Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Jakkalsgat »

Wat ook vir my werk is om soppot op te sit as ek op die plaas aankom eerste dag met baie groente en vleis en so staan daai pot heel naweek en prut elke dag as die manne vir middagete uit die veld kom skep hy sommer 'n koppie sop en eet saam 'n bun en in die aand voor ons gaan le sit ek net weer vleis en groente by en sit 'n stompie onder sy gat. Op die manier keur ons vir skeurbuik en die manne kry genoeg kragvoer in want ek het al gesien manne skeep lelik af met eet op so jag.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by FHM »

Jakkalsgat wrote: Op die manier keur ons vir skeurbuik en die manne kry genoeg kragvoer in want ek het al gesien manne skeep lelik af met eet op so jag.

Nee kyk daai is feite hoor - hier by die 2 de dag dan sien jy sommige ouens is uil-oog, sommige het rukkings soos n ou lister enjin, en sommige drink skielik nou net Oros en ys by die braai...dis omdat die fookers nie eet wanneer die ander gesoute manne genoeg eet nie!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Cor Jacobs »

Julle manne maak dat ek nou so lus is vir jag... ek hou sommer op met werk.. Steak, lewer en niertjies met so stuk vetderm, potbrood.. nee o hemel, dis te erg.. myself nou honger gelees
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by FHM »

Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer vir..edited
Last edited by FHM on Thu Jun 06, 2013 4:37 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Cor Jacobs »

FHM wrote:Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer vir EDITED... ++>:
FHM, ek is so half bly Pieter Femur is nie vandag op Jaracal nie.. Is seker hy sou n toepaslikke comment gemaak het oor bg.. ;)
Last edited by Cor Jacobs on Thu Jun 06, 2013 4:44 pm, edited 1 time in total.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by FHM »

Cor Jacobs wrote:
FHM wrote:Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer... ++>:
FHM, ek is so half bly Pieter Femur is nie vandag op Jaracal nie.. Is seker hy sou n toepaslikke comment gemaak het oor bg.. ;)

O fook ja...!
Cor wees nou n pel en gaan edit daai stukkie van jou wat geonderstreep is ASB!
Kyk ek het myne ge edit... 8)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Cor Jacobs »

FHM wrote:
Cor Jacobs wrote:
FHM wrote:Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer vir EDITED.... ++>:
FHM, ek is so half bly Pieter Femur is nie vandag op Jaracal nie.. Is seker hy sou n toepaslikke comment gemaak het oor bg.. ;)

O fook ja...!
Cor wees nou n pel en gaan edit daai stukkie van jou wat geonderstreep is ASB!
Kyk ek het myne ge edit... 8)
EDITED.... klink soos eet in die verlede tyd.... hahaha :laugh:
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Gerhard »

Sjoe,

Maar julle mane kan n spyskaart bymekaar sit vir jag...

Kan myself net indink hoe daai sekelbos so lekker gesels met n wilds fillet of skaap rib...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by grumpy »

As FHM gaan jag vat hy net n spinnekop vir lokaas. Van julle manne het mos al gesien wat vang hy op 2 bene!!! HY eet lekker elke aand as spinnekop sy job gedoen het!!
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by LongWolf »

lewer, niertjies en suursous
krummelpap.
om die eerste bok te waardeer.
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Vaalboer »

Hi

Deel van jag is mos lekker eet!

Ons het ook 'n paar wenners:
- Gerookte varkrib met chutney en mayo
- Aartappelslaai
- Soetmielies oor die kole met Nandos peri peri gesmeer
- Skilpadjies
- Lewer met pepersous (sien resepte)
- Potjie met stampmielies
- Lekker bacon, eiers, mushrooms, cheesegrillers en toast vir ontbyt.
- Savoury mince op toast
- Fillet steak rolls..

Onder andere...
KC

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by KC »

Daai eerste bok se lewer. Maak n driepoot pot VUURWARM oor oop vlam. Gooi olie in so 500ml en verhit tot brandpunt. Gooi dan 2 tot 3 opgensyde uie in en braai in olie tot deursigtig.

Gooi Rooibok lewer in opgesny in so cm blokkies saam met sout en braai vir 3 minute. Daai pot moet smeltwarm wees. Gooi so koppie room in en hou op oop vlam tot room dik bruin sous maak. Seker so 5minute na die lewer blokiies ingegooi is

Haal af en smullllll!!!!! saam met mieliepap , nie krummel nie maar stywe pap.

Nie my resep maar n ou van Reitz omgewing. Dis elke jaar se wenresep.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Sarel »

KC wrote:Daai eerste bok se lewer. Maak n driepoot pot VUURWARM oor oop vlam. Gooi olie in so 500ml en verhit tot brandpunt. Gooi dan 2 tot 3 opgensyde uie in en braai in olie tot deursigtig.

Gooi Rooibok lewer in opgesny in so cm blokkies saam met sout en braai vir 3 minute. Daai pot moet smeltwarm wees. Gooi so koppie room in en hou op oop vlam tot room dik bruin sous maak. Seker so 5minute na die lewer blokiies ingegooi is

Haal af en smullllll!!!!! saam met mieliepap , nie krummel nie maar stywe pap.

Nie my resep maar n ou van Reitz omgewing. Dis elke jaar se wenresep.
Ek gooi 'n blikkie bier in voor die room,en laat die bier wegkook voordat ek die room by gooi. Groen uie met die lobbe of "spring onions" werk vir my die lekkerste
KC

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by KC »

Sal hom so om ook biedjie probeer Sarel
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Vaalboer »

Gooi n hele bottel nandos black pepercorn sous by die room mengsel. Saam met vars rolletjies of plaasbrood loop hy soos n jet!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by mariusr »

Belangrikste van enige jag trip menu is 'n lekker "brunch" bacon, kaasworsies gebraaide uie en mushrooms met gebakte eiers en rooster brood saam glas lemoen sap dan is jy reg vir jou middag stap! :)
KC

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by KC »

Vaalboer wrote:Gooi n hele bottel nandos black pepercorn sous by die room mengsel. Saam met vars rolletjies of plaasbrood loop hy soos n jet!
Vaalboer

Daai een kan ook lekker afgaan.

So lekker variasie op die tema
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by 375fanatic »

n dium dik malebe steaks of wit rump soos Foxcreek dit noem oor n lekker warm vuur met braaiboodjies

braai hom medium rear en sny in reppies met n paar sousies op die kant eet sommer so van die hout bord af.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Foxcreek »

Nee o magtag, nou moet ek eers loop kosmaak. Dink daai Marmite Koedoe steak gaan nou mooi loop.
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Vaalboer »

Beste koedoe fillets wat ek nog geeet het:

Slaan die koedoe fillets so bietjie plat en maak 'n schnitsel van hom met eier en meel. diepbraai tot net gaar. sit ' paar in oondbak en gooi vars room oor. bak so bietjie tot die room mooi ingetrek het.

Ongelooflik!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by 375fanatic »

Foxcreek wrote:Nee o magtag, nou moet ek eers loop kosmaak. Dink daai Marmite Koedoe steak gaan nou mooi loop.
nee mater bere hom tot jy by my uitkom dan wys ek jou wat maak ons :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
stan man

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by stan man »

eerste aand. hoender maag sosaties.ryg jou hoender magies in saam met knopie sampioene en n uitjie en red pepper.laat le dit in 1001 island sauce vir 2 dae voor die tyd.braai dit saam met n lekker kaas knakworsie en stok brood met n lekker konfyten plaas botter. saam met dit loop n lekker drie bone slaai.
dag twee. n lekker rugstring in n pot gebraai saam met olyf olie en balsamiese asyn met net kruie en sout en swart peper.gooi bruin sampioene en knoffel by en braai tot net nadat hy lekker bruin is en mooi geseel het .sny daardie rugstring dan in sulke 4cm mote en flambe met brandewyn. saam met hom n warm aartappel gereg en n vars griekse slaai en tuisgemaakte peppadews en beet.
dag drie n lekker vet skaaprib saam met pap en sous. saam met dit n lekker potbrood met sampioene en kaas en spek.as jy kan n lekker groen mielie ook op die kole gebraai met plaas botter en see sout.

gelukkig is ek weer die naweek in die veld
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by Geno »

Helsim Stan, jy sal maak dat ek sommer 'n jag book by jou!
Goed, beter, 6millimeter!
stan man

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by stan man »

geno. ek dink ans moet maar in elk geval kyk dat n paar manne na die seisoen n lekker kuier naweek op die plaas deurbring,dan kan ons lekker eet en n bass of twee vang en dalk op n booze cruize gaan ens.
ek het die jaar darem die voorreg gehad om met n hele paar forum lede kennis te maak .daar het ook heelparty al saam met my gejag.my laaste booking is eers die eerste naweek in september.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Post by BRNO (Pierre) »

Vaalboer wrote:Beste koedoe fillets wat ek nog geeet het:

Slaan die koedoe fillets so bietjie plat en maak 'n schnitsel van hom met eier en meel. diepbraai tot net gaar. sit ' paar in oondbak en gooi vars room oor. bak so bietjie tot die room mooi ingetrek het.

Ongelooflik!
My pel maak hulle ook so. Liewe hel dit is lekker!!!
Veiligheid eerste manne!
Post Reply