Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post Reply
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Foxhound
Hier is die foto van die scooter, dis 'n SunDiro 90cc hy het 10775km op die klok..
Image
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

GR
(EK SAL JOU HONDE N GO GEE MET MY KRUISINGS) DIE LAASTE OU WAT DIT VIR MY GESE HET TOE ONS EEN MIDDAG EN NIE EEN OGGEND NIE, WANT N HAAS KAN NIE VROEG OGGEND HARDLOOP SOOS SO LAAT MIDDAG NIE, SE EEN HOND IS BY DIE WATERKRIP DOOD EN DIE ANDER EEN OPPAD HUISTOE.

MAAR MENS KAN OOR EN WEER PRAAT EN SE WAT JY WIL, MAAR THE PROOF IS IN THE PUDDING, BRING N HOND OF TWEE DAN REEL EK SO N MIDDAG HAASJAG WAAR DIT MOOI OOP IS MET MIN DRADE ENS DAN AS ONS KLAAR IS GAAN ONS DIE AAND UIT EN GAAN VANG N PAAR JAKKALSE, DAN KAN ONS LEKKER BRAAI EN GESELS OOR DIE DAG SE GEBEURE, DIS TE SE AS DAAR NOG OUENS IS WAT LUS IS OM TE GESELS EN KUIER EN NIE TREUR OOR HUL HONDE WAT REEDS DOOD IS OF BESIG IS OM VAN MELKSUUR VERGIFTIGING TE VREK.
WAT IS NOU DIE EINTLIKE DOEL VAN DIE KRUIS HONDE, EK SE N MENS TEEL OM VOORUIT TE GAAN EN NIE AGTERUIT, DIT WAT JY VERLOOR MET DIE KRUISINGS IS VER MEER AS DIE VOORDELE DAARVAN, SO EK VERLOOR MY GOEIE EIENSKAPPE DIEP BORS MET GROOT LONGSPASIE, GEHARDHEID MAW VOETE,DIKKER VEL, NIE KLEINSERIG NIE EN GROOTSTE EEN DIE HART OM N ONGEDIERTE DOOD TE KAN MAAK. SO EK MOET AL DIE EIENSKAPPE VERSWAK OM JAKKALS OP 150M TE VANG INPLAAS VAN OP 200M OF NET ANDERKANT DIE DRAAD WAT OOK NIE PROBLEEM IS NIE WANT AL MY BOERHONDE SPRING BO-OOR N DRAAD, EK HET NOG NOOIT N BAANHOND OOR N DRAAD SIEN SPRING.
EK HET NIKS TEEN N BAANHOND NIE MAAR HY IS GETEEL VIR N JOB WAT HY KAN DOEN, DIS OP N BAAN TE HARDLOOP, SOOS EK SE HORSES FOR COURSES, HOEKOM WIL MENSE KOM VERANDER AAN N WEN RESEP. MENS TEEL MOES NIE IETS OM N WENNER TE WEN.
GREYHOUND
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxhound »

Ja nee kyk daar is definitief jobs vir sekere honde ens, die dieselfde as jy bv wil he dat n poedel n jakkals in n gat moet uithaal, hy en n gewone jackrussel is ewe groot maar het dit eenvoudig nie in hom nie

GR

Hier by ons gebruik ons maar hierdie klas van fietse anders hol die Boerhonde vir ons weg? haha grap sommer net met jou
Image

Ja nee kyk greyhound ek stem dat die enigste manier om regtig te sien wat die situasie en stand van sake is tussen baan-,boer- en kruishonde is maar om hulle te toets teen mekaar wanner al die omstandighede dieselfde is, maar nou ja mens moet ook net realisties wees

Goed gaan eers
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Greyhound..

Ja dis waar wat jy daar s?, ek stem saam met jou, 'n Baan hond kan nie so baie hardloop soos 'n Boerhond nie dis verseeker.
Maar ek staan nie trug vir 'n Boerhond nie en, want wat ek al gehoor het by die mense wat van my honde het kan hulle lekker so 8 keer op 'n keer hardloop met so 10min rus kaans na die 2de hardloop, maar hulle moet 'gewater koel word' na die 3de hardloop van so 700m, dis die probleem met die kruisings, en ek like hulle baie.
Jy moet vir jou vriend vra wie die ma en pa is van daai kruis honde van hom, ek sal daar van hou om te weet. hoe hoog is hulle, is hulle Boerhond op Baanhond of anders om?

Ek sou more daar gewees het as dit nou nie so ver was nie!!

PS. Ek hou julle maar net besig.. ;) anders is dit baie stil hier.
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Foxhound
Ek het die scooter vernuut gekry so ek kla nie. Maar nou ja en haal 60km/h met aftraande maar kan nie so lekker 60km/h in die bos haal met die ding nie, jy sien mos hoe lyk hy al en dis net van 40-50km/h..
Dis reg ek is nie 'n persoon wat kwaad raak as hulle vir my s? my honde is stadig nie, maar vir my is hulle blits vinnig hulle hardloop onder die scooter uit lyk asof ek parking soek. ;D
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxhound »

GR weet jy wat is die lekkerste van als, niemand weet wat so hond vir jou as mens beteken nie en daarom kan niemand eintlik se dat n ander hond goed of sleg is nie

Elke hond is uniek en gelukkig weet elkeen se baas wat sy goeie en slegte punte is,glo nie iemand raak kwaad vir iemand nie maar n honde eienaar is n snaakse mens, en ek is ook een so kan dit ma se dat as jy van n ou se hond prt of iets te se het dan is ons manne sommer op ons agterpooitjies want dis asof iemand vanjouself prt

Maar nou ja, ek geniet die vreeslik om oor die Boer-, Baan- en kruisings te kan gesels want ek glo mens is nooit te oud om te leer nie,

Wat doen jy vir n lewe GR, ken jy dalk n oom Koot strydom van Bloem, hy ook n man wat hou van sy Baanhonde?
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Foxhound
Dit is waar wat jy daar s?.
Ek is maar 'n Ierse Baan hond x Boerhond soort persoon..
Ja ek ken vir Koot Strydom het hom in Durban en in pretoria ge ontmoet met die publieke konferensies oor die wettiging van honde renne in SA.
Ek is werkloos sal nie verder uitbrei daar oor nie, my honde is my enigste inkomste sover en dan maak ek ook rekenaars reg nou en dan..
Stephan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Jul 16, 2009 3:43 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Stephan »

GR

WAT DINK JY IS DIE KANS DAT DIE BAAN GAAN GEWETTIG WORD? WANNEER? EK HET OOK BY IEMAND GEHOOR DAT DIT GAAN GEWETTIG WORD EN DAT DIE REGERING GROOT GELD SPANDEER HET AAN STUDIES ENS?

GROETE
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Stephan wrote:
GR

WAT DINK JY IS DIE KANS DAT DIE BAAN GAAN GEWETTIG WORD? WANNEER? EK HET OOK BY IEMAND GEHOOR DAT DIT GAAN GEWETTIG WORD EN DAT DIE REGERING GROOT GELD SPANDEER HET AAN STUDIES ENS?

GROETE
Wel ek self weet nie, maar het gehoor binne kort sal ons hoor..
Ek hoop hulle wettig die honde..

Foxcreek.
Hulle lyk baie mooi, van waar het jy hulle gekry?
Ek hou van die blou honde.
PS. Het julle geweet dat die beste honde meeste swart honde is. nie net op die baan nie maar ook vir jag.
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Winhond.
Ek weet jy kyk nou hier, post bietjie lat ons hoor wat praat jy als. asb
tafjak

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by tafjak »

Wonder wie gaan nou hierdie foto's vir wat gebruik?
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

tafjak wrote: Wonder wie gaan nou hierdie foto's vir wat gebruik?
Oh jis Foxcreek hulle is op jou!! :o
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxcreek »

Taffie/GR

As 'n slagyster 'n "legholding device" is dan is my druiwe tone my "neck holding device" !

Daai p?re moet maar kom. The proof of the pudding is in the eating! Hulle (druiwe tone) het hoeka gister 'n booswig beetgekry!

Foxcreek
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

GOEIE MORE OUENS


EK HET LANKAL GEHOOR VAN DIE MANNE WAT BIETJIE DIE "TALKS" GOOI OOR PROBLEEM DIER BEHEER METODES, MAAR DIT HET NOOIT MEER AS N GLIMLAG TOT GEVOLG GEHAD NIE, TOTDAT EK SELF JUL KORESPONDENSIE BEGIN LEES HET. DAAR WORD VUURWARM TIPS EN RAAD GEGEE (SOMMIGE WARMER AS ANDER) MAAR MEER AS DIT, JUL STAAN EN VOEL STERK VIR N PASSIE WAT ONS ALMAL DEEL... GOEIE WERK!

KAMAKASI- THE DIVINE INTERVENTION HAS ARRIVED..

CHOEEEEEEEEE
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

KAMAKASI MY OLD SUACIDAL FRIEND, WELCOME AMOUNGST US GREYHOUND FELLOWS AND THE REST OF THE FORUM.
AS YOU CAN SEE THE LATEST DISCUSSION HAS BEEN ABOUT CROSSING BAANHOND WITH BOERHOND, I THINK YOU HAVE FIRST HAND EXPERIANCE ON THIS, WOULDNT YOU LIKE TO GIVE US YOUR SIDE ON THIS TOPIC. ANYWAY HOW IS YOUR TRUSTED GREYHOUND KAMAKASI HAS HE CAUGHT A JACKAL AS YET.

KIND REGARDS
GREYHOUND
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Best greyhound

As you know I only speak english when cornered! Eerstens wil ek jou net asb komplimenteer op die wyse waarop jy baie suptiel jou jag pristasies oordra,ek en stephan het al die voorreg gehad om saam die man te jag. S.A boerwindhonde is my allrounder en eerste liefde!jag verskeidenheid,spoed,stamina en in die woorde van n skrywer strapp:?HART!?
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxhound »

Dagse vriend genaamd die Kamakasi

Hopelik is die Kamakasi goed uitgerus, ek en ander kolega is besig om te konvedereer om dalk weer n oefening te hou, jou uitsonderlike professionele taalgebruik is verstommend of sal ek eerder se gepas vir n ongedierte jagter van jou kaliber

Manne ek wil net vir Kamakasi hartlik welkom heet op die forum omrede ek al telke male groot sukses behaal het saam met die groot kaliber, hetsy met roep en skiet sowel as jag

sit bikki vir ons 'n foto op van die Kamakasi(hond) asb

Groete
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxhound »

KAMAKASI wrote: Best greyhound

As you know I only speak english when cornered! Eerstens wil ek jou net asb komplimenteer op die wyse waarop jy baie suptiel jou jag pristasies oordra,ek en stephan het al die voorreg gehad om saam die man te jag. S.A boerwindhonde is my allrounder en eerste liefde!jag verskeidenheid,spoed,stamina en in die woorde van n skrywer strapp:?HART!?
Hier is 1 van die honde wat soos julle se van al daardie komponente aanmekaar gesit is, ouers 2 uitstaande jagters naamlik; Vaer: Sloet en Moer: Roxy, van Stefan Pienaar (Slangfontein Boerwindhond Stoet)

Image
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Stephan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Jul 16, 2009 3:43 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Stephan »

Kamakasi jou naughty dog

Bly om te sien jy het ook draai kom maak op forum, hoe gaan dit met kamakasi the all rounder: hunting-, scent-;sight-;gaurd- and companion dog as well as show dog?
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Dankie vir die die verwelkoming! Voel of ek jul al vir jare ken! Ek voel sommer tuis.
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Greyhound

Antwoord oor kruishonde,daar is areas en omgewings waar plantbedekking en topografie mens net n klein venster gee en net een kans,dan soek ek n hond wat verskriklik vinnig die ding kan draai\vang.Die ideal sal wees om iets van als in jou arsenaal te he. Ek geniet al my honde en hul gee my groot plesier. Daar is meer verskille in n ras as interras,spesialis honde en superhounds.ek is mal oor my boerwindhonde se tempramente en houding. Dis inspireerend!
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

More almal. Ek het bietjie laat geslaap van dag, was tot na 12 op Jaracal, ek het gewag vir 'n reply van iemand af.
Hartlik welkom op die Forum Kamakasi..
Dis 'n baie mooi hond daai, hy lyk lekker hoog.
Soos jy seker gelees het is ek maar 'n Kruis hond tiepe persoon, maar glo net aan die Ierse Baanhond kruisings, want die Ausie honde is te sag maar het nie lekker spoed soos diie Ierse honde nie.
Ek doen die selfde Ierse baanhond x Boerhond kruising al vir 3 jaar en kry baie goeie trug voering oor die hondjies.
Ek s? nie julle moet nou oor slaan na kruisings toe nie, maar dis wat ek hier doen waar ek bly.
Last edited by Greyhound.Racer on Thu Jan 14, 2010 12:26 pm, edited 1 time in total.
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Aangename kennis racer

Ek wardeer n goeie hond,suiwer of kruis! Ekt n kruisteef 50/50. Pa is n ingevoerde reun uit ierland.dit gee n man hoendervleis om haar eerste trek te sien,ons het haar fiks gemaak en dit het baie gehelp,maar ek moet se hitte en afsytand is almal se vyand maar veral vir haar.saans vaar sy beter,as dit nie was viri boerhonde nie,het daar min goed terug bakkie toe gakom.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxhound »

Kan daardie post van jou beaam

nee kyk daai frieshond,hehe, Jessy laat loop

maar nou ja,het ma sy beperkinge ook soos jy tereg gese het

groete
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Kamamkasi.
Weet jy dalk wie die pa is van jou teef?
Ek wens maar ek was nader aan julle wat die jakkalse jag, ek sou daar van gehou het om te sien of my honde regtig kan hardloop, maar in die omgeewing waar ek bly tot in Johannesburg ken die klomp my en my Kruisings hulle kom altyd weer trug na my toe vir hondjies. Ek self het nie een van my kruisings nie maar ek sal moet 1 of 2 hou die keer want my Boerhond teef raak nou oud.
Ja die kruis honde is seeker nou nie vir jakkals jag nie maar vir ander goed is hulle baie beter as 'n Boerhond.
My Ierse baanhond se pa is ook van Ierland Crokers Nikita is sy naam gewees.
http://www.greyhound-data.com/d?i=383658
Last edited by Greyhound.Racer on Thu Jan 14, 2010 1:00 pm, edited 1 time in total.
Post Reply