308 RSA Oorgedoen

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
Arno C
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm

308 RSA Oorgedoen

Post by Arno C »

Hallo menere

Ek het besluit om my 308 Vrystaat so bietjie n facelifte te gee. Die geweer was maar bietjie vaal gewees en wou hom so bietjie mooi maak sonder om die karakter van die geweer/era prys te gee. Die kolf en loop was nog baie mooi gewees maar die loop en aksie het so n paar skurwe plekke opgehad.

Ek het die volgende gedoen: Harrsion Bros het die aksie en loop(binne ook) weer mooi gemaak (nie geblue). Nuwe verwyderbare swivels is opgesit vir die geweerband. Ek het die geweer toe na John Brussel geneem wat die kolf verander het na meer pistol tipe grip asook n black ivory cap opgesit. Die ou recoil pad is ook vervang met n bisley recoil pad. Ek het toe self die geweer afgeskuur volgens John se plan. Na die afskuur is die geweer weer terug na John vir die opsit van die checkering(rigby patroon). Wrap around checkering op die voorste deel van die kolf ook. John het om ook sommer geolie en gebuf ingesluit by die prys van die checkering. Ek dink dit is kombinasie van boiled linseed oil en tru oil of london oil aan die einde wat n hardner ook in het. Die kolf het baie mooi gekom. Die gryn van die hout is baie mooier as voorheen. Die natmaak van die kolf en droog maak met n haardroeer werk beslis.

Laastens het John die ou Weaver scope afgehaal en vervang met n nuwe Burris fullfield 4.5-14 x 42 met komplemente van SJ. Johan het hom gebore site vir my.

Ek is baie tevrede met die eindproduk. Baie trots op die geweertjie en kan nie wag om hom te gaan inskiet nie.

Aangeheg die voor en na fotos.

Groete

Arno
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Arno C
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Arno C »

Nog so n paar fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by PWV »

Ek wil baie saggies vra: "Wat kos die hele operasie?"
Dit is nou as jy die geheim wil uitlaat.

Groetnis
Arno C
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Arno C »

Pieter

Jy klink nou soos my vrou. Tydens n liefdesaak word daar mos nie geldsake bespreek nie. Maar stel dit so. Dit was baie goedkoper as om een te gaan koop wat so lyk. Maar om eerlik te wees. Scope was R4000. Die res so kort duskant R3000.

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by swc-tr »

ArnoC

Baie mooi man! ++>:
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by DWB »

Pragtig
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Jake1 »

Arno baie mooi! jy sê "Die natmaak van die kolf en droog maak met n haardroeer werk beslis" Wat doen/verander dit? en hoe presies doen jy dit? My geweer is lankal due vir 'n soortgelyke "joppie"

J1
Arno C
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Arno C »

Hallo j1

Het begin met 100g liggies te skuur. Daarna kolf met nat lap afegevee en droog geblaas met warm haardroeer. Toe geskuur met 180g en weer water en haardroeer gebruik. Daar 320, 600 en 800 waarna die geweersmid hom verder gevat het. Blykbaar ligte skuurwol en boiled linseed oil met warm hande ingevryf. Is seker jy kan iewers op die forum presies die olie proses uitvind of bel vir John Brussel gunstockmakers in parow om uit te vind. Die natmaak en droog blaas bring die gryn van die hout mooi uit.

Groete
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Jake1 »

Dankie Arno, wat het jou checkering alleen gekos as ek mag vra?

J1
Arno C
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Arno C »

R350 per paneel. Ek het 5 panele gehad. Dit is duur maar die kwaliteit is uitstekend.

Groete
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by JTM »

Baie netjies. Dis moeilik om te glo dat dit dieselfde kolf is. nou is jy seker weer van voor af verlief ;)
Jannie Welman
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Jake1 »

Arno C wrote:R350 per paneel. Ek het 5 panele gehad. Dit is duur maar die kwaliteit is uitstekend.

Groete
Ek was bang jy gaan so iets oor die R300 sê, dis baie geld maar regtig mooi gedoen.

J1
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Armand Steenkamp »

Ek begeeeeeerr een van daai RSAs!! Baie mooi roer! Geluk!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by NEGE3 »

Baie netjies gedoen. Geniet hom.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by LongWolf »

Baie mooi.
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by FrancoisN »

Geweer lyk baie spoggerig. My bek kwyl sommer.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Monrique (SJ) »

Arno

Die gun lyk great. Sit bietjie n foto of twee op van die groeperings asb.

Groetnis
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by JohanP »

Baie netjies... Ek het die "vaal" weergawe so bekyk, en ek dink dis geld wat jy baie goed belê het
Arno C
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Arno C »

Dankie manne

Kry net nie kans om hom skietbaan toe te vat nie. Die kaap reen mos elke naweek.

Groete
Arno C
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue May 14, 2013 3:28 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Arno C »

Het gister vir eerste keer kans gekry om my nuwe scope te gaan inskiet.
Na so n bietjie stel kon ek darem n heel aanvaarbare groepering skiet met standaard pmp 150 gryn.

SJ, die burris skiet baie mooi.

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Arno C on Tue Oct 29, 2013 9:21 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: 308 RSA Oorgedoen

Post by Heinz Petersen »

Arno C wrote:Dankie manne

Kry net nie kans om hom skietbaan toe te vat nie. Die kaap reen mos elke naweek.

Groete
Regtig netjies.Net as my vrou nou uitvind ek doen n facelift op my geweer dan verander die stemtoon weer.Sal haar eers moet stuur vir n paar liftings dan kan ek weer spend.
Groete
Heinz
.22 , 243 AI, 308, 300 Tombi, Glock 17
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Post Reply