musgrave 762x39

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

musgrave 762x39

Post by RV »

Ek het n 7.62x39 bekom. Dit is op model 90 mini aksie gebou. Op sy magesynplaat is die volgende gegraveer: Musgrave(in goue letters).Asook " model junior 30 prototipe-1996 kal 7.62x39.Volgens die vorige eienaar was dit die enigste een wat ooit deur Musgrave vervaardig was.Dit word deur sy reeksno. bevestig 762391. Die eerste 5 syfers is die kaliber en die 1 is bewys dat dit eerste een is wat vervaardig was. Blykbaar was die gravering deur Armin Winkler gedoen. Die kolf is van wilde olyfhout gemaak.Volgens die vorige eienaar was die metaalwerk deur ene Willie Pretorius gedoen.

Kan enige iemand soos Daan Els my dalk meer inligting gee
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: musgrave 762x39

Post by BRNO (Pierre) »

Sal interresant wees om detail te hoor. Het jy nie dalk n foto of twee wat jy vir ons kan opsit nie?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: musgrave 762x39

Post by Armand Steenkamp »

Daan sal jou beter kan se, maar ek dink daar was dalk meer as een. Het jaare trug gelees van 2 of 3 barraled actions. Maar joune kan heelmoontlik die enigste een wees!

Maar BAIE geluk met daai koop!! Moet nooit van daai roer ontsla raak nie!
Sover ek weet het Musgrave .308 lope gebruik en nie .311 wat die 7.62x39 gewoonlik in uitkom nie.

RV , sit asb n foto op. Sal wat ge om te sien hoe die roertjie lyk.

Groetnis
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: musgrave 762x39

Post by RV »

Ek het fotos sal net hulp moet kry met die plasing daarvan. Kom in Atplay ek het jou hulp nodig.
Ek het ook jare terug in die Magnum daarvan gelees en is juis nou besig om die artikel op te soek.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: musgrave 762x39

Post by BRNO (Pierre) »

Hier is sommer n string mooi fotos van die geweer:
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Musgrave.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave11.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave12.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave10.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave9.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave8.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave6.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave7.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave5.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave2.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave4.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave3.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/th_Musgrave1.jpg
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: musgrave 762x39

Post by Francois Marais »

RV

Sal graag wil weet wat die werklikke cal van die loop is, en vermoed ook soos Armand gese het.....as dit wel .308 is sal jy moelikheid optel as jy militere AK rondtes gebruik wat wel .311 cal is.

Het jy ammo saam di geweer gekry???Kan jy dalk foto van dit ook plaas....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: musgrave 762x39

Post by Armand Steenkamp »

Dis wat ek daai tyd gelees het. Een van die roertjies was by n geweersmid en hy kon gladnie akkuraathyd kry nie. Hulle slug toe die loop en vind dat dit n .308 loop is. Laai .308 koeele en die geweetjie skiet op n tiekkie.

Pragtige geweer RV! Regte stukkie Arfikana!

Groetnis
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: musgrave 762x39

Post by RV »

Hierdie een is n 308.Ek het voorheen n Norinco gehad wat 311 was.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: musgrave 762x39

Post by James Wilson »

Ek het vir Daan gebel, hy is opgewonde om die fotos te sien. Hy sal met die eerste kans reageer op die post asook n paar ander
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: musgrave 762x39

Post by James Wilson »

Ek voeg net by: Daan se beide Willie Pretoruis en Armin winkler was personeel wat by die custom shop van Musgrave werksaam was. N mens kan dus aflei dat hierdie geweer op versoek gebou is.

Was die vorige eienaar die eerste eienaar?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: musgrave 762x39

Post by Daan Els »

Indien Willie die geweer gebou het, dan was dit in opdrag of n pasmaak geweer. Willie was reeds jare nie meer in ons diens en ons het slegs okkerneut hout gebruik. 1996 Was die koeel reeds deur die kerk vir Musgrave en is hy daardie jaar finaal gesluit. Sou graag die geweer in my hande wou vashou! Stem saam met ander manne, klou aan hom!
Mooi geweer,
Daan
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: musgrave 762x39

Post by RV »

Daan

Volgens die vorige eienaar was die kolf deur Vektor voltooi(weet nie of sy feite reg is nie).Die geweer is gelisenieer as n Musgrave en dit staan ook so op hom. Daar is egter n Vektor teken op sy pistoolgreep.Is dit dalk moontlik dat dit begin was deur Musgrave maar voltooi was deur Vektor?Ek verbeel my dat daar lank terug n berig in die Magnum was dat Musgrave beplan het om 7.62X39 gewere op die mini 90 aksie te bou.As ek tyd kry sal ek dit opsoek.

Ek vermoed dat dit is soos jy se dat dit vir iemand gebou was of n opdrag was.Dit het blykbaar op n staduim aan n regter behoort.Of dit so is weet ek nie.Moontlik was dit vir hom gebou of geskenk.

Groete
Post Reply