Geno en Lila wou ook n bok of twee met hulle compounds omdop.Ongelukkig was Lila in n motorongeluk na werk die vrydag middag.Haar kar is afgekryf maargelukkig het sy geen erenstige wonde gahad nie.Sy was te seer om n boog te span en het harsenskudding gehad.Maar sy het gese sy sal met die geweer skiet as daar n geleentheid sou wees.
Die plaas is Wildevy Krans wat hier op AP adverteer.Ek en Geno het een aand lank terug daar jakkalse gaan skiet vir n aand.
Ek begin sommer om te se dat ek virseker weer daar sal gaan jag met die boog.Die hides is netjies en skoon en die verblyf is ook baie gemaklik.Die kombuis en boma is skoon en het alles wat mens wil he.Die storte het lekker waterdruk en is kookend warm.Hugo is nbaie aangename mens en het trots in sy plaas.Sy Pa is ook baie vriendelik en aangenaam.
Die weer het teen ons gespeel,dit was onsettend koud gewees en n lelike windjie het gepla by die hides.
Nie te min my Pa kon op sy eerste sessie in die hide n hartebeest skiet met n baie mooi skoot van die Stryker X-bow op so 25m.Die bok het net so 20m geloop na die skoot en toe omgeval.Die pyl het ek 50m verder opgetel.
Ek het elke sessie met my vrou(en 6 jarige dogtertjie) gesit in die ander hide om haar te help met haar houtboog.Sy het n skoot gekry op n blesbok ooi maar het ongelukkig effens hoog geskiet en die pyl is deur die skof.Geen bloed maar wel hare en nattigheid op die pyl.Sy was maar onsteld soos enige mens sou wees toe ons nie die bok kon kry nie.Maar ek weet sy is sterk en sal weer n kans kry om die fout reg te maak.
Met die dat ek my vrou moes help het die werk op my Pa se skouers geval om my dogter Caylin te help met haar bok.Sy kon toe darem op die laaste jag sessie op saterdag middag n mooi rooibok ram skiet wat op 20m gestaan het.Dit lyk van die fotos af asof die bok beginne rol het met die pyl wat hom tref.Die ingangs wond is hoer as die uitgangs wond en dis uit n pit blind uit geskiet.Ek wens ek was saam haar maar my Pa se dit was sy eer gewees die keer so dit maak my ook bly.Nuteloos om te se my Pa se die gogga byt raak en hy gaan van nou af sy geweerjag moet aanpas om plek te maak vir die boogjag.
My Pa se bok is uit die vuis uit geskiet en my kind het n kamera tri-pod gebruik as n steady vir haar skoot.Ek is verskriklik trots op altwee van hulle sowel as my vrou en haar probeerslag.Daar loop n baie baie mooi koedoe bul op daai plaas wat nie te jag is nie,hy is aan iemand anders belowe.Die kerel en sy koeie het lank by one hide kom kuier.My 6 jarige dogter het dit nou verskriklik geniet.Die bokke het skaars 10 m van ons af gestaan en vreet(en terg
Ek en Geno het ook n paar jakkalse gerol om Hugo en sy Pa te help met hulle ondier probleem.Daar is darem drie geskiet.Geno het die een in die dag op 183m geklop met sy .204Ruger en ek het met sy hulp nog twee saterdag aand laat bakkie ry ook met sy .204 Ruger.
My eerste een het ek op so 50m gekap en die ander op 180m langs sy oog.
Dankie aan Hugo en sy Pa,ek kom virseker weer daar jag.
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6521_zps53088a87.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6560_zpscfdd2173.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6550_zps53f167cf.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/DSC05057_zpseaaf1f62.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/DSC05059_zps98a74071.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/DSC05052_zps5ac528d1.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6553_zps374c7f19.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6556_zps8d2af1f7.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6565_zpsf36b3ba7.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6527_zpscb8ac0ea.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6525_zpsd7a36a33.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6552_zps8cb8203a.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6567_zpsfd62d345.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Wildevy%20Krans%202013/USER-PC10/IMG_6569_zpsce893caa.jpg

