Kan dalk help

Enige stories/navrae ens ivm nag oes/skiet
Post Reply
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Kan dalk help

Post by sako223 »

Manne wat graag wil ernstig bokke oes kan my kontak.
chrisman
Full Member
Full Member
Posts: 133
Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm

Re: Kan dalk help

Post by chrisman »

Wanner, hoe, stuur my details asb.
Dankie
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Kan dalk help

Post by sako223 »

Die ding werk so ,op die oomblik is die seisoen redelik klaar,maar daar is baie wild vir volgende seisoen.daar is baie opsies hoe 'n mens kan maak. Die belangrikste is om te weet dit is 'n harde werk om te oes.Baie slep wat moet gebeur om te begin maw daar is groot kostes bv bakkie ,skietraam, ligte,personeel ens.
User avatar
HUNTERZN
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Mon Oct 10, 2011 2:55 pm

Re: Kan dalk help

Post by HUNTERZN »

LAATWEET WAAR EN WANNEER HET SOTESE ALLES KORT NET DIE PERSONEEL. HET AL SO PAARKEER GEOES.
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Kan dalk help

Post by sako223 »

Klink reg maar personeel bly 'n probleem.
stan man

Re: Kan dalk help

Post by stan man »

naand maat.
gee my n lui dan kan ons sien wat ons kan doen.
ek is redelik ingerig en boer in hennenman diestrik.
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Kan dalk help

Post by sako223 »

reg so jou tel nr asb
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Kan dalk help

Post by jakkalspietersielie »

Wat bedoel julle met personeel?
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Kan dalk help

Post by BRNO (Pierre) »

Hoe moeilik of maklik is dit om bokke/ geleendheid te kry waar daar geoes moet word? Het jy gereelde kliente? Wag jy vir geleendhede wat homself mag voordoen? Werp bietjie vir ons lig hierop.
Veiligheid eerste manne!
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Kan dalk help

Post by Silent Hunting »

Ek ruik iets...
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Kan dalk help

Post by Jakkalsgat »

Ek wil ook help.... Moet se dis eerste keer dat ek sien oesspan soek nog manne om te help, gewoonlik word hierdie spanne opgemaak deur manne wat mekaar al goed ken en sal ek nie saam enigeiemand oes nie.
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Kan dalk help

Post by sako223 »

Jakkalsgat, jy is welkom om te help, soos ek in my post gesê het, manne wat wil ernstig bok skiet kan my nader. Dit kom daarop neer as jy bereid is om al die kostes aan te gaan om nodige toerusting en personeel (ligters en slagters) bymekaar te kry dan weet ek jy kan die job doen. Oesspanne word gemaak deur manne wat mekaar ken, maar wou kyk of ek nie dalk nuwe kennisse kan maak nie.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Kan dalk help

Post by Jakkalsgat »

sako223 wrote:Jakkalsgat, jy is welkom om te help, soos ek in my post gesê het, manne wat wil ernstig bok skiet kan my nader. Dit kom daarop neer as jy bereid is om al die kostes aan te gaan om nodige toerusting en personeel (ligters en slagters) bymekaar te kry dan weet ek jy kan die job doen. Oesspanne word gemaak deur manne wat mekaar ken, maar wou kyk of ek nie dalk nuwe kennisse kan maak nie.

Sako223

Al die goed het ek maar ek is bietjie puntenerig oor saam wie ek oes en die span moet hulle maar eers bewys. Nou kom ek vra jou nou sommer hier aangesien jy die ander onderwerp vermy http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 4&start=75, wil jy nie maar bietjie daar vir ons gaan verduidelik nie. Dalk is hier misverstand wat uit die weg geruim moet word, ek wil nou nie eintlik hierdie onderwerp van jou ook opdons nie.

Groete
Jaco
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Kan dalk help

Post by ROBBIE1 »

Sako jy kan maar laat weet as jy hulp nodig het, het alle nodige toerusting, ek en Hein skiet, ons is al 2 gekwalifiseerde wild vleis ondersoekers, het slagters ens ens ens. As die plaas dus n geregistreerde abattoir het, kan ons tot die vleis vir jou stamp ook.

Hoe werk jou goed, wat betaal jy die slagspan, skuts ens?

Verder moet ek beaam wat Jaco gevra het, daars n stigma oor jou hoof, wat eers hier op die forum uit die weg geruim sal MOET word, dan kan ons gerus praat.

Groetnis.
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Kan dalk help

Post by sako223 »

Robbie dit klink vir my of jy die game ken. Ek het geantwoord op die topic. My somme is baie eenvoudig. As jy jou slagspan, rakke en nodige toerusting ook bring, sodat ek nie al die kostes alleen hoef te dra nie, dan deel ek met jou die wins. As jy slegs wil skietgeld verdien dan lyk die som anders, verskil van spesie na spesie en word jy dan per kilogram betaal. Dit hang af van waar ons skiet en hoeveel ons skiet, maar dit word gewoonlik voor die skiet bespreek.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Kan dalk help

Post by ROBBIE1 »

Dis reg Sako, jy kan my naam safe, praat as jy iets opgelyn het, dan sorteer ons die admin uit. Dit moet ook net nie te vrek ver wees nie, so 200+-km is fine.
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Kan dalk help

Post by sako223 »

Robbi dankie ek sal
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Kan dalk help

Post by ROBBIE1 »

Sako, jammer, maar na jou verduidelik op die zeb post, glo ek ook nie dat ons 2 lekker om een vuur sal kan sit nie. Ek doen eerlik en reguit besigheid, spyker nie manne agteraf nie, en probeer om nooit iemand in te doen nie, ek glo dit kom terug na jou toe.

So, sorry meneer, ek het gemaak soos Jaco voorgestel het, om nie te oordeel voor mens die storie hoor nie, maar ek dink na dit wat ek gesien het, dat jy tog agteraf n jag wou reel in die week voor die manne sou gaan skiet het, en sodoende die zebs onder hulle uithaal, wat vir my glad nie aanvaarbaar is nie. Dit is maar my opinie, as ek verkeerd is, vra ek verskoning!
Francios Heins
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm

Re: Kan dalk help

Post by Francios Heins »

Sjoe kerels ek kom nou totaal en al hier van die kant af! Het net so vinnig die 2 topics gelees, en dis vir my soos 'n boeiinde speur verhaal ek kan nie wag vir die volgende hoofstuk nie!

Is Sako223 onskuldig (slegte komminikasies) of is hy verstrengel in 'n web van leuns!!!!

Ek wag in spanning om te lees hoe die storie hom gaan uitspeel!!!

groete
(en onthou ek is net die leser ek kies nie kant nie)
Post Reply