Musgrave aksie kruisverwysings.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan ek is bly om jou hier op die forum te kan ontmoet.
Ek het sommer reeds 'n vraag wat ek 'n antwoord voor soek.
Baie manne op die forum en elders is lief daarvoor om klaar gemaakre kolwe-soos BOYDS- in te voer.
Nou voor jy die bestelling kan plaas is dit belangrik om te weet watse aksie die inleg van die hout moet wees.
Is daar dalk sekere van die Musgrave gewere/aksies wat direk vergelyk kan word met ander bekende aksies?
Indien wel sal dit handig wees om so 'n kruisverwysing te kan kry.
Hoor graag van jou.
Peet

Work to live, don"t live to work
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Hallo Peet,
Ons het die volgende slotaksies gebruik.
1. Die Vrystaat model = Basies dieselfde as die RSA skyfskiet aksie maar met n magasyn. Eie ontwerp en deur LIW vir ons vervaardig, glo nie dit vergelyk met enige ander oorsee aksie,s nie.
2. Daarna het ons die Santa Barbara aksies ingevoer uit Brazil, ons loop en kolf gepas. Die aksie se mates vergelyk met Mauser K98 ontwerp.
3. Ons het toe die Mod 80 ontwerp & inhuis vervaardig. Die aksie het trekke na die Winchester Mod 70 maar deel geen mates nie, dus gaan jy nie so iets kan spec nie.
4. Die Mod 90 is net n "face lift" Mod 80, better uittrekker & algemene toleransie verbetering omdat Musgrave oorgeskakel het na CNC masjineering, so ook hier gaan jy nie oorsee regkom!
5. Die K98 reeks het gevolg en is ou militere Mauser aksies wat ons ingevoer het. Jy behoort beslis hier reg te kom.
Samevatting
As jy dus n Santa Barbara of Mauser aksie geweer besit, behoort jy reg te kom. Die S Barbara aksie kan uitgeken word aan sy veiligheidsknip wat met die duim voorentoe en agtertoe geskuif kan word en sit langs die haanhuls (cocking piece housing)
Ek vertrou ek beantwoord jou vraag?
Groete
Daan

n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan,
Daardie Santa Barbera-aksies is deur Empresa Nacional Santa Barbara de Industrias Militares, S.A. in La Coruna, Spanje vervaardig. Interesant dat Musgrave dit uit Brasilie ingevoer het? Baie kenners het hierdie aksies as goedkoop en minderwaardig beskryf omdat dit destyds (reeds voor 1968) met die investment casting - metode vervaardig is. Tog het bekende fabrikate soos Parke-Halle gewere op die aksies gebou. My Musgrave 243 is ook 'n Santa Barbera, so ek het taamlik rondgesoek vir inligting oor die aksie.
Dankie dat jy jou kennis deel!
Hein M

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Dankie Daan. Ek glo dat ek gekry het waarna ek op soek was.Ek vertrou ek beantwoord jou vraag?
Dus sal die Santa Barbra en die K98 beide Mauser afmetengs te h? en die M80, M90 en RSA is trots Suidafrikaans.
Peet
Work to live, don"t live to work
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Hein,
Jy is reg. Ons moes alle invoere kanaliseer na waar ons vriendelik behandel is. Ons het ook Ego dubbel geweer aksies van Spanje via Brazil ingevoer!
Onthou jy nog die sanksies? Onthou dat Musgrave n vol filiaal van Krygkor was en dat ons altyd onder die vergrootglas gehou was.
Ons het latere jare aktief sake gedoen met verskeie lande, ongelukkig is bestellings en versendings altyd via hanteer!
Die SB/Musgrave 243 was n probleem en ontploffings het wel plaasgevind.......die probleem was die kamer diepte wat foutief was. Die kopspasie is korrek maar die dop steek te ver by die kamer uit! Ons het hulle re-call, maak tog net seker joue is korrek!
groete
daan
Jy is reg. Ons moes alle invoere kanaliseer na waar ons vriendelik behandel is. Ons het ook Ego dubbel geweer aksies van Spanje via Brazil ingevoer!
Onthou jy nog die sanksies? Onthou dat Musgrave n vol filiaal van Krygkor was en dat ons altyd onder die vergrootglas gehou was.
Ons het latere jare aktief sake gedoen met verskeie lande, ongelukkig is bestellings en versendings altyd via hanteer!
Die SB/Musgrave 243 was n probleem en ontploffings het wel plaasgevind.......die probleem was die kamer diepte wat foutief was. Die kopspasie is korrek maar die dop steek te ver by die kamer uit! Ons het hulle re-call, maak tog net seker joue is korrek!
groete
daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan Els wrote: Hein,
Jy is reg. Ons moes alle invoere kanaliseer na waar ons vriendelik behandel is. Ons het ook Ego dubbel geweer aksies van Spanje via Brazil ingevoer!
Onthou jy nog die sanksies? Onthou dat Musgrave n vol filiaal van Krygkor was en dat ons altyd onder die vergrootglas gehou was.
Ons het latere jare aktief sake gedoen met verskeie lande, ongelukkig is bestellings en versendings altyd via hanteer!
Die SB/Musgrave 243 was n probleem en ontploffings het wel plaasgevind.......die probleem was die kamer diepte wat foutief was. Die kopspasie is korrek maar die dop steek te ver by die kamer uit! Ons het hulle re-call, maak tog net seker joue is korrek!
groete
daan
Ek het van die sanksie-storie vergeet... Het nie eens geweet dat Brasilie 'n vriend was nie. Net van Israel.
My 243 is gedurende 1974/75 deur Musgrave vervaardig. Hoe kan ek toets of sy kamer reg is?
Ek het al agtergekom dat die slot styf toemaak met sekere fabrikaat patrone (soos Highland). Het gelukkig nog nie 'n Kaboom gehad nie... Hier en daar het 'n PMP dop by die skouer-nek gedeelte gebars... Maar ek dink dat dit as gevolg van ou doppe is wat dit gebeur het, want ek het met 'n vergrootglas opgemerk dat ander doppe ook daar krakies het.
Dankie weereens pel!
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Hallo Almal,
Ek moet nou versigtig wees om nie paniek te saai met my uitlating oor die Santa Barbara slotaksie nie. Verwys my antw op Hein
Die slotaksies was ingevoer met lope, ons het aanvanklik net die kolf gemaak en gepas. Alle Musgrave gewere is deur SABS getoets deur die afvuur van hoe-druk ammo in beheerde omgewing. Daar is toe gevind dat die 243win hoe druk wys en dat van die aksies ook geswik het tydens toetse. Om veiligheids redes het ons gevra dat die gewere nagegaan moet word. Ons weet mos almal dat die 243win nogal kamerdruk het.
So, jou SB 243 behoort 100% te wees, maar maak maar seker as jy na die dop kyk dat hy nie by sy slagdop- area druk toon nie.
Ons het nie n keuse gehad en moes die slotaksie / loop kombenasie so invoer. Ons het wel alle lope verwyder, opgemeet en herstel indien dit nodig was. Ons het lope buite spec vernietig en nuwe Musgrave lope gepas.
Hein, ek dink jou verwysing dat hulle nie goeie gehalte was mag dalk sy oorsprong he agv die loop gehalte. Nog n onderdeel wat problematies was, was die veiligheidsknip. Sodra die geweer oorgehaal is en jy sit hom op veiligheid, druk n paar keer op die sneller, dan sal jy merk hoe die knip stadig terug beweeg. Ons het dit ook herstel, so miskien was dit die kein maar tog ernstige defekte wat hom n nie te goeie naam gegee het nie. Moet se, die SA mark het nooit negatief reageer oor die reeks.
Mooi bly,

Hi Hein,
Daar is twee maniere sonder om n wapensmid te gaan sien.
1. Verwyder die slot uit die romp, sit n nuwe patroon in die kamer en kyk hoe ver steek die dop uit die loop uit. Die extraction groef behoort uit te steek, maar niks meer as dit.
2. Jy kan nou probeer om die uitsteek gedeelte met n coky pen swart te kleur, maak seker tot teen die agterkant van loop.
3. Verwyder die patroon en kyk of die verskil tussen die swart gedeelte en die diepte van jou bolt face groot is, daar moet nie n groot verskil wees nie. Die swart gedeelte behoor klein bietjie groter te wees anders sal jou grendel agter teen die loop vasdruk.
Indien n gesoute wapensmid in jou area is, neem na hom as jy twyfel.
Hoop nie ek het kat in duiwehok gegooi? Ek is oortuig jou geweer is ok! Die agterkant van die dop, in die extraction groef omgewing sal ook duidelik wys indien die doppe daar bulge.
Sterkte

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Baie dankie vir al die informasie 
Ek is een van die manne wat 'n Boyds kolf ingebring het vir my Mod80 .243. Ek het die Large ring Mauser aksie riglyn gebruik en dis nogal bitter naby. Met minimum werk behoort hulle mooi saam te pas, met 'n behoorlike bedding natuurlik. Die loop profiel pas toevallig 100% met die kolf.
Ek het ook 'n Lytlleton RSA 30.06 met die magasyn kas. Nou wonder ek is dan nou 'n RSA of Vrystaat
Baie dankie vir die kennis wat vrylik gedeel word
Mooiloop
Marc

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Hi Marc,
Jou geweer is waarskynlik n VRYSTAAT! Die RSA was net in 7,62mm beskikbaar en het nie oor magasyn beskik.
Die RSA is ook beter bekend as n "plank" gewee en aanwending was uitsluitlik vir Bisley skyfskiet. Die aksie is ook die wereld vol verkoop, besonders gewild oorsee.
Groete
Daan
Jou geweer is waarskynlik n VRYSTAAT! Die RSA was net in 7,62mm beskikbaar en het nie oor magasyn beskik.
Die RSA is ook beter bekend as n "plank" gewee en aanwending was uitsluitlik vir Bisley skyfskiet. Die aksie is ook die wereld vol verkoop, besonders gewild oorsee.
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Nou laaik ek hom eers
VRYSTAAAAAAAT 
Baie dankie weereens
Mooiloop
Marc
Baie dankie weereens
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Ja, wat meer kan ons se!!!
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan
Van my kant af ook baie welkom by die Jaracl 'familie'. Lekker en interessant om van Musgrave te leer.
Kan jy bietjie vertel wat die verskille op die modelle is asb. Model 2000, Veld model, Vrystaat model en President model.
Groetnis

Hi Sj,
Dankie, ek voel lekker tuis.
Die Veld, Vrystaat en President is almal op die Lytelton aksie gebasseer. Die veld was"plain jane" met min fiterjasies en goedkoper hout, skip-line checkering, die Vrystaat was bietjie beter met mooi fyn checkering of eerder in Afr, ruitwerk, die President het mooi hout gehad, better skokstuk, swart tip op fore-end.
Harde aksies, daar is in die ou dae geglo hard is sterk, ons weet natuurlik beter vandag en die nuwe generasie aksies was eerder taai as hard. My brein sukkel om saam te werk mbt die 2000. Ons het n nuwe generasie Mod 90 ontwerp en die sou 2000 heet, maar met die boodskap van Denel dat Musgrave nie by hul toekomsplanne inval nie, het ons die oorblywende RSA aksies geneem en enkelskoot jaggewere gebou. So in n vorige antw het ek die toekomstige 2000 probeer beskryf, alhoewel die werklike een eintlik n RSA aksie was wat maar net n Lytelton sonder n magasyn is
Hoop ek antw reg?
Mooi bly
Geniet die Weskus, wat n voorreg!
Daan
Dankie, ek voel lekker tuis.
Die Veld, Vrystaat en President is almal op die Lytelton aksie gebasseer. Die veld was"plain jane" met min fiterjasies en goedkoper hout, skip-line checkering, die Vrystaat was bietjie beter met mooi fyn checkering of eerder in Afr, ruitwerk, die President het mooi hout gehad, better skokstuk, swart tip op fore-end.
Harde aksies, daar is in die ou dae geglo hard is sterk, ons weet natuurlik beter vandag en die nuwe generasie aksies was eerder taai as hard. My brein sukkel om saam te werk mbt die 2000. Ons het n nuwe generasie Mod 90 ontwerp en die sou 2000 heet, maar met die boodskap van Denel dat Musgrave nie by hul toekomsplanne inval nie, het ons die oorblywende RSA aksies geneem en enkelskoot jaggewere gebou. So in n vorige antw het ek die toekomstige 2000 probeer beskryf, alhoewel die werklike een eintlik n RSA aksie was wat maar net n Lytelton sonder n magasyn is
Hoop ek antw reg?
Mooi bly
Geniet die Weskus, wat n voorreg!
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Scrappies
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Naand Manne!
verstaan ek dit nou reg as ek se dat die aksie met lyttleton langs die kant geskryf is die vrystaat model is?

22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Ek verstaan so ScrappieScrappies wrote: Naand Manne!
verstaan ek dit nou reg as ek se dat die aksie met lyttleton langs die kant geskryf is die vrystaat model is?
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Korrek reg, soos James sal se!
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan
Ek het ook verstaan soos jy beskryf het dat dit eintlik maar net die kolf was en dit wat daarop gedoen is wat verskil het tussen die "Veld", "Vrystaat" en "President".
Ek probeer die antwoord oor die Model 2000 verstaan.
Dankie vir jou hulp.
Groetnis
Ek het ook verstaan soos jy beskryf het dat dit eintlik maar net die kolf was en dit wat daarop gedoen is wat verskil het tussen die "Veld", "Vrystaat" en "President".
Ek probeer die antwoord oor die Model 2000 verstaan.
Dankie vir jou hulp.
Groetnis
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Korrek, dit is maar soos Std, Delux en seker GT!
Die metaal gedeeltes is 100% dieselfde. Ons het nooit onderskeid getref soos bv loop of akkuraatheid, alle modelle moes perform!
Die metaal gedeeltes is 100% dieselfde. Ons het nooit onderskeid getref soos bv loop of akkuraatheid, alle modelle moes perform!
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan
Ek besit n 3006 in n K98 aksie. My Pa het hom in 1988 by Sen Wes in Bloemfontein gekoop. Ek wil graag weet of dit die Mauser of Santa Barbra aksie is.
Die veiligheidsknip werk op en af en nie voorentoe en agtertoe nie.
Was al die K98 aksies se agterste bases gaatjies dieselfde lengte uitmekaar gewees?
Die rede hoekom ek wil weet is dat ek n picatinny rail op daardie K98 aksie wil monteer, maar is bang dat die bases gate nie gaan ooreenstem nie.Watter fabrikaat vervaardig bases monterings vir die K98 musgrave.
Is die K98 aksies ook beskikbaar gewees in n "long en short" action?
Groete
Muishond

Hi Muishond,
Jy moet asb die agterste gedeelte van die grendel beskryf. Mod 80 se veiligheidsknip sit in die cocking piece en beweeg vorentoe en agtertoe. Sywaards.
Die Vrystaat sinne tel op en af en sit ook in cocking piece. Die Santa aksie sinne beweeg jy met jou duim vorentoe en agtertoe en sit langs die cocking piece. Die monteer gaatjies was geboor vir Williams blokkies. Ek weet Lynx se monteer blokke was dieselfde. N?e, die aksies was almal een lengte.
Gee goeie beskrywing van slotaksie, miskien kan ek beter help!
Mooi bly,
Daan
Jy moet asb die agterste gedeelte van die grendel beskryf. Mod 80 se veiligheidsknip sit in die cocking piece en beweeg vorentoe en agtertoe. Sywaards.
Die Vrystaat sinne tel op en af en sit ook in cocking piece. Die Santa aksie sinne beweeg jy met jou duim vorentoe en agtertoe en sit langs die cocking piece. Die monteer gaatjies was geboor vir Williams blokkies. Ek weet Lynx se monteer blokke was dieselfde. N?e, die aksies was almal een lengte.
Gee goeie beskrywing van slotaksie, miskien kan ek beter help!
Mooi bly,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan
Baie dankie vir die vinnige terugvoer.
Ek moet eintlik n foto opsit, maar is so bietjie dom met dit, ek sal more probeer met my vrou se hulp.
Wat ek wel kan sien is dat die veiligheidsknip bo op en agter die cocking piece sit en beweeg op en af, die teleskoop se agterste bel is eintlik in die pad as ek die roer se veiligheidsknip wil op sit.
n Ander ding wat ek sien is dat die agterste bases blok kort is en dat hy skuins gemaak is sodat as die slot handvatsel opgetel word nie teen die bases stamp nie.Die agterste bases blok het ook n skuinste aan die voorkant om oor n verhewe stuk te gaan.
Die web gee dat die k98 mauser se agterste bases gaatjies nader aan mekaar is as my K98, maar die vorm van die slot op daardie gebied lyk presies soos my k98.
Ek hoop dit al help

Ek is amper 100% seker dat jy n K98 het met n standard Mauser veiligheidsknip. Jy kan n 45 deg veiligheidsknip by n wapensmid laat pas, dit werk lekker!
Cheers
Daan
Cheers
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- hencohugo
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Middag oom Daan.
Lyk my ek en Marc het dieselfde gewere. Die oom by wie ek hom gekoop het, het ges? dit is 'n Delux. Wat maak hom anders as die standard model?
Groete
Henco

30-06 Musgrave De Lux
6.5x55 Howa
222 BRNO FOX
357 Rossi Lever Action
.22 BRNO MOD 2
.22 Norinco Lever Action
.22/410 Stevens
Mossberg 12br Tactical
Beretta A300
SKB 12BR
Beretta Siver Pigeon 12BR
Beretta .22
Star M30 9mm
Glock 19 Gen4
6.5x55 Howa
222 BRNO FOX
357 Rossi Lever Action
.22 BRNO MOD 2
.22 Norinco Lever Action
.22/410 Stevens
Mossberg 12br Tactical
Beretta A300
SKB 12BR
Beretta Siver Pigeon 12BR
Beretta .22
Star M30 9mm
Glock 19 Gen4
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: Musgrave aksie kruisverwysings.
Daan
Baie dankie, maw ek het n K98 Mauser aksie.