Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post Reply
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Regso Greyhound,
Ek vra R1000-R1500 'n hondjie, vir die Baan hond x Boerhonde, vir skoon Baanhond met papiere vra ek R2500-R3500 'n hondjie.. Maar ek het nog net eenkeer klein hondjies van my Baanhond teef gehaat, en daar was net 2 hondjies..

Ek sal oom so in volgende jaar of wanneer my teef ophitte is will ek oom kom sien oor daai Swart reun wat oom daar het..

Hoe oud is daai Swart Reun in die 2de foto..
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

G RACER

HY IS NOU TWEE JAAR OUD
GREYHOUND
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

More, Greyhound...

Hy is nog jonk, Ek sal jou laat weet wanneer my teef (Boer hond) op hitte is, my Baan hond teef is nou op  hitte maar het al 5maande trug kla vir haar 'n ander reun geboek(ook 'n baanhond) vir R3000 'n "brand" of 3 hondjies.

More, Ja3...
Ek het hom kla uit gekyk op die foto, ek kan sien hy is BAIE goed, dis hoekom ek sy bloed soek. :P...

Ja3, R1000 is 'n goeie prys vir 'n dekking, maar dis die eienaar van die Reun wat die prys moet maak, ek self vra ook R1000/2 hondjies, was altyd R500/1 hondjie.. Die honde bedryf het ook maar sy "UP's and Downs" met die pryse van honde kos en die Vet..

Greyhound, Daai reun dek hy self of moet mens KI gebruik? want ek weet van die Windhonde is maar skewe skieters...
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

GR
HY SKIET SOOS SY BAAS, HY GROEPEER 10MM OP 1OOM, AS DIE SKOOT KLAP DAN SIT OOGIES KLA DAAR.

GH
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

GREYHOUND wrote: GR
HY SKIET SOOS SY BAAS, HY GROEPEER 10MM OP 1OOM, AS DIE SKOOT KLAP DAN SIT OOGIES KLA DAAR.

GH
;D ;D Regso..
Ek moet baie mense se reuns(ek werk net met windhonde), gan help want hulle kan nie self dek nie, so ek het maar net gewonder.
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Ja3,

Ja as jy so se. ;D .
Gelukkig gan dit nie my werk wees om die "saad" tapping tedoen nie,  hoop jy gaan help tjomma ;D
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Hallo almal,  8)
EK het vandag my Scottish Deerhound hondjie gekry daar van Schweiser Renek af, Hy is 'n BAIE mooi reuntjie..
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Francois Marais »

GR

Sit bietjie foto van hom op dat ons kan sien hoe lyk so n hondjie???

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxcreek »

Vir allie honne manne

Daar is die naweek (3&4 Okt) 'n skou vir werkende windhonde en Jack Russells op Harrismith. Daar is twee judges vanaf Engeland wat kom beoordeel. Groot pryse ook.

Laat weet my as enige iemand belang stel.

PS: dis regte Jack Russels (jakkals stampers) nie die "skateboards" nie!

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Izak H »

My Hart honde !

Image   Image
Ben 2002 SA Jnr Kampioen                                             Die res van die span:
                                                                               agter Niekie, Max, Moss; voor Floss


Image  Image

Max maak die drukgang vol, 2e hond bring agter in              Ben & Max 2005
                                                                                Reserwe SA Kampioen Paar
Last edited by Izak H on Sun Nov 08, 2009 9:56 pm, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Louis102 »

Izak H

Nou praat jy!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by MEERKAT »

Izak

Onverbeterlik , mens besef eers die dag wanneer so 'n hond wegval wat jy eintlik in hom of haar gehad het.

Pragtig en pas hulle mooi op. Gaan in Desember daar rond jag indien jy die honde sou teel sal ek graag 'n draai by jou kom maak.

Goed om jou te kon ontmoet by die kursus.

Knou goggas af
MEERKAT
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by britsman »

Izak,
Izak H wrote: My Hart honde !
    nou praat jy.
    lekker om jou en Meerkat en anders te ontmoet.       
            groete,
                        brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Izak H »

Meerkat
Met die skuif dorp toe het ek besluit om hulle te verkoop, want ek het nie kans gesien om met 7 skaaphonde in die dorp te sit nie. Hulle was gewoond werk en sou nie huis l?ery kon hanteer nie. Gelukkig vir almal goeie huise gekry. Ou Ben het so 2 jaar terug afgetree, hy is amper 14 jaar oud, baie jong honde gesien kom en gaan(die wat nie keuring geslaag het nie). Gelukkig of ongelukkig was hy die standaard waaraan hulle gemeet is.
Jy kan gerus gaan kyk by www.sasda.za.net wat in die SA skaaphond bedryf aangaan as jy nie alreeds van die webblad weet nie.
Ek het altyd honde gesoek of probeer teel wat goed werk en nie baie geworry hoe hulle lyk nie. Hulle werk 7 dae `n week, geen overtime, geen dronkenskap, geen messteek, ens. noem maar op.
Hulle s? moes "Wat is die grootste verskil tussen `n man se hond en sy vrou? Hoe later jy by die huis kom, hoe blyer is die hond om jou te sien!"
As jy ordentlike honde soek laat weet dalk kan ek erens iets re?l, of help met ander info ook. Wat ek weet het Faansie Basson my geleer, hy was my "Jaracal" wat honde leer, ens. aanbetref.
Groete Izak
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Freddie101 »

Izak
Mooi honde. Jammer dat jy nie plek het vir hulle nie. Leer jy nog honde.
Freddie
NS      Almal.    Izak is bekend hier rond vir sy goeie honde en die slag wat hy met hulle het..
yol bolsun
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Mac »

Izak,

Lyk my jy het een woordtjie uitgelos;
Hulle werk 7 dae `n week
Moes gelees het, "Hulle WIL 7 dae n' week werk.

Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by MEERKAT »

[img]http://[/img]Image

Dit is Suzie en haar baas Klein Meerkat op die foto , sy het so pas 7 maande geword en moet nou geleer word.(Of altans dink so) Om eerlik te wees ek weet nog minder van honde leer as van jakkalse jag en dit is alreeds bitter min.

Francois, Isak en die ander honde leerders waar begin ons en hoe dan verder.

Eerste plek moet die hond geleer word om nie jakkals kos te vang nie.(SKAAP) maar net goggas.

Alle raad word waardeer.

Knou goggas af
MEERKAT en KLEIN MEERKAT
tafjak

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by tafjak »

Meerkat

Jy moet net pasop dat die pak nie sommer enige ding soos: muishonde, bakore en meerkatte vang nie.

Goed om julle Blouford-manne weer te sien.

Taffie
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

Spoorhonde.
HET DIE ANDER DAG MET N OU UITGEGAAN MET SY SPOORHONDE. DIE MAN JAG FEITLIK ELKE OGGEND BEHALWE SATERDAG EN SONDAG DAN RUS SY HONDE, WAT EK WIL SE IS DAT DAAR SOVEEL AANVRAAG VIR HOM IS, KON DIT AMPER NIE GLO NIE. HY SE DAT AL DIE BOERE WAT DIE JAKKALSE AL SLIM GESKIET HET HOM BEL OM TE KOM HELP MET SY PROBLEEM, EN HY HET BAIE GOEIE SUKSES MET SY SPOORHONDE. SY REDENASIE IS DAT N SLIM JAKKALS NIE SY REUK KAN WEGSTEEK EN AS HY VROEG AS DIT NET BEGINNE LIG WORD DIE HONDE IN DIE JAKKALSE SE KERN GEBIED AFLAAI IS DIT NET N RUKKIE DAN KLIM HULLE OP SY SPOOR EN HY KAN MAAR MAAK WAT HY WIL VERAL AS DIT N WARM SPOOR IS HY HET BASIES GEEN WEGKOM KANS NIE.
SY HONDE VAT GEEN ANDER SPOOR BEHALWE ROOIKAT EN ROOI JAKKALS SN.
HET IEWERS EENDAG OP DIE FORUM GELEES DAT SPOORHONDE NIE MEER SO EFFEKTIEF IS NIE MAAR DIE OU HET NOG BAIE GOEIE SUKSES, EN DIE SPORE LEI 9 UIT TIEN KEER HOM NA DIE NESTE TOE EN VAN DAAR AF VANG HY NOG DIE OUERS OOK, ANDERS KOM HY MORE TERUG DAN WEET HY DIE OUERS SAL DEUR DIE NAG KOM INSPEKSIE DOEN BY DIE GATE.
WAT IS JULLE ONDERVINDING MET DIE GEBRUIK VAN SPOORHONDE VIR DAAI SKELM MANNE WAT NIE MEER VAL VIR DIE ROEP EN SKIET.

GREYHOUND 
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

HELLO ALMAL

WIL NET SO BIETJIE SPOEG MET MY DRIE HONDE HIER BO, EK HET VIR DIE JAAR AFGESLUIT EN 142 ROOIJAKKALSE GEROEP EN GEVANG MET HULLE. NIE EEN IS GEWOND EN EK WEET NET VAN 3 WAT HULLE VERLOOR HET AS GEVOLG VAN LANG GRASS EN HULLE HOM UIT DIE OOG VERLOOR HET, NIE N SLEGTE REKORD DINK EK.
GLO MY HULLE HET HUL KOS BUBBEL EN DWARS VERDIEN OF WAT SE JULLE?

VOORSPOED VIR ALMAL VIR 2010.
GREYHOUND
Ambessa

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Ambessa »

Hallo Greyhound
GREYHOUND wrote:...VIR DIE JAAR AFGESLUIT EN 142 ROOIJAKKALSE GEROEP EN GEVANG MET HULLE.
Wel gedaan. Mooi loop.

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Freddie101 »

Greyhound
N rekord om op trots te wees.
Freddie
yol bolsun
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by britsman »

Greyhound,
GREYHOUND wrote: WIL NET SO BIETJIE SPOEG MET MY DRIE HONDE HIER BO, EK HET VIR DIE JAAR AFGESLUIT EN 142 ROOIJAKKALSE GEROEP EN GEVANG MET HULLE.
  Mooi man --- en hoevel het jy geskiet? Vertel bietjie  :
      hoe gereeld gaan jy uit?
      Hoe het jy die honde opgelui?
      Hoe maak jy as die jakkies gesien word ens?

          groete,
                    brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

BRITSMAN

SIEN JY KOM DA VAN BURGERSDORP SE WERELD, MY NIGGIE NONNIE IS GETROUD MET DRIES DE KLERK, HY BOER DAAR NABY. EK WEET HY SUKKEL OOK MET DIE JAKKALSE, KEN JY HOM DALK.

EK WERK PRESIES DIESELDE AS MET SKIET, EK HET TRALLIES OP MY BAKKIE, KYK ONDER JAG TOERISTING EK DINK DIS DAAR, IS N FOTO VAN MY BAKKIE HY IS SOOS GRAS GECAMO, MET HEKKE WAT MET GASLIFTERS OOP SPRING AS EK N LEVER TREK. EK ROEP DIE JAKKALS IN EN AS HY SO 75 NA 100M IS MAAK EK OOP EN DAN IS DIT SOMMER GOU VERBY. MY HONDE IS AL SO GOED HULLE SIEN HOM INKOM MET DIE DIMMER, AL WAT EK WIL SIEN IS DIE OOG, HULLE SIEN HOM NATUURLIK BAIE BETER AS ONS, AS EK OOP MAAK GAAN EK OOR OP VOL STERKTE LIG SODAT EK OOK MOOI KAN SIEN WAARHEEN HULLE HARDLOOP.
ONS KIES NATUURLIK ONS STAANPLEK MOOI, OOP KAMP OF LAND MET SO 400M MOOI OOP OM JOU, DIT IS AL WAT NODIG IS VIR HULLE OM HOM IN TE HARDLOOP. EK VANG MEESTE KEURE DIE REUN EN TEEF OP EEN PLEK, AS EK EEN VANG DAN HARDLOOP DIE ANDER EEN NIE VEER EN STOP WANT DIE GEVANGDE EEN MAAK MOES SY EIE NOODKREET, EK HET NOG NOOIT SO N NOODKREET OP N CD GEHOOR NIE, MOET DIT EINTLIK OPNEEM DIT SAL BAIE GOED WERK AS MENS SKIET.
EK DOEN DIT NET DEELTYDS PROBEER SO 4 OF 5 KEUR N MAAND UITGAAN. MY REKORD IS 10 VIR DIE AAND, ONS HET BY DIE BOER 22 IN 3 AANDE GEVANG.
EK HET NET SO 34 GESKIET VIR DIE JAAR, DIS NET OP PLEKKE WAAR DIE TERREIN SLEG IS, EK GENIET DIE HONDE BAIE MEER EN DIT WERK BAIE GOED VIR MY AS DIE TERREIN REG IS, HIER IN ONS WERELD IS DIT MOES MOOI VLAKTES GRAS, MIN GATE EN KLIPPE, MAAR DIE BESTE IS WANNEER DIE ERAGROSTIS LANDE GESNY EN GEBAAL IS, DIT IS SOOS N ATLETIEK BAAN VIR DIE HONDE EN JY KAN BAIE MOOI SIEN VANDAT HY INKOM TOTDAT HY GEVANG IS, EN GLO MY, SO N GROOT ROOIJAKKALS  KAN LOOP AS HY WIL, VERAL MET SO BIETJIE AANSPOORING HIER VAN AGTER AF.
GROETE GREYHOUND
PS. AS JY DRIES NIE KEN NIE KAN EK SY NOMMER VIR JOU KRY AS JY HOM WIL KONTAK
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by britsman »

Greyhound,
               Dankie vir die inligting.Toe ons jong was het ons springhase gejag met die buurman se wind honde. hulle was so slim dat hulle in die donker om gegaan en die springhaas sommer ge"surprise" waat in die lig was.
            Ek moet ook se dat ons ook springhase lewendig gevang met kaalhande en hulle gepos in die stateside Chev ( die met running boards) se cab met die drywer. Groot sports.
          Daar is omtrent 4 X Dries de klerke in Burgersdorp.Wienie (Andries Electries)/AC/Andries (Dankfontein) en Icy..... Hoe oud is die Dries?

            Mooi loop.
                         brits
Last edited by britsman on Fri Jan 01, 2010 12:47 pm, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Post Reply