Howa 25-06

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Howa 25-06

Post by Reghardt »

Dagse manne

Ek het vandag vir my een van die Howa 25-06 aangeskaf by Humansdorp ko-op. Ek het gekoop want dink die pryse gaan die hoogte inskiet wanneer die nuwes die land inkom.

Ek wil graag uitvind of hier nog mense is wat hierdie roer het en wat hulle ondervinding is asook watse ladings werk en wat nie. My doel is om jakke te skiet en springbokke ens. Ek kyk na die 85-90gr punte. Ek wil ook asseblief hoor wat die spoed is wat die manne uitkry met hulle ladings.

Hoor graag van julle

Groete O0
Post Reply