

User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Location: Benoni

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by grumpy » Sun Feb 19, 2012 10:12 am

Viper,

Ek sien ons is bure!!!

Groete

User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4505
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Location: Wes-Tvl Christiana

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by James Wilson » Sun Feb 19, 2012 11:24 am

Blok kom in, oor! ek dink ons moet n span maak JB kan die kok wees?  kom nou Blok! ek wil jou nie weer 2 keer bel soos laas nie.


hoe ver is arlinton van BFN af?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!

User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by C.J. » Sun Feb 19, 2012 11:36 am

James,

Dit is 30km van Senekal af, Lindley se kant toe, seker so 210km.

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Location: Vanderbijlpark

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Freek » Sun Feb 19, 2012 11:47 am

C.J. Ek stel belang - sal interesant wees om te sien hoe perform 'n Senekal op Senekal. Het al baie daar deur gery, gehoor my oupa grootjie het saam oom TAKUZA gehelp om Senekal te stig... Vir een of ander rede het my oupa besluit om eerder bosveld toe te trek.

Die FORDAZDA is op hierdie stadium in vir nuwe injectors en diens op die dieselpomp... reel asb. die storie nadat ek my voertuig terug het.

Groete!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!

User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by C.J. » Sun Feb 19, 2012 12:14 pm

Freek,

29 Maart tot 1 April, hoop jou bakkie is reg!

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)

User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12334
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Geno » Sun Feb 19, 2012 1:34 pm

CJ,
Ek's in. Ek sal egter eers die Vrydag-aand laat kan uitslat. Viperian, ry saam met my, ek skuld jou nog 'n jag!
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Location: Vanderbijlpark

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Freek » Sun Feb 19, 2012 1:39 pm

Klink goed C.J. Hopelik is die jag lorrie se nukke uitgesort teen daai tyd.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!

viperian

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by viperian » Sun Feb 19, 2012 4:08 pm

Geno
Baie dankie

Ek waardeer jou moeite maar toe ek bree bors vir vrougoed vertel ek gaan saam met die manne jakke vermoor deel sy mee dat ek redelik ver sal moet ry want ons is daardie tyd by die skoonfamilie in Namibia.

Nes my luck is altyd ann die gatkant van als.

Hoop en glo dat daar ander geleenthede sal wees.

Wou baie graag die manne ontmoet het.

Grumpy ek het jou darem ontmoet by Brandwag met die skole skiet.

Groetnis

Ian

User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by C.J. » Sun Feb 19, 2012 5:43 pm

Geno,

Ky sal dan die dagroepe moet gooi om op te vang, ek sal vir jou 'n plek met lekker rante ens hou!

Sien uit na die kuier/jag!

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Location: Potchefstroom
Contact:

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by BLOK » Mon Feb 20, 2012 8:18 am

James Stuur.

Klink baie lekker maar wat dan van die varkjag, of sal ons maar altwee deurdrik.

Berig oor.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Location: Cradock

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Dawie D » Mon Feb 20, 2012 8:32 am

CJ

Ek gaan nie deel wees van die lekker naweek nie maar ek wil darem net n voorstel maak.

Vir so n geleendheid wat die boere gaan kry dink ek dit sal baie "nice" van hulle wees as hulle darem net die manne se verblyf kan betaal uit n blyk van wardeuring vir wat die manne vir hulle "verniet" gaan doen. Dis darem seker nie te veel gevra nie.

Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Location: Vanderbijlpark

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Freek » Mon Feb 20, 2012 10:16 am

Dawie D - jy vat die woorde uit my mond...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!

User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by C.J. » Mon Feb 20, 2012 11:29 am

Dawie,

Ek stem ook saam, die plan is egter laas Vrydag gemaak so ek moet nog 'n paar re?lings tref en sal defnetief probeer om die manne se kostes te help verlaag. Al kry ek vleis om te braai of iets, ek hou julle op hoogte.

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)

User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4505
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Location: Wes-Tvl Christiana

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by James Wilson » Mon Feb 20, 2012 11:51 am

BLOK wrote: James Stuur.

Klink baie lekker maar wat dan van die varkjag, of sal ons maar altwee deurdrik.

Berig oor.

altwee altwee.!!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Location: Potchefstroom
Contact:

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by BLOK » Mon Feb 20, 2012 11:54 am

James dit is soos ek van my vriende hou, altyd reg vir n uitdaging
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 877
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Yalair » Mon Feb 20, 2012 12:47 pm

Sjoe ! dit klink na 'n lekker deal, julle kan by my ook kom skiet teen R200.00 per persoon, stuur net jou ondervinding cv saam met betalings bewys, ek soek nie slim jakkalse nadat julle weg is by my nie.

NS: kan ook visvang by my, sal dit by die R200.00 nag ingooi verniet en mohala.

Groete
Ben

User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5002
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Location: OosKaap-Port Elizabeth verkies die Bos

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by theedge » Mon Feb 20, 2012 3:03 pm

Yalair wrote: Sjoe ! dit klink na 'n lekker deal, julle kan by my ook kom skiet teen R200.00 per persoon, stuur net jou ondervinding cv saam met betalings bewys, ek soek nie slim jakkalse nadat julle weg is by my nie.

NS: kan ook visvang by my, sal dit by die R200.00 nag ingooi verniet en mohala.

Groete
Ben
Laaaaaiiiiiiiiiik die een
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 877
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals jaggeleentheid.

Post by Yalair » Mon Feb 20, 2012 3:33 pm

Sien niemand stel belang nie?????????? oukei ek sal dit R199.90 nag maak dan gooi ek 'n paar blou ape ook in die deal.

Groete

Ben

Post Reply

Return to “Algemene Kennisgewing/General Notice”