Gunsteling spot

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Gunsteling spot

Post by Geno »

Waar is julle gunsteling spots? Ek vang gereeld by Harties, en daar is lekker vet karpe!
Image
Image
Image
Image

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: Gunsteling spot

Post by JvB »

Geno,


Ek was lanklaas by Harties, het so nare ondervinding daar gehad met die groen water en die stank. Ek verkies eerder Roodekoppies of Klipvoor damme.


JvB
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Gunsteling spot

Post by KSV »

My gunsteling spot is Kwaai Baai.

Kaie Appel Natuur Reservaat, dis die naaste aan ons dorp. al die ander water is nie nader as 200km van ons nie.

Hier is Karp, Baber, Geelvis, Kurper en Bass. O ja waterskilpaaie ook, het ook al een gevang.

Hier is ek en my seun met 'n Bass wat ek een aand gevang het met kunsaas.

Image

Heinie met 'n Bass wat ek gehaak het en hy uitgetrek het. Was omtrent 'n storie om die vis terug in die water te kry.

Image

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Geno »

JvB,

Ja die water is vuil, maar die visse is lekker vet!

Ek bly langs die dam, so dis maar die maklikste om daar te vang.
Ek's nie mal oor klipvoor nie, was eenkeer daar, maar het niks gevang nie...
Goed, beter, 6millimeter!
Fanie

Re: Gunsteling spot

Post by Fanie »

Nee herder ouboet, net nie Harties nie.  Schoemansville dompel al jare lank hulle rou riool daarin :-(  Jy kan op een plek met die boot daar tussen die drywende papier gaan rond ry...
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Yalair »

Ek doen nie eintlik die papgooi ding nie, maar is verslaaf aan flieghengel, my gunsteling plek is die Karringmelkspruit met lekker lewindige forrel en dan die oranje rivier met sy groot geeles.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Christo »

HENTIES, HENTIES, HENTIES, HENTIES

Alternatiewelik ???????????????????

HENTIES

;D ;D ;D ;D ;D

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Louis102 »

Christo wrote: ...HENTIES, HENTIES, HENTIES, HENTIES...
So praat 'n man wat so pas terug is van die Oosweer-geteisterde Hentiesbaai af!  Glo jy het veilig gery Christo, maar waar in Henties vang jy die varswater vis?  Op skool was my spot daar in die ou Omaruru-mond, by die golfbaan.  Daar is 'n kortgat waar jy oor die riete en water moet slaan, redelik na aan die see.  Het op my laerskool-dae meer as een varswater vissie daar gevang (as die kwaai Omies van die golfbaan my nie verja het nie)

Ek verkies egter maar die see en vermoed dit is wat jy wil s?.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Christo »

Hier is wat gebeur as jy 'n paar jong knape toelaat vir 2? uur se visvang. Dit is hier op die plaas.

Image

Image

Net 'n paar gehou vir viskoekies. Res vir 'n ander dag teruggesit. Die dam is vol, PROPVOL, van karp. Die grootste een was so 5+kg gewees wat al gevang is.

Christo
Last edited by Christo on Sun Jul 04, 2010 9:37 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Gunsteling spot

Post by Piet Breedt »

Christo, jy moet meer van die jonges uithaal, dan sal hulle groter word. n Dam wat oorstock is, is nie goed vir die grotes nie. Karp teel in elk geval so vinnig aan, dat dit amper onmoontlik is om hul met n visstok uit te roei, waar daar beheer oor n dam is.

Die foto's laat my sommer terugverlang na my kinder dae waar my pa ons ook vir so paar dae by n dam gaan aflaai het met net die minimum kos en geen fancy tent. Net n seil, n sakkie meel, sout, en n blikkie of twee. Ons moes self sorg vir die kos. Man, was dit lekker dae!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Christo »

Piet

Hier was reeds so paar damme wat totaal opgedroog het tydens droogte tye en 2 jaar later is daar weer 'n klomp karpe. Die damme voed nie in 'n rivier waar hulle weer van bo in die rivier gestock kan word nie. Ek is seker die eiers of visse oorleef in die modder al is die bolaag totaal uitgedroog.

Na so een droogte en warm weer het daar letterlik 1000'de karpe op die wal gele wat gevrek het. Daar was toe reeds vis uitgevang met hand deur die werksmanse dat hulle dik vir vis was.

Bly pter om hulle te vang.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Wismit »

Ons doen maar die Dullstroom, Carolina ding !!!!
Ek hou ook van die pap gooi een maar dan sit ek gewoonlik nie aas aan nie, vat `n leunstoel en ontspan met `n biertie in die koelte langs die water !!


Image

Image
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Geno »

8,2kg karp wat my een pel so rukkie terug by my gevang het.

[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Fishing/100_0649.jpg[/img]
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Reggie Gerber »

Sterkfontein met my 6wt vliegstok
Daai geelvis is groot sports
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Gunsteling spot

Post by Frikkiedbr »

Ek moet ook s? Hentiesbaai is baie lekker. Was nog net een keer daar maar sal baie graag weer eendag soentoe wil gaan.

Vlieghengel is baie lekker, dullstroom - elandskloof en dan ook Sabie in die rivier. Dan ook die vaal rivier vir geles.

Papgooi, vaaldam en vaal rivier is lekker.
Image
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Marc »

Aangesien die 'n varswater seksie is gaan ek s? Vaaldam, op private grond natuurlik  :angel: Die plek is net deurtrek met die graskarp en mens kan maklik tot 60 in 'n goeie sessie uithaal. Hier is paar mooi babers wat ek al kon aantre?  8)

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C03654.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C03671.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C04246.jpg[/img]

Vir vlieg hengel is Frankfort tops, aka Wilger rivier  8)

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00737.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00786.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00767.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... C00788.jpg[/img]
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Marc »

As dit nou in die Soutwater afdeling was  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP1608.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP1564.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP1601.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP1529.jpg[/img]
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Gunsteling spot

Post by Lourens Potgieter »

Geno, Harties is tops, net jammer die goeie hengelgronde daar word of verkoop of oorgeneem deur die skelms!! Gunsteling plekke is De Rust heel regs amper tot by die grensdraad, so net voor die laaste draai is daar so 2 bome teen die water....by daai bome. Roos se Oord regs van die laaste bungalow, gooi vir geel bord oorkant.....

Vaaldam bly koning. Ons groot oewers raak net skaars, met die dat Steyns toe is(beste ooit), en Wilgedraai wat nou ook vir R20 Miljoen verkoop is. Cilliers is 'n pot stront weens die vashaak plek, baie jammer want dis van die lekkerste oewers om by te hengel. Gelukkig is daar nou plase soos Jacky Leonard en Kees v/d Walt (die twee plase regs van Cilliers)wat hulle plekke in stand hou, meeste van ons groot komps gaan nou soontoe....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Gunsteling spot

Post by Jakkalsgat »

Marc

Jou braggat by wie het jy daai R5 ondermaat kreef gekoop, is daai Mthatha Mouth

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Gunsteling spot

Post by Frikkiedbr »

Marc NEE NEE jy maak nie reg met daai mooi krewe nie ???
Lekker man  :)
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gunsteling spot

Post by Marc »

Jakkalsgat wrote: Marc

Jou braggat by wie het jy daai R5 ondermaat kreef gekoop, is daai Mthatha Mouth

Groete
Jaco
Hehehehhee, nee dit is by Hole in the wall. Die Kreef het ons anderkant Koffiebaai gaan haal  8)

Dis darem maar bitter mooi w?reld daai, wat ook nie meer vir lank so gaan bly nie  :'(

Sorry Frikkie  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply