Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post by Giepie »

Ek het gister die lisensie vir my 12 boor haelgeweer gekry en die roer gaan haal. Mossberg 395kb. Relatief skaars en nie baie gewild nie, maar ek hou van die geweer want dit is my eerste haelgeweer. ;D ;D

Op die loop wys dit dat die patrone wat gebruik kan word 2 3/4 tot 3 duim is. Ek het gister gaan ammunisie koop, Elley no 7, maar die lengte van die dop is 65mm, so 2 1/2 duim.

Kan ek hierdie patrone met gerustheid in die geweer gebruik, of is dit gevaar in? My denke sê dat daar nie met die haelgeweer probleme sal wees nie want dit werk ander s as met 'n koeël geweer. Dink ek reg of moet ek eerder gaan omruil? Ek het die goedkoopste nou eers gekoop om net gewoond te raak aan die geweer voor ek meer spesifiek gaan koop. waarvoor ek dit wil gebruik soos tarentale en fisante, en moontlik duiwe. Dalk ook sommer speel met klei.
Last edited by Giepie on Thu Sep 19, 2013 9:18 am, edited 1 time in total.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post by tripodmvr »

Al die 2,5 tot 3 duim sal werk in jou haelgeweer. Moet net nie 3,5 probeer nie. Die dop se krimp word oopforseer wanneer jy skiet en moet ruimte hê om in uit te vou. Die kamer van jou geweer het plek tot by 'n 3 duim lengte patroon.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post by Giepie »

Ah, baie dankie Tripod. Moet nog baie leer, maar ek leer graag. :)
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Nils
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:33 pm

Re: Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post by Nils »

Giepie

Waar het jy die 65mm patrone gekoop? As jy daarvan ontslae wil raak, sal ek dit met liefde oorneem :)
Ek is opsoek na 65's want my ou Robert Hughes and Son het 'n 65mm kamer.

Groetnis.
.270; 9mm; .303; 12 Boor
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post by Giepie »

Ek het dit hier in Centurion gekoop by die skietbaan in Jeanlaan.

Jammer, ek het reeds daarvan begin gebruik. Ek kan dit met veiligheid in my geweer gebruik.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 727
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post by obasch »

Nils wrote:Giepie

Waar het jy die 65mm patrone gekoop? As jy daarvan ontslae wil raak, sal ek dit met liefde oorneem :)
Ek is opsoek na 65's want my ou Robert Hughes and Son het 'n 65mm kamer.

Groetnis.
Nils,
Kontak vir Athol Murray by Entramarc in Randburg (011) 704 6708. Hulle voer gereeld ammunisie in oa 65mm 12Br maar dan ook ander kalibers soos 16Br, 20Br & 28Br en .410.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Haelpatroon lengtes in die gewere veilig?

Post by Beretta »

Met haelgeweer kan jy korter gaan maar nie langer as jou kamer nie. Moet nie magnum loads laai as jy nie die kamer lengte weet nie. In my 870 Remington magnum express kan ek enige lengte laai. Wees maar versigtig.
Beretta
Post Reply