Ek is bly om te sien dat die boog manne nie lus is om van mekaar te verskil soos die geweer manne nie.
Lang afstand jag is seker maar 'n persoonlike ding met persoonlike reels. Wat ek die laaste tyd sien en hoor is dat langafstand jag 'n stille dood gesterf het aan die boog kant. Daar is nog steeds manne wat skiet op 50 -60 meter maar hulle is aan die min kant. Met die wildspryse neem ek hulle ook nie kwalik nie.
Die groot verskil vir my tussen boogjag en geweerjag is dat 100m by boogjag baie baie ver is. Dis vir my soos 800m met 'n geweer.
Op 100m is die dier se sintuie nog gespan soos kitaar snare en is nog super skerp. Jy moet jou storie en toerusting ken. 'n Boogjagter is dit nie aanvallend as een man vir die ander boogjagter se dat verskiet oneties is nie. Die manne is meer gemaklik met mekaar se siennings.
Ek is ook bly dat die boogmanne 'n geweerman mooi verduidelik sonder om hom aan te val. Dit bevorder boogjag in die algemeen.
Uit ondervinding kan ek eerlik se dat boogjag die gemiddelde jagter slyp en vorm. Hier moet jy jou dier se habitat en gewoontes goed ken om hom te jag want die afstand is baie korter as by geweerjag.
On ver te jag het verseker risiko's wat daarmee gepaart gaan. Gekwesde diere en gekwesde ego's.
Beperk jou skote tot 'n afstand waar jy baie vertroue het en ek meen vertrou. Jy moet heeldag en aldag jou pyle goed en akkuraat in die teiken kan skiet ongeag wind en weer toestande.
As jy wel besluit jy wil verder as die normale jagter skiet en jag , speel met jou toerusting. Speel met verskillende pyl gewigte, FOC en toets dit prakties. Elke setup verskil want die persoon verkil.
Vra vir hulp by die regte manne en bou aan jou vertroue voor jy besluit jy gaan ver afstande jag.
Onthou een klein geheimpie wat die top manne jou nie gaan vertel nie.---Hoee ponde op jou boog is eerder jou vyand as jou vriend.
Dit tel ook by jag. Skiet 'n setup wat jy en jou ligaam gemaklik mee is. Vir my is dit die begin van 'n etiese boogjagter wat hou by reels en 'n sportman wat gaan wen.

