Ek het verlede week en Maandag terug gekom van Cape Vidal en my seun (Jian) het my klaar gemaak om ook te gaan visvang. Nou ek is nie 'n varswater persoon wat lief is vir papgooi nie. Die enigste varswater vis wat my bellangstelling prikkel is tiervis en bass. Ek het 'n geheime dam tot my beskikking so 65km van Klerksdorp wat vrot is van die bass. My seun het nog nooit gaan visvang en ek besluit die tyd het aangebreek en ek reel met die eienaar. Ek en my vriend stop daar vandag 15H30 met die seuns en wat 'n lieflike dag was dit nou nie. Jian vang sy eerste bass van 1 kg en volg met nog twee van 1kg en later met nog een 'n bietjie kleiner. Ons het vier stokke tussen ons in die water gehad en daar is in totaal van 37 bass gevang. Al die vis is in 'n besondere mooi toestand en ook 'n lekker grootte. Ek het nou lanklaas so lekker vis gevang in my lewe.
Foto's 1 & 2 : Jian met sy eerste vis
Foto 3 : Jian met nog een
Foto 4 : Myself met 'n mooie
'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Mooi Ian,
Ja, so bass trip met jou laaitie kan lekker wees....jy moet nou nog net daai bass vir hom braai...bietjie "steak&chops" spice, garlic botter en suurlemoen....
HY sal dit in sy lewe nooit vergeet.
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Mooi gevang daar, het myne ook vroeg geleer vang en skiet, dit bly maar lekker om die dinge saam hulle te doen.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Ja, so bass trip met jou laaitie kan lekker wees....jy moet nou nog net daai bass vir hom braai...bietjie "steak&chops" spice, garlic botter en suurlemoen....
HY sal dit in sy lewe nooit vergeet.
Cheers
[/quote]
Cobus
Ek het een bass gefillet en en op die kole gebraai met suurlemoen, sout en swartpeper. Die seuns het dit nou geniet maar jou resep lyk meer aanloklik. Ek gaan dit probeer as ek weer so 'n geleentheid kry.
Goed om van jou te hoor.
Groete

- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Goed gedoen daar, nie elke dag dat mens so baie swartbaars op een dag vang nie! Pa en seun uitstapies is altyd iets besonders, of dit nou visvang of skiet is, bly lekker!
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Wat 'n vooreg, dan loop die vis nog so lekker ook

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Awesome Ian,
Ek het ook op daai size leer bass vang...
Daar is niks lekkerder as om n popper te gooi en hom te werk totdat die water ontplof onder hom nie.
Ek het ook op daai size leer bass vang...
Daar is niks lekkerder as om n popper te gooi en hom te werk totdat die water ontplof onder hom nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Petrie303
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm
Re: 'n Dag wat ek nooit sal vergeet nie.
Dagse Ian,Ian wrote: Ek het verlede week en Maandag terug gekom van Cape Vidal en my seun (Jian) het my klaar gemaak om ook te gaan visvang. Nou ek is nie 'n varswater persoon wat lief is vir papgooi nie. Die enigste varswater vis wat my bellangstelling prikkel is tiervis en bass. Ek het 'n geheime dam tot my beskikking so 65km van Klerksdorp wat vrot is van die bass. My seun het nog nooit gaan visvang en ek besluit die tyd het aangebreek en ek reel met die eienaar. Ek en my vriend stop daar vandag 15H30 met die seuns en wat 'n lieflike dag was dit nou nie. Jian vang sy eerste bass van 1 kg en volg met nog twee van 1kg en later met nog een 'n bietjie kleiner. Ons het vier stokke tussen ons in die water gehad en daar is in totaal van 37 bass gevang. Al die vis is in 'n besondere mooi toestand en ook 'n lekker grootte. Ek het nou lanklaas so lekker vis gevang in my lewe.
Foto's 1 & 2 : Jian met sy eerste vis
Foto 3 : Jian met nog een
Foto 4 : Myself met 'n mooie
Ek het groot geword lanks daai dam, was omtrent so oud soos jou seutjie toe ek daar begin visvang het... My Tannie het jaare terug die bass in die dam gegooi! Shoe, as ek net al die bass kon tel wt ek al daar in my lewe gevang het...
Grootste bass 3.4Kg (14jaar terug) en meer onlangs 2.5Kg...
Ons hou ma die dam "geheim" om die vis te beskerm, daar het al in die verlede mense in spontyd baie bass uitgevang (eers later uitgevind) en bass het jare gevat om te herstel.....
Bly julle het dit geniet, regte dam om jou seuntjie reg te leer visvang!!!
Groete,
Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"