Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post Reply
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Louis Kriel »

Wouter Roets wrote: Carl

Onthou Nosler Partion is basies die oupa grootjie as dit kom by premuim koeels. Hulle het die weg gebaan daardie tyd en die koeel moet nog steeds n ere plek kry. Spoed vang hulle maar baie uit so indien jy hulle nie te hard jaag nie sal hulle jou nie sommer drop nie. Dit is die voorste gedeelte wat die moeilikheid en baie vleisskade gee. Gewigretensie het ek basies gevind op n konstante 60% van die oorspronklike gewig.

Ek is maar n groot mono man en kry bitter goeie resutate met hulle. Loodkern koeel het hulle plek gehad in die evolisie van koeels maar om eerlik te wees is daar maar min van die ontwerpe wat kan kers vashou by die voordele van mono's vir algemene jag.

Groetnis
Wouter
Wouter ek verbeel my Nosler het vir Magnum geantwoord na die forum en het beweer dat die Partitions wat opgebreek het, dalk onwettige namaaksels van die koeels was en heel moontlik uit die Ooste die land binnegedring het.  :-[ 
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Stefan764 »

bex wrote: Daarom is die ander voordele wat die mono my bied bo die ander nogsteeds genoeg om my by my keuse te laat bly.
Bex

Ou maat ek verstaan nogsteeds nie wat hierdie voordele jou in die sak bring nie? Of is daar dalk ander voordele waarne jy verwys wat ek nie raaksien nie? Ek luister graag.

Groete,
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by bex »

Daar is ander voordele van GSC wat nie op hierdie onderwerp van toepasing is nie, soos geen stukkies lood in my vleis , minder vleis skade, laer druk, hoer spoed vir platter trajek sonder koels wat opbreek.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Soos Wouter se , die toetse was dalk nie wyd genoeg gedoen om te bewys dat een fabrikaat beter sal doen as n ander nie (aanhaling van Bex).

Volgens my was die toetse nie 'n ware weergawe nie. Jy kan nie en dowel teen die kant skiet en 'n ander deur die middel nie. Natuurlik gaan een meer deflekteer as die ander.

Skiet teen 45grade deur presies dieselfde medium, en kyk dan wat gebeur.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Koos Barnard »

Naands?
Ek erken dat my toetse nie 100% wetenskaplik was nie, maar die doel van die toets was nie om in hoofsaak die koe?ls teen mekaar te probeer afspeel nie. Miskien moet jy weer die resultate gaan bestudeer Chevvy. Sommige koe?ls wat die dowels nie presies in die middel getref het nie het min gedeflekteer, ander weer baie. Waar die koe?ls die dowels te liggies getref het, het ek die resultate herhaal. Met die dun 8mm dowels het dit weinig verskil gemaak of die koe?l presies in die middel tref of net effens van die middel af of in die helfte van die dowel. Ek het nie probeer bewys dat koe?l A beter as koe?l B is nie. GS se mense het dit duidelik en onomwonde gestel dat hulle koe?ls nie tuimel nie. Dis daardie claim wat die toets weerl? het. Maar let tog asseblief op die toets het nie oor GS gegaan nie, dis Gerard wat die groot bohaai kom maak het. Ek sal beslis die .375 GS koe?ls op hulle specs gaan laai en ek sal beslis 'n toets doen waar ek net die resultate neem van die koe?ls wat presies in die middel tref en ek sal dit weer hier kom plaas, wat ookal die resultate. Let ook op dat die .380gr .375 koe?ls wat die dowels presies getref het baie gereflekteer het. Ook dat die eerste 380gr Rhino wat die dun dowel off-centre getref het baie gedeflekteer het. Al wat die toets bewys het is dat koe?ls snaakse dinge doen en dat jy nooit kan vertrou wat presies gaan gebeur as opstruksies getref word nie. En wanneer jy in die veld skiet tref koe?ls beslis nie alle takkies presies in die middel nie. My verwysing in 'n ander post dat GS onder die was wat gesneuwel het, het te doen met die feit dat hulle claims maak wat bloot nie die waarheid is nie.

Ek het resultate van ander toetse met al die bewyse wat ek hier kan kom plaas. Ek het in die verlede vele gesprekke met Gerard oor die foon gehad en Koos Biltongjagter het sinnelose lang relase met my gevoer oor koe?lprestasie ens, ens. En wat jy ookal s? hhulle moet altyd die laaste s? inkry. Dis dinge waarvan Forumlede niks weet nie. Ek het by verskeie geleenthede bewys dat hul koe?ls wel soms vleis mors en nie altyd niks of bitter weinig mors soos hulle s? nie. Ek het 'n pragtige bewys met foto hoe hulle koe?l in 'n bok getuimel het. Daardie foto het in Magnum verskyn. Dit het byna ten volle gepenetreer en die skag het by die bok se vel uitgesteek. Hulle het my nooit daarop geantwoord nie. Dit was 'n .30-06 koe?l wat teen 3160vps geskiet is. Glo my ek het baie informasie met bewyse wat ek kan plaas as ek wil.

Ek het nooit ges? GS is 'n slegte koe?l nie. Hulle doen uitstekend, maar hulle voldoen nie aan die onrealistiese claims wat die vervaardigers in ons kele wil afdwing nie. Julle sal sien elke keer as iemand 'n openbare challenge rig aan GS dat Gerard dan bloot antwoord hy het die toets in die verlede gedoen en stel nie belang om dit te herhaal nie.

Dis glad nie my doel om 'n nuwe argument te ontlok nie, ek het in die hele ding neutraal gestaan. Ek is net siek en sat vir die gedurige gesanik, dit kom van baie ver af.
Mooi loop
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Pvdw »

Manne ek sien baie positiewe en negatiewe terugvoer teenoor Koos se toets. Darm meer positief sien ek. Ek het ook nou nie als gelees nie.

Daar is baie raad, kritiek en voorstelle. Koos het tog al gemeld dat die nie die Alfa en Omega van toetse is nie. Tog het hy probeer om 'n begin te maak oor 'n saak wat baie oor gepraat is die laaste tyd.

Wat daarvan as iemand anders wat nie tevrede is met Koos se toets nie dalk so 'n toets vir ons doen op sy manier. Ek probeer nou nie snaaks wees hier nie maar net miskien sien ons intersante resultate uit daai ander toetse wat gedoen word. Elke man kyk mos anders na 'n probleem.

Enige vrywiligers daar buite, al is dit net met 1 kalibber??

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by grumpy »

Ek persoonlik dink nie die toetse kan gekroek word nie. Jy kan nie kies waar jy die takkie of grassie wil skiet nie. Dit gebeur net! Dis is net bewys soos Vlakvark se Newton se gewig. As n beweginde voorwerp getref word deur n ander voorwerp wat in n verskillende rigting beweeg gaan daar verandering plaasvind deur die 2 voorwerpe. Dis net dood logies. As jy met jou kar ry en ek stamp jou aan die kant dan gaan jy in n ander koers beweeg en die spoed gaan ook beinvloed wees.

Logika.

Ek kan nie sien dat KB enige iets verkeerd gedoen het om die een punt beter te bewys teen n ander een nie. Hy het die toetse gedoen op n regverdige manier en ek aanvaar dit so.

>:(
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Oom Koos, ek en baie van die ander ouens hier het jou reeds bedank vir al jou moeite en ek wil jou graag weer bedank! Ek dink nie enige nugter denkende mens hier op die forum trek enigsins jou integriteit in twyfel nie en aanvaar dat jy geensins een vervaardiger bo 'n ander bevoordeel/benadeel het nie!

Eks is van die opinie dat geen sodanige toets, elke moontlike senario in die jagveld kan naboots nie en dat mens maar afleidings uit die gemelde toetse sal moet maak.

Die enigste afleiding wat soos 'n paal bo water staan, is dat GEEN KOEEL VRYGESPREEK IS VAN ONBEREKENBARE/ONBEPAALBARE DEFLEKSIE NA KONTAK MET 'N OBSTRUKSIE NIE.

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Koos, ek verdedig geensins een vervaardiger nie.

Ek herlaai nog nie lank nie en lees voortdurend op die forum wat die wyses s? rakende hul persoonlike ondervinding in jagsituasies. Inteendeel, ek gaan hierdie week weer herlaai met die derde fabrikaat koe?l om te sien wat die groeperings is gaan moontlik daarby bly nadat ek waardevolle inligting by van die forumlede gekry het.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by FCLoretz »

Ek sien die toetse is in die maand se Magnum ingelsuit. Sal nogal interessant wees om te sien watse terug voer Koos kry.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by LUAN »

Ja ek sien die artikel in magnum maar ek het dit al klaar gesien reg hier op Jaracal!
Bly om te sien die 150gr Nosler bt het op koers gebly en die bull getref dit beteken ek kan nou deur bosse skiet met hulle ha ha ;D
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Pille »

Middag Almal,

Net gou 'n vragie wat by my opgekom het gisteraand terwyl ek op die skiet-en-skop- kanaal sit en fliek kyk het:

Wat sal die effek van glas op koeelvlug wees? Sekerlik tog ook defleksie? Veral teen 'n hoek. Alhoewel bros is glas mos 'n harde materiaal.

Want op elke 2de fliek sien mens hoe die SWAT- skerpskutters die "bad guy" met 'n fyn uitgewerkte skoot in 'n gebou netjies uithaal, en daai koeel tref presies waar die rooi kolletjie mik, ongeag die glas waardeur hy skiet of die afstand na die "teiken" anderkant die glas.

Ja, ek weet dis net 'n fliek en TV- fiksie, maar die skerpskutters in oorlog- / ontvoering- / terrorisme- situasies word sekerlik in werklike situasies met dieselfde omstandighede gekonfronteer?

Het enige iemand dalk ondervinding / inligting oor dit, want ek reken in hierdie omstandighede is die skiet deur obstruksie (glas) 'n werklikheid.

Sal interressant wees om te hoor.

groete
Pieter
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Lamtjop »

Pieter.
Ek het erens gelees of gehoor, kan nie onthou nie. Dit kan dalk nog hier op jaracal gewees het. Indien daar op iemand agter glas geskiet word, is daar 2 snipers wat saam skiet. Die een se koeel breek die glas vir die ander. Hul skiet saam want wat is die kans hul trek die sneller presies saam.
Groete Tjops
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by James Wilson »

So. 2 jaar terug was daar n gyselaar situasie by Petrusburg. Albei die manne is in die kop geskiet, maar die een is deur die windskerm geskiet. Ek onthou goed dat op die fotos was die gat in die ruit baie baie laag, omtrent net waar die winveers ophou. Die koel het dus van daar n skerp opwaartse kurwe gemaak om die persoon in die kop te kon tref. Die skut moes dit vooraf geweet het. Ek glo die sulks senario's word gereeld geoeffen.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Geno »

Lamtjop wrote: Pieter.
Ek het erens gelees of gehoor, kan nie onthou nie. Dit kan dalk nog hier op jaracal gewees het. Indien daar op iemand agter glas geskiet word, is daar 2 snipers wat saam skiet. Die een se koeel breek die glas vir die ander. Hul skiet saam want wat is die kans hul trek die sneller presies saam.
Groete Tjops
My een pel se pa is 'n taakmag lid. Hy het my dieselfde vertel.
Goed, beter, 6millimeter!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Louis102 »

Lamtjop wrote: .... Indien daar op iemand agter glas geskiet word, is daar 2 snipers wat saam skiet. Die een se koeel breek die glas vir die ander. Hul skiet saam want wat is die kans hul trek die sneller presies saam ...
Ek wonder:  Gaan dit help as hulle nie presies deur die selfde gat in die glas skiet nie?  En hoe werk hulle die paralaks fout uit om steeds die teiken te tref as die teiken so entjie ver agter die glas is?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Geno »

http://www.saf.org/LawReviews/Harper1.html

http://www.theboxotruth.com/docs/thebuickotruth.htm

Laaste post op hierdie link:
http://boards.straightdope.com/sdmb/arc ... 15712.html

"DougC10-06-2003, 07:20 PM
- - - A buddy was a sniper in the marines--he said it partly depends on the glass type, and partly on the angle you are shooting through the glass. Ordinary household window glass can be shot through at any old angle because it is so weak, it hardly matters. The "problem" glass is safety-laminated types, such as automobile front and rear windows, and the glass panels typically used in doors and see-through walls of modern office buildings. If you can shoot straight-through (perpendicular to) laminated glass, it isn't much of a problem, normally--but if you have to shoot through it at an angle, it can deflect a 30-cal bullet enough that a human target standing only a few feet from the other side of it can be missed entirely (this is assuming that the glass is some distance away from the shooter, and the target is sanding a few feet on the opposite side of the glass).....
- The exception when they don't like shooting at all through glass is when the target is wearing body armor--as said, glass often slices up bullet jackets and causes bullets to tumble, and both these things can ruin their penetration through bulletproof armor materials where normally they would sail right through.
~
"
Goed, beter, 6millimeter!
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by johnny »

Oom Koos

+1000  DANKIE

GROETNIS

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Pille »

Dankie Geno, dit was nou interressante leesstof.

"The deflection in all cases was found to be of a random nature, thus introducing an accidental error of indeterminate form"

Die manne in hierdie toetse het dus tot presies dieselfde gevolgtrekking gekom as wat oom Koos Barnard in syne gekry het - nl dat koeelvlug/defleksie onvoorspelbaar is nadat dit 'n obstruksie tref.

Hulle noem wel dat die swaarder ,groter koeels minder gedeflekteer het as die ligteres, want nie in oom Koos se toetse die geval was nie.

Wat is die les- moenie op wild deur takke , bosse OF GLAS skiet nie.... ;D
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Post Reply