Musgrave cutom gewere

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by matewis »

Daai 375 is ordentlik! Regtig besonderse stuk geweer.

Help my gou, is daai kolf op die 300 nie links nie?
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Monrique (SJ) »

Is links Matewis met n regterkantse aksie.  Daan kan ons vertel of Musgrave links handige aksies gebou het en in watter kalibers dalk.

Dink dis net die .22'tjies wat jy links en regs kon skiet, of sit ek die pot mis?

Groetnis
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Daan Els »

Musgrave het nie n linker handse aksie gemaak nie, behalwe die .22Lr Ambidex soos tereg genoem deur SJ.
Indien n klient n linkshandige aksie wou he, het ons Sako gebruik, maar slegs in custom gewere, of n lever aksie soos Ruger no1
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
welver
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sat Mar 17, 2012 10:47 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by welver »

Daan, dis die heel eerste foto,s wat Deon opgesit het.Hulle is daar.Kan jy dalk vir my se hoeveel van daai .22 gemaak is,mens sien nie baie van hulle nie.Nog net een gesien.Stem saam Musgrave,s was in Bloemfotien gebou.Ons noem hulle pre 1996 Musgrave,s

Groete
Jaco
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Daan Els »

Hi Jaco, ons het wel linkerhand kolwe vervaardig, in produksie en pasmaak, maar nie slotaksies. Linkerhandse slotaksies is uiters skaars en duur agv van vraag en aanbod.
Die Ambidex was net eenvoudig te duur vir sy tyd en moeiliker om te vevaardig as n Mod90. Ek wonder of ons 250 gemaak het?
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Rfourie »

Daan Els wrote: Hi Jaco, ons het wel linkerhand kolwe vervaardig, in produksie en pasmaak, maar nie slotaksies. Linkerhandse slotaksies is uiters skaars en duur agv van vraag en aanbod.
Die Ambidex was net eenvoudig te duur vir sy tyd en moeiliker om te vevaardig as n Mod90. Ek wonder of ons 250 gemaak het?
Groete
Daan
Wie was die geweersmede by die custom gunshop?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by DWB »

Daan,

Ek probeer weer: (300H&H)

[img width=560 height=373]https://dl.dropbox.com/u/65759801/musgr ... 26H%2C.JPG[/img]

[img width=560 height=373]https://dl.dropbox.com/u/65759801/musgr ... %26H...JPG[/img]

[img width=560 height=373]https://dl.dropbox.com/u/65759801/musgr ... H%26H..JPG[/img]

[img width=560 height=373]https://dl.dropbox.com/u/65759801/musgrave/300H%26H.JPG[/img]
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by blaser »

ou daan
ek deel jou sentiment en is bly jy is nie kwaad vir my nie
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by NicoSmit »

Ek het die nuwe "musgrave "gewere die eerste keer by die Huntex skou gesien en was verbaas oor die "price tag" op die wapens . Ek voel ook dat 'n Musgrave wat hierdie kant van die Vaal rivier gemaak word nie regtig 'n Musgrave is nie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Monrique (SJ) »

Nico

Doen bietjie n search op die forum, ek het laasjaar n topic begin nadat daar aangekondig was dat "Musgrave" weer gaan voortleef. Daar was ook n bespreking dink ek oor die prys van die wapens.

Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Geno »

Daan Els wrote: Musgrave is n Musgrave deur Musgrave vevaardig, punt.
Dankie vir die waarheid!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Hein M. »

Geno wrote:
Daan Els wrote: Musgrave is n Musgrave deur Musgrave vevaardig, punt.
Dankie vir die waarheid!
Ek stem ook saam met Daan

As gewere in 'n fabriek gemaak word, dra dit die fabriek se naam - of die naam wat die fabriek aan die geweer toeken.
As 'n winkel custom-gewere maak, moet dit mos die naam van die betrokke geweer se aksie dra ;)  Of is ek verkeerd?
Daardie winkel maak mos eintlik BRNO-gewere.

Hoewel hierdie gewere uitstekende kwaliteit is, doen dit die Musgrave-handelsnaam verdere onreg aan deurdat die prys dit baie eksklusief maak - terwyl Musgrave destyds gewere gemaak het wat enige jagter / skut se sak gepas het.

'n Mens sou ook wou sien dat die nuwe eienaars van die handelsnaam moeite sal doen om die geskiedenis van Musgrave volledig op te teken en selfs 'n museum in te rig.  Dalk gebeur dit ???

Dit is maar net my opinie...

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Marc »

Geno wrote:
Daan Els wrote: Musgrave is n Musgrave deur Musgrave vevaardig, punt.
Dankie vir die waarheid!
Hein M. wrote:
Geno wrote: Dankie vir die waarheid!
Ek stem ook saam met Daan

Hein M
S? ek ook mos  ;)

Niks teen JJ Wapens nie, MAAR hulle is nie besig om Musgarve's te bou nie punt  :police:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Eugene »

Geno wrote:
Daan Els wrote: Musgrave is n Musgrave deur Musgrave vevaardig, punt.
Dankie vir die waarheid!
+ 1!
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by BLOK »

Soos al gese is voel ek ook oor die nuwe Musgraves dat hulle nie oorspronklik is nie daar is maar net iets anders aan die pre 1996'e, niks teen die nuwes nie, hulle geloer by hunt-x en lyk baie spoggerag. Al wat my afsit is daai naam op die slot, laat dit so amper lyk soos goedkoop advertensie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by blaser »

Wonder  hoeveel het hulle vir  die naam betaal
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Rfourie »

remington wrote: Wonder  hoeveel het hulle vir  die naam betaal
Wie was die geweersmede by musgrave custom?
Daai Frikkie perd sou nie baie betaal het nie.
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Daan Els »

Jammer manne, kon nie gisteraand antw nie! Die "nuwe Musgrave" gaan nie sommer sy plek vind in n uiters kompeterende mark nie. Nou die dag by Blou Meul in Alberton na Howa en ander gekyk en ek is bevrees dat JJ sy pryse sal moet hersien.
Terloops, ek het my hulp aan JJ Frikkie aangebied, maar nou Ja, seker sy reg om te besluit wie hy wil betrokke he.
Eintlik wil ek nie by so iets betrokke raak nie!
Ek het vir James die Pasmaak manne v Musgrave se name gestuur, hoop hy lees die en publish dit sodat almal kan sien.
Tarra
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Rfourie »

Daan Els wrote: Jammer manne, kon nie gisteraand antw nie! Die "nuwe Musgrave" gaan nie sommer sy plek vind in n uiters kompeterende mark nie. Nou die dag by Blou Meul in Alberton na Howa en ander gekyk en ek is bevrees dat JJ sy pryse sal moet hersien.
Terloops, ek het my hulp aan JJ Frikkie aangebied, maar nou Ja, seker sy reg om te besluit wie hy wil betrokke he.
Eintlik wil ek nie by so iets betrokke raak nie!
Ek het vir James die Pasmaak manne v Musgrave se name gestuur, hoop hy lees die en publish dit sodat almal kan sien.
Tarra
Daan
Publish asb sommer die name hier, sal ongelooflik wees, deesdae is elke geweersmid waar jy instap x musgrave. N mens wonder net altyd of dit so is.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by James Wilson »

Hi James,
Musgrave se Custom manne was.
Kevin Healey, Johan Joubert,Johan Morkel, Danie Krause, Nick Kruger, Rogan Reid, Paul Notnagel, Craig Klintworth, Armin Winkler(gravering) Tinus Els (gravering),Smitty (lope), Johan Davies, Bushy Smith, Gerrie Coetzee......sjoe ek laat verseker iemand uit,.......sorry as ek dit doen!

Hierdie was en is n kunstige klomp en dit was my voorreg om hul kunswerke elke dag van my lewe te kon aanskou.
Groete Swaerie,
Daan
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by stephensonsknives »

As n groot liefhebber van Musgrave gewere stem ek saam met een punt . Oom ben musgrave se doel was om n baie goeie jagwapen teen n baie bekostige prys in elke huis te kry. Die huidige prys van die musgraves??? gaan ons stukkie africana nie laat voortleef nie.

EK staan 2 jaar terug met die eienaar en praat of hy nie dalk enige musgrave memorabilia? het vir my vir my versameling. Ek vind toe uit n maand later die manne het die handelsnaam opgekoop. Ek moes my mond gehou het.

groete
Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
User avatar
ELTIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Wed Aug 19, 2009 2:05 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by ELTIE »

Wat van n paar foto's van al daai Musgraves van jou? Sal hulle baie graag wou sien.
Lekker aand
Elton
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Daan Els »

Ag manne,
Sorry, my hele wereld raak omgekeer as ek die plastic nagemaakte Musgrave storie hoor!
Daan
Original Musgrave -
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
welver
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sat Mar 17, 2012 10:47 am

Re: Musgrave cutom gewere

Post by welver »

Daan,ek het weer jou hulp nodig.Ek het gister n musgrave gesien waarvan die aksie vir my vreemd is ,het ongelukkig nie n foto nie.Die loop is gemerk Musgrave&Son Bloemfontein,die aksie gemerk Rep of South Africa,die slot het n claw-extractor en die bolt release is die selfde as n mod 80,die kaliber is 308 win,en reeks no begin met BO.

Dankie
Jaco
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave cutom gewere

Post by Daan Els »

Jaco, klink na n Vrystaat aksie, Vrystaat, RSA, Mauser het almal die klou uittrekker, maar die beskrywings laat my voel dit is n Vrystaat.
Groete,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Post Reply