Skietstoel

Enige iets tov messe.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

As al die nodige aanhangsels aan is gaan hy nie so lig meer wees nie en al beweging wat daar gaan wees is al die ongediertes wat opgelaai gaan word
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Skietstoel

Post by cassie_calvinia »

Nico, veral op slegte paaie, vat so stoel maar pak. die stoel buig en breek maar gereeld.
50x50mm hoek yster is al wat by my hou!
die sqare yster buig, en knak maar gou. onthou, jy is 100kg, wat sit en hop, rondskuif, heen en weer...
maak hom maar dik en sterk!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Skietstoel

Post by 243Songdaug »

Nico. Sorry man ekt my dalk verkeerd uitgedruk - Cassie het my reg gelees - ekt bedoel, die konstruksie moet swaar wees. Dik sterk ysters hou beter.

Jy is op die regte pad ou maat. Ons almal het begin deur 'n stoel van een of ander ontwerp te bou. Geniet dit en sterkte man.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skietstoel

Post by Spanner »

Hou ons op hoogte hoe jou projek vorder Nico. Dis lekker om die ding te sien vorm aan neem.
Ek het ook al so paar stoele gebou, en toe op die ou ent 'n tweedehandse Bushpig stoel gekoop. Stewiger en gemakliker gaan jy sukkel om te kry - ongelukkig moes ek dit weer verkoop want die stoel is net te vrek swaar. Ek kan dit nie alleen op-en af laai nie, en ek gebruik die bakkie vir baie ander dinge ook en die stoel wat permanent vas is, pla maar. Ek oorweeg nou 'n ligter weergawe soos Ian s'n, wat ek alleen kan baasraak.
Sterkte met die projek, as jou planne reg is behoort daai stoel goed te werk. Wat beplan jy om die krag by die lig te kry ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

sal daai brug oorsteek as ek daar kom
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Skietstoel

Post by Henry 7 »

Maak 'n frame op wiele wat presies jou bakkie se hoogte is as die klap oop is-jy staan in jou skuur en jy trek hom waar jy hom wil hê en dan kan jy hom alleen op en af skuif van jou bakkie. As jy direk krag van jou bakkie wil hê en nie met borsels of batterye op jou stoel wil sukkel nie vat een van daai warmtang goed van die vrouens en kyk waar sy draad ingaan draai hy in die rondte sonder om op te wen-vat daai unit ding onder,boor 'n gat deur jou central shaft en sit daai ding onder aan jou kragdraad en jy kan draai soos jy wil hy sal nie opwen nie en jy het altyd 100% krag. Ek kan ongelukkig nie foto's oplaai nie so as jy dit wil sien sal ek iemand moet mms sodat hulle dit kan opsit.
Henry
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skietstoel

Post by Louis102 »

Lekker Nico, ek hou die projek met belangstelling dop. Min dinge wat man soveel plesier gee soos 'n eie idee wat jy dan self bou en hy werk uitstekend vir jou nie. Dit val nou nie in elkeen se smaak nie, maar as man so bietjie sukkel om by die regte skietstoel ontwerp vir jou smaak te eindig, is dit absoluut die moeite werd. Ek jag nou al heelwat jare met een wat ek volgens my voorkeure aanmekaar geflans het en ruil hom vir geen ander nie. Ek dink ek het die afgelope klompie jaar beslis meer tyd in hom, as in die stoel voor die TV spandeer. Net spyt ek het nooit boek gehou van die aantal jakkalse en rooikatte wat ek uit hom geskiet het nie.

Sterkte en geniet die projek.

Groete
Louis
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

daar sal foute wees maar niks keer my om die angle grinder te vat af te sny en oor te swys nie
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skietstoel

Post by Spanner »

Dis die regte idee. Dit help eintlik om die eerste weergawe nie so stewig en robust te bou nie - dit maak die talle veranderinge baie makliker as jy nie dik staal hoef af te grind en oor vas te weld nie ! As jy alles eers uitgepluis het, dan gaan jy groot en bou die ding uit ordentlike ysters want nou weet jy hy is presies soos jy hom wil hê.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Skietstoel

Post by Mac »

Ek wag nog in spanning om te hoor wat se mes waar gaan pas op hierdie stoel, en hoe dit gebruik gaan word.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

nee as die mes gebruik word le ek by die deur uit en steek in die ry dood
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

Die stoel het sy eerste toets geslaag hier en daar moet daar nog goed bygesit word sodra daar tyd weer is .
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skietstoel

Post by Geno »

Waar loop jou krag deur die stoel, en waar kom jou dimmer?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

daar is nog niks aan die krag gedoen nie dit sal metter tyd as ek tyd kry en my arm is weer 100% sal daar aan gewerk word
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel

Post by JACQUES BOTHA »

Nico
Hy kan werk, Ek persoonlik hou van n rus of twee rusplekke vir my elmboe, ek glo as daai parte stewig is kan jy lekker skiet.
En ek ondervind dat soms n lig weg van die geweer af as jy sou wou ook n baie lekker hulp is asook backup plan as iets gebeur.
Dan n toolbox(nie COOLBOX) hier aan jou sy is handig vir al die spares en bereplek vir jou water ens.
Maar jy sal nog by die lkker detail kom.
Geniet hom
Jacques
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skietstoel

Post by Louis102 »

Die stoel lyk impressive, maar daai groen veld! Blikskottel!!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Skietstoel

Post by Cobus(Cobb) »

Nico..lyk of dinge mooi begin shape...een van die dae hang jou eerste jakkie daar.
Ek wil net 1 guns vra, siende die kantoor stoel...sit gewig op, bv sak sement en loop ry in die veld...beter die sak sement val af ipv jy of jou pel en daar word gesit met lelike beserings...'n average veldpaadjie kan so stoel lelik rondskut en dalk verwoes

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

"beter die sak sement val af " daar moet nog arm lenings opkom die stoel is nog baie ver van klaar af ek het hom net gaan uit toets omdat my gat gejeuk het om 'n bietjie te skiet 6 weke se stilsit is nie goed vir my nie die arm wil nog nie werk nie so ek sal wanner ek weer iets kan ordentlik kan vas hou sal ek weer aan gaan
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel

Post by JACQUES BOTHA »

cassie_calvinia wrote:skietraam vir jakkals...nee wat, bly maar weg.
nie as jy wil ernstig jag nie, of by kliente jag nie
Cassie
Ek sien nou eers jou opmerking oor die raam.
Ek dink jy is toaat en al verkeerd.
Daar is tans nog VOLTYDSE jagters wat met n raam skiet en dit LANK doen.
Daar is geen meer stabiele platform as n raam nie.
Ja hy het sy nadele, en jy moet hom ken en jou goed moet reg wees.
Maar vir my is dit n baie lekker en pratiese platform wat goed werk.
so nee wat bly maar weg is baie ver van die waarheid verwyder.
Ons het al baie gesprekke hieroor gehad en gaan lees meer hieroor
Groete
Jacques
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Skietstoel

Post by cassie_calvinia »

JACQUES BOTHA wrote:
cassie_calvinia wrote:skietraam vir jakkals...nee wat, bly maar weg.
nie as jy wil ernstig jag nie, of by kliente jag nie
Cassie
Ek sien nou eers jou opmerking oor die raam.
Ek dink jy is toaat en al verkeerd.
Daar is tans nog VOLTYDSE jagters wat met n raam skiet en dit LANK doen.
Daar is geen meer stabiele platform as n raam nie.
Ja hy het sy nadele, en jy moet hom ken en jou goed moet reg wees.
Maar vir my is dit n baie lekker en pratiese platform wat goed werk.
so nee wat bly maar weg is baie ver van die waarheid verwyder.
Ons het al baie gesprekke hieroor gehad en gaan lees meer hieroor
Groete
Jacques
ok, maar hoe werk dit???
as 'n jakkals binne 10sekondes 180grade voor jou verby hardloop, jou lig se drade, nou wil jy roeper aansit, nou le hy agter jou rug, draai jy op, dan kap jou geweer. of, jy soek jou fluitjie, was hy? jy moet jou geweer optel om te draai, daar gaan steek vlekkie agter 'n bos vas, nou verloor jy hom heeltemal. dan dop hy weer doer ander kant uit, nou is drade al so opgedraai, al jou toeristing le nie meer waar hul was nie.
nou dop daar nog1 180 grade van hom af uit? die sien jy nie eers nie, want jy kannie vining genoeg in die ronte draai nie.
ek kan net nie in my wildste drome sien hoe dit kan werk nie.
in 'n stoel kan jy roeper, dimmer, als werk, sonder o jou scope van die jakkals af te haal.
en, elke ding het sy plek op die stoel, maak nie saak of jy vorentoe, of agter toe kyk nie, die goed is elke keer op die selfde plek
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel

Post by JACQUES BOTHA »

Cassie
Ek geniet jou terugvoer en lees meer daarin as wat jy skryf, Maar as jy 2 kinders het byvoorbeeld en die een is vreeslik georden en sy lessenaar is vreeslik netjies en die ander is vreeslik verstrooi en sy lessenaar is vreeslik deurmekaar is die een nie slimmer of beter as die ander nie of hoe,
OK jou stoel in die middel vandie raam draai nogsteeds in die rondte of is ek verkeerd?
Jou lig is nogsteeds op jou geweer?
Jou fluitjie hang nogsteeds om jou nek ?
As jakkals 180% van jou uitdopop n stoel moet jy ook oe agter jou kop he om hom te sien met n raam of met n stoel
In jou wildste droom kan jy sien hoe heinrich en hendrik binne in n raam sit en skiet? (ja hulle het almal dit gehad) en ek het mos gese daar is steeds voltydse jagters wat n raam gebruik.
Ek weet nog nie van n raam wat gebreek het nie , mar weet verseker van baie stoele wat al gebreek het.
Op n raam is alles ok op sy bespreekte plekkie en sommige frame het nog kassies en laaitjies waar jy alles perfek bere waar dit moet.
So ja die stoel is gerieflik maar vir my die raam ook.
Elke ou gebruik maar die ding wat hom die beste pas.
Ek het die eerste keer op n stoel geskiet in 1989 en sederdien 3 gehad en gebruik en steeds verkies ek persoonlik die raam.
En soos ek se die stoel het voordele en is daar so gebruik hom ,
En moet nie n raam vergeet as jy dit sou verkeis nie,
Vir n jagter wat aleen n stoel moet laai is dit nogal n werkie ja ek wet jy kan hom hang en laat sak ens,
Die raam het 4 boute en hys is vas, en 1 ou gooi hom gerieflik op jou tralies en daar gaan jy.
Ons kan ure en ure hieroor gesels .
Die belangrikste is -
1.gebruik wat werk vir jou (anders sou almal land rover gery het en niemand land cruiser nie)
2. ken jouself en jou toerusting
3. jag die jakkalse so goed as jy kan
4. skiet raak
5. en geniet dit wat jy doen
en moenie verander om in te pas nie verander ten goede
Geniet jou dag
Jacques
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Skietstoel

Post by cassie_calvinia »

my raam is sommer vas aan my stoel...haha
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel

Post by JACQUES BOTHA »

Cassie

" veral op slegte paaie, vat so stoel maar pak. die stoel buig en breek maar gereeld. "alias Cassie
Ek lees die een vanmore raak en dis die waarheid
SO die raam het darem 1 voordeel bo die stoel myne of die wat hulle gebruik kon hulle nog nooit breek nie - nie in 20 jaar nie
Groete
Jacques >:D >:D >:D >:D >:D >:D >:D >:D (grappie ou cassie)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Skietstoel

Post by James Wilson »

JB, ek dink net die manne moet verstaan hoe lyk jou skietrak teenoor hoe n normale skietrakke lyk. Het jy n foto?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skietstoel

Post by Eugene »

James Wilson wrote:JB, ek dink net die manne moet verstaan hoe lyk jou skietrak teenoor hoe n normale skietrakke lyk. Het jy n foto?
Sal self graag 'n foto wil sien om beter te verstaan!
Aim small, miss small
Post Reply