Batterye

Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Batterye

Post by Danie01 »

Ek het probeer om vir my skietstoel self sleepringe ens te bou sodat ek my kragpunte op bakkie se battery kan koppel. Ek het daarin geslaag om krag deur te kry en dat opset reg werk, maar ek het baie volts of amps, hoe ookal genoem, verloor na my lig toe.

Toe het ek maar besluit om my battery op stoel te sit sodat daar nie los drade is nie. Die probleem wat ek nou het is dat die batterye partykeer te vinnig pap word. Is daar dalk n ander tipe batterye soos bv. daai duur "deep cycle" batterye of ander wat beter sal werk, of is daar dalk ander dinge wat mens kan doen om jou batterye langer deur die nag te kan gebruiik?

Gebruik jul maar gewone bakkie batterye??

Asb manne, ek weet nie of daar nog beginners is wat met dieselfde probleem sit nie.

RJ
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Batterye

Post by JACQUES BOTHA »

RJ
Koppel jou stoel battery aan jou bakkie battery, terwyl jy ry laai die agterste een weer.
Jy kan dalk n ander altenator aanskaf indien jy verkies, Maar dis maar del van die pret soms...
Sterke, sien jys op die pad na groot dinge...
groetnis
JB
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Batterye

Post by Freek »

Rooijak, die "deep cycle" battery sal definitief beter werk maar jy gaan hom nogsteeds moet laai wanneer hy nie gebruik word nie. Ek weet daar is manne wat die krag koppeling van die bakkie se alternator af doen wat die battery laai as die jagter na die plaas toe ry en ook op die plaas tussen roep plekke skuif. Sodra die jagter stop om te roep, koppel hy net sy ligte op en "bob's your uncle" daar is lig. Ek is net bietjie bekommerd dat die battery onnodige ekstra gewig op jou stoel plaas... net my beskeie opinie.

Die ander voorstel wat ek het is dat ek vir jou 'n beering kompleet met oordentlikke slip ringe en borsels verskaf wat ek op my stoele gebruik. Jy kan dan self die instilasie op jou stoel doen. EK waarborg jou hy werk 100%. Greyhound het alreeds so 'n bearing by my gekoop om sy eie stoel mee te bou en hy klink tevrede. As jy belangstel, gee my 'n luitjie of stuur 'n PM. 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Batterye

Post by Danie01 »

Dankie Freek

Ekt vir jou n PM gestuur

RJ
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Batterye

Post by Louis102 »

Rooijak
Rooijak wrote: ...Asb manne, ek weet nie of daar nog beginners is wat met dieselfde probleem sit nie...
Ek sal 'n opinie waag, want ek het die selfde pad geloop as jy.  Sleep ringe, as hulle skoon gehou word, werk OK, maar ek verkies die battery op die stoel.  Jou drade is korter na die lig, minder skakelaars en ander plekke waar jy krag kan verloor.

Die geheim van die battery op jou stoel is: 1. Dat dit groot genoeg moet wees sonder dat dit begin pla en 2. dat dit so geplaas moet wees, dat jou stoel goed gebalanseerd is wanneer jy op hom sit.  M.a.w. al die gewig moet nie aan die een kant van die stoel hang nie want anders raak dit ongemaklik as die kar effens skuins staan en die stoel wil heeltyd een kant toe beur. 

Ek het 'n gewone 650 kar battery op my stoel en lig maklik 'n nag deur met hom.  As ek vannaand by die huis kom koppel ek sommer die laaier direk op die battery en m?re is hy weer volgelaai.  Seker nie die ideaal nie, maar ek gebruik die selfde battery nou al vir ongeveer 3 maande sonder 'n probleem.

Vir 'n "backup" het ek nog 'n 650 battery wat van die bakkie se altenator af laai agter op die bak.  Dan het my bakkie ook natuurlik 'n 650 op, so die kans dat ek sonder krag gaan staan is gering.  My stoel kan ook met sleepringe werk, maar ek gebruik die opsie nooit.  Die ander opsie wat ek nooit gebruik nie, is om my stoel se battery van die altenator af te laai, dit was nog nooit nodig nie.

Ek is geen elektriese ingeneur nie, maar ek dink die beste kawliteit lig word verseker deur jou drade kort te hou. So min skakelaars en aflei punte as moontlik te h?.  Redelike dik drade met fyn draadjies binne in te gebruik.  Dan lig jy 'n hond, of is dit nou 'n jakkals uit 'n bos uit.  Jy het dan ook niks meer as 'n 170 grootte lightforce lig nodig nie.

My opinie, hoor graag hoe die manne van my verskil.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Batterye

Post by Danie01 »

Louis102

Daar praat jy my nou baie moed in, om my stoel so in te rig dat battery daarop is. Het reeds uitgevind wat bearings my gaan kos en met die foxpro wat ek ook nog wil koop gaan dit maar druk. My stoel is gelukkig so dat battery reg onder my op senter draaipunt van as kan sit. Vir my is dit die mees ekonomiese uitweg en ook maklikste. Die enigste probleem is dat battery dalk swaar vir stoel kan raak in randterige dele. ek jag in karoo daar op ons plaas in Britstown distrik en daar baie randte en slote.

Gaan more na rugby bietjie kyk wat ek met my stoel kan uitrig!

Dankie vir almal se hulp

RJ
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Batterye

Post by Louis102 »

RJ
Rooijak wrote: ... Die enigste probleem is dat battery dalk swaar vir stoel kan raak in randterige dele. ek jag in karoo daar op ons plaas in Britstown distrik en daar baie randte en slote....
Nee wat, bou die stoel net stewig en sit die battery so laag as moontlik. 

Hier is 'n truuk wat ek by Jakkie 735 geleer het.  Die gebreekte Landrovers staan mos die w?reld vol.  ;)  Kyk of jy nie 'n wielnaaf met 'n redelike bearing in kan red nie.  Skroef die naaf omgekeerd op die Rim vas en bou jou stoel daarop.  As Taffie se landrover dit soveel keer tot by die huis gemaak het, kan Britstown se randte en slote nie so erg wees sodat die bearing nie die ekstra gewig van 'n karbattery kan hanteer nie.  Wat lekker van 'n landrover wiel is, is die groot 16 duim rim wat jou instelasie meer stabiel maak.  Goedkoop en effektief.  Ek het iewers 'n foto van my stoel geplaas, dink dit was onder "Voertuig Rig".  Ek neem aan jy het die ander foto's gesien wat beskikbaar is (Freek, Yalair en di? stoel uit Oos Kaap - Allen Truter s'n is ook ?rens te sien.)

Lekker bou.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Batterye

Post by Danie01 »

Dankie Louis, ek sal kyk of ek so rim in die hande kry!

Geniet die naweek
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Batterye

Post by Dawie »

My 2c

As jy stoel self bou gebruik startermotor borsels. Nie alternator borsels nie hulle is in plastiek housings wat smelt as jy meer as een lig aanskakel.  Die koperringe van 'n alternator werk wel. 

Ek het 2 batterye agter oppie bakkie wat in parralel gekonekteer(Dik drade) is aan my skietstoel en aan die bakkie se battery so hulle laai wanneer die bakkie loop en saam met die bakkie se battery is dit 3 batterye.  Nog nooit hoef te stoot nie.  Ek hou ook drade so kort en dik moontlik.

Dawie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Batterye

Post by Freek »

Rooijak, ook in hierdie opsig speel "lengte" en "dikte" 'n baie belangrike rol... 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Batterye

Post by Caller »

Freeka

Hoekom het ek geweet jy gaan daardie een nie kan weerstaan nie? :)


Rooijak

Sleepringe kan goed werk, hou net al jou drade dik (1.5 - 2.0 mm DC cable) en "fuse" van so 25 + amp. op die "live" so na as moontlik aan die battery.


Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Batterye

Post by Freek »

Caller dis nou nie eintlik wat ek bedoel nie, maar ek laaik die manier waarop jy dink. :P :-*
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Post Reply