Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hi aan almal
Was op kursus van die groot man(Jaracal),by Louis102 gebly een aand net voor hulle gaan vis vang het.Moet tog vir Louis vra om my
genadig te wees.Sy stoel met die oog gesteel en my 2de een gebou.Die krag plan werk goed,dit wat van die battery kom 12v kry jy by jou lig ook.So paar fotos en dan het hy al sy eers 3 laat val.
mmmmmmm
Bulstoel daai sonder fietejasies en konfrontasies en alterrasies ens...
Hy sal mooi werk. EK hou van die wheelnuts wat ook werk gekry het....
EN ENE EN EN lyk of hy al 15o kg van pure pasie van my sal kan dra met gemak...
Groetnis
JB
Dankie,is baie gemaklik en sal jou vat soos moet.Die stoel saam met my sal vanaand sy kan moet bring.Vriend van my het n proebleem,7
wat ons van weet(een kamp).Dan is hulle nog bo nop geleerd.Die buurman wat hulle so tou wys gemaak het.Tog met genade van bo, dink
ek dit sal vanaand met hulle "naar gaan".
Laaste twee aande nie so goed gegaan nie,was in die veld maar die wind het my my net nie dood gewaai nie.
Het nog nie my geweer gekry nie,so ek is op n geleende yster.25-06 100 gr Hornady SP.Moet se hy maak groot moeilikheid.
As ek tog n keuse moet maak is dit as volg 243, 243 ,243, 243, 243 ,243,bly maar die yster.
nAMIB@RP
Soos jy ouer word sal een van twee dinge gebeur jy sal groter gaan od kleiner gaan ...dan verander jou keuse na bonzai 243 of die 243 se oom die 25-06.. moetie nou antwoord nie...wag so jaar of 10...
Groetnis
Jacques
(jy sien mos wat maak die 25...)
(die bonzai maak dieselfde net vinniger)
Baie waar wat jy praat.Moet nie die ander vertel maar ek het so vir jaar 22-250 geskiet.Laat ek vir jou se was dit n vees.Dan die 25 wat ek nou skiet, baie lekker geweer.2 van die jakkalse het ek 2 m uit mekaar geskiet op 260 m.Tog voel my 243 net vir my reg.Hy ruik lekker,
skiet lekker,le lekker,hou vas lekker so soos jy kan sien dis net n lekker besigheid.Dis wat vir my belangrik is.Tog kry jy nie slegte kal. nie.
Met sommige moet jy net detter bekruip.
Freek.
Ek dink jou en allen se stoel en dan nog so ander manne sin maak nou soos die jakkalse .. ek sien so bietjie inteeling hier en daar.. so kombinasie van al die stoele en uniekheid van elke man agter die stoel hier en daar...Ek slaap lig maar ek loer fluks,,, ek deel net orders uit agv van die 10 duime en gebrek aan swys ondervinding..
Mooi loop
JB
LOL! Ja nee kyk ou Jakes lyk my die manne gebruik die idees om die "tank" beter en sterker te maak. Amper soos oom Koos Meyer se Biologie taak waar hy 'n duisend poot vat en vir hom miskruier vlerke aansit, 'n sprinkaan wat se kop afgehaal is en vervang is met een of ander tor kop ens... Inisiatief is duidelik aan die orde van die dag.
Dit word net beter, ek sal graag wil sien wat nog hier gaan uitval. Pasop dat iemand nie 'n stoel uitbring wat die jakkalse self uitruik nie, of 'n onbemande eenheid wat self mik en skiet, die boer moet net die bakkie bestuur. Dan kan ons aanbeweeg na geweer ko?ls, daar is definitief ruimte vir 'n replika van die hitte begeleide missiel - ons soek 'n koel wat deur jakkalse begelei word. Dit kan mos die werk soveel makliker maak.
Namib@RP daai stoel van jou lyk reg vir besigheid en hy het sommer klaar sy merk gemaak ook. Lekker as 'n plan bymekaar kom en uitwerk.
Jy mik laag met die tegnologie. Die antwoord is 'LAZER' (soos in Star Trek en Star Wars). Dink net, geen geraas en jy trek net die strepie deur ou jakkie en sny hom aan stukke. En hy kan maar hardloop en spring en jakkalsdraaie gooi, wegkom gaan hy nie. Jy kan maar se jy trek sy strepie vir hom.
Man daai tyre idee het ek vir jare toegepas tot ek Alan se idee so half
gekoppie het en belowe jou dit werk Baaaaie beter.
Daai krag kontrepsie lyk baaie nice mag ek koppie of kry ek een om te toets?????
Ek sal glo dat Alan se idee beter werk,sal ook n beter/vaste platvorm verkies.Vir nou gooi sy mooi en as ek nog n bakkie koop is dit maklik
om die verandering te maak.Wat die krag kontrepsie betref,kan maar copy(dis hoekom ek op gesit het) of ek sal kyk of ek nog een in die hande kry.Dit werk bitter goed, glo my.