CZ 550 308 ladings
- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: CZ 550 308 ladings
Hoop dit sal jou help
Jammer... Het vergeet om te se. Dis alles op 100m geskiet
Groete

CZ 550 Varmint Laminated '308
Hou die lood in die lug....!!!!
Hou die lood in die lug....!!!!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: CZ 550 308 ladings
Lyk my dis n goeie ding om pmp doppe te gebruik met die kleiner volume hoef jy n hele 1gr minder kruit te gooi om dieselfde spoed te kry 
- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: CZ 550 308 ladings
.303
Jy kan ook duidelik die verskil in spoed sien hoe dieper die punt ingedruk word.
Hoe dieper..... hoe vinniger
Groete
Jy kan ook duidelik die verskil in spoed sien hoe dieper die punt ingedruk word.
Hoe dieper..... hoe vinniger
Groete
CZ 550 Varmint Laminated '308
Hou die lood in die lug....!!!!
Hou die lood in die lug....!!!!
- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: CZ 550 308 ladings
Jammer julle.
Die groepering is 6.03mm
Die groepering is 6.03mm
CZ 550 Varmint Laminated '308
Hou die lood in die lug....!!!!
Hou die lood in die lug....!!!!
- Benbrand
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Wed Sep 05, 2012 8:09 am
Re: CZ 550 308 ladings
Ek hoop iemand sal kan help met die volgende:
Was Saterdag op die baan gewees om 'n paar ladings te gaan toets vir die .308, gelaai met Impala koeëls (130gr).
Ek het hulle gelaai met 44gr S341 (volgens Quickload) en het n spoed gekry van 2920 tot 2945fps. Quickload het 'n spoed voorgestel van 2880fps vanuit 'n 24" loop, waar my Sako se loop slegs 23" is. Ek het geen druk tekens ondervind nie.
Die probleem wat ek toe ondervind is dat die volgende 5 skote gewissel het van 3150fps tot 3223fps wat my erg bekommer het in terme van hoë druk, aangesien die spoed heelwat hoër was as die vorige paar rondtes s'n. Ek het al die ammunisie met 44gr S341 gelaai en almal het dieselfde TPL gehad. Weereens het ek geen tekens van druk ondervind soos 'n slot wat enigsins moeilik oopmaak, of slagdoppies wat plat begin raak het nie!!
Kan die feit dat die Chronograaf in direkte son gestaan het die heeltyd, dalk iets te doen hê met die groot spoed verskil? Maar hoekom dan slegs met die laaste paar rondtes wat ek geskiet het?? Kan dit dalk die feit wees dat S341 temperatuur sensitief is en gelei het tot die hoër spoed van die laaste paar rondtes??
Soos ek gesê het, was AL die rondtes met presies dieselfde hoeveelheid S341 gelaai (44gr).
Asb gee raad indien julle ook soortgelyke ondervindings gehad het.

- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: CZ 550 308 ladings
Hierdie is toe die eind resultaat van my proewe met die 110gr v-max
TPL 70.1mm
S335
44.9gr
3349f/s
Dit is 3 skote op 100m.

TPL 70.1mm
S335
44.9gr
3349f/s
Dit is 3 skote op 100m.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: CZ 550 308 ladings
Dsi n hoe spoed vir so min S335 en n mooi groep mooi man 
- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: CZ 550 308 ladings
Baie Mooi Reghard.....!!!!!
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: CZ 550 308 ladings
Dit was baie warm buite gewees toe die groep geskiet was en die loop was ook maar warm. Ek het intussen weer die lading geskiet en die spoed was toe so 3050f/s. Ek dink dit is meer inlyn. Dit was ook heel wat koeler. Dankie 
- Gerharddb
- Newbie

- Posts: 38
- Joined: Wed Aug 28, 2013 7:39 pm
Re: CZ 550 308 ladings
More mense,
Ek het vir my n CZ 550 308 FS(full Stock) aangeskaf, en gister vir my toe nou herlaai toerusting gekoop. Nou begin die groot moeilikheid, want van herlaai weet ek feitlik niks! Waar begin mens met ladings ens? my beplanning is om 150gr en 165/168gr punte te gebruik, met Lapua dope. Enige iets vout met die kombinasie? En wat sal julle eerder voorstel? En watter maak punte is beter om te gebruik? My hoofdoel sal wees vir bosveld jag en so 2 vrystaat jagte in n jaar. So ek soek iets wat nie veel vleis skade gaan he nie.
Vir iemand wat nou net in die ding inklim is als nog ernstig deur mekaar. Hoe weet mens hoe diep om die punt te seat?
Help asb vir hierdie nuweling!!?

More GerhardGerharddb wrote:More mense,

Baie geluk met die roer!!! Ek is regtig baie tevrede met my CZ 550 is regtig n staatmaker. Ek sien dat jy ook die herlaai ding gaan aanpak. Jy sal nog sien dit is verseker een van die beste en lekkerste dinge om te doen. Sommige mense bestempel dit terapeuties om bietjie tyd met dit te spandeer.
Ek sou egter aanbeveel dat jy eers by iemand uitkom wat kennis dra van al die MOET'S en MOENIE'S. Die hele proses van lading ontwikkeling kan tyd neem en baie keer bietjie frustreer.
Wat jou kombinasie aanbetref klink dit vir my reg. Ek skiet tans Sierra 125grein pro hunters @2880f/s en hulle groepeer sommer baie mooi. Die lapua 155gr vir papier skiet is ook n wenner @ so 2760f/s. Ek gebruik s335 met winchester primers.
Ek gebruik ook n OAL gemeet tot op die ogief van 55,8mm vir beide van hulle en dit werk goed. Die "bullet jump" is dan so 2.5mm.
Dit is egter baie belangrik dat jy jou ladings stadig opwerk na die gegewe spoed indien jy n chronograaf het. Kyk vir teken van druk ens. Ek glo nie daar sal @ daardie spoed druk wees nie maar elke geweer verskil.
Ek gebruik:
Sierra 125gr prohunters
S335 44,8gr @2880 f/s
TPL gemeet op ogief is 55,8mm
Lapua 155gr
S335 42,2gr @ 2760 f/s
TPL weer soos bo gelys
EK HET N BAIE STADIG BATCH KRUIS SO MOET ASSEBLIEF NIE DIESELFDE LADINGS NET SO GEBRUIK NIE. WERK EERDER STADIG OP.
Ek het nog nie swaarder geskiet nie so sal nie kan iets oor dasrdie gewigte se nie. Ek het tans heelwat 150gr nosler BT maar nog nie n lading wat werk nie.
Hoop dit help so bietjie
Groete en lekker speel.
Reghardt
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: CZ 550 308 ladings
Oja ek gebruik lapua doppe vir die 155gr en winchester doppe vir die 125gr
Groete
Groete
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: CZ 550 308 ladings
As jy so min weet van herlaai stel ek voor jy gaan eers vir n basiese herlaai kursus dat jy net die basics kan sien. Of as jy by iemand kan uitkom wat jou kan wys wat jy nodig het en hoe om dinge te doen. Verder is daar n klomp oulike drade hier op die forum wat jou dinge sal leer. Niks fout met jou keuse dop en koeel gewigte nie. Gebruik S335 vir die kruit en cci200 of federal210 of fed match of ccibr2 primers. As jy kan probeer goedkoop koeels kry bv kompetisie koeels net om eers die herlaai ding mooi te leer ken en verstaan voor jy duur jagkoeels uitskiet.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: CZ 550 308 ladings
As jy n 26 duim loop het kan jy mik vir so by 2900fps met 150 en 155gr koeels.
- Reghardt
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am
Re: CZ 550 308 ladings
Ek het een maar die groepe wat ek met die lapua 155gr kry by die spoed gelys hier bo kan nie beter as dit nie. Skiet konstant mooi groepe maar dit hang seker maar van geweer tot geweer af.303 wrote:As jy n 26 duim loop het kan jy mik vir so by 2900fps met 150 en 155gr koeels.
Groete
- Gerharddb
- Newbie

- Posts: 38
- Joined: Wed Aug 28, 2013 7:39 pm
Re: CZ 550 308 ladings
Dankie menere vir die advies. EK dink die kursus ding is n moet...net om ten minste n idee te kry van hoe, wat en waar!! Want nou is dit: "Wat de .... maak mens met die ding?!"
Maar so leer mens. Ek sal bietjie terugvoer gee as ek iets reg gekry het.

-
Hleroux
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sun Dec 30, 2012 7:52 pm
Re: CZ 550 308 ladings
Hi,
Ek het 'n CZ550 .308win varmint laminate met 'n 1:12 twist. Hierdie is my groep met 180gr hornady btsp interlocks op 100m en op 200m is dit 'n half duim. 40.5gr s335 met winchester doppe en primers.
Ek het 'n CZ550 .308win varmint laminate met 'n 1:12 twist. Hierdie is my groep met 180gr hornady btsp interlocks op 100m en op 200m is dit 'n half duim. 40.5gr s335 met winchester doppe en primers.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: CZ 550 308 ladings
Hallo BenBenbrand wrote:Ek hoop iemand sal kan help met die volgende:
Was Saterdag op die baan gewees om 'n paar ladings te gaan toets vir die .308, gelaai met Impala koeëls (130gr).
Ek het hulle gelaai met 44gr S341 (volgens Quickload) en het n spoed gekry van 2920 tot 2945fps. Quickload het 'n spoed voorgestel van 2880fps vanuit 'n 24" loop, waar my Sako se loop slegs 23" is. Ek het geen druk tekens ondervind nie.
Die probleem wat ek toe ondervind is dat die volgende 5 skote gewissel het van 3150fps tot 3223fps wat my erg bekommer het in terme van hoë druk, aangesien die spoed heelwat hoër was as die vorige paar rondtes s'n. Ek het al die ammunisie met 44gr S341 gelaai en almal het dieselfde TPL gehad. Weereens het ek geen tekens van druk ondervind soos 'n slot wat enigsins moeilik oopmaak, of slagdoppies wat plat begin raak het nie!!
Kan die feit dat die Chronograaf in direkte son gestaan het die heeltyd, dalk iets te doen hê met die groot spoed verskil? Maar hoekom dan slegs met die laaste paar rondtes wat ek geskiet het?? Kan dit dalk die feit wees dat S341 temperatuur sensitief is en gelei het tot die hoër spoed van die laaste paar rondtes??
Soos ek gesê het, was AL die rondtes met presies dieselfde hoeveelheid S341 gelaai (44gr).
Asb gee raad indien julle ook soortgelyke ondervindings gehad het.
Groete
Eerstens moet jy besef dat ons nie altyd die druk beleef in die dinge waarna ons altyd kyk(plat primers, slot wat moeilik oopmaak, dopuitsetting, blowback ens.) wat werklik plaasgevind het in die proses nie.
Tweedens moet QL altyd gekalibreer word met die werklike syfers(spoed, looplengte, dopkapasiteit ens) alvorens die program n aanduiding kan gee van die drukvlakke. Hierdie is tot nou toe die mees akuraadste aanduiding van werklike drukvlakke bo die lees van algemene druktekens vir ons as helaaiers.
Onthou dat kamer temeperatuur n baie groter uitwerking het as omgewings temeratuur. Hierdie toetse is al deur en deur gedoen en het gewys dat dramatiese spronge in spoed die gevolg is van toenemende kamertemperatuur. Vinnige skote op mekaar plus die omgewingstemeratuur kan n dramatiese toename aan druk wat gesien kan word in die spoedlesings gee.
Balkruit is meer sensetief as stafiekruit vir temperatuur en ons S341 is die een wat dit oor die algemeen dit die meeste toon. Hierdie verskynsel en eienskap kom veral redelik na vore as drukvlakke naby of anderkant die 60 000psi merk begin draai. Hierdie is tien teen een wat jy waargeneem het. Soos die kamertemperatuur begin toeneem het met die skote tesame met die hoe omgewingstemeratuur het jou druk dramaties begin toeneem. Al het jy dit nie waargeneem in die normale druktekens nie is dit geensins te se dat dit nie die geval was nie. Al wat ons werklik tot ons beskikking het is spoedlesings en bygese n mens moet dit ook kan vertrou. Die Chrony toestelle het ook n manier om wel beinvloed te raak deur eksterne temeperatuur wat ook n bydraende faktor hier kon wees, maar hulle lesings sal gewoonlik nie dramaties in n kort tydjie styg nie. Dit sal eerder n stelsematige toename wees oor n tydperk.
Jammer as dit jou nog meer deurmekaar maak, maar hier is wat ek sal doen. Gebruik eerder stafiekruit(S335 en S355) in die 308 en oorweeg dalk n beter kronograaf om meer akurate spoedlesings te verkry. S355 is in dieselfde verbrandingsklas as S341. Kalibreer ook dan QL met jou verkryde lesings om sodoende akkurater en veiliger drukvlakke te kry.
Groetnis
Wouter
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: CZ 550 308 ladings
Ben, jy se nie in jou post hoe goed jou groeppe is nie? Soos Wouter se die S341 is maar uitgelewer aan omstandighede.ek het lank met my 308 my tande gesny op herlaai met S341. Vandag laai ek net met S335 vir die 308. Konstantheid en die vermoe om konstantheid te kan herhaal, is bloot net meer haalbaar met S335 teenoor S341. As jy met S341 wil aangaan, sal ek voorstel jy ontwikkel jou ladings in die somer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: CZ 550 308 ladings
Naand almal,
Varminter-308, ek vind jou data baie interessant. Ek wonder of jy of iemand anders dalk kan verduidelik hoekom die spoed met 'n 2mm sprong stadiger is as die 1.5mm sprong skote? Dit is asof die tendens (~30fps vinniger vir elke 0.5mm korter TPL) breek na 1.5mm sprong. Ek sien uit om van julle slim manne te hoor!

Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: CZ 550 308 ladings
Foroster
Dit is heel normaal. Aan die begin wanneer TPL korter gemaak word neem druk af en dus spoed vanwee die feit dat die koeel so bietjie kans het om in beweging te kom alvorens die koeel in die lande in gaan en sodoende blootgestel word aan die hoer druk om in die lande in te beweeg. Al word die dopkapasiteit verklein met die korter TPL speel die feit dat hy in beweging kan kom n groter rol as die verlaging van dopkapasiteit.
Met die verkorting proses is daar dan n omkeer punt waar die dopkapasiteit wat verklein n groter rol begin speel en druk dan as gevolg hiervan begin optel en vandaar die hoer spoed. Wanneer daar met TPL gespeel word om groepe kleiner te maak moet dit geliefs in inkremente van 0,2mm gebeur andersins kan jou beste groeperings TPL baie maklik oorgeslaan word. Verstellings van 0,5 is soos die lengte van n rugbyveld in die interne balistiek wereld.

Het bietjie die 110gr Vmax gaan probeer:
46.5gr S335
Tpl 71.30mm
Cci 200 primer
Winchester doppe.
Het nog nie spoed gemeet nie.
3 skote @100m