Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Wil graag van julle manne weet wat my te staan doen:
'n Geproklameerde pad(die pad loop oor die grond/eiendom van 'n wildboer nie ver van my(4km) en gebruik ek die pad om by bure te gaan jag. Die pad is vir die afgelope 4jaar nie onderhou omdat dit grotendeels deur die afdelingsraad nagelaat is a.g.v. fondse. Na die jare is die onderhoudswerk weer aan die gang en die betrokke pad kan nou nie onderhou word omdat die eienaar van die grond dit toesluit.
Nou my vraag is: "Wat kan ek doen om weer die pad te gebruik omdat dit die korter pad(62km korter heen-en-weer) is en wereld goedkoper maak vir my sak?"
Die eienaar oor wie die grond loop wil nou nie he^ dat ek die pad gebruik nie en dreig my met die hof as ek sou waag om die pad te gebruik. Is die pad sy eiendom?
Lyk tot nou of die man my kredietwaardigheid ondersoek om seker my hof toe te sleep. Julle ken mos die ou gesegde "'n Onbekende vyand laat 'n man rondstaan" is seker nou hier ter sprake.
Mooiloop

Last edited by tafjak on Mon Oct 29, 2012 6:33 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Taffie
Ek is nie n regsgeleerde nie maar sover ek weet sy gat. As hy jou ondersoek kan hy ook sy gat sien. As ek mag vra hoe ondersoek hy jou. Pm my as jy nie op die forum wil se nie. Maar jy moet dit in die kiem smoor dit kan lelik raak.

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Ou Taffie
Dit is nie n lekker een nie. Vir my as leek is n geproklameerde pad daar vir almal om te gebruik so ek sou dink die reg moet aan jou kant wees. Hy mag dit tog nie toesluit nie. Maar nou ja deesdae maak elkeen mos net soos hy wil en nog te meer so as hy geld het.
Waarvoor boere en wildplaaseienaars en mede afrikaners/ engelsmanne/buurmanne /pelle/ ens met mekaar wil snaaks wees as daar reeds oorgenoeg probleme is om mee te stoei gaan my verstand te bowe. Hy bly seker ook nie daar nie.
Sterkte met jou probleem.
Groetnis

yol bolsun
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Maak net seker hy het nie dalk reggekry om die pad laat deprokklameer nie en indien dit steeds n geprokklameerde pad is, kap die slot stukkend en waai vir hom as jy by hom verby ry.
Winners never quit - Quitters never win.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Taffie, dit is 'n probleem ou maat. Ek het ook sulke paaie en hulle is toegesluit. Geen onderhoud sedert moses daar deur is nie, steel, steel en nog steel.
Jou beste plan is gaan maak vrede met die man en bekom ook 'n sleutel vir die pad. As hy kan bewys dat dit nie die enigste toegang tot jou eiendom is nie, en jy die pad gereeld moet gebruik om by jou eiendom te kom nie, gaan jy sukkel.
Hier om ons is baie sulke paaie en hulle is amper almal al toe.
AFRIKA

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Danie Lombard .243
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Geproklameerde pad kan slegs ge deproklameer word as alle party, bure en al die persone in die distrik vir die aplikant toesteming gee om die pad te laat sluit. Daarna word dit geadverteer in alle media wat in die area te vinde is asook in die gazette. Dan moet daar 'n tyd verloop en dan kan die pad geluit word. As 'n pad 'n nommer het soos bv. 'n "S" nommer dan is dit 'n openbare pad. 'n Tersiere pad m.a.w. Daar mag wel hekke op so 'n pad wees. Die hekke moet ook voldoen aan spesifikasie bv. die hekke mag nie op die grond sleep nie. Om 'n openbare pad te sluit sonder die prosedure soos bg. is volgens wat ek weet onwettig. Of so 'n pad instand gehou word of nie is irelevant tot die debat. Al is dit gespoel en on ry baar moet dit steeds oop wees.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Almal
Ja, dit is 'n probleem vir my. Ek is nie direkte buurman nie en wil die pad net gebruik as ek dit nodig het. Ook as die paaie so ongaanbaar word a.g.v. reen en verspoelings. My ouers is bejaard en my pa al 11jaar in 'n rystoel na 'n beroerte en wil ek tog die pad "oop hou" as dit nodig sou wees om dit te gebruik na dringende mediese hulp(sou dit al beskikbare pad op daardie oomblik wees en ook as dit die vinnigste/naaste roete is).
Nou kyk, ek sal eerder die pad gebruik na my bure om hul jakkalse te jag en ook om te gaan kuier. Seker so 20-25 keer per jaar met 'n besparing van so 1200km/jaar net hier.
Die pas is nie ge-deproklameer nie(DR1881), die onderhoud op die pad vergaan nou omdat die hek gesluit is en die tendens waai oor na die res van die pad(die poad dorp toe van ons eiendom is dieselfde pad). Die ou wat die hek sluit ry van tyd tot tyd tog oor ons eiendom na sy grond toe(hy boer elders en is 'n baie invloedryke persoon).
Die vorige eienaar en ek het 'n ooreenkoms gehad om ook 'n sleutel te he^ wat ons gedoen het en alles was dooddollies. Die nuwe eienaar(4jaar al) wil net om die dood nie he^ ek moet die pad gebruik nie en ook nie van die ander buurmanne nie. Hy jhet tot nou al 'n met my in verbinding getree d.m.v. korrespondensie en beskuldig hot en haar, maar sal nooit die eintlike kwelling van my aanspreek nie. Lyk ook of hy nou die korrespondensie aan 'n prokureur oorhandig het, waarin hy my sy grond belet wat ek natuurlik eerbiedig.
Vandag bel 'n persoon of 2 my om uit te vind hoekom die betrokke persoon nou my kredietwaardigheid nodig het, hy het glo by hulle navraag gedoen oor dit. Weet nie of enige ou oor enige iemand sommer sonder lasbrief dit mag doen nie? Soek seker ook 'n paar geraamtes in my kas om my te bribe.
'n Sleutel van die hek, 'n boom-hek/bemande hek of om die stukkie pad af te skort sal mos die ding doen? Wil glo die wild daarop beskerm, die voertuie sal hulle glo oor die drade laat ho^l. Weet ook nie, miskien bang ek poach die goed?
Ek verstaan die probleem van wildstropery en diefstal, maar daar is mos maniere om dit te oorkom sonder die sluit van hek. 'n Hek kan mos nou nie die probleem oplos nie.
Ek weet wat die nagevolge gaan wees as ek ons pad sluit, het ook nie die geld om dit te doen nie al is dit net ek en die betrokke boer wat die pad gebruik. Hy is ongelukkig 'n baie invloedryke persoon met baie geld, maar seer seker is dit mos nou nie nodig om ryk te wees as jy wil "reg" wees nie?
Dankie

Christo
As die man op die grond gebly het was dit geen probleem nie, ek bel hom en hy maak die hek oop. Ongelukkig is dit nie so maklik as hy 150km verder bly nie.
As ek in die volgende dae verdwyn van die forum moet julle weet ek's in die tjoekie.
Sal ook nie wees vir net kom haal nie, sal my teesit!
Mooiloop
O ja, dit is nie my enigste pad na ons eiedom nie, maar dit is die naaste pad na Willomore/George/Oudtshoorn na goeie dokters. Die pad word nie meer onderhou a.g.v. die geslote hek. Ek en my buurman kan ons hekke ook sluit en hy ry 50km ompad na sy eiendom, maar dit wil hy in die "hoogste hof" beveg. Weer 'n bewys dat geregtigheid nooit kan geskied as daar geld gepraat word nie, in elk geval nie in ons land nie en dit is tog so jammer.Christo wrote: Jou beste plan is gaan maak vrede met die man en bekom ook 'n sleutel vir die pad. As hy kan bewys dat dit nie die enigste toegang tot jou eiendom is nie, en jy die pad gereeld moet gebruik om by jou eiendom te kom nie, gaan jy sukkel.
......sou jy reken dat sulke paaie net gesloop word al is daar nut vir ander gebruikers? Tog betaal die mense in die omgewing vir die gebruik daarvan.Hier om ons is baie sulke paaie en hulle is amper almal al toe.
As die man op die grond gebly het was dit geen probleem nie, ek bel hom en hy maak die hek oop. Ongelukkig is dit nie so maklik as hy 150km verder bly nie.
As ek in die volgende dae verdwyn van die forum moet julle weet ek's in die tjoekie.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
henti
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
hi
ons het so geval gehad hier by ons en die wet se n servituut of n geproklameerde pad mag nie eienaar van die grond skade ly nie die eienaar loop nou daai paadjie met die wet maar hy lees nie die wet verder wat die wet ook se nie. As daai hek wat hy toesluit nadelig kan wees vir die bewoners van die plaas of buurplaas as dit kom met mediese of polisie toeganklikheid mag daai hek nie gesluit wees nie tensy dit afstand beheer is of as jy met jou selfoon die hek kan laat oopgaan nie. Dis baie maklik bel die plaaslike raadlid vir daardie wyk , die polisie en jou plaaslike landbou vereniging se LV jy het al daai raad tot jou beskiking sonder enige kostes.
groete
en bygese n sleutel vir die hek is ook onaanvaarbaar vir veiligheids risiko

Last edited by henti on Mon Oct 29, 2012 11:06 pm, edited 1 time in total.
.22 Voere , .22 Hornet Brno , Sako 308 , Baikal 12ga , 1838 hollace and sons voorlaaier , Glock 19 , Winchester 1300
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
tafjak wrote:
As ek in die volgende dae verdwyn van die forum moet julle weet ek's in die tjoekie.Sal ook nie wees vir net kom haal nie, sal my teesit!
Mooiloop
Ait toggie!! Hoop nie dit sal gebeer nie, maar laat weet maar ek sal peanuts deer die venster kom gooi.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Taffie
Jy mag nie 'n geproklameerde pad sluit nie, want dit is gedoen in die belang van die publiek. Die eienaar dink hy het die reg omdat daar 'n alternatiewe roete na die ander plase is. Hy is verkeerd. Ek stel voor jy gaan sien 'n prokureur wat vir die eienaar 'n brief skryf en dreig met 'n hofbevel (vir sy koste)
Moenie self die slot gaan breek nie.
Dawie
Jy mag nie 'n geproklameerde pad sluit nie, want dit is gedoen in die belang van die publiek. Die eienaar dink hy het die reg omdat daar 'n alternatiewe roete na die ander plase is. Hy is verkeerd. Ek stel voor jy gaan sien 'n prokureur wat vir die eienaar 'n brief skryf en dreig met 'n hofbevel (vir sy koste)
Moenie self die slot gaan breek nie.
Dawie
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Danie, Blok aag sommer almal
Dankie dat julle so mooi raad gee, ek waardeer elke greintjie raad en moenie dink ek oorweeg dit nie.
Blok, onthou ek hou van die soort sonder die brommers(rosyntjies).
Mooiloop
Dankie dat julle so mooi raad gee, ek waardeer elke greintjie raad en moenie dink ek oorweeg dit nie.
Blok, onthou ek hou van die soort sonder die brommers(rosyntjies).
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Taffie,
As hulle jou in n sel gooi vra tog net mooi vir die likkewaan dat hy jou een moet gee met n internet konneksie.....net vir ingeval ons sukkel met die jakkies en ons raad benodig.
Neewat Taffie so n pad is daar gemaak met n doel en as dit deur streeksdiensteraad onderhou is, is dit geregistreer en gaan hy binnekort sy slotjie maar moet gaan verwyder en as hy moan oor diere gaan hy nog op eie koste "cattle grids" ook moet insit. Sterkte met jou dinge ons dink aan jou.

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Langebaan Ratepayers and Residents Association v Dormell Properties 391 (Pty) Ltd (11859/2011) [2012] ZAWCHC 50 (8 May 2012)
Legal Position
[19] In LAWSA at paragraph 624 the following is stated about the existence of a public servitude.
"The existence of a public servitude can be asserted by proving vestus or immemorial user. In terms of this doctrine there is a rebuttable presumption that where a so-called public servitude has been exercised by members of the public from time immemorial, such servitude arose by virtue of a valid title even though there is no written proof of the validity of the rule".
At paragraph 627 it is stated that 'public servitudes are not extinguished by non-user
or any form of extinctive prescription'.
[37] I now turn to consider briefly the requirements for a final interdict which are as follows:
37.1. a clear right
In the light of my decision that the general public had a public servitutal right of way over the gravel road, it is my judgment that the applicant has succeeded in establishing a clear right.
37.2. a reasonable apprehension of harm
The applicant has succeeded in establishing that as a result of the closure of the gravel road, the general members of the public have been placed at a great disadvantage and inconvenience that is still ongoing.
37.3. no alternative remedy
There is no other remedy to deal with the ongoing violation of the established rights of the general members of the public.
Conclusion
[38] I therefore conclude and find that the general members of the public are entitled to use the gravel road which was closed by the first respondent on 15 May 2011.
[39] In the result, the following order is made:
39.1. The first respondent is interdicted and restrained from closing the section of the White Road (the gravel road) at Langebaan;
39.2. The first respondent is ordered to re-open the gravel road for use by members of the public and should first respondent fail to do so, that the second respondent do so;
39.3. It is declared that a public servitutal right of way, constituted by ancient use, exists in favour of the public along the route followed by the White Road (the gravel road);
39.4 The first respondent is ordered to pay the costs of this application on a scale as between attorney and client.
Taffie
Ek is ook geen regsman nie, maar is redelik betrokke by groot dorpsontwikkelings en so aan.
Na my mening is die ou net besig om jou te probeer boelie. As die ding hof toe gaan, sal hy tweede kom. Sien die uittreksel van 'n saak hierbo.
Hy kan nie net sondermeer die pad net sluit nie. Hy het geen reg om dit te doen nie.
Sterkte
Jean

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Jean
Jy is reg ten opsigte van 'n publieke servituut, maar onthou dat Taffie gepraat het van 'n geproklameerde pad. So 'n pad word in terme van die wet geproklameer deur die betrokke provinsie se paaie afdeling.
Al wat moet gebeur is 'n hofbevel of interdik. 'n Hofsaak is dus nie nodig nie.

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
KNIP DIE KETTING EN SIT JOU EIE SLOT OOK AAN OOM TAFF!!
Ry sommer vandaar af die "Groot Geel Loper" aka slotknipper ook saam want die blikskottil gaan jou try fop.
Groetnis oom Tafman en MOOI LOOP
Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Ek dink jy kry die Paaie Admin om die pad oop te maak, dis hulle verantwoordelikheid om te sorg dat die publik die pad kan gebruik, al word hy nie gereeld onderhou nie. Skryf n brief aan die Streekingenieur as die Supt te slapgat is. Of gaan sien hulle, ens of wat ook al. N District pad mag nie ontoeganklik wees nie!!!, as dit dieselfde klas is as ons DR. Ons het n Padraad wat sulke gevalle hanteer, vind uit of dit by julle bestaan.Dawie Malan wrote: Taffie
Jy mag nie 'n geproklameerde pad sluit nie, want dit is gedoen in die belang van die publiek. Die eienaar dink hy het die reg omdat daar 'n alternatiewe roete na die ander plase is. Hy is verkeerd. Ek stel voor jy gaan sien 'n prokureur wat vir die eienaar 'n brief skryf en dreig met 'n hofbevel (vir sy koste)
Moenie self die slot gaan breek nie.
Dawie
Ons het nog n geprokalmeerde plaaspad wat nie ondehou word deur die RA, maar mag ook nie gesluit word nie.
Johan Kriel
Okahandja
Okahandja
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Taffie,
Bel my, ek het n grinder en cutting torch. As die hek weg is dan is daar mos nie n probleem? Ek gaan verkoop dit vir scrap metal en kom skiet n bok by jou net om te groet!!!

Bel my, ek het n grinder en cutting torch. As die hek weg is dan is daar mos nie n probleem? Ek gaan verkoop dit vir scrap metal en kom skiet n bok by jou net om te groet!!!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
My hart bloei vir jou Taffie. Ek weet ook dat die wet aan jou kant behoort te wees.
Maar.......
Ek sou graag wou sien as almal wat so lekker wil oopknip 'n plaaseienaar is en dit sneeu, hoe hulle sal reageer as die Sandton 4x4's met die hele familie jou veld en berge invaar, bosse stukkend trap en vuurmaak.
Maar ek en paar pelle gaan nog een Sondag op 'n ou wie se adres van sy nommerplaat gekry is se grasperk uitkamp en gou vleisie braai op rooshout. Daarna seker koffie in die SAPD se kafeteria
Ek het so pad gesluit nadat privateers sommer met 'n trok vragte uie weggery het uit een van die store wat so 10km weg is van my huis af.
Buurmanne hier is gelukkig almal in dieselfde bootjie en gee maklik vir mekaar sleutels.
Maar.......
Ek sou graag wou sien as almal wat so lekker wil oopknip 'n plaaseienaar is en dit sneeu, hoe hulle sal reageer as die Sandton 4x4's met die hele familie jou veld en berge invaar, bosse stukkend trap en vuurmaak.
Maar ek en paar pelle gaan nog een Sondag op 'n ou wie se adres van sy nommerplaat gekry is se grasperk uitkamp en gou vleisie braai op rooshout. Daarna seker koffie in die SAPD se kafeteria
Ek het so pad gesluit nadat privateers sommer met 'n trok vragte uie weggery het uit een van die store wat so 10km weg is van my huis af.
Buurmanne hier is gelukkig almal in dieselfde bootjie en gee maklik vir mekaar sleutels.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Ek het gedink dis net hier in die dorpe en stede wat die ouens so snaaks is met mekaar maar nou sien ek dit gebeur ook met julle boere. Ek kan dit nie glo nie. Watgebeur as hy n veldbrand het? HY sal gou wees om almal te bel om te help en die manne sal dit nog doen ook.
Ons sal sien die dag as hy in nood is en sy buurmanne nodig het!!
WEns so ou kry n kramp waar hy dit nie wil he en sy vingers verander in vishoeke.
Die boere sorg dat ons kos op die tafel kan sit!!!

Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Taffie, you write as if you were me. I have the exact same problem, our neighbours farm in the middle of a group of us and have to enter their farm, 2 ways in may I say, and the road is a procaimed DR ( district road) and they lock the gates. OK, we do not need to go through that often, but if the need arises, then what. They said that they would give me a key so that I could get in to help them fight fires, You can imagine where I told them to put that key..... They eventually agreed to let us put a lock of our own on the chain, but when I ask them to open up so that I can put my lock on, all sorts of excuses come out. I will not give up, think i will have to cut their last link and put my lock on.
Grumpy, these oaks are from towns and not farming stock and that is where all the 'sh one t', comes from, but lets face it, not all townies are like this.
So, Taffie you are not alone in this, we will have to have a couple of coldies on the 30th November

9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Wayne, I have a big bolt cutter as well. It does not only cut chains but can cut ba--s too!!!! 
Leave him, if he has a fire you wait at the gate, I promise you after the fire he will remove the gate completely and not just give you a key!!!
Leave him, if he has a fire you wait at the gate, I promise you after the fire he will remove the gate completely and not just give you a key!!!
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Grumpy, that is exactly what they need, bolt cutter and waiting at the gate. I have often considered locking my gate just to p..s them off, but it would inconvenience me too much, as I have no gates locked on the farm.
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Vir die Regsgeleerdes- Proklameerde pad
Wayne
Ja, gewoonlik die manne wat nie op die gronde of naby bly nie. 'n Slot hou net eerlike burgers uit, skelmes breek dit oop.
Dankie aan al die raad en was ek verbaas toe ek gistermiddag my rekenaar op start en die hulp van verskillende oorde sien. Dit het my regtig verbly om te sien dat dat die jaracal nog omgee en omsien na mekaar.
Op my Pm's het ek toe gesien dat my vermoede ook reg was dat nie almal geldgierig is nie. Dankie manne!