Bosvark Spit Resep?

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Bosvark Spit Resep?

Post by Rasmus »

Dagsê

Ek het al bosvark op n paar maniere gaar gemaak maar nog nooit gespit nie.

Enige iemand hier dalk n lekker resep? Ek luister graag dankie.

Ons gaan die komende naweek so n jong vark op die spit gooi.

Groete

Rasmus
Last edited by Rasmus on Mon Jul 08, 2013 4:09 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Bosvark Spit

Post by Riaan Beeslaar »

Bosvark maak baie mooi op 'n spit.
Het jy al besluit waarmee jy hom gaan behandel.
Groete
Riaan
Louis Louw
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Jul 25, 2011 5:16 pm

Re: Bosvark Spit

Post by Louis Louw »

As jy iemand ken wat hom liggies kan pekel en rook sit jy hom daarna net so op die spit en spuit hom gedurig met bier in een van daai tuin spuit bottels. Kom altyd lekker uit.

Moenie oor gaarmaak nie
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Bosvark Spit

Post by Rasmus »

Riaan

Nee nog nie is juis oop vir idees.

Dankie Louis. Het gedink om hom te laat rook, moet nog besluit.

Al gehoor party manne spuit hom met appletizer ook in.

Groete

Rasmus
Louis Louw
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Jul 25, 2011 5:16 pm

Re: Bosvark Spit Resep?

Post by Louis Louw »

Jy kan hom met "Hunter Cider" ook inspuit en van buite spuit met die sproei bottel (stop hom van uitdroog). Pasop net dat die suiker nie te veel brand nie
Post Reply