FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Baie netjies Freek, sommer heel klomp honne wat gery het.
Dankie vir jou moeite met die volledige terugvoering, klink of jy daar 'n wenner het.
Sien uit na die video's
Dankie vir jou moeite met die volledige terugvoering, klink of jy daar 'n wenner het.
Sien uit na die video's
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Hier is nog video's wat geneem is tydens die kamera toets. Hoop julle het die inligting interesant gevind en dat dit julle so 'n bietjie van 'n ander uitkyk gee m.b.t toerusting wat aangewend kan word om die predasie probleem effektief aan te spreek.
Daar is hoop m.b.t die antwoord op skelm lig sku jakkalse en een bekombare stukkie toerusting is beslis die FLIR PATHFINDIR. Julle mag maar beslis hierdie opsie oorweeg, veral in dele van die land waar die skelmes dink hulle beheer die boerdery.
1. TOERUSTING WAT GEBRUIK IS TYDENS DIE TOETS
http://youtu.be/YYB_XR4rwUw
2. JAKKALS OP PLUS MINUS 100M GESKIET
http://youtu.be/QekhE3GiU80
3. Boer en sy seun tel jakkals op en is duidelik tevrede met die uitkoms
http://youtu.be/2M8HSUnFpyE
4. Jakkals sirkel die "KILL ZONE" op plus minus 150m tussen lang gras om onder die roeper se wind te kom
http://youtu.be/EY_Zo6hJjP0
5. Twee jakkalse kort op mekaar geskiet - eerste een het my amper aan die slaap gevang...
http://youtu.be/_Pg4zoF_GEY
6. Jakkalse by beeste geskiet
http://youtu.be/x4pQRKF4jNA
7. Jakkals op plus minus 50m geskiet
http://youtu.be/3x279DszMwc
8. Jakkals word in geroep en geskiet
http://youtu.be/qD-H4LQZ2UY
9. Jakkals tussen bosse geskiet
http://youtu.be/xrwmFOypRAY
Glo my, ek gaan hierdie kamera mis aangesien ek hom net lank genoeg gehad het om lekker bederf te raak. Beslis besig om ernstig te spaar vir my eie - hopelik nie te vêr van nou nie.

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Freek,
Dankie vir die volledige verslag. Ekself sit en planne maak om so apparaatjie te kry!
Dankie vir die volledige verslag. Ekself sit en planne maak om so apparaatjie te kry!
Goed, beter, 6millimeter!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Eugene, jy gaan nie spyt wees nie. (punt) Dankie vir die terug voer, die kwaliteit kon seker beter gewees het maar die video editing program is nou nie van die vriendelikste wat ek al in my lewe gebruik het nie. My bes probeer om die boodskap vir julle kyk baar te maak.
So terloops indien enige iemand belangstel of oorweeg om hierdie toerusting aan te skaf. Hier is Yellotec se besonderhede:
YELLOTEC
TEL: 011 656 9111
www.yellotec.com
Julle kan gerus met Tjaard Broodryk of Eugene Horn gesels, hulle help graag. As julle my naam noem of dat julle die inligting hier op die forum raak gelees het, dan kry julle so bietjie afslag.
Groetnis!

- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Hallo Freek,
Jy het ons nou net lekker lus gemaak vir die goed. Ek kyk ook al lankal daarna maar was ook nog onseker oor die effektiwiteit.
Dankie vir die moeite met die video en verslag.
Groete
Johan
Jy het ons nou net lekker lus gemaak vir die goed. Ek kyk ook al lankal daarna maar was ook nog onseker oor die effektiwiteit.
Dankie vir die moeite met die video en verslag.
Groete
Johan
Where He leads me I shall follow!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Plesier Johan! 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Freek
Baie nice goeters darie.
Gebruik jy 'n lig saam met die FLIR? Kan dit aan wees(Lig) terwyl jy die FLIR gebruik? Wat is die vergroting daarvan?
Sou jy takke en gras kan opmerk met net die FLIR? Jagter kan seker maar die plek fynkam met witlig voorad hy begin roep. Nice uitrusting om windafkant te check, veral in moeilike terrein.
Is daar tipe van "blindheid" wat intree die oomblik wanneer jy witlig aanskakel?
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Taffie, gooi jy nou somaar 'n ritz vrae.... laat ons kyk:
1.
2.
3.
Vaste vergroting - 320 x240 pixel Detector, kan mens se liggaams hitte tot op 880m optel (Geen zoom, pralaks verstelling ens,ens,ens nie...)
4.
5.
Beslis die regte ding om windaf kant te check.... veral daai wat so mooi geleer is.
Groetnis.
1.
Ja, hou die lig af geskakel en monitor die beeld op die FLIR se skerm totdat TA inkom en binne skiet afstand is. Skakel dan slegs gedimde lig aan (kan lig sterker en dowwer stel met dimmer soos wat die situasie dit vereis - FLIR kamera bly aan, word nie af geskakel nie - so die 2 werk saam) om Jakkals deur scope te kan sien en raak te skiet. Onthou die hele idee is om die lig faktor so lank as moontlik uit te skakel daarom word die FLIR in gespan om area aanhoudend te scan(nie die lig nie). Die kamera waarsku jou vroegtydig van waar en hoe TA jou bekruip.Gebruik jy 'n lig saam met die FLIR?
2.
Ja - die kamera se werk verigting word nie deur die lig geafekteer nie...Kan dit aan wees(Lig) terwyl jy die FLIR gebruik?
3.
Wat is die vergroting daarvan?
Vaste vergroting - 320 x240 pixel Detector, kan mens se liggaams hitte tot op 880m optel (Geen zoom, pralaks verstelling ens,ens,ens nie...)
4.
Enige iets wat lewe en hitte radiasie uitstraal word met die kamera gesien. Takke en gras word gesien maar straal bitter min radiasie uit - so indien dit gesien word, is dit nie 'n te duidelike beeld nie. 'n Boom of 'n bos word baie meer duidelike geidentifiseer as 'n enkele tak of gras halmpie.Sou jy takke en gras kan opmerk met net die FLIR?
5.
Taffie ek het dit nie so ervaar nie. So my opinie is nee, jy sukkel nie met nag blindheid as die lig aangeskakel word nie.Is daar tipe van "blindheid" wat intree die oomblik wanneer jy witlig aanskakel?
Beslis die regte ding om windaf kant te check.... veral daai wat so mooi geleer is.
Groetnis.
Last edited by Freek on Mon Jan 28, 2013 1:16 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Freek
Dankie vir die antwoorde en as die 3skippe nie sink nie sal ek regtig so iets wil aanskaf.
Mooiloop
Dankie vir die antwoorde en as die 3skippe nie sink nie sal ek regtig so iets wil aanskaf.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Taffie, in my geval sou dit beslis gehelp het as die REIGER, die TEIGER en die DROMEDARIS 'n oordentlike outboard motor in gehad het. Die wind het gaan lê op die see en niemand kan bevestig waar of wanneer hierdie skepe dok nie... 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Dag, dag... uiteindelik na 'n laaaaaang gespook kry ek weer toegang tot die forum. Kon my self amper vereenselwig met Madiba se "long walk to freedom". Selfs beginne wonder of ek van die forum veban is, maar nou ja - lyk darrem nie of dit die geval is nie. Nou die volgende strugle, hoe edit mens jou eie post op hierdie nuwe "state of the art" forum blad? Kan iemand help asb. want ek wil graag die foto's wat ek gelaai het sien en ek glo ander ook...
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Freek
het al jou vids en fotos oppi blaaie reggestel, jy behoort nou alles te sien....
Mooi loop
Francois
het al jou vids en fotos oppi blaaie reggestel, jy behoort nou alles te sien....
Mooi loop
Francois
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Duisend dankies Francois!!! Video's en fotos kan ek nou weer sien... check bietjie bladsy 1 van die topic, daar is nog 'n klompie foto's wat nie wys nie. Kan jy help met hulle ook asb.?
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Sien hulle adverteer die Flir nou in ons Jag tydskrifte ook, Lyk of hulle gewild gaan raak : )
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Marc, dis goeie doepa vir die joppie wat ons doen (predasie beheer). Weet nie watter model in die tydskrif adverteer word nie, myne is nog in sy koevert sal bietjie oopmaak en kyk.
Daar is nie 'n gelyke met FLIR (op hierdie stadium) as dit by IR Kameras kom nie - die ouens bou oordentlike toerusting. Punt.
Daar is nie 'n gelyke met FLIR (op hierdie stadium) as dit by IR Kameras kom nie - die ouens bou oordentlike toerusting. Punt.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Freek.
Net gou 2 vragies: op watter afstand skat jy tel jy n jakkals grootte dier se "heat signature" op, en hoeveel beter is die beeld wat jy op jou skermpie op skietstoel sien teenoor die beeld wat ek op die videos sien wat jy geplaas het.
Groete Tjops
Net gou 2 vragies: op watter afstand skat jy tel jy n jakkals grootte dier se "heat signature" op, en hoeveel beter is die beeld wat jy op jou skermpie op skietstoel sien teenoor die beeld wat ek op die videos sien wat jy geplaas het.
Groete Tjops
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Lamtjop die beeld op die video's doen nie heeltemal reg aan die beeld wat direk op die skerm gesien word nie. Die Pathfinder word uitgereik slegs met 'n kamera en skerm. ek moes 'n multimedia opnemer gebruik om vir julle die voorbeelde by mekaar te kon sit en die beeld se kwaliteit is beslis hierdeur geafekteer maar dit is die beste wat ek op daardie stadium kon doen om materiaal by mekaar te kry om vir julle te wys. Die beeld op die kamera skerm is definitief beter kwaliteit.
Verste wat ek jakkals op getel het met die toerusting tydens die toets was plus minus 350m, maar in dieselfde asem, op daai afstand kan jy nie die jakkals se ligaams bou identifiseer nie. Jy sien slegs 'n wit kol op die skerm wat beweeg. Hoe vêr jy die jakkals gaan kan sien word beinvloed deur die obstruksies in die veld (lang gras, bosse, dooie grond ens.) m.a.w hoe beter jou staanplek, hoe beter sien jy. Jakkals word slegs positief geidentifiseer op afstande plus minus 150m en nader verder as dit waarsku die beeld op die skerm jou dat iets oppad is.
Jy gebruik nogsteeds die lig wanneer gereed om te skiet en ook om finale identifikasie te doen.
Hoop dit antwoord jou vraag.

Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Hello Freek
Interessant man. Sien die silverrado werk nog.
grte!
Interessant man. Sien die silverrado werk nog.
grte!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Ja3 ek strompel maar so nou en dan nog hier rond... begin nou al hoe meer en meer jou voorbeeld volg
Hier is nou vir jou ongelooflik baie raad en geselskap deesdae, jy weet mos ek lees en verstaan stadig. Teen die tyd wat mens reg is met 'n antwoord is die forum alweer 4 hoofstukke vêrder.
Ou Silverado kry darrem nog hier en daar kans om taaiers vuil te maak en kadawers aan te ry. Die grond paaie en veld werk het merke gelos maar ons beur darrem nog voort. Seker al tyd om 'n upgrade te oorweeg maar ek gaan maar moeilik afstand doen met al die herhinneringe wat op gebou is.
Stuur groete vir die gesin. Sal iewer moet tyd maak vir koffie en nabetragting - kleinding is ook seker al groot.

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
freek
die kleiner modelle van die flir sal seker nie werk nie?
bv die wat soos verkykers lyk?
die kleiner modelle van die flir sal seker nie werk nie?
bv die wat soos verkykers lyk?
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Cassie dis nie dat dit nie sal werk nie, elke model kamera werk vir 'n spesifieke doel. Dit gaan meer oor die praktiese sy van beeld monitering. In ons geval (jakkals roep en skiet) is dit moeiliker en meer uitputtend om aanhoudend beeld deur 'n oogstuk te probeer monitor met 'n klyner sigveld terwyl jy die area scan, teenoor die gemak van die skerm beeld by die pathfindir met 'n aansienlike groter sig veld.
Jy gaan die goed koper klyner oogstuk FLIR kameras optel enige iets vanaf R25K en meer, ek spaar eerder bietjie langer en settle vir die pathfinder. Soos genoem iewer in my gesprek hier bo, die pathfinder is gebou om die stampe en stote van 'n bewegende voertuig te hanteer - aansienlik meer robuust in hierdie opsig as enige een van die ander modelle.
Vir jakkals jag vanuit 'n skietstoel agter op 'n bakkie in die veld, is die Pathfinder jou mees ekonomiese en praktiese oplossing op hierdie stadium wat IR tegnologie aanbetref.
Jy gaan die goed koper klyner oogstuk FLIR kameras optel enige iets vanaf R25K en meer, ek spaar eerder bietjie langer en settle vir die pathfinder. Soos genoem iewer in my gesprek hier bo, die pathfinder is gebou om die stampe en stote van 'n bewegende voertuig te hanteer - aansienlik meer robuust in hierdie opsig as enige een van die ander modelle.
Vir jakkals jag vanuit 'n skietstoel agter op 'n bakkie in die veld, is die Pathfinder jou mees ekonomiese en praktiese oplossing op hierdie stadium wat IR tegnologie aanbetref.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Lyk impressive!
-
Cas_varkjagter
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Wed Mar 25, 2026 9:19 pm
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Middag freek
Waar ken ek jou kontak vir meer inligting oor die bosvark skietstoel?
Sent from my SM-A356E using Tapatalk
Waar ken ek jou kontak vir meer inligting oor die bosvark skietstoel?
Sent from my SM-A356E using Tapatalk