Case trimmer

User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Case trimmer

Post by Monrique (SJ) »

Dagse almal

Ek het bietjie raad nodig asb. Ek is in die mark vir n trimmer, watter "brand" stel julle voor en hoekom sal hy so lekker werk??  Ek weet julle manne sal my sommer goeie raad kan gee!!


Groetnis 
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Case trimmer

Post by Danie01 »

SJ, ek sal ook graag saam wil luister, op die oomblik werk ek met Lee case trimmer en dink maar net om akkurater te werk, sal n mens beter toerusting moet h?. Of sal jul ervare manne s? dat die Lee case trimmer heel voldoende is?

Groete
Danie
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Case trimmer

Post by DWB »

Ek het net nou die dag raakgelees die Lyman Accutrimmer was van die manne blykbaar nie meer gelukkig nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Case trimmer

Post by Monrique (SJ) »

Danie01

Ek gebruik daai selfde trimmertjie, my vingers hou dit nie meer lekker nie. So 100 doppe op n slag vreet aan hulle.

Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Case trimmer

Post by Arnold »

Ek moet self ook nog een kry en op my lysie is daar 'n Wilson trimmer.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Case trimmer

Post by Hein M. »

SJ

Het dan vir jou gewys pel... 

[img width=560 height=204]http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... Cutout.jpg[/img]

Larger stop screw adjustment from 3/8" (old)  to 1/2" (new) with increased width on Stop Nut.  Makes for a firm stop.
Major adjustment in the Stop Screw and fine adjustment by increments of .001 with the Micrometer
Polished Nickel Handle
LE Wilson manufactured Thumb Screw added to stop
Made in the U.S.A. with American Steel

Ek het van Lee af na die Wilson ge-upgrade.  Soos 'n vakansie by die see.  Hierdie trimmer se voordeel is dat hy die dop stabiel hou sodat dit nie sywaarts beweeg in die snyproses nie. 

S&O is Wilson se verspeiders in SA.  http://lewilson.com/dealerlinks.html , alhoewel ek dit nie meer op hul website sien nie.

Net my 2c

Mooiloop!

Hein
Last edited by Hein M. on Tue Oct 04, 2011 9:57 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Case trimmer

Post by pietjacobs »

Laat weet asb as iemand 'n Wilson kry. Ek soek ook nou al 'n geruime tyd na een maar kry nerens stok nie.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Case trimmer

Post by DWB »

Wat kos die wilson goedjies?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Case trimmer

Post by Hein M. »

DWB

Ek het laasjaar myne by S&O gekoop.  Wat nice is, is dat jy die verskillende dele van die trimmer apart kan koop.  Ek dink dat ek vir die trimmer self R750 betaal het en vir die 243 Caseholder (wat die lengte van die dop ondersteun), R250.  Dan het jy die opsie om 'n Sinclair basis te koop waarop die trimmer monteer kan word.  Ek knyp dit sommer in 'n kleinerige skroef vas.  Jy kan ook 'n mikrometer koop  vir presissie verstellings, maar ek beskou ook nie dit as nodig vir my doeleindes nie.

Ek het my huiswerk goed gedoen voordat ek die Wilson gekoop het en was nog nie 'n oomblik spyt nie.  Sommige ouens sny hulle doppe in 'n draaibank, maar daai ding sal nie in my huis inpas nie...

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Trigger Mike

Re: Case trimmer

Post by Trigger Mike »

Manne net my ervaring. Die Wilson of die Sinclair "copy" is onbetwyfeld die beste, maar jy sukkel om hulle in SA in die hande te kry en moet hulle gewoonlik invoer tensy iemand onlangs ingebring het. Hein ek sien jy het joune by S&O gekry laas jaar vir R750 (great koop) maar sover ek weet het hulle nog nooit weer gehaad.  R750 is great koop maar as jy die micrometer en basis bysit kyk jy na oor die R2000 

In my opinie 'n goeie waarde vir geld opsie is die Forster "case trimmer", gebruik een al vir jaar en half en howel nie so akuraat en nie so gebruikers vriendelik soos die twee hierbo (moeiliker om "trim length" op te stel, stel aan die trimmer shaft kant nie die "collet"  soos die wilson as jy die "micrometer" het anders stel hulle dieselfde) kan jy binne 0.002" konstant kom op jou dop lengte sonder moeite. Hy kos minder as die helfte van die bogenoemde twee ($150-$180 sonder shipping customs admin en Vat). Ek het myne vas gesit op my werksbank en het geen "chattering" of enige ander "trim" probleme met hom ondervind. So 2000 doppe al ge trim.  

Die Forster se pilot is ook makliker om in SA in die hande te kry as om die case holders vir die ander twee en as jy alreeds die Forster case inspector gebruik het jy heel moontlik die pilots vir jou kalibers    

Link:
http://www.sinclairintl.com/.aspx/pid=3 ... se-trimmer
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Case trimmer

Post by Frikkie Coetzee »

Manne

Ek het n Lyman Universal.

BLY WEG.

Die hele masjien het eenvoudig te veel speling.

Soek self n Wilson.

Frikkie
Cradock
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Case trimmer

Post by DawieKotze »

SJ - dis ek wat so stupid was om die Lyman Acculine trimmer te koop  >:( >:(  Dis gemors!
Ek wag nou nog vir Lyman om te reageer

Sien hier..

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=4

Ek gaan self nou na die forster kyk. Intussen werk die ou Lee trimmertjie maar sy gat af! ;)
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Case trimmer

Post by Beyers »

Redding se 2400 Die een met die micrometer verstelling werk goed
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Case trimmer

Post by Monrique (SJ) »

Beyers

Thanks, hethom beloer en lyk netjies.

Groetnis
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Case trimmer

Post by Reggie Gerber »

SJ

Ek gebruik n forster case trimmer en hy is heel "user friendly" Jy kan ook die binne kant van jou nekke met hom ream en die "outside neck reamer pas ook op die trimmer wat dit baie maklik maak om neck turning te doen. Jy moet net al die pilots en extra goedjies by koop.
Groete
Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Case trimmer

Post by Monrique (SJ) »

Reggie

Ek kyk hom so mater!!  Moet net budget vir die meneertjie.... ;D

Groetnis
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Case trimmer

Post by Reggie Gerber »

SJ

Ek het myne met al die extras en ander herlaai toeristing by Sinclair international in die VSA gekoop en dit was so 30% goedkooper as local. Bygese met die swak Rand vs Dollar gaan jy dalk beter doen om hom heir te koop. Local is lekker maar n man moet na sy sente ook kyk ;D
Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Case trimmer

Post by Monrique (SJ) »

Ek het aan die begin van die jaar besluit om die Wilson trimmer te koop. Die dop word ondersteun deur n dop houer en ek is baie gelukkig met die trimmer. Dit is voorwaar n BAIE BAIE akurate trimmer.

Groetnis
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Case trimmer

Post by Christo »

SJ, hoe ver verkeerd gaan ons met die Lee casetrimmers?

Ek sit die caseholder in my battery boor en dit vat nie lank nie dan is ek klaar.

Vir nekwanddikte is ek ook aan die soek.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Case trimmer

Post by LUAN »

Ek leen n rcbs trimmer maar vind dat jy maklik die doppie kan laat skeef gaan en ook daardie collet maak nie altyd mooi vas nie. So hoe akkuraat is dit dan nou eintlik? Ek kan net sowel my hand case trimmer gebruik.
vergund
Full Member
Full Member
Posts: 174
Joined: Wed Aug 08, 2012 7:09 am

Re: Case trimmer

Post by vergund »

Ek het n Lyman universal case trimmer  , is nie baie gelukkig met hom nie . Daar is nie baie speeling nie maar met 270 win doppe wil hy nie die dop lekker vas hou nie . Met 303 en 300wm doppe is hy goed.
.303 br no4 mk 2
.22 cbc
270 Sako
300 WM Tikka
357 Mag Ruger GP100
9mmP Ruger P85
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Case trimmer

Post by Hein M. »

Almal,

Ek het vir baie jare met die Lee Casetrimmer gesny. 

'n Moontlike gevaar is die pennetjie (wat deur die flashhole gaan) en wat jou dop se lengte bepaal, met die verloop van tyd KORTER raak - met die gevolg dat jy die doppe te kort sny...  En ja - dit vat moeite en baie meet om die dop oral tot 'n eenvormige lengte te sny.

My redenasie is egter:  Die Lee is beter as niks.  'n Te lang dop is moeilikheid.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Case trimmer

Post by Christo »

Hein, as hy korter word met tyd gaan AL die doppe steeds ewe lank wees.

Ek sal graag dat iemand bv 'n 243 of 7x64 nuwe een meet met goeie vinier en dan vergelyk ek dit met myne wat seker albei baie ver oor 1000 doppe gesny het.

My PMP doppe gaan uit plek voel met iets anders as 'n Lee casectrimmer. Lapua doppe verdien RRoyce.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Case trimmer

Post by Monrique (SJ) »

Naandse Christo

Soos Hein se n Lee trimmer is beter as geen trimmer.

Volgens my en dis net ek is daar nie n beter trimmer as die Wilson nie. Ek het op een slag 200x getrim en gemeet en hulle het BAIE BAIE akuraat gemeet in lengte. EK sien dit net so dat die case holder wat die dop ondersteun baie presies die dop vashou en nie te diep ingedruk kan word nie. Al die doppe wat in een spesifieke geweer geskiet is en in die case holder vasgehou word gaan dieselfde diepe in die holder in. In die geval van die ander trimmer wat net aan die agterkant vasgehou word of deur middel van n pilot opgelyn word, kan onmoontlik so presies wees soos ene wat op die body ondersteun word nie. daar sal altyd n klein bietjie, al is dit ook hoe klein, speling op die pilot wees.

Soos ek dit het wil jy egter jou doppe so haaks moontlik sny en presies haaks is om na te werk. Is mos om nek tension ook te help en te verbeter wat die koeel vashou. Wanneer ek weer doppe trim, sal ek hulle almal meet en weer nadat ek hulle getrim het en die syfers kom deurgee. Dit sal dan n aanduiding gee van die presiesheid van die gereedskap stuk. Ek is egter n baie tevrede klient en geniet die trimmer baie. Elkeen bepaal egter self hoe hy wil maak of wat hy kan koop of graag wil koop. Veral met die minder beter doppe sal ek se om akkurater te laai moet mens die ekstra stappie dalk doen om dit aan te help.

Jy se dat jy wil he iemand moet n 243 of 7x64 dop meet met n goeie vernier en jy sal dit by jou doen, ek sal graag omdat ek dalk nog 1 of 2 243 doppe het, maar dit sal egter nie die ware verskil uitwys omdat die Lee trimmer bv net daai spesifieke lengte kan sny dmv die pilot, maar die Wilson stel jy egter op die lengte wat jy hom gesny wil he. Vir my se dit nie dat die lengte regtig saak maak, dit sal van kamer tot kamer afhang en wat jy dit wil he, maar die haaksheid van die bek van die dop.

Hoop ek dra die boodskap wat ek wil se reg oor.

My zim $

Groetnis
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Case trimmer

Post by DWB »

SJ, Wat prys die Wilson Trimmer?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply