Tools

Post Reply
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Tools

Post by Vlakvark »

Ek het n .375HH gekoop en toe moes ek 'n stel die's  kry ek het op Redding besluit en hulle toe bestel Ek het n paar extra goedjies by gevat om dit die moeite werd te maak om dit van oor die water te laat kom

Twee items wat ek hier wil wys
1  Sinclair Redding Die Lock Ring Pliers
Hierdie tool werk regtig baie goed en maak nie skade aan jou die's nie
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4917.jpg[/img]

2  Insize Digital Thickness Gage
Dit is n Ball Micrometer om Nekwand dikte mee te meet sowel as n gewone Micrometer seker nie die beste nie maar ek dink tog hy is die geld werd
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4923.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4919.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4918.jpg[/img]
Image
Image
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tools

Post by BLOK »

Vlakkie

Van wie af het jy dit bestel, ek het al voorheen dies van oorsee (vsa) af probeer bestel maar hulle wou nie na ons stuur nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Tools

Post by Vlakvark »

Hi Blok
Ek het dit vanaf Sinclair  VSA bestel
.375 Redding Delux  en nog drie RCBS Competition seaters in .223  ,.243 en 7mm08 met geen probleme nie

Ek het ook met RCBS gesels oor in Competition Seater wat ek vir die .375 wil laat maak  Lyk of hy leker gaan werk om die koeel so van die kant af in te sit en nie so te sukkel van onder af nie. Ek het ook vir hom gese ek is in AUS en hy het nie 'n probleem gehad om dit vir my te pos nie
http://www.midwayusa.com/product/175851 ... 75-caliber
Het hulle reels nie dalk verander nie
Image
Image
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tools

Post by BLOK »

Reken dit is omrede jy hulle na Aus ingevoer het en nie SA nie, ek het gedink dit was dalk hierheen. Julle en die Namib manne het dit darem soveel makliker
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Tools

Post by Vlakvark »

Blok waar tel julle probleem op in VSA of in RSA wil hulle dit nie stuur nie of wil SA dit nie inlaat nie
Image
Image
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Tools

Post by Dawid »

Manne .....

Ek is besig met n kennis in USA om te onderhandel om enige iets wat ons graag van die States af wil bestel direk deur haar doen en sy doen die hantering van die transaksie en pos die aankope aan ons met n keuse van UPS of gewone pos.

Sal net graag wil weet hoeveel manne belangstel in so iets .
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Tools

Post by James Wilson »

Dawid jou doring. ek is in!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tools

Post by BLOK »

Dawid

As jy nou n vrou was het ek jou n oopmond soen gegee. Ek reken almal op die forum behoort in te wees.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Tools

Post by Dawid »

Manne als wat wettiglik gekoop en ingevoer kan word sal sy vir ons hanteer.

Dinge is nog in die onderhandelingstadium en sodra ek al die besonderhede het laat weet ek julle.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Tools

Post by Dawid »

Lees weer my post Ludwig

Manne als wat wettiglik gekoop en ingevoer kan word sal sy vir ons hanteer.

EK SE WEER....WETTIGE POSBESENDINGS........GEEN AMMINUSIE OF ENIGE DELE DAARVAN NIE......dws Toebehore, uitrusting en gereedskap.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Tools

Post by James Wilson »

Ludwig wrote: oom Dawid, my post was nie op jou gemik nie  ;)  Meer vir mnr Botha  ;D
ag Mnr Botha is gin n meneer nie!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Tools

Post by Pvdw »

Dawid so diens sal fantasties wees.

Hou ons asb.op hoogte van enige vordering.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Tools

Post by Dawid »

Is reg Ludwig.....Dis seker mev of mej Botha want sy wil so graag soentjies uitdeel....

Ek sal julle op hoogte hou Peet, ons gesels more weer met haar.

As ek die smileys kon vind het ek hul beslis gebruik......ai die lewe van n tegnologies gestremde darem...swaar se ek jou.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Tools

Post by James Wilson »

Dawid, maak seker jy is op die default setting vir die nuwe voorkoms van die forum, anders sien jy nie die smileys nie. wanneer is jy terug?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Tools

Post by JPS »

Dawid
Ek is ook in.

ps. verander net die forum theme na default toe en dan is jou smiley weer terug.

laat weet as jy hom nie kry nie dan help ons.

groete
JP
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Tools

Post by Dawid »

James wrote: Dawid, maak seker jy is op die default setting vir die nuwe voorkoms van die forum, anders sien jy nie die smileys nie. wanneer is jy terug?
James, sover is dit seker nogsteeds einde Feb.

Nou kom manne vertel my hoe kom ek op die nuwe ding.....default watsegoed??????????? As my boel dit inkry is hy morsdood.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tools

Post by BLOK »

Julle manne vat my laag, praat maar dan liewer van Doktor Botha as julle my so hoog wil ag. Hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Tools

Post by James Wilson »

Dawid wrote: Nou kom manne vertel my hoe kom ek op die nuwe ding.....default watsegoed??????????? As my boel dit inkry is hy morsdood.
Dawid, probeer die volgende:

kies: profile
dan: forum profile
dan: look and layout preference
dan:current theme
dan:danforum or board default    nou beheoort baie dinge weer soos altyd te wees, kyk nou net onder dit
dan:current smile set -  kies weer die forum/board default

dit behoort nou reg te wees
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Tools

Post by Lourens »

Dawid,

Ek sal beslis ook in wees as jy so diens gereel kry. 'n Ander manier wat mens ook te werk kan gaan is deur middel van 'n dropshipper soos MyUS.com Jy betaal 'n aansluitingsfooi van iets soos $10 en dan kry jy jou eie amerikaanse adres. Wanneer jy op die web by winkels koop laat lewer jy die pakkies by daai adres af, sodra hulle dit ontvang stuur hule dit dan na jou in Suid Afrika. Hierdie diens werk baie lekker wanneer jy by winkels koop wat nie internasionale bestellings aanvaar nie. Onthou egter net dat mens dit steeds nie kan gebruik om beheer te omseil nie en dat verbode items soos doppies, punte, primers, kruit ens steeds verbode bly. Dit sal egter baie lekker werk vir algemene herlaai tools en dies ens. Veral die goed wat mens moeiliker hier by ons in die hande kry.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Tools

Post by blaser »

het al baie doppe en koeels in vsa gekoop en saam gebring en op die lughawe daar verklaar en geen probleem gehad nie
vriend daar stuur ook vir my ook nog nooit probleem gehad nie
User avatar
Raakgeskiet
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sun Jul 25, 2010 7:04 pm

Re: Tools

Post by Raakgeskiet »

Ek stel ook belang
Hou ons asb. op hoogte. Ek is ook al moeg gekyk na goed op die internet wat ek nie hier kan kry nie. En te bang is om op die net te koop, want jy is nie seker of jy die plekke kan vertrou nie. As jou geld weg is is hy weg.
.22 brno Model 1
12 boor haelgeweer cbc
Tikka .223
Tikka 6.5mm Creedmoor
ruger .357 magnum 6"
Uberti 38 speacial
Sako .308
Howa 6,5mm PRC
.22 brno

Goudsmid van beroep
Steve van Niekerk
Post Reply