NUWE SKOONMAAK METODE

Post Reply
bullseye

NUWE SKOONMAAK METODE

Post by bullseye »

Naand manne
Ek kyk so bietjie rond op die NET.Kom toe af op n jag of loopskoonmaker wat soos dit lyk deur Remmington bemark of vervaardig word.
Ek sal graag by die slim manne wil hoor wat hulle dink, hier is link:  www.squeeg-e.com
Enige iets wat loop vinniger kan skoonmaak hou ek van.

Groetnis
Bullseye.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by PWV »

Bullseye
Kry so 'n ding en dan laat jy ons weet hoe dit werk.

Pieter W.V.
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by JohanP »

Ek hou van die advertensie wat se hoeveel geld ek gaan spaar eelke jaar.
Die stel kos net USD80 = R 700 sonder VAT en Vasseline.
Voer dit in, en sit handelaar wins by, en die stelletjie kos maklik R1200

Ek het laas week 1000 2x4 patches gekoop vir R300.
Die 2x4 sny ek in die helkfte vir my .300 kalibers, en in kwarte vir die .22's...
Ek gaan baie jare moet skoonmaak om 4000 2x4 patches op te gebruik  ;D

My kruit en koeel kostes gaan my bankrot maak voor ek geld spaar op patches  :)
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by THOMAST »

Moet 'n mens  die proppie deur die loop trek van die kamer se kant af, of kan jy hom met 'n skoonmaakstok deurstoot?
Ek's nie mal oor die deurtrekker idee nie. Vir 'n noodgeval ja, maar nie gereelde skoonmaak nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by tripodmvr »

Die deurtrek aksie is nodig soos die prop tans ontwerp is. Wil half dink dat 'n inspuitbuis se rubbers ook so aangewend kan word en dan kan mens hul deurdruk met jou gewone skoonmaakstok. Nou moet jy net die regte deursnee kry en rubber wat bestand is teen die chemikalies wat ons gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by BLOK »

JohanP wrote: Ek het laas week 1000 2x4 patches gekoop vir R300.
Die 2x4 sny ek in die helkfte vir my .300 kalibers, en in kwarte vir die .22's...
Ek gaan baie jare moet skoonmaak om 4000 2x4 patches op te gebruik  ;D

Gaan na jou naaste materiaal winkel en koop flennie by die meter, met R300 gaan jy n hele klompie meter patch materiaal koop, en met R1200 koop jy sommer n paar rolle.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by SV MAD (Henk) »

THOMAST wrote: Ek's nie mal oor die deurtrekker idee nie.
Ek dink nie enige volbloed man is mal oor die deurtrekker idee nie . Die enigste mans wat laaik van 'n deurtrekker idee is daai mans wat bat vir die verkeerde span of meer van blomme as van guns hou...
ek soek nog wapens...
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by PWV »

Stem saam met TomasT.  Al waar ek van deurtrekkers hou is wanneer ek hulle op die strand sien.
User avatar
Herman Huyser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 268
Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by Herman Huyser »

Nee wat, ek dink die enigeste deurtrek wat hier gaan gebeur is dat die loop deur sy gat getrek gaan word. Die ou manier vat langer, maar dit het vir ons voorvaders gewerk, dit werk vir ons. Duurkoop is nie altyd goedkoop nie, nie oor die lang termyn nie. Dink 'n bietjie hoe sterk die chemikalie? in daai botteljie moet wees om alles in een stoke te kan uithaal.
Work To Hunt, Hunt To Live
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by morne smith »

Thomast deurtrekker idee baie sexy
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: NUWE SKOONMAAK METODE

Post by Carl »

Jy is reg Blok ek het R40 vir 1x1m betaal, dis baie lappies. En jy kan sommer 'n stuk afsny vir afvee lap.
Post Reply