Herlaai data 303 British

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Frederik »

Kyk ek het nou net van die skietbaan af terugekom bitter teleurgesteld Ek het 'n Dummy blik S355 gekry sy info ondewr die blik 009 05 2012 EXP 11 021 ek weet nie wat die lot nommer is deesdae nie maar vermy die sos die pes better jy gooi die koeels.

My Node spoed met PMP doppies moes wees 2600fps met 36.2 gr S355 begin toe laai by 35.7gr Dit was nou met 130gr Impalas wat eintlik S321 of S335 moet kry maar het nie gehad nie en wou net toets wat maak S355
Dit was ook ver onder maks druk. Het batches van 5 gelaai en ook nuwe battery vir Chrony gehad net ingeval.

35.7gr gemiddeld spoed 2049 fps
36.2gr wat my nodespoed moes gekry het volgens QL 2095 fps
36.7gr 3 nie gelees nie 2 gemiddeld 2098 fps
37.2gr 2156fps
37.7gr my hoogste lading 2172 fps

Beste groepering

37.2gr 1" as jy die flyer uitgooi wat nie sleg is vir die 303 nie.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1677_zpse1364af0.jpg

So as jy in besit is van so Blik S355 maak vuur met hom ruil hom gooi hom weg of iets.
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Killzone »

Môre manne. Ek het toevaliig geleentheid gehad om deur 'n mede jagter se chrony te skiet op die skietbaan so paar weke terug. Ek het ongelukkig nie my eie een op die oomblik nie maar dit is in die pyplynaangesien ek kan aflei dat dit 'n noodsaaklike deel van herlaai is. Hier is my bekommernis. Ek het nie baie rond gespeel met ladings nie maar het gekyk wat vir my die beste groepering gegee het. Op die oomblik skiet ek 150 grn Sierra koeëls, 39.9 grn S335, PMP doppe en 'n TPL van 72.9 mm. Die spoed was 2418 fps. Dit klink vir my baie laag. Moet ek iets verander of dit so aanvaar ? Ek luister graag, dankie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by tripodmvr »

Het lanklaas hier geloer. My ou Somchem boekie gee 37,8 tot 42gr as die strek vir 'n 150gr koeël (maks spoed 2658). Met 39,9gr is jy nog nie naby die maks spoed nie so jy kan dit veilig verhoog.

Vir die manne wat monos skiet weet ons nou dat die ligter koeëls gee die beste werkverrigting - wondskade sowel as penetrasie. Ek gebruik 140 GS wat werk teen 2811vps. Die swaar Rhinos maak nie vir my sin nie - as 'n semi-mono moet hy spoed hê om te presteer - gebruik liewers 150gr.
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Killzone »

Ek sal weer bietjie ontwikkel en speel met ladings sodra ek 'n chrony gekry het. Dankie Tripod.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

42gr S335 (lot 698)
pmp dop
cci200
150gr Hornady interlock (kan nie tpl onthou)
avg 2650fps

42gr S335
Claw 150gr
tpl= 77.37mm
avg 2590fps
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Killzone

Ek kry so 2450vt/sek met my 180gr Sierra Pro Hunters
Ek kan ie dink dat dit n issue is nie, tensy jy n platter trajek wil he
Maar vir in die bosveld is daai goeie medikasie vir klein en medium grote wild wat wil bakkie ry
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Killzone »

Dankie vir die replies. Hoe sal die vleis skade beinvloed word as ek die lading vermeerder en dus meer spoed by kry ?
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Killzone

Daai is n ander dag se uitgerekte gesprek
Ek reken die grootste bydraende faktor op vleis skade is skootplasing

Ek is ook maar skrikerig om sommer te hoë snelhede te jaag as ek bosveld toe gaan, maar dit kan jy sommer aan my lys van wapens sien
:laugh:
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Killzone »

Dankie Hilux. Ek leer maar nog al die ins and outs. Ek het twee BB geskiet met huidige setup. Vleis skade was nie te sleg nie. Stel dit so, ek het al meer bloedige blaaie gehad met 'n boogjag.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by VdWalt »

Killzone wrote:Dankie Hilux. Ek leer maar nog al die ins and outs. Ek het twee BB geskiet met huidige setup. Vleis skade was nie te sleg nie. Stel dit so, ek het al meer bloedige blaaie gehad met 'n boogjag.

LOL >:D As jy 'n Bowtech geskiet het, sou jy nie die bokke dood gestamp met die pyl
nie, maar deur hulle geskiet ....
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Killzone »

Ja Steyn, alweer tuseen die messe geslaap ? :-D
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Piet-Skiet wrote:Ek wil julle wat spoed jaag so bietjie lat dink. Ek jag al jaare met 180gr powerpoints. Nou hulle verlaat my 20 duim loop teen 2350fps. Nou met die sagte koel teen lae spoed het ek al baie varke,rooibokke en kudus geskiet. Ook al 'n gekweste blouwildebees van 'n ander man. Ek het nog nooit 'n koel herwin nie! Vleis skaade is so tese niks nie. Nou vir wat wil 'n mens karing met perfeksie? Dop lewe ansienlik verkort,meer kruit verbrand... Die geweer is 'n bosveld geweer en hy is doodelik. As 'n man spoed wil he koop 'n 300. Waneer my klomp winchester fabrieks ammo klaar is gan ek daai fabrieks ammo se specs naboots met 180gr sierra prohunters. Sy spoed is laag genoeg om tejag met vertroue met standaard graad koels.

Piet skiet, as jy nou gereeld soos ek in die karoo jag, dan sal jy ervaar dat met 2350 fps op 150gr Hornady int.lock die stoffies sommer n hele entjie voor die bok se voete uitslaan as die aftsand hier by 250 tree kom. S355 gee mooi spoed (2650 - 2720) sonder druk of kop skeiding. As jou "kentucky elevation" (holdover) die dag nie so lekker werk nie, dan help daai ekstra 300 fps darem so bietjie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Jou premium koeel gaan dalk glad nie oopmaak agv te lae spoed so as jy n rhino 180gr teen 2500+fps kan lanseer is dit beter vir n verskeidenheid afstande om te gebruik.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Wil gou by julle hoor of wat ek gedoen het veilig is? Ek het 15 ou 303 patrone gevat (1951 mk 7's) en die koele getrek. Kordiet uitgehaal en koele skoongemaak en gelaai met 43gr S355 (papperige lading).

Hoe warm is daai ou primers? Die dop is byna vol! Amper asof hy nog minder kapasiteit as PMP doppe het!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Ek aanvaar niemand weet nie of niemand het dit nog ooit probeer nie?
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Killzone »

Nee jammer D.O.6.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by vriell »

Is daai koeels nie "solids" nie ? Dit kan 'n verskil in lading beteken vs gewone koeels maar mag verkeerd wees .
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Solid in die sin van dis n "full metal jacket". Dis maar n gewone koper mantel met lood gevul. Kordiet brand glo warmer as moderne dryfmiddel so ek dink darem nie ek gaan probleme he nie. Die doppe lyk nog binne asof hulle gister gemaak is.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by vriell »

DOX , Nee wat dan behoort jy nie probleme te he nie .Ek het hier van die ou weermag 303 patrone wat soliede metaal is.Weet nie watter soort metaal nie.Lyk amper soos alluminium maar swaarder . Het gedink dalk mag joune ook moontlik van hierdie soliede punte wees . Net ter inligting , QL wys dat kamerdruk baie meer is met FMJ en Solids as ook meer spoed teenoor net Jacketed koeels .Hou maar net dit in gedagte .

Vir wat dit werd is het ek gou 'n rowwe simulasie op QL gedoen met 174 gr ( as dit die gewig van jou koeel is ) J en ook met FMJ opsie .Met daardie lading van jou lyk dit redelik veilig maar sodra ek die opsie verander na FMJ dan wys hy omtrent maksimum PSI kamerdruk , ongeveer 5000 psi meer en spoed so 50fps meer . Onthou dis maar baie rofweg.Dalk as jy wil kan jy vir my jou gegewens gee en kan ek meer akkuraat simuleer .
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Het hulle toe gaan skiet en dit het heel mooi gewerk. Hulle is egter nie akkuraatter met moderne dryfmiddel as met kordiet nie. Enigste voordeel is seker maar dat die S355 nie so warm ontbrand soos kordiet nie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Jy moet bietjie daai militere rondtes meet om die ogief dan sal jy sien hoekom hulle nie so akuraat is.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

.303 wrote:Jy moet bietjie daai militere rondtes meet om die ogief dan sal jy sien hoekom hulle nie so akuraat is.
Nie almal nie, maar ek het n 5 skoot groepering op my selfoon wat ek met U57's geskiet het, waar al 5 skote mekaar raak. U 57 is soos ek verstaan 303 mkVII vervaardig deur pmp in 1957.
Boskettie
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Sat Feb 09, 2013 11:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Boskettie »

Ek het al tipies 40gr S355 agter die 230gr Frontiers gelaai vir 'n Eland jag anderkant Bandelierskop 'n jaar of wat terug.

Ek het ongelukking nie die spoed gemeet nie, maar die kort en lank van die saak was die volgende:
-maksimum skiet afstand beperk tot 200m, met zero op 170m
-het 'n eland koeie geskiet, op die blad in, oorkanste skouer gebreek en onder die vel gaan stop op die verste skouer

215gr Claws het deur die jare hulself bewys en ek bly by hulle
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Piet Pille »

Goeie more Boskettie,

Ek het nou onlangs vir mysel .303 Frontier Spartans gekry. Wat dink jy is die minimum trompsnelheid vir 'n mono om effektief te ontplooi op afstande < 200m. Ek sou reken so 2300fps met impaksnelhede > 2000fps?

My .303 het nou lank in die kluis gebly omdat ek gatvol gesukkel was met sy groepe. Hy's geglasbed, scope al vervang, kroon oorgesny. Sy groewe in nog oraait.
Ek sien egter nou weer bietjie kans vir die ou. Sover kry ek die beste resultate met Impala 130gr en die oorsronklike 174gr FMJ wat ek trek en weer laai in PMP doppe met S335. Ek sit ook met Highland AX's in 180gr... Asook Rhino in 150gr en 175gr...
Ek hoop ek kry bietjie joy met die spartans!
Last edited by Piet Pille on Mon Feb 24, 2014 6:32 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2484
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Flip Nel »

Pieter Vorster wrote:Goeie more Boskettie,

Ek het nou onlangs vir mysel .303 Frontier Spartans gekry. Wat dink jy is die minimum trompsnelheid vir 'n mono om effektief te ontplooi op afstande < 200m. Ek sou reken so 2300fps met impaksnelhede > 200fps?

My .303 het nou lank in die kluis gebly omdat ek gatvol gesukkel was met sy groepe. Hy's geglasbed, scope al vervang, kroon oorgesny. Sy groewe in nog oraait.
Ek sien egter nou weer bietjie kans vir die ou. Sover kry ek die beste resultate met Impala 130gr en die oorsronklike 174gr FMJ wat ek trek en weer laai in PMP doppe met S335. Ek sit ook met Highland AX's in 180gr... Asook Rhino in 150gr en 175gr...
Ek hoop ek kry bietjie joy met die spartans!
Pieter ek het met my 9.3 gesien met die ou Barnes X dat as die impak snelheid hier by die 2000 fps kom dan wil die barnes x nie lekker groot oopmaak nie, die x is nie tot op die bodem oop nie. Ek het in my 9.3 oor Spartans gelaai 286 grain maar kon nooit 'n koeel herwin nie en as ek die koeel op die regte plek gesit het het die bokke nie ver geloop nie. Ek sal hulle enige tyd weer in my 9.3 gebruik
Post Reply