Pas van haelgeweer

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Pas van haelgeweer

Post by Pvdw »

Manne ek is baie onkundig as dit kom by haelgewere.

Ek het begin van die jaar vir my 'n cheapy by 'n veiling aangeskaf. Dis 'n S/S Baikal. Nou vir my is dit al wat ek het en my beste.

Ek weet egter dat hy my nie pas nie en dat die kolf te lank is> ek is nie te heilig op hom om te begin saag en skuur en skaaf nie maar ek wil eers hoor hoe weet ek as die kolf my pas.

Hoe bepaal ek lengte van die kolf, hoogte van die kam en wat is daar nog om na te kyk??

Enige hulp sal wardeer word.

Peet
Work to live, don"t live to work
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Beretta »

Peet
Dit is n kuns op sy eie daar is volgens my net een persoon wat weet wat hy doen dit is oom JC  by Centurion Gun Club
Beretta
Hoekom se jy hy pas nie
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Pvdw »

Hi Beretta ek is 'n kortgat en as ek die geweer in my skouer plaas rek ek amper my arm om my handby die sneller te kry :P :P :P

Ek moet ook elke keer as ek hom optel skuif en wikkel om op die regte posisie in my skouer te kry. Dis nou so gemaklik as wat dit kan kom met daai lang kolf/

Peet
Work to live, don"t live to work
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Beretta »

Peet
Dit is n probleem kan ook wees dat jy nie gewoont is aan die geweer nie (koeel) geweer.Het jy n recoil pad op
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Pvdw »

Recoil pad ;D ;D ;D Nee daai Russe glo nie aan sulke gemaklikke dinge nie ;) ;)

Die kolf is sommer so effe gerond aan die agterkant en druk so 'n streep op jou skouer. Hy is seker so gemaak om jou wakker te skop as jy in die sneeu begin verkluim :o :o :o

Ek sal foto neem en plaas dan kan julle self sien.

Peet
Last edited by Pvdw on Sun Aug 05, 2012 5:04 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Beretta »

Dit is nou jammer as jy n redelike dik pad op ge had het kon jy hom dalk afgehaal het en dan gepas het sonder om die kolf te sny.Somtyds is dit genoeg om hom te laat pas
Beretta
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by blaser »

As jy die geweer geskouer het laat iemand van reg van voor vir jou kyk
As hy reg is sal die voorste korrel presies met jou oog op lyn
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Christo »

Peet,

Ek het ook een van hulle en al sny jy net genoeg af om 'n lekker recoilpad op te sit is dit 'n moet. Daai geweer skop soos 'n donkie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Beretta »

Ek dink n Perazzi skop meer ;D ;D
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Pas van haelgeweer

Post by BRNO (Pierre) »

Beretta wrote: Ek dink n Perazzi skop meer ;D ;D
Skop of nie skop nie, ek het n paar skuts by die spele gesien wat verseker beter lyk agter daai geweer as wat Peet ooit sal lyk ;D ;D ;D ;D
Veiligheid eerste manne!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Beretta »

Pierre
Ja lyk my hulle is addicted to recoil.Hulle kan lood gooi as jy op daardie vlak skiet kan jy maar. Die geheim is om konstant n goeie score te kan skiet.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Pas van haelgeweer

Post by BRNO (Pierre) »

Daai manne en vernam vroue mag maar gooi! Ek kon nie genoeg van dit kyk nie.
Veiligheid eerste manne!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by blaser »

Dit lyk so maklik omdat hulle met perazzi skiet glo nie jy kan met beretta so goeie telling skiet nie
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Pvdw »

Daai geweer skop soos 'n donkie.
Christo ek wou niks s? nie, dog ek is net sensitief :-[ :-[ :-[ ;D
ek het n paar skuts by die spele gesien wat verseker beter lyk agter daai geweer as wat Peet ooit sal lyk ;D ;D ;D ;D
Pierre jy loop nou op dun ys met warm voette!!!
Ek kon nie genoeg van dit kyk nie.
Pierre het jy darm opgelet dat daai vroue na iets skiet of het jy net na die vroue gekyk ;) ;)
As jy die geweer geskouer het laat iemand van reg van voor vir jou kyk
As hy reg is sal die voorste korrel presies met jou oog op lyn
Remington dankie tog iemand het my vraag gelees en probeer help 8) 8)

Dankie manne, ek gaan nou aan die gun werk dat hy reg is vir die volgende seisoen as die duiwe vlieg>

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by NicoSmit »

Ek het ook 'n enkelskoot Baikal en na 'n dag se skiet kan jy jou skaars uit die bed lig so seer is jou skouer . Ek stem saam daardie geweer skop die wit waks uit 'n man
Last edited by NicoSmit on Mon Aug 06, 2012 5:17 pm, edited 1 time in total.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by afriventure »

Peet

Gewoonlik is dit genoeg as jy een "recoil pad" dikte korter gaan - jy het nie een op nie, so kry een en maak dan die kolf 2 keer die dikte korter en sit hom op, dit sal werk
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Pas van haelgeweer

Post by Vlakvark »

Peet wees versigtig vir kolf korter maak vir elke 1/4" wat jy agter afvat kom jou gesig 1" nader aan die agterkant van die geweer so doen dit 1/4" op 'n slag om veilig te wees
Image
Image
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Beretta »

Vlakvark
Dit is presies hoekom ek oor die recoil pad gepraat het as jy hom afhaal en dan pas dan word daar tog niks gesny nie.
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by afriventure »

Peet nog beter idee ek het 'n 410 double Boito - hy en die Baikal is omtrent eenders, bel my dan bring jy joune en kom meet die 410 en hoe hy jou pas dan maak dit makliker, die 410 is korter as die 12br.

Johan
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Christo »

Vlakvark wrote:

Peet hier is die een wat ek vir jou wil wys
http://www.youtube.com/watch?v=jLLnGM3D ... re=related
Vlakkie, dankie vir die een, baie goed vanaand geleer.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Pas van haelgeweer

Post by Pvdw »

Peet wees versigtig vir kolf korter maak vir elke 1/4" wat jy agter afvat kom jou gesig 1" nader aan die agterkant van die geweer so doen dit 1/4" op 'n slag om veilig te wees
Noudie dag die een ook raak geluister by iemand. Dit maak geen sin nie maar tog is dit so.
bel my dan bring jy joune en kom meet die 410 en hoe hy jou pas dan maak dit makliker, die 410 is korter as die 12br.
Hi Johan, jou lank laas hier gesien ;D ;D ankie vir die uitnodiging. Ek sal dit opneem en jou laat weet.

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply