30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Middag almal
My eerste vrae is oor my bestaande musgrave.
Ek het die geweer by my oom ge erf/gekry wat hom van 'n dominee gekry het in ruil vir geld wat hy hom geskuld het.
Ek wil probeer uitvind wanneer die geweer gemaak is.
Die serial nommer is die volgende. 3006S980104
Wat ek tot so ver dink is dat dit 'n standaard kolf is met 'n k98 aksie op. die 104 is dan dalk die nommer van die soveelste geweer vervaardig in die reeks? Kan enige iemand dit bevestig of dalk meer inligting daaroor gee?
Ek sukkel bietjie met sy akkuraatheid en is redelik seker die fout le by die kolf wat skeef trek. In die karoo skiet hy lekker maar in die kaap in die winter skiet hy nie so lekker nie... Ek het hom nou ingeboek by Johan Morkel om te bed en te free float.
Sal julle aanraai om sommer terselfdetyd 'n recoil lug in te sit soos baie gewere het?
Ek sal later as ek by die huis is 'n foto van die geweer opsit.
Die twede deel van my vraag gaan oor die nuwe musgraves. Ek het een bestel op huntex vir my vrou maar wonder nou of ek dit moes doen. Dit voel so bietjie of dit maar 'n pasgemaakte geweer is wat deur JJ gemaak is met die musgrave naam op. Alhoewel dit 'n goeie slot ens op het is dit steeds nie 'n bloemfontein musgrave nie.
Ek het na die nuwe Musgraves gekyk en die gewere lyk baie mooi en goeie kwaliteit. Dink julle dis 'n goeie geweer om te koop teen R14000??
Enige en alle kommentaar sal waardeer word!!

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Willem, welkom op die forum!
Ek wil voorstel dat jy jou eers gaan voorstel by nuwe aansluitings, sodat almal weet wie jy is, dan kan die manne sommer maklik jou vrae beantwoord!
Groete

Aim small, miss small
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Dankie
Het myself gaan voorstel, miskien bietjie oorboord gegaan... maar jy sal nou darm 'n idee he wie ek is... :-)
Het myself gaan voorstel, miskien bietjie oorboord gegaan... maar jy sal nou darm 'n idee he wie ek is... :-)
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Nou weereens baie welkom hier!WillemT wrote: Dankie
Het myself gaan voorstel, miskien bietjie oorboord gegaan... maar jy sal nou darm 'n idee he wie ek is... :-)
Ek sien maar die slim manne hou daarvan as nuwe lede hulle eers gaan voorstel, toe dog ek ek laat weet jou maar vinnig
Ek het nie genoeg kennis om jou vrae te beantwoord nie, maar ek is seker Daan Els sal, sodra hy weer aanlyn is, jou daarmee kan help, hy is die ekspert hier op Musgraves!
Groete
Aim small, miss small
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Willem, ek is so bietjie negatief teenoor die Musgraves, dis seker maar een van daardie menslike dinge, en ek gaan probeer om dit uit my antwoord aan jou te los.
as jy nou klaar die geweer bestel het,bly by hom, ek sou dit doen. ek glo nie daar is fout enigsins met JJ wapens se vermoens nie. n pasmaak op n ander plek gaan jou heelwat meer kos.
persoonlik as ek vandag n Musgrave wou maak om so na as moontlik aan die ou Vrystaat musgraves te kom sal die volgende doen.
ek sal heel eerste n oorpronklike Musgrave aksie soek nl mod 80 /90 RSA ens. dan sal ek Bloemfontein toe gaan en vir Gerrie Coetzee of Kevin Heally alby oud Musgrave geweersmits vra om vir my n Musgrave replika te bou. so nou sit jy met n geweer met n Musgrave aksie wat in die vrystaat gebou is deur n geweersmit van die destyds Musgrave fabriek.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
James
Bestel is relatief, ek het nog nie vir hom betaal nie so ek kan dit nog kanseleer. Ek het nog geen serial nommers of sulke dinge nie, so hulle het nog glad met niks begin nie... Het net die bestelling by huntex geplaas... dink nie kanselasie sal 'n probleem wees nie. Die ding is die slotte is oorgekoop van vektor, so daar kan hulle nie regtig iets verkeerds doen nie... die kolf het ek self hanteer en hy voel baie lekker, hulle het ook gese hulle sal vir haar 'n linkerhandse kolf maak op die regterhand aksie. Al wat ek nog onseker oor is, is die loop.. volgens hulle is dit baie goeie en harde lope, maar hoe gaan ek regtig weet??
Ek het maar net gewonder of ek die regte ding doen. Ek was eintlik opsoek na 'n 2de handse musgrave omdat ek graag vir my vrou 'n regte musgrave wou kry, en sy self soek ook 'n regte musgrave, ek soek vir myself ook nogeen. Omdat ons toe nie een kon kry nie het ons besluit om die nuwe een te koop. Die regte musgraves is maar skaars 2de hands, wat nog in 'n goeie toestand is bygese. Miskien moet ek net langer soek?
Dink jy daar is 'n beter keuse as die nuwe musgrave, byvoorbeeld dalk 'n savage of remington of so iets? vir dieselfde geld, rondom R14k...
JJ het natuurlik niks goeds te se van 'n howa nie, weet nie of daar enige stawing van die aantuigings is dat die staal blykbaar baie sagter is nie...

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
O, maar hulle smous tog te lekker aan die Howas?WillemT wrote:
JJ het natuurlik niks goeds te se van 'n howa nie, weet nie of daar enige stawing van die aantuigings is dat die staal blykbaar baie sagter is nie...
http://www.jjwapens.com/huntingrifles.htm
[img width=537 height=480]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Miscellaneous/JJ.JPG[/img]
Goed, beter, 6millimeter!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
willem is die vektor aksiers die k98?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Geno nou maar juis, hulle verkoop dit maar se vir my dis nie goeie gewere nie... so miskien het hulle gesien ek like 'n musgrave so dalk kan hulle my ompraat om liewer 'n nuwe musgrave te koop en dan maak hulle meer geld... ek weet nie.
James die Vektor aksie is 'n K98 sover ek weet of 'n identiese kopie daarvan. Iemand het op 'n ander thread genoem dat dit 'n chegiese k98 aksie is. kan nou nie die details presies onthou nie. ek het hom gekyk en geinspekteur en hy is identies aan my genuine K98...

Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Hallo Willem, jy is korrek. Die is n Musgrave STD K98 en ook die 104st ene. Johan Morkel mag maar en hy sal hom fix, mag hout wees wat negatief reageer op vog. Terloops, Johan is seker een van die beste Geweerbouers in SA, let wel ek se "een van". Die hout op jou geweer is Turkse Okkerneut. Miskien druk hy net verkeerd op n plekkie wat Johan sal uitwys. Stuur groete aan die man asb.
"n Musgrave is n Musgrave deur Musgrave in Bloemfontein vervaardig" Ek glo jy sal genot put uit JJ se gewere!
Groete
Daan Els
"n Musgrave is n Musgrave deur Musgrave in Bloemfontein vervaardig" Ek glo jy sal genot put uit JJ se gewere!
Groete
Daan Els
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Ek het vannaand nou weer 'n ander gedagte gekry... 'n ou wat ek ontmoet het, het 'n 270 musgrave wat hy wil verkoop met teleskoop en silencer op. Hy wil ook sy musgrave 243 se loop afgooi en 'n 7mm tombi op sy rsa aksie bou. So wat ek nou wil doen is om sy 270 te koop en sy ou loop op my vrou se k98 aksie te bou en dan haar 7.62 militere loop wat elkgeval lank verby sy beste dae is af te gooi...
Dan sit ek vir die prys van 'n nuwe geweer met 2 musgraves.... dit klink vir my beter.... ;-)
Dan sit ek vir die prys van 'n nuwe geweer met 2 musgraves.... dit klink vir my beter.... ;-)
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Willem, laat niemand se jou ma het dom kinders groot gemaak nie 
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Willem,
Baie, baie goeie roep daai. Dink ek moet agter jou in die ry klim net ingeval jy van besluit verander....
Groetnis

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
ek wil nou in 'n byenes krap...
ek weet vrystaat modelle is tradiesie. ek weet. ek pas myne soos goud op.
maar, wat maak die nuwe musgrave so sleg?
dis vir my 'n vrek mooi geweer. jy hy is nie rsa produk nie(parte gewys). maar wat maak dit saak? nuwe tradiesie kan mos ontstaan. ek hou hulle vyn dop.
dis in elk geval MYLE mooier as die bont boyts kolwe!
ek persoonlik voel hul het iets goeds hier beet.
nou kan jul my maar pak gee

HOU HOM DAAI DIKTE
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Cassie
Ek stem heeltemal met jou saam! maar 'n nuwe geweer kos jou 'n klomp geld. as die geweer jou 14k kos soos wat ek een in die hande kan kry, dan moet jy tenminste nog 4k bysit vir 'n billike scope en ringe. Nou draai jy al by R18000 wat al 'n stywe bedrag is. As ek nou 'n ander musgrave kan kry wat nog min geskiet het met teleskoop en silencer klaar op vir helfte van die bedrag kan dit dalk ook die moeite werd wees. En die eintlike nuwe prys van die geweer is 16k as jy hom nie by huntex of ander skou bestel nie.
Daai 243 plan van my gaan nie werk nie. Ek het met johan morkel gaan praat en hy se die RSA aksie se skroefdraad verskil van die K98 sin.
Ek gaan elkgeval nogsteeds 'n aanbod op die 270 maak... miskien later jare as ek 'n klompie geld het sal ek die nuwe geweer bestel.

Ok, kom ons laat die son oor anner man se kop ook skyn. Sterkte aan JJ met die herlewing van Musgrave. Ek hou nogal van James se idee, soek n Musgrave aksie en laat die manne in Bloem jou Replika Musgrave bou, maak sin as n ou so naby moontlik aan tradisie, geskiedenis wil bly 
Annersins, loop oop JJ!
Daan
Annersins, loop oop JJ!
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Op die ou end dink ek gaan dit maar baie oor wat jy soek in jou musgrave... Soek jy 'n lekker nuwe geweer, wat ek dink die nuwe gewere van JJ is wel lekker gewere met baie lekker kolwe. Of soek jy 'n lekker geweer maar met die stukkie musgrave geskiedenis...
Ek is opsoek na altwee, so dis hoekom ek vereers 'n ou musgrave gaan probeer opspoor en ook die rede hoekom ek my huidige een vir niks sal verruil nie, ek voel selfs te sleg om 'n silencer te laat opsit omdat ek dit nie oor my hart kan kry om aan die loop te sny nie...
Ek het Vrydag my geweer by Johan Morkel gaan haal na hy gepak is en sal sommer vir interresantheid laat weet of sy groepering verbeter het... Ek kan wel se tot sover dat die werk uiters netjies gedoen is.

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Ek is ook 2 "ou" Musgraves se eienaar, maar wil saamstem met cassie en Daan hierbo. Die "nuwe" Musgrave is baie goed gebou op 'n beproefde aksie, met 'n verbeterde slagpen en jewel sneller. Ek het nie ondervinding van JJ se lope nie so kan nie daarop kommentaar lewer nie. Miskien moet ons hulle 'n kans gee en weer oor so paar jaar praat. Dan kan ons die geweer bespreek.Daan Els wrote: Ok, kom ons laat die son oor anner man se kop ook skyn. Sterkte aan JJ met die herlewing van Musgrave. Ek hou nogal van James se idee, soek n Musgrave aksie en laat die manne in Bloem jou Replika Musgrave bou, maak sin as n ou so naby moontlik aan tradisie, geskiedenis wil bly
Annersins, loop oop JJ!
Daan
Die ding wat egter nie so lekker in my kraag sit nie is........ hoekom hulle die Musgrave naam gekoop het, want daar is net te veel veranderinge aangebring om dit nog 'n Musgrave te noem. Na my mening is dit net 'n baie goeie bemarkings foefie om op die vroe?re sukses van die "ou" Musgrave te ry. Soos hulle koerantjie dan ook tereg opmerk "A famous name in rifles return" Dis net die naam, maar beslis nie 'n Musgrave nie. Hulle het egter die wettige reg om dit so te noem.
Sterkte nogmaals aan die manne van JJ Wapens! Ek het baie gehou van die gewere en sal bitter graag een wou besit.
Groete
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
WillemT
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Sep 26, 2012 11:28 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Dawie
Ek het 'n vraag wat dalk dom kan klink...
Die aksie is 'n K98 aksie wat hulle gebruik, dit is aksies wat van vektor oorgekoop is, dus die aksie is net soveel musgrave as my oberndorf K98 aksie, met sy swastika en arend op, op my ou musgrave.
Die kolf is maar 'n kolf, musgrave het verskeie kolwe gemaak so dus le daar ook nie veel in die kolf nie.
Dit laat ons met die sneller en loop. Snellers is timney wat dieselfde is as van die ou musgraves sover ek weet?
En dan vir die loop. nou hier glo ek kan daar 'n paar drastiese verskille wees. Sover ek weet word hulle lope ook met die button proses gemaak en nie gehammer forge nie. As hulle dieselfde staal gebruik en dit dieselfde behandel ens, is dit dan moontlik om dieselfde loop te vervaardig as wat musgrave destyds vervaardig het, en op die ou end dan 'n geweer te bou wat vir alle praktiese doeleindes maar op dieselfde manier van dieselfde materiale gebou is?
Dis 'n klip in 'n groot bos om te beweer dat hulle dieselfde geweer kan bou, en ek glo die klip gaan 'n paar ou musgrave manne dalk uit die bos kan laat spring, maar as ons sentiment opsy skuif, is dit nie moontlik dat JJ dalk dieselfde kwaliteit gewere kan maak as wat mysgrave gemaak het nie??

Willem
Jy is heeltemal reg wat die aksies aan betref, dis dieselfde, behalwe dat hulle die slagpen van die ou aksies verbeter het om die "lock time" te halveer. Ek het seker verkeerd gehoor toe Frikkie genoem het dat hulle jewel snellers gebruik. Ek is ook nie so seker dat van die ou musgraves 'n timney sneller gehad het nie. Myne het nie. Daan sal hier kan help.
Ek stem dat dit slegs sentiment is wat ons ou Musgrave manne se hare laat regop staan en soos ek ges? het, die gewere is baie mooi en verseker kan die manne gewere bou. Sou net graag wou h? hulle moes hom iets anders noem. Maar dis maar soos bemarking werk.

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
WillemT
Sover ek weet gebruik JJ die VZ24 aksies wat n "Cheggiese" copy is van die mauser aksies is en met n Timney sneller. Die Musgraves het oorspronklik met hulle eie vervaardigde snellers uitgekom, saam met die RSA askies asook die ou militere snellers wat op die K98 aksies gebruik was.
Dis hoe ek dit het en luister graag indien daar ander inligting ook is.
Groetnis
Sover ek weet gebruik JJ die VZ24 aksies wat n "Cheggiese" copy is van die mauser aksies is en met n Timney sneller. Die Musgraves het oorspronklik met hulle eie vervaardigde snellers uitgekom, saam met die RSA askies asook die ou militere snellers wat op die K98 aksies gebruik was.
Dis hoe ek dit het en luister graag indien daar ander inligting ook is.
Groetnis
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Ag ek voel maar so oor Musgrave seker maar oor my 20 jaar verbintenis, hoe anders. Musgrave se ontstaan uit n motorhuis tot n gerekende vervaardiger wat van jaggewere, haelgewere(hulle is ongelukkig in die Marikana aangewend), motoronderdele vir n baie gewilde Duitse motor (ni VW), hardverchroming van militere lope, die oorspronklike reverse engineering op Beretta Mod92 (nou Z88 van LIW) LIW is aangese omdat Musgrave nie die ervaaring en toerusting gehad het om massa produksie te lewer nie.
Ek dink net daar is so n ryke geskiedenis dat dit moeilik is om te ervaar dat iemand n naam Koop en voortgaan.
Hoe dit ook al sy, ek gun JJ die geleentheid en ek sou wou sien dat hulle n bekostigbare geweer vir Suid Afrikaners maak, dit was immers Musgrave se missie! Maar hoe jy nou n Howa gaan klop is n ander storie.
Pasmaak gewere kan jy verseker van die beste in die wereld hier in SA laat bou. Ons geweerbouers (hulle is nie wapensmede nie), daar is n duidelik verskil, maar tog naby, is van die beste. Ons het oor die hele Europa geskou en net altyd lof gekry.
N?e ons het nie Timney gebruik nie, as ek reg onthou was dit Era? Hier in SA vervaardig en n baie goeie sneller.Timney is wel op ons pasmaak gewere gepas!
Cheers,
Daan
Ek dink net daar is so n ryke geskiedenis dat dit moeilik is om te ervaar dat iemand n naam Koop en voortgaan.
Hoe dit ook al sy, ek gun JJ die geleentheid en ek sou wou sien dat hulle n bekostigbare geweer vir Suid Afrikaners maak, dit was immers Musgrave se missie! Maar hoe jy nou n Howa gaan klop is n ander storie.
Pasmaak gewere kan jy verseker van die beste in die wereld hier in SA laat bou. Ons geweerbouers (hulle is nie wapensmede nie), daar is n duidelik verskil, maar tog naby, is van die beste. Ons het oor die hele Europa geskou en net altyd lof gekry.
N?e ons het nie Timney gebruik nie, as ek reg onthou was dit Era? Hier in SA vervaardig en n baie goeie sneller.Timney is wel op ons pasmaak gewere gepas!
Cheers,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
As ek reg nagevors het, het my Santa Barbara K98 'n Parker Hale sneller? Hy het 3 stel skroefies - een vir snellerdruk, deurvolg en voortrek elk.
Daan - kan jy dit miskien bevestig asb?
Daan - kan jy dit miskien bevestig asb?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Ons het hul ingekry met die sneller gepas, mag dalk so wees. Die spanjaarde kon dalk ge-copy het?
Daan
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 30 06 Musgrave asook nuwe Musgrave
Cassie, die punt wat jy maak is werklik van waarde. Ek het om eerlik te wees al vroeer verwag iemand gaan jou standpunt in neem. Hoekom? Want wat in wese kan dan fout wees met hul produk? Teensy hulle foute maak kan ek nie sien dat jy n swak produk by JJ gaankry nie. As jy my eerste antwoord op hierdie topic gaan lees sal jy sien ek het gese as ek Willem was sal ek hou by my bestelling by JJ. So in wese het ek nie n probleem met hulle as wapen bouers nie. In teendeel ek admireer hulle dat hulle die savvy gehad het om die Musgrave naam te koop. Dit. Is niks minder as vindingryk nie. Daarvoor alleeen moet hulle krediet kry.
Wat ek maar probeer se het aan Willem is dat as jy vandag n Musgrave wil he(iets wat as ons eerlik wil wees nie tegnies moontlik is nie) wat gaan die naaste wees aan n ware Musgrave die een van JJ wat die musgrave naam op papier het of een wat n unieke Musgrave aksie het wat deur n Voormalige Musgrave geweer bouer gemaak word.
As ek vandag die Musgrave naam besit sal ek nie EEN geweer bou nie. Ek sal net die gepanteteerde aksies van Musgrave gebou het en plaaslik sowel as internasionaal bemark het. Hierdie stuk oor die absolute uniekheid van Musgrave word flat ge-ignoreer deur JJ. As jy iets so uniek soos Musgrave koop as Africana geskiedenis dan sou ek graag wou sien dat jybesef jy koop n legacy en nie net n naam wat kan wins waarborg nie.
musgrave is baie meer as net jaggewere, Musgrave het meer as net jaggewere gemaak. Musgrave was deel van n totale plan in nood om die ou RSA te beskerm. Inovasie op militere gebied het tot deurbrake gelei waaroor nou nog net gefluister word.
Askies oor my relaas,ek
admireer JJ vir inovasie, net jammer hul plan het gestop by namedropping