Jagreels
- Problem Animal Control
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm
Re: Jagreels
Dis nou wragtig n onderwerp wat ek geniet hierdie. Net my beskeie mening ook met julle deel. Pryse moet btw insluit,soos al gese is vergeet n man soms van die btw en kan jy met n rooigesig staan wanneer dit by die betaal slag kom. Ekt my les geleer met dagfooie wat na die tyd sekere goed uitsluit wat op ander plase ingesluit is. Wat hout aan betref sou ek se n redelike hoeveelheid moet beskikbaar wees volgens die boer se diskressie en as jy nou meer wil he of mors moet jy opdok.
Die onus le by die jagter om te besluit of hy gaan skiet of nie en waarna hy gaan skiet,sit dit net duidelik op die pryslys wat gaan gebeur as jy verkeerde geslag of spesie skiet. Die boer of ondernemer moet saam met my kuier maar ook nie die kuier oorneem nie,ek sal hom vra om nog te bly as hy wil ry as dit my keuse is! As my gids goed is sal ek beslis vir hom n fooitjie gee(voor die eienaar) maar het ook al een gahad wat vrot van tlokwe en ek moet self sien kom klaar. My wapens bly by my,verkieslik in n kluis maar dan weer het ek ook al gejag waar daar nie sulke fasaliteite is nie. Wapenveiligheid is eerste prioriteit en ek moes al aandring daarop om net seker te maak dat my geweer nog op teiken is,slot oop op die voertuig of daar rondtes in die magasyn is of nie! In die veld loop ek met my wapen gelaai MAAR die slot is oop(op eerste knip gehaak) glo my ek maak meer as 100 keer seker terwyl ek loop dat hy so bly. Misskote moet n boete ophe want daar is manne wat nie dink aan die groeppe wat na hulle kom jag nie,hulle skiet alles wild. Maak seker wat alles by dagtariewe in/uitgesluit is! Sjoe!!!! O ja,ek betaal kontant,dis maar hoe ek 'operate'.
Lekker jag
PAC

9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223
Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jagreels
ek is bly on te sien die onderwerp van drank het nou eers deel van die gesprek geword. dit laat my dink die manne van die forum wat deelneem aan die gesprek is volwasse en weet waar pas drank en waar nie, sonder dat dit die gesprekke oorheers.
n Boer het n slag gese hy wens hy kon net een reel maak en dis om net herlaaiers op sy plaas te he. hy was van mening dat hierdie manne nie kom tyd mors nie, ingelig is oor skootplasing, nie sommer misskiet nie en baie erns met die jag self maak.( daar is natuurlik ook uitsonderings). hy se dat hy al baie groeppe gehad het waar almal herlaaiers is. hy se die manne praat so te se die hele tyd net oor hoe om beter akuraatheid te kry en hoe om n beter jagter te wees. ek dink nie die oom se wens sal ooit vervul word nie, maar sy waarneming van die onderwerp was baie insigewend.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
ablm468
Re: Jagreels
Manne
Terwyl ons nou oor jagreels praat het ek ook 'n vraag tov groepe vs indivduele jagters.
Ek weet vir die plaas eienaar gaan dit oor geld en oorlewing maar vir die gesinsjagter gaan dit oor om met sy vrou en kinders 'n rustige jag te geniet. Ek het in 2011 op 'n bekende jagplaas naby Vrede gaan jag en daar was toe reeds 'n ander groep van 40 jagters op die plaas, ten spyte van al die reels wat op die pryslys gestaan het het hierdie manne hulle net nie gesteur aan enige van die reels nie en net gemaak soos hulle wil bv. tot 3 uur in die oggend partytjie gehou en geraas. Die plaas eienaar het hulle gelate toegelaat om die reels te oortree aangesien hy net die geld gesien het. Daar was 4 gewonde bokke in die veld gekry na die groep weg is, geen haan het daarna gekraai nie
Ek het vele kere gekla sonder enige reaksie, hierdie manne het met oop bottels drank in die voertuie gery en daar was geen beheer oor die wapens nie. Hierdie boer het mens laat voel jou geld is minder werd as die groep se geld.
My gevoel is s? my vooraf waarvoor ek gaan betaal, moenie met stories kom as ek wil ry nie, spel alles uit op diie jagreels en die pryslys, dit wat nie op die pryslys is nie betaal ek nie voor nie.
Verder moet jagreels konsekwent toegepas word, wat vir die een geld, geld vir almal.
As jagter gee ek nie om as die boer kom kuier net om te hoor of alles reg is nie maar ek sal eerder saam met my gesin wil kuier. Ek gee nie werklik om oor die hout nie, as die boer nie hout wil gee nie het ek darem altyd my gasbraai.
Ek verstaan die boere se frustrasie tov misskote, dit is moeilik om 'n misskoot te volg in die bosveld, op die vlakte is dit makliker aangesien mens die bokke kan dophou vir die een wat uitsak, hier stem ek saam met Koos, R150 per misskoot sal steeds help dat manne twee keer dink voor hulle skiet.
Betaling: ek verkies ook eft aangesien ek nie graag met so baie kontant wil rondloop nie, maar dit moet vooraf bepaal word wat die betaal metode gaan wees.
|Ek verkies ook om BTW ingesluit te betaal sodoende kan ek ook die koste van belasting aftrek.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2153
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagreels
Dags?
Ietsie oor gidse. Dis ook 'n groot kopseer. Ek is in die gelukkige posisie om genoeg plekke te kan h? waar mense my toelaat om sonder hulle te jag. Daarvoor is ek bitter dankbaar. As mense kwes of misskiet gaan hulle die gidse probeer omkoop. Om dit hok te slaan (of te probeer) kan die plaasboer dit aan die gids stel dat as hy byvoorbeeld R100 aangebied word deur die jagter, hy die R100 moet neem maar die saak aan die plaasboer moet kom rapporteer. Dit word dan opgelos met die jagter (hoe die boer ookal goeddink) maar die gids behou sy R100 omkoopgeld en die boer gee hom nog R100. Dit is dus vir die gids finansie?l voordeliger om eerlik te wees en al moet die boer geld uithaal kan dit op die langduur dalk ook vir hom werk.
Die probleem kan dalk ontstaan dat die gids gierig raak en lieg oor die bedrag wat die jagter hom aangebied het. Dan is dit sy woord teen die jagter s'n. Wie glo jy dan? Daar kan probleme wees met hierdie sisteem, maar dalk kan dit ook net werk.
Groetnis

Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
More Koos,
die is nie 'n slegte reel nie, dit werk glo, het eenkeer op 'n plaas gejag waar die eienaar die bedrag wat die gids vat by die jagter as omkoopgeld, verdubbel. Volgens die eienaar het dit baie goed gewerk en so is die "skelm" jagters verwyder oor 'n kort tydjie van sy plaas af.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Hallo Koos
Ek het ook daai instelling by ons maar ou maat wat n onplesierigheid as n jagter wel so uitgevang word! Ek probeer by ons die klem plaas dat die gids net saamgaan as n opserveerder en om aanduiding van die plaas te gee. Hy moet agter stap en die jagter laat die jagwerk doen. Hierdie verander net as die jagter daarop aandring en dan moet die jagter maar die pyne vat van die gids!
Met die misskoot ding kan ons dalk opsom dat elke gebied en tipe jag n ander stel reels behoort te he. Met voorsitjag of jag in baie oop areas waar n bok mooi deurgrkyk kan word kan n persoon dalk die misskoot ding skrap en ek stel n gemmerkoekie geweek in n brandewynoplossing per misskoot voor as staf!
By ander plase waar naby skote in die orde van die dag is n misskootfooi aanvaarbaar. Ek bly maar op die persentasie een want voel dit is regverdig. Waar kom die voordeel aan die wildeienaar as daar n R150 betaal word op n R8 000 se koedoebul wat mmonlik gekwes is? Julle verstaan die misskoot ding verkeerd vanuit die plaaseienaar se oogpunt. Daar is n beduidende moonlikheid dat n dier WEL raakgeskiet word met so n "misskoot" en die fooi probeer maar net kompenseer daarvoor. Buisness 101 plain and simple!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Jagreels
Hier is sopaar gedagtes.
Sover ek weet hou bitter min mense van verassings ( daar is wel een of twee wat lekker is maar die is n gesins forum)....... Wat ook al die reels dit moet duidelik wees en verkieslik vooraf per faks of epos aan die groep gestuur word.
1) Bedrag/persentasie op misskote.
Hierdie is n moeilike een... Min jagters jag om mis te skiet, ongelukkig gebeur dit. Gebruik diskresie, as n man 3 keer gemis het looi hom met n fooi!! Hier dink ek ook kan mens n bepaling maak as die boer, plaaseienaar by is as die manne die gewere check, mens kan mos maar n idee kry of die manne ervare is of nie? Ook hang dit af of jy saam Simpiwe veld toe gaan of saam met n PH, n PH behoort mos beter te kan s? of die skoot mis was of nie?
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
As jy vir BTW gerigestreer is, is dit wet om jou pryse met BTW te adverteer as ek reg is. Maak dit van die begin af duidelik asook as daar die opsie van kontant is. Indien BTW betaalbaar is soek ek n faktuur met al die nodige inligting finish en klaar!
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
Vuurmaakhout beperk, weereens moeilik. Daar by julle pla die swarthakke mos.... so hout is dalk nie n probleem nie, as die manne misbruik kan hulle maar koop!
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Fout is gelyk aan vol prys. Dit het my al oorgekom met n Gemsbok. Hy was alleen gewees en dit was ruig, toe ek by hom kom was dit n jong dier en ek het maar gehoes! Dit hang ook af van of jy saam Simpiwe jag of n opgeleide gids
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
Ek het al lekker saam sommiges gekuier en wou al ander iets aandoen..... Mens lees mos mara n groep soms click jy ander kere nie..
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
EFT indien BTW betaalbaar is of as daar n kontant prys is dan kontant.

.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Jagreels
Wouter - daai ou wat so uitgevang word dat hy die gids wou omkoop moet maar die slae vat!! En hy is die een wat verantwoordelik is vir die onplesierigheid as dit dan so moet wees. Hy behoort hom eerder te skaam oor sy oneerlikheid. Ek sal hom in elk geval nooit weer toelaat op my plaas nie (dis nou as ek een gehad het!!).
Die misskoot ding gaan maar 'n tamel?tjie bly! Die onervare/eerstekeer jagter is al klaar op sy senuwees en om te weet dat 'n misskoot hom R2000 gaan kos op 'n R8000 se koedoe gaan hom nog meer ontsenu. Ja - miskien moet hy dan maar eers die goedkoper wild jag om meer ervaring op te doen? Soos jy s? - jagafstande en -toestande sal dalk die antwoord hier bepaal.
Ek lees niks van vrywaringsvorms nie? As ek in jou skoene is, sal ek sorg dat ek so 'n vorm, wat deur 'n regspersoon opgestel is, heel eerste aan voornemende jagters stuur.
Groete

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Coenie (Swift)
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Re: Jagreels
Ander praktyke waar ons al gaan jag het:
Jy besluit vooraf wat jy wil skiet en betaal boer 100% by aankoms. (betaal altyd vir die duurder geslag dier)
Die boer vat almal se ammunisie en tel dit en voorsien dokument waar jy en hy en ander getuie op teken vir die hoeveelheid.
Jy gaan veld toe en doen jou ding. Met vertrek word gou boeke gevat en bedrae uitgewerk op prys verskille tussen bulle, koeie, ramme ens. en jy word die verskil terug betaal. Ammunisie word weer getel indien jy meer nou het as 1ste telling word jy 80% van duurste bok beboet so ook met minder as 1 skoot dood per bok. Indien jy op 1 dier meer as een skoot moes skiet en dit is sigbaar op karkas hoef jy nie ekstra te betaal nie. (80%)
Dis bietjie radikaal en daar is steeds argumente op 2 en meer skote, want party ouens skiet weer op dieselfde plek en met slagting kan daar nie gese word 2of 3 skote was hier nie.
Die betrokke boer het glo groot skade oor die jare gely en daarom die praktyk. Hy is elke jaar vol bespreek en kuier saam. Jy loop alleen of kan met jou eie voertuig ry as jy wil. Hy weet jagter en gids kan hom nie sommer kul nie. Jy moet spesiaal vra vir iemand om saam te loop/ry indien jy nie plaas ken nie. Die manne wat gewoonlik daar jag is goeie en etiese skuts en vat nie kanse nie en geniet die vryheid op die plaas.
So ja ek glo nie baie sal vir dit te vinde wees nie, "n mens kan maar s? hy is een van die eerste pioniers van "prepaid hunting"

.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Jagreels
Die gids omkoop ding sal altyd daar wees. Om die fooi vir die gids te vedubbel werk egter die beste sover. Dwaalboom manne doen dit al jare. Ek verkies om eerder n jong blanke laaitje wat n kursus of so gedoen het aan te stel op groter groepe waar ek nie self kan uitkom by almal nie. Ek moes jare sukkel om in die bedreif in te kom, want almal soek ondervinding, so gee die jong man n kans. Hulle weet ook as hulle jou bevoeter of dit vir die kliente moeilik maak, is hy verby. Dan kan jy 2 vliege met 1 skoot klap.
Die vrywarings vorm is n standard (ek glo en hoop so) want manne kan baie vriendelik wees, soos waneer n man met n dronk gat van sy eie bakkie op jou plaas afval. Dan 2 weke later kry jy so n lekker prokeruers rekening.
Hierdie is verseker 1 van die beter posts wat ek al gelees het.
Groete manne
Peet

Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1178
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Jagreels
Wout,
As jagter stem ek helemal saam met jou benadering tot die misskoot situasie. Vat elande as voorbeeld omrede dit 'n redelike groot dier is. Jagter X en sy maats sit rustig om die kampvuur n kuier die vrydag aand en maak ruimskoots gebruik van 'n paar germaanse bruisdrankies. Saterdagoggend net na 6 slaan Jagter X en piet te voet die veld in. Nie lank nie en hulle kom op 'n mooi trofee eland bul af wat plankdwars staan op so 60m. Piet sak haastig af en daar is nie tyd vir stokke of rus teen 'n boom nie. Jagter X wat nog half aan die slaap is neem vlugtig dooierus op piet se skouer en die skoot loop. Die skoot tref die bul voor en laag, deur die sagte vleis. Die bul gaan heel waarskynlik geen tekens toon van raakgeskiet nie en daar gaan heel waarskynlik ook nie bloed wees nie. Die afstand was ook baie kort en dis moeilik om die klap teen die dier se lyf te hoor. Jagter X skiet ook met 'n vinnige magnum en die skoot is dwarsdeur, wat dit nog meer bedrieglik maak om die klap te hoor. Die bos is ruig en dis bitter moeilik om die bul te volg. Die uiteinde is dat die soektog na 15 minute afgelas gaan word as gevolg van 'n gebrek aan tekens en geen bloed en jagter X wat hoog en laag sweer dit was mis. 3 Weke later sien die boer die aasvoels draai en gaan stel ondersoek in. Daar le die 36" trofee eland wat "misgeskiet" was. Die prys op die pryslys was R11000 sou Jagter X wel sy prooi gevind het.
Wat ek eintlik net probeer illustreer met bg storie is dat daar honderde faktore is wat 'n rol speel en dat die boer duidelik aan die kortste ent trek in hierdie situasie. Dan voel ek dat 'n misskoot fooi van 25% billik is. Ek weet geen jagter wil ingedoen word nie, maar so ook geen boer nie. Ek weet ongelukke gebeur en jy het nog nie gejag as jy nog nie gekwes het nie, maar dit sal die jagter net 2 maal laat dink voor hy sommer net die sneller trek.
Oor gidse wat omgekoop word voel ek baie sterk, as ek die boer was sou ek sy omkoopgeld verdubbel en dadelik die jagter van my plaas verwyder, hoe onaangenaam dit ookal mag wees. Eerlikheid speel 'n baie groot rol in hierdie stokperdjie en liefde van ons en vir my vorm dit deel van die jagter se gedragskode.
Net 'n volgende stomp op die vuur, en ek gaan waarskynlik gekruisig word, maar hoe voel julle manne oor reels vir minimum kalibers op sekere spesies?
Groete,
Lourens

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Manne
Peet ek stem saam dat n vrywaring die eerste ding is wat geteken word as n persoon opdaag. Daar is maar net iets om dit nie. Hierdie is n moeilike ding en my prokerower pel beveel my sterk aan om dit met ALMAL te doen, selfs my pelle wat net kom kuier! Hy se jy sal nie glo wat al gebeur het in die praktyk nie. Ek het self al n paar stories gehoor wat my hare laat reis het!
Swift daai is n interessante benadering. Se my deur wie word jy ondersoek vir ekstra patrone? Neem aan die boer het n mooi vrou of dogter aangesien die manne jaar na jaar terug gaan!
Lou jy is nou lyk my die eerste persoon wat raaksien wat ek probeer se! Dankie!!! Ek stem ook dat n jagter net daar moet boggeroff as hy uitgevang word met oneerlike optrede. Die voorgestelde wetgewing probeer die aspek van minimum kaliber aanraak maar dit is n gemors op die oomblik. Kom ons hoor bietjie wat se die manne hieroor.
Groetnis
Wout
Peet ek stem saam dat n vrywaring die eerste ding is wat geteken word as n persoon opdaag. Daar is maar net iets om dit nie. Hierdie is n moeilike ding en my prokerower pel beveel my sterk aan om dit met ALMAL te doen, selfs my pelle wat net kom kuier! Hy se jy sal nie glo wat al gebeur het in die praktyk nie. Ek het self al n paar stories gehoor wat my hare laat reis het!
Swift daai is n interessante benadering. Se my deur wie word jy ondersoek vir ekstra patrone? Neem aan die boer het n mooi vrou of dogter aangesien die manne jaar na jaar terug gaan!
Lou jy is nou lyk my die eerste persoon wat raaksien wat ek probeer se! Dankie!!! Ek stem ook dat n jagter net daar moet boggeroff as hy uitgevang word met oneerlike optrede. Die voorgestelde wetgewing probeer die aspek van minimum kaliber aanraak maar dit is n gemors op die oomblik. Kom ons hoor bietjie wat se die manne hieroor.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Jagreels
Wouter,
Ek hou baie van jou siening dat die gids net moet observeer en die jagter die jagwerk doen. Dis baie maal 'n frustrasie met die gidse wat uit die weg geruim sal word met hierdie reeling -waar die jagter nie die plaas ken nie kan hy steeds die gids vra om rigting aan te dui of ander voorstelle te maak.
Die persentasie per misskoot bly maar 'n moeilike een want elkeen skets verskillende scenarios vanuit sy eie oogpunt. Ek was al in die situasie soos per jou voorbeeld genoem waar ek 'n koedoekoei op 30m agter die blad geskiet het met die .303. Die bok het gehardloop en die gids het gese die skoot was mis! Ek was self nie 100% seker nie en dit was ruig. Omdat ek tergubeweeg het van waar die gids gestaan het om die skoot te neem het die gids nie gesien waar die bok gestaan het en waarheen dit gehardloop het na die skoot nie. Die gids wou nie eers soek nie omdat hy gedink het dit was mis. Ek kon egter die spoor volg en na 20m het ek bloed gekry en nog 20 meter verder die dooie bok. Vir my was die gesindheid en onbekwaamheid van die gids in hierdie geval die werklike probleem. Die gids behoort alle skote deeglik op te volg totdat hy seker is die skoot was mis of nie. Alle jagters weet dat jy nie altyd 100% seker is van jou skoot nie, en maar altyd verlig is om die eerste bloedspoor op te tel. Wat as dit in hierdie geval 'n onervare jagter was wat onseker was oor sy skoot en geglo het wat die gids se en die dooie bok is 40 meter verder nie opgespoor nie? Ek se ons almal maak foute -so ook 'n PH en definitief ook gidse.
Ek dink die scenario waar 'n bok gekwes is en geen teken van bloed opgespoor kan word nie is die uiterste uitsondering eerder as die reel. Ek dink 98% van gekweste diere sal bloed wys op een of ander stadium, solank die spoor lank genoeg gevolg kan word. 'n Goeie spoorsnyer sal een of ander teken kry, selfs al is dit dan net dat die bok 'n poot sleep of nie behoorlik op een poot trap nie, of weggebreek het van die trop.
Die ander kant van die munt is dalk meer algemeen waar 'n bok gekwes word en daar wel bloed is maar dis net 'n vel wond en die bok oorleef dit sonder probleme. In hierdie geval betaal die jagter altyd terwyl die boer weer die bok kan laat jag deur die volgende jagter. Ek het persoonlik so 'n ervaring gehad met 'n blouwildebeesbul waar beide ek en die gids seker was dat dit 'n raakskoot was. Die bul het 'n hoogskopsprong gegee soos met 'n doodskoot. Die gids en boer was bekend met die spesifieke bul omdat hy die tropleier was en deur die drade baklei het met aangrensende bulle. Dit was 'n redelike klein plaas. Ons het gesoek en geen bloedspoor of enige teken gekry van 'n gekweste bok nie. Ons het lank gesoek en sy spoor gevolg vir baie kilometers. Ek het op die einde die bok betaal want ek kon nie glo dat hy die "raakskoot" sou oorleef nie. Die boer het ook na aanleiding van wat ek en die gids vertel het aangedring op betaling, met die vergunning dat as hulle weer die spesifieke bul raakloop en sien dat daar niks fout is nie, dat hy my krediet sou gee daarvoor. Twee maande later bevestig die boer toe dat die bul spekvet en gesond is en dat ek hom maar verniet kan kom haal wanneer dit my ookal pas. Hy loop nog steeds....
Vir my is sal dit 'n hartseer dag wees as dit algemene praktyk word dat alle misskote sulke groot boetes moet dra.
Ek dink dis meer regverdig vir 'n jagter om te betaal as daar bloed gevind word, andersins net 'n nominale fooi per misskoot wat eskaleer. Ek dink die oorleefbokke waarvoor betaal word en weer verkoop word, sal meer as opmaak vir die uitsonderlike gevalle waar 'n bok vrek sonder dat enige teken van 'n raakskoot gevind word.
So het elkeen seker maar sy eie siening.
Groete.
Biltong.

Lourens, jy het nou n goeie ding beet oor die minimum kaliber.
Jy kan darem nie n man met n 223 n eland of bwb of so aanvat nie. Ek ken wel n jagter wat net biltong jag met sy 223 en nog nooit oor kopskote gemis het nie, maar min mense skiet so. Ek glo daar moet darem na minimums gekyk word wat n dier se hart, long area kan bereik en verseker doodmaak. Meeste plase laat nie onder n 243 toe nie. Ek dink dis n goeie begin punt.
Jy kan darem nie n man met n 223 n eland of bwb of so aanvat nie. Ek ken wel n jagter wat net biltong jag met sy 223 en nog nooit oor kopskote gemis het nie, maar min mense skiet so. Ek glo daar moet darem na minimums gekyk word wat n dier se hart, long area kan bereik en verseker doodmaak. Meeste plase laat nie onder n 243 toe nie. Ek dink dis n goeie begin punt.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jagreels
Wouter, jy kan nou natuurlik as jy die reels finaliseer en dit elke slag vir die groep saam met die pryse e-mail, dan kan jy nou heel tereg en eerlik dit as n voetnota noem dat jou reels is opgestel nadat jagters daaroor geraadpleeg is en met so bietjie meegaande marknavorsing. maw die die rees is: vir jagters deur jagters opgestel. wie kan nou met dit stry.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
Lourens,
ek dink nie dat jy heeltemal verkeerd is met daai stelling van jou oor min kalibers, wel 'n teersakie, maar dra gewig sou ek se. Ek sou stappie verder vat en se koeelgewigte is ook belangrik. Een rede is beslis, om die "misskoot" wat nie mis was en of die kwesskoot risikos te verminder of selfs tot 'n groot mate te elimineer.
Dit sal van plaas na plaas verskil, maar wanneer bos baie ruig is, dink ek dit is die eienaar se "call " vir wat hy wel op eland, koedoe, BWB, gemsbk sal toelaat. Die elandjagter op 'n baie ruie plaas sal ek graag wou sien met die swaarste moontlike kwaliteit koeelpunte, vanaf 200gr en teen 'n nie te hoe spoed agv kort jagafstande in die bos ( Nou beweeg ek seker op gevaarlike gebied
)
Ek sou dink dat .308 en grooter 'n vertrekpunt is vir die taaier wildsoorte soos BWB, Gemsbok ens. in ruigbos omstandighede, met soos ek bg het, met swaarste moontlike koeelgewig wat strek in konstruksie is.
Wanneer jy in verskillende tipes veld jag, dan word dit weer 'n ander storie. In Namibie jag ek bv. met my 338WM, 300gr Woodleighs @ 2380f/s wanneer ek die ruierbos gedeeltes loop, met groot sukses. Wanneer ek die savana gedeeltes nader, is daar 250gr Rhino's @ 2680f/s,werk ook baie goed. Die voordeel van die kombinasie is, ek kan in ruiebos naby jag, lekker swaar koeel en kan ligter gaan soos die afstande langer word en ek weet waar beide bg. koeels op 100m, 200m en 300m tref.
Askies, hoop nie ek is te veel van die punt af nie, maar bly lekker om oor te gesels

Jaco,
Elke boer moet maar sy reels maak, solank hy dit net duidelik kommunikeer voor die tyd. 'n Jagter wil nie op die plaas aankom en dan hoor hy mag nie met die .243 'n vlakvark skiet nie.
Ek hou ook van die swaarder koels vir bosafstande en hier maak die veelsydigheid van die .338 hom 'n wenner. Gepaardgaande hiermee is natuurlik verminderde spoed, of monometaal projektiele.
Ek het Koos Barnard se raad gevolg en met die .243 verminderde ladings gelaai met standaard koeels vir my dogters om mee te jag. Dit werk goed. Die 100gr koel breek nie op nie en penetreer 100% op 'n koedoe.
Hier is so baie veranderlikes -maak dit moeilik.

- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Jagreels
Oor minimum kalibers dink ek eerlikwaar dat n groot persentasie van eienaars nie die doodmaak vermoe tussen n 30-06 en n .303 ken in boswereld of vir dieselfde redenasie
tussen n300 mag of n 7mm mag vir die langer skote. Is eenmaal geweier om met my 6mm musgrave rooibokke te jag terwyl 243 toegelaat is. (dit terwyl ek self download
met 100gr koeels teen 2350vt/s vir die rooibokke). Baie eienaars laat niks kleiner as .30 toe nie , arme jagters met hulle 270 en 7mm wat feitlik alles kan doen wat n 30 kaliber kan doen. Goed ek stem saam n mens skiet nie n koedoe bul met n .22 nie alhoewel dit baie moontlik is glo ek nie dit is raadsaam nie. Het bv hierdie jaar n advertensie gesien waar kameelperde geadverteer word met minimum kaliber .375. Nou wat van bv. .338. Meeste jagters wat ek persoonlik ken se grootste kaliber is .30 en dan weet ek van n klompie wat groot goeters het.
Ek dink baie van die probleme wat wild eienaars het met jagters kom van die sogenaamde KORPORATIEWE JAGTERS AF. Uit so n groep is dit gewoonlik net een of twee wat jagters is en die res het laas aan n geweer gevat toe sy oupa nog geleef het, maar almal in die groep wil jag. Hier volg n paar van die dinge wat sulke sogenaamde jagters teenoor my kwytgeraak het: Ek skiet net kop skote
Ek skiet met niks kleiner as n magnum nie
Ek gebruik net weermag patrone in my R1 as ek jag
Skietstokke is vir ouens wat nie kan skiet nie
Ek jag net gedurende die middag sessie (want ek slaap eers die roes af)
Hulle beskou dit as hulle reg om te jag en nie n voorreg
So kan die lysie baie lank word en die rede is dat wie ookal hom saamgenooi het het die GELD om dit te kan doen. Sorry maar ek like nie hierdie mense nie!!!
Ek jag al vir die beste part van 45 jaar en leer graag van n persoon wat nog net een bokkie geskiet het maar wil niks hoor van n man wat lid was van n korporatiewe groep nie
want hulle kan net k-- praat
EN O JA--- 25% IS DAREM BIETJIE ROF
GROETNIS
GERT

.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie

- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Jagreels
Ludwig
Ek was eenkeer verbied gewees om swartwildebeeste met n 7mm Stw te cull en die "private game reserve manager" was bereid om vir my sy 308 te leen om die werk mee te doen. Hoe belaglik, as daar n gebrek aan kennis is.

As ek jou sien gaan jy val
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
Gert,
baie goed opgesom, dis baie waar van die jagters uit korporatiewe groepe, het self met hulle gewerk al, vir amper 8 jaar toe ek betrokke was by ons MPY-jagter, nagmerrie wat veiligheid aanbetref, wat nog van een-maal jag met 'n ander man se geweer of oupa s'n
Ludwig,
stem volkome met jou saam wat betref die spoedkwessie, maar is seker almal sal saamstem dat as ons praat van "bosspoed", dit nie stadiger as 2300 f/s behoort te wees op enige koeelpunt van 200 - 220 gr. Onthou ek praat van ruie plase, bv. Wouter is juis bekommerd oor sy wild in sy plaas se omstandighede. Jy kan baie doodskiet met jou 260 ongetwyfeld, want jy gebruik die regte koeel en spoed, maar is dit aantebeveel op 30 m in ruie bos ? Veral as jy daai 1 uit 10 keer dalk nie gaan hoor / weet of die koeel regdeur is of mis was nie.
Onthou ek skryf hier wat vir my gewerk het en steeds baie goed werk, die laaste 28jaar. Ek gee my opinie en mag verskil van baie ander jagters. Ek is ook een van die ouens wat hou van 'n jagter wat glo hy kan sy prooi dood, sonder dat eienaar of gids bekommerd hoef te wees oor sy skiet en oordeelsvermoe

Wat minimum kalibers aanbetref het ek nie n probleem nie alhoewel ek eendag my seuns met die 223 hul eerste bok sal wil laat skiet.
Klip in die bos:
1)Hoe gemaak as daar op n kwesbok afgekom word?
2)Gaan jy daai bok betaal as jy hom van sy leiding verlos
3)Ek het een keer die ondervinding gehad dat ek Rooibokke vir biltong gaan skiet,kry die trop en sonder n bok af wat nie in die trop staan nie waarop ek n veilige skoot kan vat,kry die okay van die gids dat hy ook tevrede is dat dit n volwasse ooi is en die skoot loop. Kom by die bok en sien met die omdraaislag dat die bok deur vorige manne gekwes was en dit het al begin vrot. By die slagplek aangekom reken die boer my heel erndtig dat ek die bok moet betaal want dis die spesie en geslag wat ek wou skiet en ons moes gesien het dat die dier gekwes is en per radio raporteer vir verdere instruksies,nodeloos om te se ek het geweier om te betaal omdat dit myns insiens baie onredelik is van die boer om dit te verwag,die bok het so gestaan dat nie ek of die gids kon sien dat sy gekwes was nie. Met n ander geleentheid het n boer sommer vir my n kwesbok verniet gegee wat die oggend wat ek aangekom het op die plaas gekwes is,voorpoot afgeskiet deur die groep net voor my.
Wat minimum kalibers aanbetref het ek nie n probleem nie alhoewel ek eendag my seuns met die 223 hul eerste bok sal wil laat skiet.
Klip in die bos:
1)Hoe gemaak as daar op n kwesbok afgekom word?
2)Gaan jy daai bok betaal as jy hom van sy leiding verlos
3)Ek het een keer die ondervinding gehad dat ek Rooibokke vir biltong gaan skiet,kry die trop en sonder n bok af wat nie in die trop staan nie waarop ek n veilige skoot kan vat,kry die okay van die gids dat hy ook tevrede is dat dit n volwasse ooi is en die skoot loop. Kom by die bok en sien met die omdraaislag dat die bok deur vorige manne gekwes was en dit het al begin vrot. By die slagplek aangekom reken die boer my heel erndtig dat ek die bok moet betaal want dis die spesie en geslag wat ek wou skiet en ons moes gesien het dat die dier gekwes is en per radio raporteer vir verdere instruksies,nodeloos om te se ek het geweier om te betaal omdat dit myns insiens baie onredelik is van die boer om dit te verwag,die bok het so gestaan dat nie ek of die gids kon sien dat sy gekwes was nie. Met n ander geleentheid het n boer sommer vir my n kwesbok verniet gegee wat die oggend wat ek aangekom het op die plaas gekwes is,voorpoot afgeskiet deur die groep net voor my.
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223
Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223
Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Jagreels
PAC
Ek glo dat dit net eties reg is om 'n kwesbok dood te skiet. Die plaaseienaar behoort die vorige jagter vir hierdie bok te gefooi het.
Die reeling op die een plaas waar ek skiet (sonder gids) is dat as hy 'n dooie bok na my jag naweek kry, wat ek gese het misgeskiet was, sal hy my daarvoor laat betaal. Dit was gelukkig nog nie nodig nie. Dit is dus belangrik om 'n eerlike verhouding met die plaaseienaar op te bou.
Ek kan sien dat hier twee baie belangrike besprekings punte is:
1) Misskote
2) Kaliber beperkings
Ek geniet al die opinies in hierdie debat, want ek dink daar is 'n paar antwoorde en dit hang af watter kant van die draad jy is: Jagter of Plaas eienaar.
Wat vir my meer belangrik as dit is, bly die feit dat dit voor die jag in die reels duidelik moet wees. Dan kan jy as jagter besluit of jy die reels wil aanvaar en die jag boek.
Wat die regverdige middelpunt tussen jagter en plaaseienaar is, bly maar nog 'n taai debat.

Hallo Manne
Ek skud maar net my kop as ek so kyk na die nuwe voorgestelde wet oor minimum kalibers. Koeelkonstruksie is maar waar gewoonlik die grootste faktor le. Natuurlik moet hierdie goed alles in verband gehou word maar volgens my is dit gewoonlik meer deurslaggewend. n Dier word nou eweskielik nie harder neergesit met n goeie konstruksie koeel nie maar wel meer seker indien die vitals getref word.
Nou hoe word hierdie hele ding benader van die wildsboer? n Man kom met sy 7mm STW aan op die plaas gelaai met 140gr konvensoinele koeels en die ander een kom met sy 223 daar aan gelaai met monolitiese 55gr koeels. Altwee wil rooibokke skiet in die bos op kort afstande. Hoe hanteer mens die storie? Ek weet mos nou die 223 man het n baie beter kans om sy bokke wel huis toe te vat die naweek.
Ek wil ook nou nie elke keer in n helse argument betrokke raak oor die dinge nie. Om n kaliber te wil klasifiseer gaan ook nog grys areas gee.
Net so terloops n dier wat gewes is moet verlos word en ek neem enige iemand kwalik wat dit nie so sien nie. Ek dink dit moet darem n etiese standaard wees wat by almal moet heers. Ek was ook al n paar keer in die situasie waar die boer wil he ek moet betaal op n kwesdier maar het op my man gestaan dat dit die regte en etiese manier is om dit te doen, klaar. Ons is dit as jagters en wildsboer aan die dier verskuldig!
Nog so enetjie in die bos. Wat van breekskade?
Groetnis
Wouter
Ek skud maar net my kop as ek so kyk na die nuwe voorgestelde wet oor minimum kalibers. Koeelkonstruksie is maar waar gewoonlik die grootste faktor le. Natuurlik moet hierdie goed alles in verband gehou word maar volgens my is dit gewoonlik meer deurslaggewend. n Dier word nou eweskielik nie harder neergesit met n goeie konstruksie koeel nie maar wel meer seker indien die vitals getref word.
Nou hoe word hierdie hele ding benader van die wildsboer? n Man kom met sy 7mm STW aan op die plaas gelaai met 140gr konvensoinele koeels en die ander een kom met sy 223 daar aan gelaai met monolitiese 55gr koeels. Altwee wil rooibokke skiet in die bos op kort afstande. Hoe hanteer mens die storie? Ek weet mos nou die 223 man het n baie beter kans om sy bokke wel huis toe te vat die naweek.
Ek wil ook nou nie elke keer in n helse argument betrokke raak oor die dinge nie. Om n kaliber te wil klasifiseer gaan ook nog grys areas gee.
Net so terloops n dier wat gewes is moet verlos word en ek neem enige iemand kwalik wat dit nie so sien nie. Ek dink dit moet darem n etiese standaard wees wat by almal moet heers. Ek was ook al n paar keer in die situasie waar die boer wil he ek moet betaal op n kwesdier maar het op my man gestaan dat dit die regte en etiese manier is om dit te doen, klaar. Ons is dit as jagters en wildsboer aan die dier verskuldig!
Nog so enetjie in die bos. Wat van breekskade?
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Jagreels
Wouter
You break you pay klaar
Beretta
You break you pay klaar
Beretta
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
Ludwig,
jou argument dra baie water en weereens, jy gaan baie diere doodmaak met daai kombinasie.
Wouter,
ek sluit af, ek het jou plaas van die begin af gebruik asof ek die eland of BWB daar wil jag, ek sal dit sterk oorweeg om my 416 Rem te vat as ek 'n Eland wil jag en hy hom dalk versteek in die ruigste deel van die plaas. Nie net om die 416 'n kansie te bied nie, maar dan weet ek niemand ( ek en die gids ) sal wonder na die skoot, is hy misgeskiet of getref nie. ( onthou die post het begin by miskootfooie en nou amper geeindig by kaliberkeuses ) ... bly lekker om oor die goed te gesels !!
dis wat ek van die forum hou, ons moet lekker kan gesels oor die goete en almal respekteer, nie altyd glo een bevinding is reg of verkeerd nie
Nog altyd was skootplasing die wenresep en kan niemand daarmee stry nie... al baie gesien hoe bokke gedood is met van die swakste koeels tans op die mark, net op die regte plek geplaas.
lekker aand
Jaco