BSA Windbuks

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

BSA Windbuks

Post by Danie01 »

Goeie dag forum vriende

Ek het n BSA windbuks by my oupa ge-erf, daai met hout kolf slegs agter en dan verder staal en die wat nie knak nie, maar wat die armpie het wat spring terugdruk.

Die piston (as ek dit so kan noem), met die washer, wat die lug vorentoe druk het gebreek. Ek sukkel my alie af om daai piston te kry hier in my area. Die pennetjie wat aan sneller hak, het afgebreek daar waar dit by piston indraai.

Waar kan ek sulke parte kry of vir wie kan ek kontak? Ek ken ongelukkig nie die model ens van windbuks nie en sal later kom foto's plaas.

Groete
Danie
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: BSA Windbuks

Post by Swede »

Probeer vir Vincent by MZE Airgunsmiths, 011-791 0629 of 083 997 7718
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: BSA Windbuks

Post by Danie01 »

Swede, baie dankie!!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: BSA Windbuks

Post by Danie01 »

Foto's van my windbuks, jammer oor kwaliteit en agtergrond, nie baie tyd gehad om te neem nie.

https://www.dropbox.com/s/76wleemb29n8kp5/IMG_00000200.jpg

https://www.dropbox.com/s/32qcp6rchhqbrvy/IMG_00000201.jpg

As iemand dalk so ou een het wat rondlê, pm my asb ek sal dalk belangstel om dit oor te koop of selfs net parte daarvan.

Groete
Danie
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: BSA Windbuks

Post by junglejulian »

Danie bel vir dawid by gerrie coetzee se werkswinkel.hy sal vir jou n nommer gee van iemand in bloem wat aan windbukse werk.hier was altyd n ou oom naby aan Kevin Healy se werkswinkel wat aan die ou bsa ens gewerk het maar hy is onlangs oorlede.ek dink die nuwe ou het al sy ou parte oorgekoop.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: BSA Windbuks

Post by Danie01 »

junglejulian wrote:Danie bel vir dawid by gerrie coetzee se werkswinkel.hy sal vir jou n nommer gee van iemand in bloem wat aan windbukse werk.hier was altyd n ou oom naby aan Kevin Healy se werkswinkel wat aan die ou bsa ens gewerk het maar hy is onlangs oorlede.ek dink die nuwe ou het al sy ou parte oorgekoop.
Dankie Julian, sal so maak. Ja ek dink reeds dit was die oom langs oom Kevin wat die windbuks se spring vervang het so ruk terug.

Groete
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: BSA Windbuks

Post by musgrave270 »

Danie

Dis nie vandag se windbuks daai nie. Weet jy uit watter jaar kom hy?

Groete
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: BSA Windbuks

Post by Jacquesb »

In Pretoria is oom Johan van Eik wat spesialiseer in springers. PM my as jy sy nommer soek.

Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: BSA Windbuks

Post by Danie01 »

musgrave270 wrote:Danie

Dis nie vandag se windbuks daai nie. Weet jy uit watter jaar kom hy?

Groete
Musgrave 2 skewe nul ++>:

Ek weet nie presies hou oud hy is nie, my oupa ook al oorlede, sal by my pa moet hoor of hy dalk n idee het. Die windbuks het vir my baie sentiment, was eers my oupa sin en toe my pa en sy broers sin en toe myne en my broer ook met hom leer skiet. Hy het bietjie skade onder my broer gekry, soos versierkies wat gebreek het en my broer wat kolf dik en onegalig vernis het, maar dit kon ek dam afskuur. Wil graag weer die outjie in werking hê, maar hier in Kimberley kry ek nie parte nie.


Jacqeus

Baie dankie, ek het jou gepm.

Groete
Danie
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: BSA Windbuks

Post by musgrave270 »

Janee 'n kleinboet trek ook als deur. As jy dalk die jaarmodel kan opspoor kan jy dalk op die internet 'n ou een opkoop vir parte. Weet nie of dit moontlik is nie.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: BSA Windbuks

Post by Danie01 »

musgrave270 wrote:Janee 'n kleinboet trek ook als deur. As jy dalk die jaarmodel kan opspoor kan jy dalk op die internet 'n ou een opkoop vir parte. Weet nie of dit moontlik is nie.
Het dam nou so paar manne wat ek kan bel, maar dink die roere is nie te goedkoop nie, sal hierdie opsie volg as ek nie andersins regkom nie, dink hier is reeds so windbuks by oom Rob, maar dis die een wat n kleinbietjie groter is, met langer piston.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: BSA Windbuks

Post by musgrave270 »

http://www.cornellpubs.com/old-guns/ite ... tem_id=983

Ek nou self nuuskurig oor die datum. Hier is 'n 1915 katalogus voorblad van BSA. Joune lyk soos een van hul.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: BSA Windbuks

Post by Danie01 »

musgrave270 wrote:http://www.cornellpubs.com/old-guns/ite ... tem_id=983

Ek nou self nuuskurig oor die datum. Hier is 'n 1915 katalogus voorblad van BSA. Joune lyk soos een van hul.
Dankie M270

Jis dis moeilik om te sê, daar n paar jonger modelle wat ook so lyk en dan n paar ouer modelle ook, weet net myne is die kleiner / korter een.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: BSA Windbuks

Post by musgrave270 »

Hoop jy kom reg. As jy hom nie regkry nie, sal dit nogsteeds 'n mooi vertoonstuk maak om in jou kantoor op te sit.
Post Reply