Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaalsrus)

User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by evdberg »

Jakkalsgat, ek waardeer jou insig en jou mening. Julle manne met die jare ondervinding help ons manne om meer wys te raak, al moet ek jou reg help met wiskunde.... ;D
Met die gesprekke help ons mekaar en bewys die search is nie alkyd 100% nie.
Ek hoop ander manne het ook hier uit geleer.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by Piet Pille »

Goeie more Eugene,

Ek het nou nie jare ondervinding in elandjag nie, maar het wel al paar op my kerfstok.
Enige eland van 400kg plus karkas is groot! Ek wil met Jaco saamstem- bulle van 300-400kg is die norm, selfs hier in ons distrik. Daar is wel van daardie blou monsters wat 500kg plus- karkasgewigte het, maar hulle is skaars (en duur!). Soos ek hierdie post volg, bleik dit dat jy goeie waarde vir geld soek vir die vleis? Ek weet nie of die ander manne met my gaan saamstem nie, maar in my opinie is 'n vet elandkoei baie beter kwaliteit vleis as die bulle. Hulle pryse is gewoonlik ook baie beter. 2 x 200kg koei karkaste gaan vir jou baie beter gehalte vleis lewer as 1 x 400kg bul en jy kan dalk goedkoper wegom. Daar is min (..niks!?) wat vet elandkoei steaks en biltong klop!!

Of selfs dan 1x vet elandkoei met 'n paar rooibokke/blesbokke of 'n BWB sal jou goeie waarde vir geld gee. Ek weet dis elke man se droom om so groot blou-keel te skiet, maar uit vleis oogpunt is 'n koei miskien 'n beter opsie.

Eland jag is vir my seker die lekkerste van alle boksoorte. Jy stap dagbreek op hulle spoor, en die volgende oomblik hoor die takke breek hier voor jou in die bos. Of die klik-klik van die grotes se hoewe terwyl hulle stap... dan bekruip jy saggies hande-viervoet .... maar sien niks.... Die volgende oomblik is jy in die middel van die trop en takke breek reg rondom jou en dis net elande!!!!! Glo my, as jy dink jy's imuun teen bokkoors, probeer die ene! :) ;)

Hoop jy kry hierdie kans van 'n leeftyd binnekort ou mater!

Groete
Piet Vorster
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by evdberg »

Dankie Piet. Soos meeste biltong jagters soek maar die meeste kg vir my rand.
Ek sou oorspronklik n Eland Koei geskiet het, maar toe ek meer oplees en navorsing doen, toe lyk n bul na beter waarde. Ek besef day daai monster blou eland bulle n grootste price tag ophet. Ek sit hom op ys vir eers.
Koeie en Ooie se vleis is maar oor die algemeen lekkerder as n Bul of Ram sin , so ek stem saam dat n Koei n goeie opsie kan wees. Ek wag net vir Jakkalsgat se broer, Stanman om vir my n Pryslys te stuur - hy het n nuwe plaas gekry waar ons kan jag, Baie wild en groot verskeidenheid spesies, dis nuwe eienaars, en daar was 3 of 4 jaar laas daar gejag, so die nuwe boer vetstaan dis tyd on van die diere aftehaal.

Ek sien uit na n eland jag soos jy hierbo van praat, hy sal kom vir my !
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by Eugene »

Naamgenoot, ek het verlede jaar 'n elandkoei met die boog gejag wat 230kg uitgeslag het en het ek R4500 daarvoor betaal. Dit beteken R19.57/kg wat 'n baie goeie prys is vir biltongvleis! Ek het op dieselfde jag 'n springbok(kie) geskiet, wat 11kg uitgeslag het en R550 gekos het, dus R50/kg....

Gaan skiet jou eland, dis goeie waarde vir geld!
Last edited by Eugene on Mon May 13, 2013 7:56 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by evdberg »

Ja née naamgenoot, met daai wiskunde kan n man nie stry nie !
Baie beter waarde vir geld.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by Schalk.vdB »

Ek stem Eland jag is baie lekker. Eland het dit vir my al moeiliker gemaak as Koedoe veral as hulle agterkom jy is agter hulle aan.
Ek het die 2 Suidelike spesies geskiet.............en dink nog steeds die Livingstone is dieselfde as die Kaap se Eland maar net omdat sy strepe meer pertinent is word sy prys baie duurder. Want dan moet die Oos-kaap koedoe ook 'n ander spesie wees.
Maar laat ek nie die storie high-jack nie. Ek het al grotes geskiet maar so groot dat ek 300 kg vleis kry nog nie, tensy die skoot klap en die ander bul nie dadelik weghardloop nie en die skoot aan is.
Maar dan was die volgende 2 jaar se jagte in een jaar ingeprop!
SR = M
Solid rest is equal to meat
stan man

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by stan man »

jakkalsgat se broer stanman het toe die pryse en fotos deur gestuur. ;D
ek is bly ek kon vir eugene uithelp.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by Carl »

Eugene wrote:Naamgenoot, ek het verlede jaar 'n elandkoei met die boog gejag wat 230kg uitgeslag het en het ek R4500 daarvoor betaal. Dit beteken R19.57/kg wat 'n baie goeie prys is vir biltongvleis! Ek het op dieselfde jag 'n springbok(kie) geskiet, wat 11kg uitgeslag het en R550 gekos het, dus R50/kg....

Gaan skiet jou eland, dis goeie waarde vir geld!
MAAR, jy kan 8 springbokke skiet, dis lekkerder as duur biltong.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by Eugene »

Carl, die ideaal is 'n eland EN 8 springbokke, op een naweek! ;)
Aim small, miss small
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Eland Bul gesoek (Welkom/Henneman/Riebeecstad/Odendaals

Post by evdberg »

stan man wrote:jakkalsgat se broer stanman het toe die pryse en fotos deur gestuur. ;D
ek is bly ek kon vir eugene uithelp.
Die Diere, Die Plek en die pryse lyk mooi hoor !
Sal julle manne laat weet wat het als afgespeel !
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
Post Reply