Gebede versoek

Post Reply
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2294
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Location: Limpopo

Re: Gebede versoek

Post by Jake1 » Fri Oct 25, 2019 12:28 pm

Musgrave dis baie moeilik my maat, stap gaan ek nie kan nie agv rugprobleme, ek het al kilometers vêr gesoek na my vrou se hondjie, ek het 'n hele bouspan waarmee ek gewerk het saamgevat met lugfoto van plaas, en ons het die area gevee (zigzag) , elk so 20m uitmekaar, toe ek wou opgee na vele ure en weer bid toe loop ek 'n area in waar ek nie gedog het moontlik is nie toe kry ek die hondjie in 'n strik maar lewendig.

Ek wil nie die situasie vergelyk met 'n dier nie maar baie baie mense is nodig met 'n baie weldeurdagte plan, dit moet baie erg wees vir die familie, sterkte en gebede vir julle, ek glo die onsekerheid maak hulle moedeloos verby.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4606
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Location: Rustenburg

Re: Gebede versoek

Post by Carl » Fri Oct 25, 2019 2:06 pm

Dit is 'n bitter moeilike tyd. My niggie se seun het so weg geraak in Bainskloof, ongelukkig was die uiteinde tragies. Sal die familie en die soekers opdra.
Groete,
9mmP, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution .22

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16157
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Gebede versoek

Post by tripodmvr » Sat Oct 26, 2019 8:59 pm

Ons gebede vir sterkte en vertroosting gaan uit na die Pienaar familie wat hul geliefde verloor het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4287
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Gebede versoek

Post by ruaanb » Mon Oct 28, 2019 5:18 am

Ai sterkte.

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1098
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Gebede versoek

Post by jankraay » Thu Oct 31, 2019 8:31 pm

Naand manne

Daar het n man met die naam Abel Botha vandag net voor my in n trok vas gery en baie beserings opgedoen. Ek het hom gehelp tot waar ek kon en toe ek die wapens van hom saam my laat ry sodat ek dit vir sy vrou kan gee het ek besef die man deel dieselfde liefde as ons. Sy vrou het my nou laat weet dat hy nog in teater is van net voor 6 af.

Hy is blykbaar ook n LA skut en is van Pretoria af. Ek vra maar laat julle hom en sy gesin in julle Gebede hou sodat hy vinnig kan herstel en terug huistoe kan keer.

As een van julle hom ken laat weet my asb.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Gebede versoek

Post by Frederik » Sun Nov 03, 2019 10:21 am

jankraay,

Het jy enige verdere nuus?

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1098
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Gebede versoek

Post by jankraay » Mon Nov 04, 2019 6:57 am

Hello Frederik

Laaste was hy nog in ICU gewees en daar is heelwat meer gebreekte bene in sy liggaam as wat hulle kon sien. Daar is ribbes ook af en dan is daar sprake van sy ou rug besering wat moontlik weer skade opgedoen het.

Ek sal vandag weer met sy vrou praat en hoor hoe dit met hom gaan.


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1098
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Gebede versoek

Post by jankraay » Mon Nov 04, 2019 8:14 am

Hy is uit ICU uit en sy rug het nie seergekry nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16157
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Gebede versoek

Post by tripodmvr » Mon Nov 04, 2019 8:28 am

So van die slegte na beter nuus. Dra gerus ons beterskap boodskappe oor aan hulle. Dit is moeilike tye vir die familie.

Dankie ook vir jou bereidwilligheid om te help. By ongelukke word deesdae die meeste gesteel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Gebede versoek

Post by Frederik » Mon Nov 04, 2019 10:52 am

Dankie vir die update en deel bly die man is uit ICU maar klink nog soos lang pad om te gaan.

Post Reply

Return to “General/Algemeen”