GESTOPTE VETDERM

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

GESTOPTE VETDERM

Post by Frikkiedbr »

GESTOPTE VETDERM

1 vetderm van Koedoe of Gemsbok
Niere
½ lewer
5ml knoffelvlokkies
2.5ml sout
25ml asyn
25ml worcestersous
Peper na smaak
1 ui in blokkies gekap
Was die vetderm goed af. Dop dit om sodat die vetkant binne is. Plaas dit in ‘n sterk sout oplossing vir 1-2 ure.
Verwyder al die vliese van die lewer en niere en sny in klein blokkies. Voeg asyn, worcestersous en speserye by en meng goed. Bind die vetderm goed toe en stop die blokkies in die derm. Bind elke 20cm af, en bind die end ook goed toe. Braai baie stadig oor matige kole tot gaar.
Bedien warm saam met vars brood en botter.
Post Reply