Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Nee herder ouboet, net nie Harties nie. Schoemansville dompel al jare lank hulle rou riool daarin :-( Jy kan op een plek met die boot daar tussen die drywende papier gaan rond ry...
Ek doen nie eintlik die papgooi ding nie, maar is verslaaf aan flieghengel, my gunsteling plek is die Karringmelkspruit met lekker lewindige forrel en dan die oranje rivier met sy groot geeles.
So praat 'n man wat so pas terug is van die Oosweer-geteisterde Hentiesbaai af! Glo jy het veilig gery Christo, maar waar in Henties vang jy die varswater vis? Op skool was my spot daar in die ou Omaruru-mond, by die golfbaan. Daar is 'n kortgat waar jy oor die riete en water moet slaan, redelik na aan die see. Het op my laerskool-dae meer as een varswater vissie daar gevang (as die kwaai Omies van die golfbaan my nie verja het nie)
Ek verkies egter maar die see en vermoed dit is wat jy wil s?.
Hier is wat gebeur as jy 'n paar jong knape toelaat vir 2? uur se visvang. Dit is hier op die plaas.
Net 'n paar gehou vir viskoekies. Res vir 'n ander dag teruggesit. Die dam is vol, PROPVOL, van karp. Die grootste een was so 5+kg gewees wat al gevang is.
Christo
Last edited by Christo on Sun Jul 04, 2010 9:37 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Christo, jy moet meer van die jonges uithaal, dan sal hulle groter word. n Dam wat oorstock is, is nie goed vir die grotes nie. Karp teel in elk geval so vinnig aan, dat dit amper onmoontlik is om hul met n visstok uit te roei, waar daar beheer oor n dam is.
Die foto's laat my sommer terugverlang na my kinder dae waar my pa ons ook vir so paar dae by n dam gaan aflaai het met net die minimum kos en geen fancy tent. Net n seil, n sakkie meel, sout, en n blikkie of twee. Ons moes self sorg vir die kos. Man, was dit lekker dae!
Hier was reeds so paar damme wat totaal opgedroog het tydens droogte tye en 2 jaar later is daar weer 'n klomp karpe. Die damme voed nie in 'n rivier waar hulle weer van bo in die rivier gestock kan word nie. Ek is seker die eiers of visse oorleef in die modder al is die bolaag totaal uitgedroog.
Na so een droogte en warm weer het daar letterlik 1000'de karpe op die wal gele wat gevrek het. Daar was toe reeds vis uitgevang met hand deur die werksmanse dat hulle dik vir vis was.
Bly pter om hulle te vang.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ons doen maar die Dullstroom, Carolina ding !!!!
Ek hou ook van die pap gooi een maar dan sit ek gewoonlik nie aas aan nie, vat `n leunstoel en ontspan met `n biertie in die koelte langs die water !!
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
Aangesien die 'n varswater seksie is gaan ek s? Vaaldam, op private grond natuurlik Die plek is net deurtrek met die graskarp en mens kan maklik tot 60 in 'n goeie sessie uithaal. Hier is paar mooi babers wat ek al kon aantre?
Geno, Harties is tops, net jammer die goeie hengelgronde daar word of verkoop of oorgeneem deur die skelms!! Gunsteling plekke is De Rust heel regs amper tot by die grensdraad, so net voor die laaste draai is daar so 2 bome teen die water....by daai bome. Roos se Oord regs van die laaste bungalow, gooi vir geel bord oorkant.....
Vaaldam bly koning. Ons groot oewers raak net skaars, met die dat Steyns toe is(beste ooit), en Wilgedraai wat nou ook vir R20 Miljoen verkoop is. Cilliers is 'n pot stront weens die vashaak plek, baie jammer want dis van die lekkerste oewers om by te hengel. Gelukkig is daar nou plase soos Jacky Leonard en Kees v/d Walt (die twee plase regs van Cilliers)wat hulle plekke in stand hou, meeste van ons groot komps gaan nou soontoe....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."